Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2019 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/19 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper20 pages




















Mark scheme10 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.










Paper as text
Question paper, page 1
* 6 5 4 9 4 7 5 1 6 4 * This document consists of 17 printed pages and 3 blank pages. DC (KN) 185880 © UCLES 2019 [Turn over Cambridge Assessment International Education Cambridge International General Certificate of Secondary Education AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2019 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name in the spaces at the top of this page. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions in the spaces provided. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam in die blokkies boaan hierdie bladsy. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord al die vrae in die ruimtes wat daarvoor verskaf is. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 Oefening 1 Lees die inligting oor bedreigde diere in Suid-Afrika. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Suid-Afrikaanse diere op die Rooidatalys Die internasionale Rooidatalys wys in vyf kategorieë of diere se toekoms in gevaar is of nie. Die vyf kategorieë is: Kritiek bedreig Bedreig Kwesbaar Byna bedreig Minste kommer Die status van ’n paar Suid-Afrikaanse diere op die Rooidatalys is soos volg: Leeu: In Suid-Afrika word goeie werk gedoen om leeus te bewaar en hulle getalle het vermeerder. Hulle status is egter “kwesbaar” omdat leeus in ander gebiede minder word. Die handel in leeubene in Asië het leeugetalle in Oos-Afrika verminder. Renoster: Witrenosters en swartrenosters se status het dieselfde gebly. Witrenosters se status is vanaf 2002 “byna bedreig”. Swartrenosters se status is vanaf 1996 “kritiek bedreig”. Clanwilliam-sandvis: Hierdie sandvis is nou “kritiek bedreig” nadat hy voorheen net “bedreig” was. Dit kom in riviere in die Wes-Kaap voor. Die sandvis word uit sy habitat gedruk deur tilapia, ’n ander varswatervis waarvan die getalle baie groei. Kleinotter: Die kleinotter se status het van “minste kommer” tot “byna bedreig” verander. Die getal kleinotters word minder omdat besoedeling hulle habitat bedreig. Hulle kom in riviere en damme voor. Mense sien otters ook as kompetisie vir kos soos vis. Groototter: Die groototter se status is nou ook “byna bedreig” nadat dit voorheen “minste kommer” was. Die getal groototters, wat meestal in varswater voorkom, word minder omdat hulle habitat deur besoedeling bedreig word. Mense sien hulle ook as kompetisie vir kos. Leeu Renoster Sandvis Otter (Uit: Die Burger, 24 Junie 2015)
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 [Turn over 1 Watter liggaamsdeel van leeus is gewild in Asië? … …[1] 2 Vergelyk die leeugetalle in Suid-Afrika en Oos-Afrika deur die volgende sinne te voltooi: In Suid-Afrika … …[1] In Oos-Afrika … …[1] 3 Hoe weet ons dat swartrenosters in meer gevaar as witrenosters is? … … …[2] 4 Hoe het die Clanwilliam-sandvis “kritiek bedreig” geraak? … …[1] 5 Noem twee goed wat ’n gevaar vir albei soorte otters is. … … …[2] [Totaal: 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 Oefening 2 ’n Reistydskrif wil inligting insamel oor die soort vakansies waarvan tieners hou. Lees die inligting oor Mark Visser en vul die res van die vorm wat volg, in. Mark Visser is op 18 Julie 2003 gebore. Hy woon saam met sy ma in Blomstraat 21, Humansdorp, 6030. Sy selfoonnommer is 079 231 6765. Mark se e-posadres is markvisser@gmail.com. Elke tweede naweek gaan Mark na sy pa in Kaap St. Francis. Sy pa se adres is Proteaweg 17, Kaap St. Francis, 