Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1

0548/11/O/N/16 · 70 marks · ≈79 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans - Second Language papersWhat was in this paper?

Question paper20 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 1 of 20
Page 1 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 2 of 20
Page 2 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 3 of 20
Page 3 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 4 of 20
Page 4 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 5 of 20
Page 5 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 6 of 20
Page 6 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 7 of 20
Page 7 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 8 of 20
Page 8 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 9 of 20
Page 9 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 10 of 20
Page 10 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 11 of 20
Page 11 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 12 of 20
Page 12 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 13 of 20
Page 13 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 14 of 20
Page 14 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 15 of 20
Page 15 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 16 of 20
Page 16 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 17 of 20
Page 17 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 18 of 20
Page 18 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 19 of 20
Page 19 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2016 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 20 of 20
Page 20 of 20

Mark scheme8 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 8
Page 1 of 8
Mark scheme, page 2 of 8
Page 2 of 8
Mark scheme, page 3 of 8
Page 3 of 8
Mark scheme, page 4 of 8
Page 4 of 8
Mark scheme, page 5 of 8
Page 5 of 8
Mark scheme, page 6 of 8
Page 6 of 8
Mark scheme, page 7 of 8
Page 7 of 8
Mark scheme, page 8 of 8
Page 8 of 8

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 18 printed pages and 2 blank pages. DC (LEG) 120395/3 © UCLES 2016 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education * 3 4 3 5 7 7 7 0 5 8 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2016 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name in the spaces at the top of this page. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions in the spaces provided. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam in die blokkies boaan hierdie bladsy. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord al die vrae in die ruimtes wat daarvoor verskaf is. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.

Question paper, page 2

2 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 Oefening 1 Lees die volgende advertensie oor die Twee Oseane Akwarium. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Langer besoektye gee jou kans om meer te sien Met die langer somersdae wat nou met ons is, is die besoektye by die Twee Oseane Akwarium ook heelwat langer. Van 16 Desember tot 12 Januarie sal die akwarium van 09:00 tot 20:00 oop wees. Die langer tye is ideaal vir mense wat in hierdie koel en rustige onderwater-wonderland wil ontspan. Dit is veral lekker na ’n lang, warm dag op die strand of ’n besige dag se inkopies. Ma’s en pa’s sal bly wees om te hoor dat die akwarium se kinderspeelplek ’n vol feesprogram aanbied, met kuns en handwerk en die altyd gewilde poppekasvertonings vir die jonger kinders om te geniet. Elke kind sal ook daarvan hou om die akwarium se twee gelukbringers, Silwer die haai en Terminator die rob, te ontmoet. Spesiale fotogeleenthede saam met hierdie twee sal die besoek nog meer spesiaal maak. Die akwarium se restaurant sal gedurende die langer besoekure ook later oop wees. Dit is ideaal vir gesinne wat ’n vroeë aandete wil geniet. Die kombuis sluit om 19:00. Twee Oseane bied ook in die feesseisoen uitstekende geskenke as jy na iets interessants soek. Van dagkaartjies, duik saam met die haaie en lidmaatskap vir oud en jonk, is daar beslis iets vir almal. Dit kan dalk net jou krisis om die regte geskenk te kry, oplos! Wen: Gelukkige lesers kan 25 kaartjies na die Twee Oseane Akwarium wen deur net hierdie maklike vraag te beantwoord: Tot hoe laat is die akwarium tussen 16 Desember en 12 Januarie oop? Stuur jou antwoord na danie.marais@nuus.com teen 18 Desember. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Question paper, page 3

3 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over 1 Waarom is die Twee Oseane Akwarium nou langer oop? … …[1] 2 Wat is die verskil tussen ’n besoek aan die akwarium en: (a) ’n dag op die strand? … …[1] (b) ’n dag van inkopies? … …[1] 3 Watter aktiwiteit vir kinders is altyd populêr? … …[1] 4 Waarom kan mense wat saans tussen 19:00 en 20:00 na die akwarium gaan, nie ná hul besoek na die restaurant gaan nie? … …[1] 5 Hoe kan jy haaie beter leer ken by die akwarium? … …[1] 6 Vir watter probleem bied die akwarium ’n oplossing gedurende die feesseisoen? … …[1] 7 Watter inligting, behalwe jou naam en die regte antwoord, moet jy ook na danie.marais@nuus.com stuur as jy ’n kaartjie na die akwarium wil wen? … …[1] [Totaal: 8]

