Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/15 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper20 pages




















Mark scheme7 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.







Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 18 printed pages and 2 blank pages. DC (LEG) 107291/3 © UCLES 2015 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education * 8 8 6 5 2 4 5 3 6 7 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2015 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name in the spaces at the top of this page. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions in the spaces provided. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam in die blokkies boaan hierdie bladsy. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord al die vrae in die ruimtes wat daarvoor verskaf is. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 1 Lees die volgende teks uit ’n reisgids. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Die koudste, oudste, eensaamste ... Die koudste plek Mense dink Sutherland is die koudste plek in Suid-Afrika, maar dit is op die plaas Buffelsfontein in die Oos-Kaap waar jy die koudste gaan kry. In Junie 1996 was die temperatuur daar –18,6 °C – die koudste nóg in Suid-Afrika. Sutherland se koudste temperatuur was –16 °C, in Julie 2003. Buffelsfontein se gemiddelde jaarlikse temperatuur is 11,3 °C. Die landskap by Buffelsfontein is groot en oop. Wanneer jy daar is, kan jy na rotstekeninge van eeue gelede gaan kyk. Moenie jou kamera vergeet nie! Die oudste poskantoor ’n Portugese seevaarder het vroeg in 1500 ’n brief in ’n skoen aan ’n tak van ’n melkhoutboom in Mosselbaai gelos. Die brief is in 1501 oopgemaak deur ’n Portugese kaptein wat met sy skip op pad na Indië was. Hierdie boom is as ’n “posboom” gebruik omdat dit naby ’n fontein was waar mense vars water kon kry. ’n Mens kan nog steeds briewe in ’n posbus in die vorm van ’n skoen onder hierdie boom pos. Briewe wat hier gepos word, kry ’n spesiale seël. Die eensaamste pad Trek gou ’n kaart van Suid-Afrika nader … Sien jy daardie leë kol links bo? Ja, dit is die Noord-Kaap. In dié provinsie woon daar gemiddeld net twee mense per vierkante kilometer (dit is omtrent dieselfde as dele van die Australiese platteland). Die Noord-Kaap is bekend vir sy groot, oop vlaktes, vir springbokke en ver horisonne. En lang alleenpaaie. Die langste pad sonder ’n dorp of vulstasie is die warmgebakte pad tussen Calvinia en Kenhardt: 290 km van niks. Wanneer jy in hierdie deel van die land is, kan jy die woud van 5 000 kokerbome naby Kenhardt besoek. Gaan van Junie tot Augustus wanneer dié bome blom. (Uit: www.weg.co.za)
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over 1 Waar is die laagste temperatuur in Suid-Afrika gemeet? … …[1] 2 Wat moet jy saamneem as jy na die rotstekeninge op Buffelsfontein gaan kyk? … …[1] 3 Waarin is die eerste briewe in Suid-Afrika gepos? … …[1] 4 Wat het Mosselbaai ’n goeie plek gemaak om op pad na Indië te stop? … …[1] 5 Met watter land word die Noord-Kaap vergelyk? …[1] 6 Hoe is die landskap van Buffelsfontein en die landskap van die Noord-Kaap dieselfde? … … …[2] 7 Waarom is Junie tot Augustus ’n goeie tyd om Kenhardt te besoek? … …[1] [Totaal: 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 2 Die Suid-Afrikaanse regering wil inligting insamel oor die tale wat tieners ken. Lees die volgende teks oor Emma Stroh en vul die vorm wat volg in. Emma Stroh is in graad 10 aan die Hoërskool Noordhoek. Haar skool se adres is Hoofweg 15, Noordhoek, 7979. Die skool se e-posadres is noordhoek@school.org.za en die telefoonnommer is 021 789 4479. Emma het pas sestien geword en is op 30 Augustus 1999 gebore. Haar adres is Noordstraat 21, Noordhoek, 7979. Haar huistelefoonnommer is 021 789 