6313. Mark is in graad 10 aan die Hoërskool Humansdorp. Sy skool se adres is Algoastraat 10, Humansdorp, 6030. Toe Mark klein was, het hy en sy ouers graag tydens vakansies na wildtuine gegaan. Hy onthou wonderlike vakansies in die Krugerwildtuin en die Addo-olifantpark. Vandat sy ouers geskei is, gaan hulle drie nie meer saam met vakansie nie. Wanneer Mark en sy ma saam weggaan, pak hulle haar viertrekmotor en ry na ʼn kampeerterrein. Dan slaan hulle ’n tent op en bring ’n paar dae daar deur. Mark se ma is dol oor voëlkyk, maar Mark is op sy gelukkigste wanneer hy ou San-rotstekeninge kan gaan soek en foto’s neem. Mark gaan ook graag op kampeervakansies saam met sy twee beste maats. Mark vlieg saam met sy pa na stede soos Kaapstad, Durban en Johannesburg, waar hulle dan ’n motor huur en rondry. Sy pa is dol oor goeie restaurantkos. Mark geniet dit ook, maar hy verkies ’n braai onder die sterre, soos wanneer hy kampeer. Mark hoop om binnekort na die Sederberge te gaan, waar hy kan kampeer en na hartelus foto’s van San-tekeninge kan neem.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 [Turn over 6 Tieners en vakansies Opname Vul asseblief die vorm in. Mark Visser Naam: … Hoërskool Humansdorp Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … • Adres: … , Humansdorp, 6030 079 231 6765 • Telefoonnommer: … markvisser@gmail.com • E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s) en vul die nodige inligting in: • Saam met wie gaan jy met vakansie? Ma/Pa ✓ Ander: … • Watter soort vervoer gebruik jy wanneer jy met vakansie is? Boot Bus Motor ✓ Trein Vliegtuig • Watter soort kos verkies jy wanneer jy met vakansie is? Wegneemkos Restaurantkos Ander: … • Watter soort vakansie geniet jy die meeste? … • Wat doen jy graag wanneer jy met vakansie is? … … • As jy ’n vakansie kon wen, watter een sal jy verkies? by die see in ’n stad in ’n wildtuin in die berge [9] [Totaal: 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 Oefening 3 Lees die teks oor plaaswerk in Amerika en voltooi dan die aantekeninge wat volg. Plaaswerk in Amerika Om op ’n plaas oorsee te gaan werk, kan baie interessant wees. Dit betaal ook goed. Suid- Afrikaners wat hierdie soort werk wil gaan doen, is gewoonlik hardwerkend en nie bang om lang ure te werk nie. En flukse werkers word vir baie verskillende soorte plaaswerk gesoek. In Amerika het veral graan-, vee-, vark- en melkboere goeie werk vir seisoenwerkers. Byeboere het ook dikwels werkers nodig. Vir mense wat vir ’n seisoen plaaswerk wil gaan doen, is daar ook ander werk wat met plaaswerk te doen het, soos om vragmotors te bestuur wat plaasprodukte vervoer. Een van die bestuurders van die Overseas Visitors Club (OVC) sê dit is nou relatief maklik vir Suid- Afrikaners om in Amerika op plase te gaan werk. “Dit is nou ook goedkoper as in die verlede om werk daar te kry. As jy op ’n plaas in Amerika wil gaan werk, identifiseer ons by die OVC moontlike werk en ons hanteer die aansoek gratis. Jy hoef geen registrasiegeld soos voorheen te betaal nie. Enigeen met ’n Suid-Afrikaanse paspoort kan aansoek doen. Jy betaal net vir jou vliegtuigkaartjie, visum en reisversekering. “Jy moet tussen 15 en 50 jaar oud wees, maar verkieslik ouer as 21 en jonger as 35. Jy moet ook in plaaswerk belangstel. As jy ervaring van plaaswerk het, sal dit jou kanse om werk te kry baie beter maak, veral as jy weet hoe om duur en gesofistikeerde plaastoerusting te gebruik. “Dit help ook as jy ’n kwalifikasie van een van Suid-Afrika se landbouskole het. Dit is egter nie ’n vereiste nie en praktiese werkservaring sal genoeg wees om jou aansoek suksesvol te maak.” In Amerika word tydelike werkers vir ’n seisoen aangestel. Die meeste plaashulp word