Question paper, page 4

4 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 Oefening 2 Die Onderwysdepartement wil inligting insamel oor wat tieners doen om die omgewing te bewaar. Lees die volgende teks oor Thomas Harris en vul die res van die vorm wat volg, in. Thomas Harris is in graad 11 aan die Hoërskool Killarney. Hy is 16 jaar oud en is op 15 November 2000 gebore. Sy adres is Parkstraat 27, Killarney, 2193 en sy telefoonnommer by die huis is 011 486 3272. Sy selfoonnommer is 083 066 9837 en sy e-posadres is thomas.harris@mweb.co.za. Tom is van kleins af lief vir die natuur. Sy ma het ’n kwekery vir inheemse plante en as klein seuntjie het Tom bedags saam met haar werk toe gegaan. Tom is ’n komiteelid van sy skool se Natuurklub. Dit is een van die klub se doelwitte om herwinning aan te moedig. By die skool is daar fasiliteite om glas, papier, karton en blikkies te herwin. Tom en sy komitee wil reël dat mense ook verskillende soorte plastiek vir herwinning skool toe kan bring, maar hulle doen nog navorsing daaroor. In sy vrye tyd is Tom betrokke by die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika. Hy woon elke maand dié vereniging se lesings by om sy kennis van plante en omgewingsake te verbeter. Verder is hy ook lid van twee Facebook-groepe wat sy belangstelling in die natuur en die omgewing deel. Die uitroei van indringerplante en die aanplant van inheemse plantsoorte is een van Tom se groot belangstellings. Daar is ook uitstekende e-publikasies oor hierdie belangstellings, wat hy geniet. Tom se ma is ’n kenner van die fynbos wat in Suid-Afrika voorkom. Sy organiseer elke kwartaal ’n toer na verskillende dele van die Kaapse Blommeryk in die Oos- en Wes-Kaap. Tom hoop om na skool botanie te bestudeer en dan eendag voltyds aan sy droom te werk om Suid-Afrika van indringerplante te bevry.

Question paper, page 5

5 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over Tieners en omgewingsake Opname Vul asseblief die vorm in. Thomas Harris Naam: … 11 Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: 15 November 2000 • Geboortedatum: … • Adres: …, Killarney, 2193 • Selfoonnommer: … thomas.harris@mweb.com • E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s) of vul die nodige inligting in: • By die skool herwin ons: papier/karton glas/blikkies plastiek • Organisasies waaraan ek buite die skool behoort: … • Ek verbeter my kennis van omgewingsake deur: lesings by te woon belangegroepe te ondersteun ✓ toere te organiseer ander: … • My ideaal vir Suid-Afrika se omgewing: Daar moet … … [Totaal: 9]

