Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1

0548/11/O/N/12 · 70 marks · ≈79 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans - Second Language papersWhat was in this paper?

Question paper16 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 1 of 16
Page 1 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 2 of 16
Page 2 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 3 of 16
Page 3 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 4 of 16
Page 4 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 5 of 16
Page 5 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 6 of 16
Page 6 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 7 of 16
Page 7 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 8 of 16
Page 8 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 9 of 16
Page 9 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 10 of 16
Page 10 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 11 of 16
Page 11 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 12 of 16
Page 12 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 13 of 16
Page 13 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 14 of 16
Page 14 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 15 of 16
Page 15 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2012 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 16 of 16
Page 16 of 16

Mark scheme8 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 8
Page 1 of 8
Mark scheme, page 2 of 8
Page 2 of 8
Mark scheme, page 3 of 8
Page 3 of 8
Mark scheme, page 4 of 8
Page 4 of 8
Mark scheme, page 5 of 8
Page 5 of 8
Mark scheme, page 6 of 8
Page 6 of 8
Mark scheme, page 7 of 8
Page 7 of 8
Mark scheme, page 8 of 8
Page 8 of 8

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 15 printed pages and 1 blank page. DC (CW) 54627/2 © UCLES 2012 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education * 1 6 0 2 6 1 0 8 4 9 * For Examiner’s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2012 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.

Question paper, page 2

2 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 Oefening 1 Lees die volgende inligting vir mense wat allergies vir troeteldiere is. Beantwoord daarna die vrae op die volgende bladsy. Allergies vir my troeteldier! Laat jou troeteldier jou oë traan, jou neus loop, jou nies, jeuk en selfs asma-aanvalle kry? Dit is piepklein deeltjies van sy vel en hare wat die probleme veroorsaak. Hierdie deeltjies trek deur die lug en word in meubels, in gordyne en in matte vasgevang. Moenie bekommerd wees nie. Net ’n paar maklike veranderinge is nodig om die allergene wat ’n allergiese reaksie veroorsaak, te verminder. Dan kan jy en jou harige vriend nog lank en gelukkig saamwoon. Volg gerus hierdie wenke: * Steriliseer en kastreer: Dit laat jou dier se hormoonvlakke daal en verminder jou allergiese reaksies. * Vee af: Vee jou troeteldier daagliks met ’n nat lap af. * Was: Was jou hande nadat jy jou troeteldier gestreel of geborsel het. * Stofsuig en stof gereeld af: Stofsuiers en spesiale lugsuiweraars kan die allergene in jou huis verminder. * Skoon slaapkamer: Moenie jou viervoetige vriende in jou slaapkamer toelaat nie – jy sal dan ook snags beter slaap. Kussings en duvets moet gedroogskoonmaak word. * Gordyne, rusbanke en matte: Minder stof en dierehare versamel op teëls, linoleum en houtvloere en hulle kan makliker skoongemaak word. Was gereeld jou gordyne. ’n Leerrusbank is beter as ’n gestoffeerde bank omdat jy dit beter kan skoonhou. Voorbeelde van hipo-allergeniese diere: * Katte: LaPerm, Cornish Rex, Devon Rex en Sfinks. * Honde: Poedels en baster-poedels soos die labradoodle. As diere hipo-allergenies is, beteken dit nie hulle vervaardig geen allergene nie, maar hulle vervaardig minder allergene.

Question paper, page 3

3 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over For Examiner’s Use 1 Vir watter deel van ’n troeteldier is sommige mense allergies? …[1] 2 Wat noem ’n mens dinge wat ’n allergiese reaksie veroorsaak? …[1] 3 Noem twee wenke waarin jy water moet gebruik. (i) …[1] (ii) …[1] 4 Waarom is ’n goeie stofsuier belangrik? …[1] 5 (a) Watter soort rusbank is die beste vir iemand wat allergies vir troeteldiere is? …[1] (b) Gee ’n rede vir jou antwoord. …[1] 6 Waarom is ’n poedel ’n goeie hond vir iemand wat allergies vir troeteldiere is? …[1] [Totaal: 8]