tussen Maart en Junie benodig. ’n Volle seisoen duur gewoonlik tussen ses en tien maande, afhangend van die persoon vir wie jy werk, waar die plaas is en watter soort boerdery dit is. Een van die bestuurders van Werk Oorsee vertel dat hulle mense wat oorsee op plase gaan werk, vooraf baie goed inlig oor wat op hulle wag. “Die inligtingsessie voor jy vertrek berei jou voor op jou vlug en die omgewing waarin jy gaan werk. Jou ouers word ook gevra om die sessie by te woon sodat hulle weet wat om te verwag. Nadat jy begin werk het, help ons as daar iets tussen jou en jou werkgewer verkeerd gaan. “In Amerika mag jy net werk vir die maatskappy wat in jou visum en kontrak genoem word. Wanneer jou kontrak klaar is, moet jy na Suid-Afrika terugkeer. “As gevolg van die harde werk en lang ure moet jy fiks en ook baie gesond wees as jy wil aansoek doen om plaaswerk oorsee te gaan doen. Alle aansoekers moet ook dwelmtoetse ondergaan voordat enige aanstelling gemaak word. Die Amerikaanse werkgewers verdra geen gebruik van enige soort dwelm by die werkplek nie. Jou voorkoms moet ook netjies wees – geen lang hare, snorre, baarde of wilde haarstyle nie,” sê Werk Oorsee se bestuurder. Die OVC-bestuurder beklemtoon dat jou visumvoorwaardes baie belangrik is. “Sodra jou visum verval, moet jy onmiddellik huis toe gaan, behalwe as jy reeds ’n volgende kontrak het. As jy nie van jou werk hou nie en wil ophou, verval jou visum en moet jy huis toe gaan.” As jy ’n bietjie ervaring van plaaswerk het en lus is vir avontuur, is dit nou ’n goeie tyd om plaaswerk in Amerika te gaan doen. ’n Betaling van $10 tot $17 per uur is nie ’n slegte inkomste nie. (Uit: Jip, Die Burger, 30 November 2015)
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 [Turn over Jy gaan ’n praatjie oor plaaswerk in Amerika in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. 7 Dinge waarvoor jy self moet betaal as jy plaaswerk in Amerika wil gaan doen: • vliegtuigkaartjie • … • … 8 Maniere waarop organisasies mense help wat in Amerika wil gaan werk: • … • … • … 9 Dinge wat jou sal help om plaaswerk in Amerika te kry: • … • … • … [Totaal: 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 Oefening 4 10 Gebruik die teks oor plaaswerk in Amerika en skryf ’n opsomming van vereistes waaraan mense moet voldoen as hulle plaaswerk in Amerika wil doen. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …[5] [Totaal: 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 Oefening 5 11 Jy was dié week op ’n skooluitstappie wat jy baie geniet het. Jou beste maat was in die hospitaal en kon nie saamgaan nie. Skryf ʼn brief waarin jy jou maat van die uitstappie vertel. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • vir wie die uitstappie was en wie dit georganiseer het • wanneer en waarheen die uitstappie was • waarom jy die uitstappie so geniet het. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …[15] [Totaal: 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 Oefening 6 Lees die volgende teks en beantwoord dan die vrae wat volg. Hemelbesem Die rapper of kletsrymer en hip-hop-kunstenaar Hemelbesem se regte naam is Simon Witbooi. As jy hom een maal in aksie gehoor het, is jy altyd ’n aanhanger. Hy vertel stories in musiekvorm. Sy musiek is kragtig en hy gebruik Afrikaans briljant. Waar kom jy oorspronklik vandaan? Ek is op Vredendal gebore en is ’n trotse Namakwalander, ’n trotse Witbooi en ’n direkte afstammeling van die legendariese kaptein Hendrik Witbooi, wat in die negentiende eeu ’n politieke leier in Namibië was. Toe ek klein was, het ons egter baie rondgetrek. Ek het ’n groot deel van my kinderdae in Kaapstad deurgebring. My beste herinneringe kom uit my jare by Hoërskool