Question paper, page 6

6 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 Oefening 3 Lees die teks oor die Karoodorp Prins Albert en sy omgewing en voltooi dan die aantekeninge wat volg. Prins Albert: Hier kyk jy van sterre tot voëls Prins Albert en sy omgewing is die ideale plek waar jy op interessante toere en uitstappies kan gaan. Suidwes van Prins Albert is die Gamkaskloof. Tot in die vorige eeu het mense byna in isolasie daar gewoon en daar was tot redelik onlangs geen formele pad daarheen nie. Die inwoners moes hul heuning en droë vrugte per donkie teen die steil paadjies uitdra om dit te gaan verkoop. Gamkaskloof het ook die besondere naam, Die Hel. As jy in Prins Albert bly, is die Gamkaskloof nou ’n goeie bestemming vir ’n heerlike dag-uitstappie met ’n piekniekmandjie. Suid van Prins Albert is die Swartberg-natuurreservaat, wat tussen die Klein- en die Groot- Karoo strek. Besoekers kan in die gerestoureerde huisies van die Gamkaskloof oorbly. Sowat 42 km wes van Prins Albert is die Gamkapoortdam aan die voet van die Swartberge. Dié uitgestrekte watermassa is ’n voëlkykparadys, maar die pad soontoe is nie goed genoeg vir gewone voertuie nie. Daar is egter ander roetes en uitstappies wat jy maklik met ’n gewone motor kan hanteer. ’n Besondere belewenis op Prins Albert is die sterrekyk-uitstappies wat Johann en Hilda Müller reël. Die Müllers se kennis van die planete en sterre is indrukwekkend. Die doodse stilte en die sterre wat voel asof hulle net hier bo jou kop hang, is ’n wonderlike belewenis vir die meeste stedelinge wat nie die Karoo se pikdonker nagte ken nie. Vir mense wat iets moeiliker wil doen, is die roetes by die Bushman Valley-plaas saam met Dan en Melanie Malan so drie kilometer buite die dorp ’n uitstekende opsie. Hier het jy ’n keuse van sewe roetes, wat rivierbos, ’n droë waterval, Boesman -skuilings en ’n Boesman-museum insluit. ’n Staproete waarvoor jy nie jou rugsak en water nodig het nie, is die “Kuns in die skemer” saam met die kunstenaar Henk de Wet. Hy neem jou op ’n 90 minute lange reis – deur die standbeeldtuin en dan na die kunshuis, wat ook sy huis is. Die toere begin wanneer die son sak. As jy nie jou eie voertuig wil gebruik om Prins Albert en sy omgewing te verken nie, neem die toergids William Brits jou in ’n lugverkoelde voertuig deur die hele sentrale Klein- en Groot-Karoo. Hierdie uitstekende toergids vertel en wys jou dan ál die geheime van die omgewing. As jy dit wil waag, kan jy die toer na Die Hel met jou bergfiets meemaak. Anders kan jy saamry tot bo en dan met die Swartbergpas afry. Maar daardie smal grondpaadjie is net vir ervare fietsryers. Die fossieltoere saam met dr. Joan McDonald is ’n belewenis. Sy is ’n gekwalifiseerde toergids en ook ’n paleontoloog. Haar toere gee jou ’n interessante insig in die prehistoriese, natuurlike en kulturele verlede van die omgewing.

Question paper, page 7

7 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over In die dorp kan jy saans saam met die bobaas-storieverteller en gids Alida Sheard ’n spookstap van 90 minute lank doen. Tydens hierdie geleentheid word Prins Albert se geskiedenis weer lewend. En wat is ’n lekkerder manier om die dorp en omgewing te verken as saam met een van Prins Albert se bekende fotograwe, wat gereeld hul kennis in werksessies en kursusse deel? Bring gerus jou kamera saam vir ’n interessante ervaring. • Die toerismeburo is jou eerste stilhouplek vir inligting oor al die aktiwiteite waaraan jy hier kan deelneem. Besoek dit in Kerkstraat langs die Fransie Pienaar-museum, skakel 023 541 1366, stuur e-pos na princealberttourism@intekom.co.za, of loer by www.patourism.co.za of www.princealbert.org.za in. (Uit: Buite, Die Burger, 29 Julie 2014) Jy gaan ’n praatjie oor Prins Albert en sy omgewing in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Prins Albert en sy omgewing (a) Redes wat die Gamkaskloof spesiaal maak: • Tot onlangs geen formele pad soontoe nie … • …[1] • …[1] (b) Aktiwiteite vir besoekers wat in Prins Albert se geskiedenis belangstel: • …[1] • …[1] • …[1] (c) Aktiwiteite in en naby Prins Albert vir natuurliefhebbers: • …[1] • …[1] • …[1] [Totaal: 8]