3289 en haar selfoonnommer is 081 556 2309. Haar e-posadres is emma.stroh@gmail.com. Emma het tweetalig grootgeword omdat haar ma Afrikaans en haar pa Duits is. Haar ouers het albei vanaf Emma se geboorte in hul eie taal met haar gepraat. Soos baie Suid- Afrikaners, is Emma Engels goed magtig. Een van Emma se beste vriendinne, Aditi, is Hindi-sprekend en geniet dit om haar taal vir Emma te leer. Omdat Emma ’n aanleg vir tale het, vorder haar Hindi goed. Op skool neem Emma nie ’n derde taal nie, maar sy het vroeër hierdie jaar Italiaanse lesse deur die Italiaanse konsulaat begin neem. Sy geniet dit om Italiaanse tydskrifte op die internet te lees en kyk gereeld na Italiaanse video’s op YouTube. Emma se hele gesin is veeltalig. Haar ma leer op die oomblik Mandaryns en haar broer gaan aan die einde van die jaar op ’n staptog in die Transkei om sy Xhosa te verbeter. Emma wil volgende jaar Franse lesse neem, want sy wil na skool as au pair in Frankryk gaan werk. Vir Emma is elke taal ’n venster op ’n interessante nuwe wêreld, en sy wil graag in ’n huis met baie vensters woon!
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over Tieners en tale Opname Vul asseblief die vorm in. Emma Stroh Naam: … Hoërskool Noordhoek Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … • Adres: …, Noordhoek, 7979 081 556 2309 • Telefoonnommer: … emma.stroh@gmail.com • E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s) of vul die nodige inligting in: • Op skool neem ek: een taal twee tale drie tale • Die taal/tale wat ek buite die skool leer, is: … • Ek verbeter my kennis van ander tale deur: boeke by die biblioteek uit te neem tydskrifte in ander tale te lees na video’s op die internet te kyk lesse buite die skool te neem ✓ ander: … • Ek dink dit is belangrik om verskillende tale te ken, want: … … [Totaal: 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 3 Lees die teks oor rotskuns en voltooi dan die aantekeninge wat volg. Rotskuns Die argeoloog Jean-Marie Chauvet het in 1994 ’n grot-opening naby Avignon in Frankryk gevind. Hy en sy span het met ’n touleer 500 meter onder in die aarde ingegaan. Daar het hulle ’n manjifieke toneel gesien. Teen die grotmure is daar tekeninge van mammoete en osse, steenbokke en leeus, bere, perde, hiënas en wollerige renosters. Daar is ook tekeninge van ’n panter en ’n uil, wat volgens ’n kenner nooit voorheen in die prehistoriese rotskuns gevind is nie. Die diere is so uitstekend bewaar dat jy skaars kan glo hulle is 20 000 en 30 000 jaar gelede geskilder. Verder is sommige van die kunswerke so gesofistikeerd dat hulle “modern” lyk. Die Chauvet-grot, soos dit nou genoem word, is een van die belangrikste voorbeelde van prehistoriese Europese kuns. Hierdie rotskuns gee navorsers wonderlike nuwe insigte in hoe die vroeë mense gelewe en gedink het. Maar waarom het mense hierdie tekeninge gemaak? Kenners glo nie dat die antieke kunstenaars die tekeninge gemaak het net omdat hulle kreatief was nie. Hulle dink die tekeninge wys hoe die vroeë mense na die wêreld gekyk het. Dit het ook te doen met hul kultuur en godsdiens – as ’n mens die tekening van ’n dier kon beheer, kon jy die dier self ook beheer. Dit sou van jou ’n suksesvolle jagter maak. Mense moes lank gelede jag om te oorleef, daarom is die rotskuns in verskillende wêrelddele baie dieselfde. ’n Tekening van ’n San-jagter in ’n grot in Suid-Afrika en ’n rotstekening van ’n jagter in Spanje is byvoorbeeld so eenders dat dit lyk of dit deur dieselfde kunstenaar geskilder kon wees. Van die diere in grotte in Frankryk toon groot ooreenkomste met rotstekeninge van diere in Namibië. Daar is ook ander tekeninge in Spanje gevind wat baie soos dié van die Inheemse Amerikaners in Noord-Amerika lyk. Beteken dit daar was lank gelede kontak tussen verskillende kulture en dat hulle