Blackheath. Na skool het ek elf jaar lank op Worcester gewoon en ek is nog baie lief vir die Boland en sy mense. Waar kom jou liefde vir musiek vandaan? Musiek was ’n konstante deel van my kinderdae. Ek het vroeg al ’n oor vir musiek ontwikkel. In ons huisie het ons altyd die stemme van sangers soos Anneli van Rooyen, Lucky Dube, Cathy Viljoen, Don Williams en Sonja Herholdt gehoor. Dit het gehelp om my passie vir musiek te verdiep. My liefde vir hip-hop het eers ’n bietjie later gekom. Ek het hip-hop in my laat laerskooljare leer ken en ek was eerstens beïndruk met hoe eerlik en direk dit is. Dalk het ek ook hip-hop begin geniet omdat ek, na my mening, nie kan sing nie. Maar al kon ek ook goed sing, gee hip-hop vir my geleentheid om my gedagtes en gevoelens goed uit te druk. Waar het jy geleer om taal so kreatief te gebruik? Namakwalanders hou daarvan om kreatief te praat en om nuwe idiome op te maak. Hierdie nuwe idiome word dan gou deel van die taal. Die skeppende gebruik van Afrikaans is dus in my bloed. Dan was my pa ook ’n skrynwerker en toe ek ’n kind was, het baie van sy kollegas dikwels by ons in die huis gebly. Hulle was soms van verskillende agtergronde. In so ’n mengelmoes het die snaaksste sêgoed soms ontstaan en ek het alles soos ’n spons ingeneem. Toe ek ’n paar jaar gelede by my ouma se begrafnis oor haar moes praat, het ek skielik besef watter groot rol sy met haar eindelose rympies en stories in my lewe gespeel het en in die liefde wat ek vandag vir rym het. Ek het sommer my toespraak opgefrommel en daar by die begrafnis oor my ouma gerap! Hoe reageer mense daarop dat jy in Afrikaans kletsrym? Afrikaanse kletsrym en Afrikaanse rock doen besonderse werk onder die jong mense. Kinders kom dikwels na my en sê: “Noudat ek na jou geluister het, gaan ek ook Afrikaans meer gebruik en my ding in Afrikaans doen.” Hip-hop kan in alle tale gedoen word. Mense hoor maklik talent en passie, al verstaan hulle nie jou taal nie. As jy dit goed kan doen, kry jy applous. Dit maak nie saak watter taal jy gebruik nie. ’n Paar jaar gelede toe ek in Nederland was, het ek besef dat Afrikaans internasionaal aanvaar word as ’n taal wat mooi klink. My Afrikaanse kletsrym is in die grootste konsertsale toegejuig. In Den Haag het ek dit reggekry om ’n gehoor van amper tienduisend mense saam met my te laat skree: “Ek herrit, merrit gebore!” (Ek het dit, met dit gebore!) Mense is dol oor kletsrym as dit reg gedoen word. Het jy enige gunstelingwoorde? Ek het nie regtig gunstelingwoorde nie, maar is verslaaf aan mooi beeldspraak en unieke uitdrukkings. As ek sulke goed raaklees of hoor, kry ek hoendervleis. (Uit: Rooi Rose, Augustus 2014)
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 [Turn over 12 Waarom is Simon trots op sy van? … …[1] 13 Hoe het Simon se ouers gehelp om hom lief vir musiek te maak? … …[1] 14 Noem twee redes waarom Simon van hip-hop-musiek hou. … … …[2] 15 Op watter manier gebruik Namakwalanders taal skeppend? … …[1] 16 Verduidelik die rol wat Simon se ouma in sy lewe gespeel het. … … …[2] 17 Watter invloed het Simon op jong mense? … …[1] 18 Waarom kan mense hip-hop geniet selfs al verstaan hulle nie die taal waarin dit gedoen word nie? … …[1] 19 Hoe weet ons dat die Nederlanders positief op Simon gereageer het? … …[1] [Totaal: 10]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 Oefening 7 20 Lees die volgende uitsprake oor skooluniforms: “Skooluniforms help ons om almal gelyk te wees.” “Sonder skooluniforms kan leerders meer hulleself wees.” “Skooluniforms is baie prakties.” “Skooluniforms is outyds.” “Omdat ek ’n skooluniform dra, hoef ek nie elke dag te dink aan watter klere ek moet dra nie.” “Gewone klere is baie gemakliker as ’n skooluniform.” Skryf ʼn artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor die dra van skooluniforms bespreek. Jou artikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 17
