Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1

0548/11/O/N/13 · 70 marks · ≈79 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans - Second Language papersWhat was in this paper?

Question paper16 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 1 of 16
Page 1 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 2 of 16
Page 2 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 3 of 16
Page 3 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 4 of 16
Page 4 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 5 of 16
Page 5 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 6 of 16
Page 6 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 7 of 16
Page 7 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 8 of 16
Page 8 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 9 of 16
Page 9 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 10 of 16
Page 10 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 11 of 16
Page 11 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 12 of 16
Page 12 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 13 of 16
Page 13 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 14 of 16
Page 14 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 15 of 16
Page 15 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2013 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 16 of 16
Page 16 of 16

Mark scheme7 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 7
Page 1 of 7
Mark scheme, page 2 of 7
Page 2 of 7
Mark scheme, page 3 of 7
Page 3 of 7
Mark scheme, page 4 of 7
Page 4 of 7
Mark scheme, page 5 of 7
Page 5 of 7
Mark scheme, page 6 of 7
Page 6 of 7
Mark scheme, page 7 of 7
Page 7 of 7

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 15 printed pages and 1 blank page. DC (AC) 70827/2 © UCLES 2013 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education * 5 4 4 7 2 7 3 0 6 2 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2013 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die werk wat jy inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. For Examiner’s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total

Question paper, page 2

2 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 Oefening 1 Lees die teks. Beantwoord daarna die vrae op die volgende bladsy. Die wêreld se nuwe sewe natuurwonders Die Amasone-reënwoud word die aarde se longe genoem. Sowat 20 persent van die wêreld se suurstof kom hiervandaan. Die reënwoud het ʼn enorme verskeidenheid plant- en diersoorte. Meer as 20 persent is al vernietig en teen die huidige tempo is daar oor 40 jaar dalk niks oor nie. Ha Long-baai is ʼn Viëtnamese natuurwonder wat uit 1 969 eilandjies bestaan. Baie van die eilande het fassinerende vorms en kry hul name daarvandaan. Die eilandjie Voi lyk byvoorbeeld soos ʼn olifant en Ga Choi soos ʼn vegtende haan. Jeju-eiland is ʼn vulkaniese eiland in Suid-Korea. Hallasan is die hoogste berg in Suid- Korea en ʼn rustende vulkaan. Die Ondergrondse Rivier Puerto Princesa in die Filippyne vloei vir meer as 8 km deur ʼn enorme grot. Die rivier is bevaarbaar en mond in die Suid-Chinese see uit. Die Komodo Nasionale Park strek oor drie van sowat 17 508 eilande waaruit Indonesië bestaan. Die gebied is in 1980 tot ʼn reservaat verklaar om die inheemse Komodo-draak, die wêreld se grootste akkedis, te beskerm. Dié reuse-akkedisse word tot 3 m lank. Die Iguaçu-watervalle is in die Iguaçu-river op die grens tussen Argentinië en Brasilië. Daar is tussen 150 en 300 watervalle, afhangende van hoe vol die rivier is. Tafelberg is ʼn prominente baken bo Kaapstad in Suid-Afrika. Die berg kry sy naam van sy besondere voorkoms. Dit is die enigste berg in die wêreld waarna ʼn sterrebeeld vernoem is. Die naam van die sterrebeeld is Mensa, wat ‘tafel’ beteken. Tafelberg is die tuiste van ʼn verskeidenheid plant- en dierspesies. (Uit: Huisgenoot, 6 September 2012)

Question paper, page 3

3 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use 1 Waarom word die Amasone-reënwoud die aarde se longe genoem? … [1] 2 Watter twee natuurwonders is die tuiste van ʼn verskeidenheid plante en diere? … [2] 3 Waar het baie van die eilande in Ha Long-baai hul name gekry? … [1] 4 Hoe verskil Puerto Princesa van die ses ander natuurwonders? … … [2] 5 Hoekom is die Komodo-gebied ’n reservaat? … [1] 6 Wat maak Tafelberg anders as alle ander berge? … … [1] [Totaal: 8]