mekaar beïnvloed het? Kenners dink nie so nie. Volgens hulle is die eenvoudige verduideliking dat rotskuns baie dieselfde is omdat mense baie dieselfde is. Daar is meer as 15 000 plekke in Suid-Afrika wat saam honderdduisende tekeninge bevat. Die meeste daarvan is deur die San geskep. ’n Kenner van die San-kuns vertel dat die San geglo het hulle sou krag van God kry deur in ’n soort beswyming (“trance”) te gaan. Hierdie krag is gebruik om siekes te genees, reën te maak en wilde diere te beheer. Sommige mense wat visioene gesien en buitengewone dinge beleef het, het hul ervarings geïllustreer om ander te inspireer en te leer. Uitgrawings wat sedert 1991 in die Blombos-grot in Suid-Afrika gedoen is, toon dat rotskuns hier selfs ouer is as wat mense eers gedink het. Daar is aanduidings dat die mense wat die grot bewoon het, minstens 70 000 jaar gelede abstrak gedink het en ’n gesofistikeerde taal gepraat het. Hier is onder meer twee klippies gevind met komplekse geometriese vorms daarop. Hierdie vorms is baie anders as die gewone tekeninge van mense en diere, wat later in so baie ander grotte gemaak is. In die Blombos-grot is daar ook skulpe gevind waarin gaatjies gemaak is sodat dit as krale gebruik kon word. Hierdie skulpe is tienduisende jare ouer as enige ander antieke persoonlike ornamente. Die feit dat daar gereeld nog rotskuns in verskeie wêrelddele gevind word, is ’n bewys dat daar steeds geheime is om te ontdek. Dit is belangrik dat ons alle rotskuns bewaar omdat dit ons so ’n diep insig gee in ’n verlede wat nooit in boeke geskryf kon word nie. (Uit: www.mieliestronk.com)
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over Jy gaan ’n praatjie oor rotskuns in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Rotskuns (a) Hoekom die Chauvet-grot belangrik is: • Enigste panter en uil in prehistoriese rotskuns … • …[1] • …[1] (b) Ooreenkomste tussen die rotskuns in verskillende wêrelddele: • …[1] • …[1] • …[1] (c) Redes waarom die vroeë mense rotstekeninge gemaak het: • …[1] • …[1] • …[1] [Totaal: 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 4 Gebruik die teks oor rotskuns en skryf ʼn opsomming van hoe rotskuns ons help om die geskiedenis van die mens te verstaan. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 5 Iets baie spesiaals het verlede naweek met jou gebeur. Skryf ʼn brief waarin jy ’n goeie maat daarvan vertel. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • die spesiale ding wat met jou gebeur het • hoe dit jou laat voel het • hoe dit jou lewe gaan beïnvloed. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 6 Lees die volgende teks aandagtig en beantwoord dan die vrae wat volg. Emily Hobhouse is ’n inspirasie Emily Hobhouse was ’n welsynwerker van Cornwallis, Engeland. Sy het bekend en geliefd geraak in Suid-Afrika as gevolg van die rol wat sy tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) gespeel het. Sy het die omstandighede van vroue en kinders in die konsentrasiekampe onder die aandag van die Britse regering en die Britse mense gebring. Sy het haarself onpopulêr in haar eie land gemaak omdat sy nie bang was om haar eie regering te kritiseer nie. Vir Hobhouse was menseregte belangrik in ’n tyd toe baie mense se regte misken is. Soos baie ander mense het die aktrise Lynita Crofford die naam Emily Hobhouse geken, maar nie veel van haar geweet nie. Alles het verander toe sy die rol van Hobhouse op die verhoog speel. Crofford is nou geïnspireer om die plekke te besoek waar daar tydens die Anglo-Boereoorlog konsentrasiekampe in Suid-Afrika was. “Ek het besef watter besondere mens Emily Hobhouse was,” sê Lynita Crofford. “Ek het ook baie geleer van die Boerevroue en -kinders se situasie in die Britse konsentrasiekampe en hoe dapper hulle was. Ek het bewus geword van die feit dat almal in ’n oorlog