17 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 … … … … … … … … … … …[15] [Totaal: 15]
Question paper, page 18
18 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 BLANK PAGE
Question paper, page 19
19 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 BLANK PAGE
Question paper, page 20
20 0548/01/O/N/19 © UCLES 2019 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge Assessment International Education Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cambridgeinternational.org after the live examination series. Cambridge Assessment International Education is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of the University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which itself is a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
This document consists of 10 printed pages. © UCLES 2019 [Turn over Cambridge Assessment International Education Cambridge International General Certificate of Secondary Education AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2019 MARK SCHEME Maximum Mark: 70 Published This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge International will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge International is publishing the mark schemes for the October/November 2019 series for most Cambridge IGCSE™, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components.
Mark scheme, page 2
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 2 of 10 Generic Marking Principles These general marking principles must be applied by all examiners when marking candidate answers. They should be applied alongside the specific content of the mark scheme or generic level descriptors for a question. Each question paper and mark scheme will also comply with these marking principles. GENERIC MARKING PRINCIPLE 1: Marks must be awarded in line with: • the specific content of the mark scheme or the generic level descriptors for the question • the specific skills defined in the mark scheme or in the generic level descriptors for the question • the standard of response required by a candidate as exemplified by the standardisation scripts. GENERIC MARKING PRINCIPLE 2: Marks awarded are always whole marks (not half marks, or other fractions). GENERIC MARKING PRINCIPLE 3: Marks must be awarded positively: • marks are awarded for correct/valid answers, as defined in the mark scheme. However, credit is given for valid answers which go beyond the scope of the syllabus and mark scheme, referring to your Team Leader as appropriate • marks are awarded when candidates clearly demonstrate what they know and can do • marks are not deducted for errors • marks are not deducted for omissions • answers should only be judged on the quality of spelling, punctuation and grammar when these features are specifically assessed by the question as indicated by the mark scheme. The meaning, however, should be unambiguous. GENERIC MARKING PRINCIPLE 4: Rules must be applied consistently e.g. in situations where candidates have not followed instructions or in the application of generic level descriptors. GENERIC MARKING PRINCIPLE 5: Marks should be awarded using the full range of marks defined in the mark scheme for the question (however; the use of the full mark range may be limited according to the quality of the candidate responses seen). GENERIC MARKING PRINCIPLE 6: Marks awarded are based solely on the requirements as defined in the mark scheme. Marks should not be awarded with grade thresholds or grade descriptors in mind.