Question paper, page 4

4 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 Oefening 2 Lees die teks en voer die opdrag uit. ʼn Selfoonmaatskappy wil inligting insamel oor tieners se gebruik van selfone. Nicky Nolan is op 18 Julie 1997 gebore. Sy woon saam met haar pa in Rivierstraat 23, Houtbaai, 7800. Haar huistelefoonnommer is 021 791 5052 en haar selfoonnommer is 074 334 5212. Nicky se e-posadres is nicky.nolan@gmail.com. Elke tweede naweek gaan Nicky na haar ma in Wynberg. Haar ma se adres is Wolfstraat 17, Wynberg, 7800. Haar e-posadres is michelle.nolan@yahoo.com en haar telefoonnommer is 021 791 3381. Nicky is in graad 11 aan die Hoërskool Wynberg. Haar skool se adres is Aliwalweg 10, Wynberg, 7800. Die skool se e-posadres is hswynberg@school.org.za en die telefoonnommer is 021 799 4476. Nicky gebruik haar selfoon gereeld. Omdat sy nie by haar ma bly nie, gesels hulle elke dag oor die foon. As Nicky by die huis is, gebruik sy die landlyn, maar as sy by die skool is of uit is, gebruik sy haar selfoon. Sy en haar ma stuur voortdurend teksboodskappe, foto’s en video’s vir mekaar. Nicky gebruik ook haar selfoon om kontak met haar maats te behou. Sy bel hulle selde, maar hulle stuur boodskappe vir mekaar en kommunikeer deur MXit. Alhoewel Nicky ʼn skootrekenaar het waarop sy e-pos stuur en ontvang, gebruik sy ook haar selfoon daarvoor – amper net soveel as haar skootrekenaar. As sy navorsing vir skoolprojekte moet doen, gebruik sy haar skootrekenaar liewer as haar selfoon. Onlangs het Nicky se goeie vriendin Amanda vir haar gewys hoe om boeke op haar selfoon af te laai. Amanda hou daarvan om op hierdie manier te lees, maar Nicky verkies ʼn boek in die hand. Sy het egter ʼn goeie musiekversameling op haar selfoon. Nicky se pa doen sy banksake op sy selfoon, maar Nicky sê sy gebruik liewer haar skootrekenaar hiervoor. Volgens Nicky is haar selfoon haar belangrikste besitting, maar sy sal ook nie graag sonder haar skootrekenaar wil lewe nie.

Question paper, page 5

5 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use Verbeel jou jy is Nicky en vul die vorm in. Opname: Tieners en selfone Vul asseblief die vorm in. Nicky Nolan Naam: … Hoërskool Wynberg Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: 18 Julie 1997 16 • Geboortedatum: … Ouderdom: … • Adres: … • Telefoonnommer: … 074 334 5212 • Selfoonnommer: … nickynolan@gmail.com • E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Ek gebruik my selfoon die meeste om met: my gesin en familie te praat my vriende te praat • Ek stuur en ontvang e-pos met: ʼn selfoon ʼn persoonlike rekenaar ʼn skootrekenaar • Ek gebruik my selfoon om: teksboodskappe te stuur multimediaboodskappe te stuur speletjies te speel boeke te lees skoolwerk te doen banksake te doen navorsing te doen ander: … Hoe belangrik is jou selfoon vir jou? … [Totaal: 9]