slagoffers is – ook die soldate – en dat vroue en kinders vandag nog steeds die meeste in ’n oorlog ly.” Die toneelstuk begin in Londen kort voor die einde van Hobhouse se lewe. Sy lewer ’n praatjie voor koning George V, politici en ander mense in hoë posisies in Engeland. Sy probeer aan hulle verduidelik waarom sy die omstandighede van vroue en kinders in die konsentrasiekampe wou verbeter. Deur Hobhouse se woorde verstaan jy dat sy dit nie om politieke redes gedoen het nie, maar net om mense te help. Crofford speel nie net die rol van Hobhouse nie, maar ook van verskeie ander karakters. Sy speel onder andere die rol van ’n boervrou en die rol van ’n jong Engelse soldaat wat gestuur word om ’n plaashuis af te brand. “Baie mense kom gesels ná die tyd met my en vertel my hulle het nog hierdie poppie of blikkie of iets wat aan ’n familielid behoort het. Dis duidelik dat die konsentrasiekampe en die oorlog nog nie vergeet is nie.” Vir Crofford was hierdie stuk ’n groot uitdaging. Die belangrikste redes hiervoor was omdat sy alleen op die verhoog was en soveel verskillende rolle moes speel. Die stuk klink dalk na droë geskiedenis, maar dit is ’n besonder menslike stuk. Die toneelstuk het ’n prys op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad gewen. “Ek was baie verras, want daar was soveel ander goeie produksies om op die fees te sien,” sê Crofford. Crofford verskyn ook in ’n film, Dear Mrs Steyn, oor Emily Hobhouse. Die teks is saamgestel uit briewe wat Emily Hobhouse gedurende die Anglo-Boereoorlog aan die vrou van president M.T. Steyn van die Oranje-Vrystaat geskryf het. Emily Hobhouse en mevrou Steyn het mekaar ontmoet toe Hobhouse Bloemfontein besoek het en in die konsentrasiekampe daar gewerk het. Karen Zoid is die verteller in die film Dear Mrs Steyn. Die film sal op kykNET te sien wees. (Uit: Die Burger)
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over 1 Watter soort werk het Emily Hobhouse in Engeland gedoen? … …[1] 2 Hoekom was Emily Hobhouse minder populêr in Engeland as in Suid-Afrika? … … …[2] 3 Hoe weet ons dat Lynita Crofford vir Emily Hobhouse bewonder? … …[1] 4 Wat het Lynita Crofford deur Emily Hobhouse oor oorlog geleer? … …[1] 5 Hoekom was die toneelstuk moeilik vir Lynita Crofford? Gee twee redes. … … …[2] 6 Wat het Lynita Crofford laat besef dat mense die kampe en die oorlog nog onthou? … …[1] 7 Hoekom was Crofford verras dat die toneelstuk ’n prys gewen het? … …[1]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 8 Wat het die filmmaker wat Dear Mrs Steyn gemaak het, gehelp om inligting oor Emily Hobhouse en mevrou Steyn te kry? … …[1] [Totaal: 10]
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over Oefening 7 Lees die volgende uitsprake oor geld: “Geluk is belangriker as geld.” “’n Mens het geld nodig om gelukkig te wees!” “Geld het nog nooit iemand gelukkig gemaak nie.” “Geld wat stom is, maak reg wat krom is!” “Geld is die wortel van alle kwaad!” Skryf ʼn artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor die belangrikheid van geld bespreek. Jou artikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 17
17 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 18
18 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]
Question paper, page 19
19 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE
Question paper, page 20
20 0548/01/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
® IGCSE is the registered trademark of Cambridge International Examinations. CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS Cambridge International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2015 series 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 70 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2015 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components.