Mark scheme, page 3
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 3 of 10 Question Answer Marks Oefening 1 1 (leeu)bene 9 1 2 vermeerder leeugetalle 9 verminder leeugetalle 9 2 3 Swartrenoster is kritiek bedreig; 9 witrenoster is byna bedreig. 9 2 4 Die tilapia druk hom uit sy habitat./Die tilapia-getalle het gegroei. 9 [moet “tilapia” noem] 1 5 besoedeling; 9 mense 9 2 Question Answer Marks Oefening 2, 6 6(a) 10 9 1 6(b) 18 Julie 2003 9 1 6(c) Blomstraat 21 9 1 6(d) Maats 9 1 6(e) Vliegtuig 9 1 6(f) Braai 9 1 6(g) Kampeer(vakansie) 9 1 6(h) Neem foto’s van (San-)rotstekeninge 9 [nie net “neem foto’s” nie] 1 6(i) in die berge 9 1
Mark scheme, page 4
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 4 of 10 Question Answer Marks Oefening 3 7 visum 9 reisversekering 9 2 8 Enige drie van die volgende: Hulle identifiseer werk vir jou. 9 Hulle hanteer die aansoek. 9 Hulle berei jou voor op die vlug en jou werkomgewing. 9 Hulle hanteer probleme tussen jou en jou werkgewer. 9 3 9 Enige drie van die volgende: Belangstelling in plaaswerk. 9 Ervaring van plaaswerk. 9 Kennis van plaastoerusting. 9 ’n Kwalifikasie van ’n landbouskool. 9 Tussen 21 en 35 jaar oud. 9 3
Mark scheme, page 5
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 5 of 10 Question Answer Marks Oefening 4, 10 10 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ʼn nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ʼn mate van ʼn gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Vereistes vir mense wat plaaswerk in Amerika wil gaan doen: Jy moet tussen 15 en 50 jaar oud wees, maar verkieslik tussen 21 en 35. Jy moet fisiese arbeid wil en kan verrig. Jy moet bereid wees om lang ure te werk. Jy moet ervaring van landbougerigte werk hê. Jy moet ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort hê. Jy moet ’n netjiese voorkoms hê. Jy mag nie dwelms gebruik nie. Jy moet self jou vliegtuigkaartjie kan betaal. Jy moet jou Amerikaanse visum self kan betaal. 5
Mark scheme, page 6
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 6 of 10 Question Answer Marks Oefening 5, 11 11 ’n Brief van 150 tot 200 woorde oor ’n skooluitstappie waarop jy onlangs was. Die volgende moet genoem word: • vir wie die uitstappie was en wie dit georganiseer het • wanneer en waarheen die uitstappie was • waarom jy die uitstappie so geniet het. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. 15 Question Answer Marks Oefening 6 12 Hy is ʼn afstammeling/familie van die legendariese Hendrik Witbooi / ʼn legendariese politieke leier. 9 [moet “afstammeling/familie” noem] 1 13 Hulle het altyd in die huis musiek gespeel. 9 1 14 Dit is eerlik/reguit. 9 Hy kan sy gedagtes en gevoelens goed daardeur uitdruk. 9 2 15 Hulle maak/gebruik die hele tyd nuwe idiome. 9 1 16 Sy het aanhoudend rympies gemaak en stories vertel, 9 wat hom lief vir rym gemaak het. 9 2 17 Jong mense wil sy voorbeeld volg en Afrikaans (in hul sang/musiek) gebruik. 9 1 18 Mense kan talent en passie hoor [al verstaan hulle nie die taal nie]. 9 [moet “talent” en “passie” noem] 1 19 ’n Gehoor van amper tienduisend mense / Baie mense het saam met hom gesing. 9 [nie net “mense skree” nie] 1
Mark scheme, page 7
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 7 of 10 Question Answer Marks Oefening 7, 20 20 Koerantberig: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). 15
Mark scheme, page 8
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 8 of 10 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ʼn punt (uit agt) vir inhoud (I) en ʼn punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ʼn punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ʼn Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ʼn faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2-3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2-3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.
Mark scheme, page 9
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 9 of 10 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ʼn goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ʼn gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ʼn Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ʼn mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ʼn redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ʼn mate van ʼn aanvoeling vir doel en teikengehoor. ʼn Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ʼn gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ʼn poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ʼn veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.
Mark scheme, page 10
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2019 © UCLES 2019 Page 10 of 10 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ʼn mate van ʼn poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ʼn mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/ woordgebruik/punktuasie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ʼn mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0 punte toe.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2019 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.