Question paper, page 4

4 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 Oefening 2 Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. ’n Filmmaker wil inligting insamel oor hoe gereeld en waar tieners na films kyk en watter soort films hulle geniet. Nick Nelson is 16 jaar oud en is op 18 September 1996 gebore. Sy adres is Blomstraat 17, Nuweland, 7700 en sy telefoonnommer is 021 671 1031. Sy selfoonnommer is 072 117 5630 en sy e-posadres is nicknelson@gmail.com. Nick is ’n graad 11-leerder aan die Hoërskool Platinum. Sy skool se adres is Groenstraat 10, Nuweland, 7700 en die telefoonnommer is 021 671 8823. Die skool se e-posadres is platinum@school.org.za. As Nick kon kies, sou hy elke dag van die week na ’n film gekyk het, maar ongelukkig het hy nie tyd daarvoor nie. Hy behoort aan die skool se filmklub en hulle vertoon een keer per week ’n film by die skool. Nick is op die filmklub se komitee en help om die films te kies en te vertoon. Naweke kyk hy en sy vriende gewoonlik na ’n DVD wat hulle uitneem. As hulle saam kuier, kyk hulle dikwels ook na ’n film op TV. By die DVD-winkel is daar allerhande soorte films, van dokumentêre films tot wetenskapsfiksie. Nick se gunstelinge is aksiefilms en rillers. Sy beste vriend is dol oor grufilms en wil altyd net daarna kyk, maar Nick kan hom gewoonlik ompraat om iets anders te kies. Nick se ma is ’n filmmaker en koop gereeld films, maar die kunsfilms wat sy maak en koop, val nie in Nick se smaak nie.

Question paper, page 5

5 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over For Examiner’s Use Verbeel jou jy is Nick en vul die vorm in. Opname: Tieners en films Vul asseblief die vorm in. Nick Nelson Naam: … Hoërskool Platinum Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … Nuweland, 7700 • Adres: …, … • Telefoonnommer: … 072 117 5630 • Selfoonnommer: … nicknelson@gmail.com • E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Ek kyk na films: as ek teater toe gaan op DVD’s wat ek uitneem op televisie ✓ op DVD’s wat ek koop op my rekenaar ander … • Ek verkies: dokumentêre films kunsfilms wetenskapsfiksie spioenasiefilms grufilms liefdesverhale aksiefilms ander … • Ek kyk na films: een maal per week drie maal per maand twee tot drie maal per week twee maal per maand vier tot vyf maal per week een maal per maand ses tot sewe maal per week minder as een maal per maand [Totaal: 9]

Question paper, page 6

6 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 Oefening 3 Lees die teks oor Robbeneiland en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Robbeneiland, die klein eilandjie met die groot geskiedenis Robbeneiland is ’n eilandjie in Tafelbaai. Dit lê sowat 8 kilometer van Kaapstad en is net 3,5 km lank en 2 km breed. Die naam is afgelei van die talle robbe (robben in Nederlands) wat daar voorkom. Robbeneiland het ’n lang en interessante geskiedenis. Die eiland was lank, lank gelede ’n deel van die vasteland van Afrika. Mense het duisende jare gelede reeds daar gewoon, toe dit nog nie ’n eiland was nie. ’n Mens kan jou indink hoe die antieke Afrika-bewoners droogvoets van Tafelberg na Robbeneiland sou kon geloop het. Die Nederlanders was nie die eerste Europeërs op die eiland nie. Portugese het reeds die eiland besoek voordat die Engelse admiraal Raymond in 1591 daar was. Eers daarna, in 1601, het die Nederlandse seevaarder Joris van Spilbergen gevolg. Omtrent 50 jaar later, in 1652, het Jan van Riebeeck in die Kaap voet aan wal gesit. Met die koms van die Europese setlaars is daar probeer om ’n rob- en visbedryf op Robbeneiland te begin. Omdat dit ’n eiland is, is dit egter van 1846 tot 1931 gebruik as ’n plek waarheen ongewenste mense, soos mense met aansteeklike siektes, verban kon word. Van Riebeeck het selfs sy veekuddes na die eiland “verban” om hulle teen diefstal te beskerm. In 1658 is die Khoikhoi-leier Autshumao, ook bekend as Harry die Strandloper, na Robbeneiland verban. Hy is daarvan aangekla dat hy vee gesteel het. Autshumao was die eerste gevangene op Robbeneiland, maar het daarin geslaag om in ’n bootjie te ontsnap. ’n Latere politieke gevangene op Robbeneiland was die Xhosa-leier Makana. Hy het in 1819 gehelp om ’n aanval op Grahamstad te lei. Nadat hy verslaan is, is hy na Robbeneiland gestuur. In 1820 het hy probeer ontsnap, maar het in die see verdrink. Sy invloed was so sterk dat mense meer as vyftig jaar ná sy verdrinking geweier het om te glo dat hy werklik dood was. Robbeneiland het in die Tweede Wêreldoorlog ’n belangrike rol gehad in die verdediging van Kaapstad. Na die oorlog was die eiland ’n opleidingsentrum vir die Suid-Afrikaanse Vloot. ’n Gereelde bootdiens is tussen Kaapstad en Robbeneiland begin. Besoekers kon permitte kry om die eiland te besoek. In 1961 is die eiland onder beheer van die Departement van Gevangenisse geplaas. Daarna was die eiland lank nie oop vir die publiek nie. Dit is na hierdie plek van afsondering wat oud-president Nelson Mandela in die jare sestig verban is saam met ander politieke gevangenes. Mandela se verblyf op Robbeneiland, waar hy klippe moes kap in ’n kalkmyn, is ’n tragedie in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hy het lewenslank gely aan die uitwerking wat die wit kalksteen op sy visie gehad het. Robbeneiland het die simbool geword van die triomf van die menslike gees oor enorme lyding. Sedert 1997 is Robbeneiland met sy gevangenis ’n museum. Die eiland is nie meer vir die publiek gesluit nie, en bote vol besoekers vaar gereeld soontoe vanuit die Waterfront in Kaapstad. Programme vir skoliere en volwassenes oor die eiland se geskiedenis word deur die museum aangebied. [Uit: Mieliestronk ]