Question paper, page 6

6 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 Oefening 3 Lees die teks oor dierekommunikasie en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Die taal van diere Glo dit, diere “praat” met mekaar. Menslike taal is meer abstrak en baie ingewikkelder as die manier waarop selfs “slim” diere soos sjimpansees kommunikeer. Hulle kommunikeer nie soos mense wat woorde gebruik om gedagtes en gevoelens oor te dra nie. Maar diere ruil tog inligting onder mekaar uit, veral waar dit belangrik is vir reproduksie of die orde binne die groep of trop. Miere gebruik chemiese seine om vinnig groot getalle individue vir sekere take bymekaar te roep, om papies te vervoer, kos te dra of hulle teen aanvallers te verdedig. Die bioloog Lewis Thomas (1913-1993) het geglo dat miere met mekaar “gesels”. Hy het geskryf: “Miere is so baie soos mense dat dit moeilik is om te glo. Hulle ruil aanhoudend inligting uit. Hulle doen alles behalwe om televisie te kyk.” Baie diere kommunikeer deur middel van reuk. Hulle stel chemikalieë bekend as feromone in die lug vry waardeur hulle inligting aan diere van dieselfde soort oordra. Feromone speel ʼn belangrike rol in reproduksie en ander sosiale gedrag. Ook soogdiere soos wolwe en bokke stel feromone vry vir ʼn subtiele manier van kommunikasie. Vir motte, wat in die nag aktief is, is reuk baie belangrik vir kommunikasie. In die paartyd gee die wyfie ʼn “parfuum” af wat die mannetjies na haar toe lok. ʼn Mannetjie kan ʼn wyfie vind wat tot twee kilometer ver van hom af weg is, selfs op plekke waar die lug baie besoedel is! Anders as motte, herken skoenlappers, wat bedags rondvlieg, mekaar aan die patrone en vorms van hul vlerke. Nog ʼn rede waarom diere boodskappe aan mekaar oordra, is om vir mekaar te vertel waar kos is. Heuningbye gebruik byvoorbeeld ʼn dans in die vorm van die syfer agt om vir ander bye te wys waar daar nektar is. Diere waarsku mekaar ook wanneer gevaar dreig. ʼn Tipiese voorbeeld is wanneer al die honde in ʼn straat op ʼn ry vir die posman begin blaf. Die kangaroes van Australië stamp weer met hul agterpote om ander kangaroes van gevaar te vertel. Bobbejane in ʼn trop is afhanklik van een bobbejaan wat waghou en skree om die trop te waarsku. Sosiale gedrag by diere neem ander interessante vorms aan. Sjimpansees raak aan mekaar se hande wanneer hulle mekaar groet. Perde speel neusie-neusie as hulle van mekaar hou. Kameelperde druk hul nekke teen mekaar. Olifante vleg hul slurpe saam. Prêriehonde wys hul tande en druk hul bekke teen mekaar om vas te stel of hulle vriende of vyande is. Honde strek hul voorpote voor hulle uit en laat hul lywe sak wanneer hulle wil speel. Gorillas steek hul tonge uit om te wys hulle is kwaad. Wanneer diere baie jonk is, is kommunikasie met die ouers van lewensbelang. Dink maar aan voëls. Wanneer ʼn voëlouer byvoorbeeld met kos na die nes terugkeer, gaan die kuikens se bekkies wawyd oop. Die kleintjies reageer op die geritsel van vere of vibrasies wat die volwasse voël op die nes maak. As die kuikens dalk slaap en nie hul bekke oopmaak nie, sal die ouer ʼn roep gee om hulle wakker te maak. Ja-nee, die dinge van die diere is beslis nie die dinge van mense nie. (Uit: Mieliestronk)

Question paper, page 7

7 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use Jy gaan ʼn kort praatjie oor die taal van diere in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. (a) Kenmerke van mense se kommunikasie: Dit is abstrak. • … • …[1] • …[1] (b) Kenmerke van miere se kommunikasie: • …[1] • …[1] • …[1] (c) Kenmerke van motte se kommunikasie: • …[1] • …[1] • …[1] [Totaal: 8]

Question paper, page 8

8 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 For Examiner’s Use Oefening 4 Gebruik die teks oor die taal van diere en skryf ʼn opsomming oor die redes waarom diere met mekaar kommunikeer. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf en nie meer as 80 woorde lank wees nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 5]

Question paper, page 9

9 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over BLANK PAGE TURN OVER FOR OEFENING 5

Question paper, page 10

10 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 For Examiner’s Use Oefening 5 Skryf ʼn opstel vir jou skooljaarblad oor iets wat baie belangrik in jou lewe is. Dit kan enige voorwerp (ding) wees, maar dit mag nie ʼn mens wees nie. Jou opstel moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • Wat is hierdie voorwerp en hoe lyk dit? • Waarom is dit belangrik vir jou? • Hoe sou jou lewe daarsonder gewees het? Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou opstel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 11

11 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]