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 01 © Cambridge International Examinations 2015 Oefening 1 1 Buffelsfontein [1] 2 jou/’n kamera [1] 3 in ’n skoen/aan ’n tak/in ’n melkhoutboom [1] 4 vars water [1] 5 Australië [1] 6 (Albei plekke is) groot [1] en oop. [1] [2] 7 Die kokerbome blom dan. [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Graad: 10 [1] Geboortedatum: 30 Augustus 1999 [1] Adres: Noordstraat 21 [1] Op skool neem ek: twee tale [1] Die tale wat ek buite die skool leer, is: Hindi en Italiaans [1] Ek verbeter my kennis van ander tale deur: tydskrifte in ander tale te lees [1] na video’s op die internet te kyk [1] ander: by vriende te leer [1] ’n mens leer nuwe wêrelde wanneer jy ander tale leer/tale is vensters op interessante ander wêrelde [1] [Totaal: 9] Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) Enige twee van die volgende: [2] kunswerke gesofistikeerd toon watter diere daar voorgekom het gee insig in lewe en denke van vroeë Europeërs (b) Jagter in Spanje en Suid-Afrika dieselfde [3] Diere in Namibië en Frankryk baie dieselfde Motiewe in Spanje en Noord-Amerika dieselfde (c) Enige drie van die volgende: [3] weerspieël mense se lewensuitkyk toon kultuur en godsdiens manier om suksesvol te jag gebruik om ander te inspireer en te leer om kreatief te wees [Totaal: 8]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 01 © Cambridge International Examinations 2015 Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ʼn nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ʼn mate van ʼn gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Rotskuns toon watter diere mense in die verlede geken het. Dit toon mense se verhouding met die natuur. Dit toon mense se vaardigheid met kuns. Dit gee insig t.o.v. mense se denke en lewe. Dit toon hoe eenders mense in verskillende wêrelddele is. Dit toon wat belangrik vir mense was. Dit gee insig t.o.v. denke en taal. Dit gee inligting oor persoonlike ornamente. Dit vertel storie van ’n verlede wat nie in boeke opgeteken is nie. [Totaal: 5] Oefening 5 ʼn Brief van 150 tot 200 woorde lank oor iets spesiaals wat die afgelope naweek met hulle gebeur het. Die volgende moet genoem word: • die spesiale ding wat met hulle gebeur het • hoe dit hulle laat voel het • hoe dit hulle lewe gaan beïnvloed. Die brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. [Totaal: 15]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 01 © Cambridge International Examinations 2015 Oefening 6 1 Sy was ’n welsynwerker. [1] 2 In Suid-Afrika is sy bewonder omdat sy vroue en kinders gehelp het; [1] in Engeland was sy ongewild omdat sy die Britse regering gekritiseer het. [1] 3 Sy wil die plekke waar Emily Hobhouse gewerk het, besoek. [1] 4 Almal is slagoffers, ook die soldate./Vroue en kinders ly die meeste. [1] 5 Sy was alleen op die verhoog. [1] Sy het verskeie rolle gespeel. [1] 6 Mense het nog aandenkings/voorwerpe uit die kampe. [1] 7 Daar was baie ander goeie produksies/toneelstukke. [1] 8 Die briewe wat Emily Hobhouse aan mev. Steyn geskryf het. [1] [Totaal: 10] Oefening 7 Koerantartikel: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). [Totaal: 15]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 01 © Cambridge International Examinations 2015 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ʼn punt (uit 8) vir inhoud (I) en ʼn punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ʼn punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ʼn Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ʼn faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2-3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2-3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 01 © Cambridge International Examinations 2015 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ʼn goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ʼn gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ʼn Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ʼn mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ʼn redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ʼn mate van ʼn aanvoeling vir doel en teikengehoor. ʼn Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ʼn gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ʼn poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ʼn veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 01 © Cambridge International Examinations 2015 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ʼn mate van ʼn poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ʼn mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik/punktu asie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ʼn mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0 punte toe.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2015 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.