Question paper, page 7

7 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over For Examiner’s Use Jy gaan ’n kort praatjie oor Robbeneiland in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Robbeneiland (a) Robbeneiland voor 1600 Was eers deel van die vasteland van Afrika • … • …[1] • …[1] (b) Gevangenes deur die eeue op Robbeneiland • …[1] • …[1] • …[1] (c) Robbeneiland vandag • …[1] • …[1] • …[1] [Totaal: 8]

Question paper, page 8

8 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 For Examiner’s Use Oefening 4 Gebruik die teks oor Robbeneiland en skryf ’n opsomming oor Die rol van Robbeneiland deur die eeue. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 5]

Question paper, page 9

9 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over BLANK PAGE TURN OVER FOR OEFENING 5

Question paper, page 10

10 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 Oefening 5 Skryf ’n opstel oor jou rolmodel. Dit kan iemand wees wat jy self ken of iemand van wie jy gehoor of gelees het. Dit kan iemand uit die verlede of die hede wees. Onthou om die volgende te noem: • wie die persoon is • waarom hierdie persoon jou rolmodel is • die invloed van hierdie persoon op jou lewe. Jou opstel moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou opstel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 11

11 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]

Question paper, page 12

12 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 Oefening 6 Die volgende teks handel oor die skrywer Deon Meyer. Lees dit aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. Deon Meyer skep stories en mense Dis die vrees dat hy nie nog ’n boek kan skryf nie wat Deon Meyer dryf om elke keer weer voor die rekenaar te gaan sit. “Is daar nog ’n boek in my? Dis die vraag wat elke keer opkom sodra ek met ’n boek klaar is,” vertel hy. Dit klink moeilik om te glo dat een van die suksesvolste Afrikaanse skrywers steeds onseker oor sy eie talent kan wees. Meyer se spanningsverhale is topverkopers en word in verskeie tale vertaal. Hy kan nie mooi onthou in hoeveel tale nie: “Twaalf of dertien,” sê hy. Hy weet wel sy boeke verkoop goed in Frankryk en hy wil nou op Brittanje en Amerika fokus. Hierdie lande is mos groot markte vir spanningsverhale. Sy treffer Infanta is juis oorsee as Devil’s Peak bekend gestel. ’n Mens moenie deurmekaar raak nie, sê hy, want die Amerikaanse en Britse weergawes is verskillend. “Die Amerikaners weet niks van Suid-Afrikaners af nie en jy moet in hul weergawe meer verduidelik, terwyl die Britte en die Franse meer agtergrondkennis oor ons het.” Dan is daar nog die oorsese bemarkingstoere en praatjies. Hy is tot drie maande per jaar in die buiteland. Hy het ook ’n draaiboek vir sy boek Orion geskryf en ’n draaiboek vir ’n nuwe spanningsreeks. Tussenin moes hy nog klaar skryf aan sy boek Onsigbaar. Sy boeke word meestal uit die eerste Engelse weergawe in ander tale vertaal. Tog oorweeg hy dit nie om in Engels te skryf nie. “Afrikaans is my moedertaal en die taal waarin ek die stories uitdink.” Meyer doen intensiewe navorsing voordat hy begin skryf. Vir sy boek Onsigbaar het hy byvoorbeeld Limpopo plat gereis. “Ek ry rond met my motorfiets, neem foto’s van die omgewing, praat met mense en merk plekke op ’n kaart af sodat ek kan onthou hoe dit daar lyk en voel. Dis baie belangrik om met verskillende, gewone mense te gesels. Dit gee jou ’n gevoel vir ’n omgewing en vir jou karakters.” Hy werk egter nie alles uit voordat hy begin skryf nie. Hy weet hoe die storie moet loop en wat hy wil insluit, maar sodra hy begin skryf, volg die boek en veral die karakters byna hul eie koppe. Een ding wat hy wel doen, is om elke dag te skryf. Hy doen dit alleen en in stilte, gewoonlik vroegoggend tuis in Melkbosstrand “nog voordat die res van die gesin opstaan”. Dit word egter deesdae moeiliker. Sy vier seuns word groter en eis sommer vroegoggend van sy tyd. “Hulle stap in en wil gesels, en wat kan jy doen?” En die oorsese toere vat baie van daardie tyd. Boonop is sy boeke so suksesvol dat die Britse en Amerikaanse uitgewers nou aandring op ’n boek per jaar . . . ’n baie moeilike teiken. Daarom het hy homself begin leer om onder alle omstandighede te skryf. “Een van my oorsese vriende, die topverkoper Michael Connely, het my aangeraai om dit te probeer, anders gaan ek nooit skryf nie. Ek het dit onlangs vir die eerste keer reggekry om sommer in die middag in my hotelkamer te skryf.” Meyer het ook nog ’n dagwerk: hy is konsultant vir BMW se motorfietsafdeling in Suid- Afrika. Hy sal dit seker moet los, sug hy. Hy wil nie graag nie, maar om voltyds te kan skryf, is baie aanloklik – om stories en mense te skep. [Verkort uit: Die Burger, 23 Oktober 2007]