Question paper, page 8

8 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 Oefening 4 Gebruik die teks oor Prins Albert en sy omgewing en skryf ʼn opsomming oor die redes waarom Prins Albert ’n goeie bestemming is vir besoekers wat in kultuur belangstel. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 5]

Question paper, page 9

9 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5

Question paper, page 10

10 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 Oefening 5 ’n Goeie maat wat in ’n ander stad of land woon, gaan gedurende die komende vakansie vir ’n week by jou kom kuier. Dit is jou maat se eerste besoek aan jou stad of dorp. Skryf ʼn brief aan jou maat oor wat jy beplan vir daardie week wat julle saam gaan wees. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • mense aan wie jy jou maat wil voorstel en redes daarvoor • plekke waarheen jy jou maat wil neem en waarom jy daarheen wil gaan • redes waarom jy na jou maat se besoek uitsien. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 11

11 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]

Question paper, page 12

12 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 Oefening 6 Lees die volgende teks aandagtig en beantwoord dan die vrae wat volg. Die vele gesigte van Kersvader Vader Kersfees neem ’n sluk van sy Stoney-gemmerbier. “Jô-jô-jô-jô-jô, dis baie warm in hierdie klere, maar ek geniet dit. Gelukkig.” Vir die 26-jarige Xolani Peyi van Khayelitsha het ’n droom waar geword, want hy is Vader Kersfees in die Goue Akker-winkelsentrum in Kaapstad. Xolani was lank werkloos tot hy gehoor het daar is werk vir ’n Vader Kersfees. Nou is sy eerste werksdag agter die rug. Ongeveer 50 kinders het teen R30 elk vir ’n foto op sy skoot poseer. Xolani is een van duisende mans wat dié tyd van die jaar wêreldwyd in Vader Kersfees – of Sinterklaas, Santa Claus, Kris Kringle, Papa Noël en vele ander – se stewels klim. Wêreldwyd leef die tradisie voort dat kinders vir Vader Kersfees ’n brief kan skryf om te vra vir geskenke. As jy gedurende die jaar soet was, sal die gawe oom met die groot baard vir jou ’n present bring, maar as jy stout was ... Kanada spog met die meeste briewe aan Vader Kersfees: In 2006 het die Kanadese posdiens 1,06 miljoen briewe en 44 166 e-posse aan Kersvader ontvang. En elke brief en e-pos is beantwoord, danksy die hulp van 11 000 vrywilligers wat gratis in elf tale, ook in braille, teruggeskryf het. Hoewel die Noordpool sy amptelike adres is, woon Vader Kersfees op verskillende plekke volgens verskillende lande se tradisies. Die Finne glo byvoorbeeld hy kom van Lapland en die Amerikaners reken weer Santa Claus woon in Alaska. Vader Kersfees hou ook tred met die nuwe tegnologie. Daar is deesdae Kersvader- toepassings vir slimfone en tablette. Daar is byvoorbeeld een waarop jy Kersvader se vordering na jou huis kan volg. ’n Kind kan ook by SantaSkype.com teen $15 (ongeveer R150,00) ’n telefoongesprek van tien minute met Vader Kersfees voer. Dit is egter niks nuuts dat Vader Kersfees gebruik word om geld te maak nie, want reeds in 1931 het ’n Coca-Cola-advertensie baie tot die populêre beeld van Vader Kersfees se rooi klere bygedra. Sielkundiges verskil oor die sogenaamde “Vader Kersfees-leuen”. Party reken dit is ’n “goeie leuen” as ouers hul kinders die Kersvader-fantasie laat glo. “Dit ontwikkel kinders se verbeelding,” sê Ed Jones, ’n sielkundige. Ander is weer bekommerd dat kinders hul ouers nie meer gaan vertrou wanneer hulle uitvind hul ouers was self verantwoordelik vir hul Kersgeskenke nie. Almal stem egter saam dat Vader Kersfees ’n universele simbool is. Volgens Joe Kent, ’n sielkundige, vorm Vader Kersfees ’n parallel met ’n Godsfiguur. “Ons dink soms aan God as ’n ou, groot, wyse man met die wit baard – net soos Vader Kersfees,” sê Kent. En net soos God wat oor jou lewe oordeel, volgens sommige mense se geloof, besluit Vader Kersfees aan die einde van ’n jaar of jy soet was of nie. Xolani in die Goue Akker sien ’n ooreenkoms tussen Vader Kersfees en oudpresident Nelson Mandela, wat ook baie lief vir kinders was. Mandela bly vir Xolani ’n groot inspirasie. “Hy het vir ons soveel dinge geleer. Kinders is ’n seëning. Met kinders rondom jou kan jy nie anders as om wonderlik te voel nie.”