Question paper, page 12

12 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 Oefening 6 Die volgende teks handel oor die ruimtevaarder dr. Don Thomas. Lees dit aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. ʼn Onderhoud met ʼn veteraan-ruimtevaarder Die span wat saam met die veteraan-ruimtevaarder dr. Don Thomas (56) in Suid-Afrika reis, sak uitgeput op die stoele van ʼn gastehuis in Kaapstad neer. Nie Thomas nie; hy is op en wakker en reg vir gesels. Dr. Thomas was al vier keer in die ruimte – drie keer in die pendeltuig Columbia en een keer in die pendeltuig Discovery. Hy dra die bekende blou Nasa-oorpak waarvan die meeste mense net kan droom. “As ek met ʼn pak en das opdaag as ek ʼn praatjie moet lewer, is mense teleurgesteld. Die kinders glo nie ek is ʼn ruimtevaarder wanneer ek nié die amptelike blou pak (wat net regte ruimtevaarders mag dra) aanhet nie.” Thomas besoek Suid-Afrika om praatjies in skole te lewer. “My posisie as gewese ruimtevaarder stel my in staat om kinders opgewonde oor die wetenskap te maak.” Wat het jy in die ruimte geleer? Binne die eerste uur in die ruimte kan ʼn mens sien hoe kwesbaar die Aarde is; jy sien lugbesoedeling oor vastelande en hoe derduisende hektaar bome afgekap word. Van dáár sien jy wat mense op ʼn wêreldwye skaal doen. Ek wens almal op die Aarde kan dit sien, al is dit net twee minute lank, want dit sal hul uitkyk verander. ʼn Ruimtereis moet ʼn mens verander, of hoe? Ja. Dit het die manier waarop ek na ons kwesbare planeet kyk, verander. Watter druk is daar op ʼn ruimtevaarder se persoonlike lewe? Daar is altyd druk op ʼn mens. Nasa regeer jou lewe; hy besluit wanneer jy met vakansie gaan en wat jy wanneer doen. Dit is moeilik om aan jou gesin tot siens te sê, want daar is ʼn kans van 1 uit 65 dat jy nie sal terugkom nie. Kan jy die oomblik onthou toe jy gekies is om ʼn ruimtevaarder te word? Baie goed. Daar was ʼn boodskap om ʼn sekere bestuurder te bel. Almal weet as hy bel, is jy in, en as iemand anders bel, is jy uit. My ma was saam met my, en ek het aan haar gesê: “Ma, ek dink ek is gekies om ʼn ruimtevaarder te word!” Die man het gevra of ek nog belangstel. My antwoord was iets soos: “Habahaba, ja.” Daarna het ek net van blydskap geskree, want dit was iets waaroor ek my hele lewe lank gedroom het. ʼn Mens word gekies, en dan is dit minstens twee jaar totdat jy vlieg. Wat was jou gedagtes toe die laaste pendeltuig in 2011 geland het? Om die laaste pendeltuig Atlantis te sien land, het trane in my oë gebring. Ek het geglo die pendeltuig sal vir ewig vlieg, maar dit was onmoontlik. Baie mense is negatief oor die toekoms van die mens in die ruimte, maar ek is oortuig dat ruimte-eksplorasie sal voortgaan. Die mens sál nog op Mars loop. (Verkort uit Die Burger, 26.07.2011 & 05.08.2011)

Question paper, page 13

13 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use 1 Hoe verskil dr. Thomas se optrede in die eerste paragraaf van die mense wat saam met hom is? … … … [2] 2 Waarom dra dr. Thomas sy blou Nasa-oorpak wanneer hy ʼn praatjie lewer? … … [2] 3 Watter invloed wil dr. Thomas op kinders hê? … … [1] 4 Verduidelik waarom dr. Thomas wens dat almal in die wêreld uit die ruimte na die Aarde kon kyk. … … … [2] 5 Beskryf dr. Thomas se gevoelens toe hy hoor dat hy gekies is om ʼn ruimtevaarder te wees. … … [2] 6 Watter bewys is daar dat dr. Thomas ʼn optimistiese mens is? … … … [1] [Totaal: 10]

Question paper, page 14

14 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 Oefening 7 Lees die uitsprake: Tieners weet nie hoe om selfone by die skool te gebruik nie. Baie tieners gebruik hul selfone op ʼn verantwoordelike manier. Hoe meer selfone daar in ’n klas is, hoe meer word die les onderbreek. Tieners weet wanneer om hul selfone aan en af te skakel. Hoe meer tieners SMS, hoe meer oefen hulle om te lees en te skryf. Mense het verskillende opinies oor die gebruik van selfone by die skool. Skryf ʼn artikel vir die plaaslike koerant waarin jy die saak bespreek en jou mening gee. Kies ʼn goeie titel vir jou koerantartikel. Jou koerantartikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 15

15 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 16

16 0548/01/O/N/13 © UCLES 2013 For Examiner’s Use Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]

Mark scheme, page 1

CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2013 series 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2013 series for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level components and some Ordinary Level components.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 01 © Cambridge International Examinations 2013 Oefening 1 1 20% / Baie van ons suurstof kom daarvandaan.  [1] 2 Amasone, Tafelberg  [2] 3 Van hul (fassinerende) vorm [1] 4 Dit is ondergrond,  terwyl al die ander bo die grond is.  [2] 5 Om die Komodo-draak te beskerm.  [1] 6 Dit is die enigste berg waarna ʼn sterrebeeld genoem is.  [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Graad: 11  [1] Adres: Rivierstraat 23, Houtbaai, 7800  [1] Telefoonnommer: 021 791 5052  [1] Ek gebruik my selfoon die meeste om met: my gesin en familie te praat  [1] Ek stuur en ontvang e-pos met: ʼn selfoon; ʼn skootrekenaar  (moet albei noem vir 1 punt) [1] Ek gebruik my selfoon om: teksboodskappe te stuur  [1] multimediaboodskappe te stuur  [1] ander: na musiek te luister.  [1] ʼn Sinvolle antwoord  [1] [Totaal: 9] Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) Mense gebruik liggaamstaal en woorde.  [1] Menslike taal is abstrak.  [1] (b) Enige drie van die volgende: Hulle gebruik chemiese seine.  Hulle gebruik kommunikasie wanneer take uitgevoer moet word. (hoogstens een punt vir afsonderlike take)  Hulle gebruik kommunikasie wanneer hulle hulleself moet verdedig.  Hulle ruil aanhoudend inligting uit.  [3] (c) Enige drie van die volgende: Motte kommunikeer in die nag.  Reuk is belangrik.  Die wyfie lok die mannetjie na haar met ʼn “parfuum”.  Hulle kommunikeer oor lang afstande (tot 2 km).  [3] [Totaal: 8]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 01 © Cambridge International Examinations 2013 Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ʼn nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ʼn mate van ʼn gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Diere kommunikeer • wanneer dit belangrik vir reproduksie is • wanneer dit belangrik vir die orde binne die groep of trop is • om take saam te verrig • wanneer hulle hulleself moet verdedig • om vir mekaar te vertel waar kos is • om mekaar te waarsku wanneer gevaar dreig • om mekaar te groet • om te wys dat hulle van mekaar hou • om te wys dat hulle kwaad is. • met hulle kleintjies om hulle byvoorbeeld te voer. [Totaal: 5]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 01 © Cambridge International Examinations 2013 Oefening 5 ʼn Opstel van 150 tot 200 woorde lank oor iets wat baie belangrik in jou lewe is. Die volgende moet genoem word: • Wat is hierdie voorwerp en hoe lyk dit? • Waarom is dit belangrik vir jou? • Hoe sou jou lewe daarsonder gewees het? Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema vir Oefening 7. [Totaal: 15] Oefening 6 1 Die ander mense is uitgeput;  dr.Thomas het baie energie [en is gereed om te gesels].  [2] 2 Dit laat kinders glo hy is ʼn ruimtevaarder.  [1] Dit laat hom soos ʼn regte ruimtevaarder lyk.  [1] 3 Hy wil hê hulle moet opgewonde oor die wetenskap wees.  [1] 4 Hulle sal besef hoe broos die Aarde is en sal nie meer die aarde vernietig nie.  [2] 5 Hy was oorweldig / kon skaars praat  en het toe van blydskap geskree.  [2] 6 Hy glo die mens gaan nog op Mars land.  [1] [Totaal: 10] Oefening 7 Koerantartikel: 200 tot 250 woorde lank. Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). [Totaal: 15]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 01 © Cambridge International Examinations 2013 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ʼn punt (uit 8) vir inhoud (I) en ʼn punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel / teikengehoor / register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede / verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ʼn punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ʼn Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ʼn faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 01 © Cambridge International Examinations 2013 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ʼn goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ʼn gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ʼn Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ʼn mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ʼn redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ʼn mate van ʼn aanvoeling vir doel en teikengehoor. ʼn Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ʼn gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ʼn poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ʼn veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 01 © Cambridge International Examinations 2013 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ʼn mate van ʼn poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en / of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ʼn mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika / spelling / woordgebruik / punktuasie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ʼn mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0 punte toe.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2013 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A45/70
C29/70
E21/70
F11/70