Question paper, page 13

13 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over “Die kinders vra vir my: ‘Het jy nou ’n donker vel?’ Dan antwoord ek: ‘Ja, ek is ’n donker Kersvader, ek kom van die Suidpool.’ Ek is ’n trots Suid-Afrikaanse Kersvader,” sê hy laggend. Xolani sal egter nie omgee vir klere wat pas by ons klimaat nie. “Ek dink ’n kortbroek sal goed werk. Dalk moet ons die kleure ook verander. Wat van ’n bietjie groen en goud?” (Uit: Die Burger, 21 Desember 2013) 1 Waarom was Xolani so bly om die werk as Vader Kersfees te kry? … …[1] 2 Watter verskil is daar tussen die manier waarop die Kanadese posdiens die briewe en e-posse aan Kersvader hanteer het en hoe SantaSkype.com foonoproepe hanteer? … … …[2] 3 Wat het daartoe bygedra dat Vader Kersfees met die kleur rooi geassosieer word? … …[1] 4 Waarom verskil sielkundiges oor die “Vader Kersfees-leuen?” … … …[2] 5 Verduidelik waarom Xolani vir kinders sê dat hy van die Suidpool kom. … … …[2]

Question paper, page 14

14 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 6 Hoe sou Xolani vir Vader Kersfees meer Suid-Afrikaans wou maak? … …[1] 7 Verduidelik die titel van die teks in een sin. … …[1] [Totaal: 10]

Question paper, page 15

15 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over Oefening 7 Lees die volgende uitsprake oor biblioteke: “Toe ek op laerskool was, het ek altyd boeke by die biblioteek uitgeneem. Nou kom ek selde daar.” “Biblioteke maak alle boeke – oud en nuut – beskikbaar vir ons.” “Biblioteke neem plek op wat liewer deur skole en hospitale gebruik kan word.” “Biblioteke is die universiteite van die gewone mens.” “Wie lees vandag nog boeke? Biblioteke is ’n mors van geld. As ek iets wil lees, lees ek dit op die internet.” “Biblioteke sal altyd ’n belangrike rol in die gemeenskap speel.” Skryf ’n artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor die rol van biblioteke in die moderne tyd bespreek. Jou artikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 16

16 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 17

17 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 18

18 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]

Question paper, page 19

19 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 BLANK PAGE

Question paper, page 20

20 0548/01/O/N/16 © UCLES 2016 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

Mark scheme, page 1

® IGCSE is the registered trademark of Cambridge International Examinations. This document consists of 8 printed pages. © UCLES 2016 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2016 MARK SCHEME Maximum Mark: 70 Published This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2016 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2016 0548 01 © UCLES 2016 Oefening 1 1 Dit is somer/vakansie/langer dae/meer besoekers. [1] 2 (a) Die akwarium is koeler en/of die strand warm. [1] (b) Die akwarium is rustiger en/of ’n dag se inkopies is besig. [1] 3 Poppekasvertonings [1] 4 Die restaurant (se kombuis) sluit om 19:00./Die restaurant sal toe wees. [1] 5 Jy kan saam met hulle/haaie duik. [1] 6 As jy nie weet watter (Kers)geskenke om te koop nie. [1] 7 Jou telefoonnommer [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Skool: Hoërskool Killarney [1] Adres: Parkstraat 27 (spelling moet reg wees) [1] Selfoonnommer: 083 066 9837 [1] By die skool herwin ons: Papier/karton [1] Glas/blikkies [1] Organisasies waaraan ek behoort: Die Botaniese Vereniging (van Suid-Afrika) [1] Ek verbeter my kennis van omgewingsake deur: lesings by te woon; [1] Ander: e-publikasies te lees [1] My ideaal vir SA se omgewing: Daar moet geen indringerplante in Suid-Afrika wees nie. [1] [Totaal: 9]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2016 0548 01 © UCLES 2016 Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) Mense het in isolasie daar gewoon. [1] Mense moes donkies vir vervoer gebruik. [1] Aanvaar ook vir een punt in plaas van een van die twee bogenoemde: Dit word Die Hel genoem. (b) Fossiele/Fossieltoere [1] Boesman-museum [1] Fransie Pienaar-museum [1] Aanvaar ook vir een punt elk in plaas van een of twee van die drie bogenoemde: Spookstap Bly in ’n gerestoureerde huisie (c) Voëlkyk [1] Sterrekyk [1] Fossieltoere [1] Aanvaar ook vir een punt elk in plaas van een en/of twee van die drie bogenoemde: Stap Fietsry [Totaal: 8]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2016 0548 01 © UCLES 2016 Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ʼn nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ʼn mate van ʼn gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Geleenthede vir interessante toere na Die Hel en Gamkaskloof Verblyf in gerestoureerde huisies in Gamkaskloof Boesman-museum by Bushman Valley-plaas Kuns in die skemer: Toer deur standbeeldtuin en kunshuis Spookstap en stories Fotografiesessies saam met ervare fotograwe Besoek aan die Fransie Pienaar-museum [Totaal: 5] Oefening 5 ʼn Brief van 150 tot 200 woorde lank aan ’n maat van ’n ander plek wat by jou gaan kom kuier. Die volgende moet genoem word: • mense aan wie jy jou maat wil voorstel en redes daarvoor • plekke waarheen jy jou maat wil neem en waarom jy daarheen wil gaan • redes waarom jy na jou maat se besoek uitsien. Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. [Totaal: 15]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2016 0548 01 © UCLES 2016 Oefening 6 1 Hy was voorheen werkloos. [1] 2 Die Kanadese posdiens het die briewe gratis [1] beantwoord; kinders moet SantaSkype.com [$15] betaal. [1] [2] 3 Hy het in 1931 in rooi klere in ’n Coca-Cola-advertensie verskyn. of ’n Coca-Cola-Advertensie [1] 4 Sommige dink dit is goed vir kinders se verbeelding om aan Kersvader te glo [1]; ander dink kinders sal nie hul ouers vertrou as hulle agterkom Kersvader bestaan nie regtig nie. [1] [2] 5 Hy bedoel dit is waarom hy bruin/anders as die gewone wit Kersvader is, [1] wat van die Noordpool kom. [1] [2] 6 Koel klere [1] OF groen en goud kleure [1]. [1] 7 Iets soos een van die volgende vir een punt: Kersvader het baie verskillende name. Kersvader kom van baie verskillende plekke. Kersvader se voorkoms verskil op verskillende plekke. [1] [Totaal: 10] Oefening 7 Artikel: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). [Totaal: 15]

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2016 0548 01 © UCLES 2016 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ʼn punt (uit agt) vir inhoud (I) en ʼn punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ʼn punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ʼn Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ʼn faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir inhoud en taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang punte vir taal beskikbaar.

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2016 0548 01 © UCLES 2016 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ʼn goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ʼn gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ʼn Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ʼn mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ʼn redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ʼn mate van ʼn aanvoeling vir doel en teikengehoor. ʼn Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ʼn gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ʼn poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ʼn veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid. 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ʼn mate van ʼn poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak.

Mark scheme, page 8

Page 8 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2016 0548 01 © UCLES 2016 Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ʼn mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik/punktuasie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ʼn mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0 punte toe.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2016 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A45/70
B37/70
C28/70
D23/70
E19/70
F11/70
G3/70