Question paper, page 13

13 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over For Examiner’s Use 1 Waaroor is Deon Meyer bekommerd nadat hy ’n boek klaar geskryf het? …[1] 2 Noem twee bewyse daarvan dat Meyer ’n suksesvolle skrywer is. … …[2] 3 Hoe verskil die lesers van Meyer se boeke in Amerika van sy lesers in Brittanje en Frankryk? … …[2] 4 Waarom skryf Meyer sy boeke in Afrikaans, en nie in Engels nie? …[1] 5 Verduidelik wat Meyer doen om ’n gevoel vir ’n plek en karakters te kry voordat hy ’n storie daar laat afspeel. … …[2] 6 Waarom dink Meyer dit is ’n moeilike teiken om een boek per jaar te skryf? …[1] 7 Hoe weet ’n mens dat Meyer sy vriend Michael Connely se raad probeer volg? … …[1] [Totaal: 10]

Question paper, page 14

14 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 Oefening 7 Lees die volgende koerantopskrifte: Inheemse plante moet plek maak vir gholfbaan Lugbesoedeling erger as ooit tevore Albatrosse bedreig Sakeman koop natuurpark om fabriek te bou Dolfyne prooi van tunavissers Wildehonde op lys van bedreigde diere Ons hoor voortdurend hoe die mens besig is om die natuur te vernietig. Skryf ’n toespraak oor hoe jy jou omgewing en die natuurlewe in die jaar 2050 sou wou sien. Kies ’n goeie titel vir jou toespraak. Jou toespraak moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou menings goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou toespraak en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 15

15 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 16

16 0548/01/O/N/12 © UCLES 2012 For Examiner’s Use … … … … … [Totaal: 15] Copyright Acknowledgements: Exercise 1 © Kelly Grande; Allergies vir my troeteldier!; www.huisgenoot.com; 27 May 2010. Exercises 3 & 4 © Mieliestronk op CD Rom; Mieliestronk.com; 2009. Exercise 6 © Dirk Jordaan; Om stories en mense te skep; Die Burger; 23 October 2007. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

Mark scheme, page 1

CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2012 series 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2012 series for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level components and some Ordinary Level components.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2012 0548 01 © Cambridge International Examinations 2012 Oefening 1 1 (Die piepklein) deeltjies vel en hare [1] 2 allergene [1] 3 Vee af (met ’n nat lap). Was hande/gordyne/linoleum. [2] 4 Dit kan die allergene verminder. [1] 5 leer [1] Minder deeltjies dierevel en -hare versamel daarop. [1] 6 Hulle vervaardig minder allergene. [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Graad: 11  Geboortedatum: 18 September 1996 Adres: Blomstraat 17  Telefoonnommer: 021 671 1031  Ek kyk na films: op DVD’s wat ek uitneem  ander: by die skool (se filmklub)  Ek verkies: aksiefilms  ander: rillers  Ek kyk na films: twee tot drie maal per week  [Totaal: 9]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2012 0548 01 © Cambridge International Examinations 2012 Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) Enige twee van die volgende: Mense woon reeds duisende jare lank daar.  Mense kon vanaf Tafelberg na Robbeneiland stap.  Die Portugese het daar besoek.  Die Engelse (admiraal Raymond) het daar besoek.  (b) Autshumao / Harry  Makana  Nelson Mandela  (c) Enige drie van die volgende: Robbeneiland is ’n simbool van triomf oor lyding.  Robbeneiland en gevangenis is ’n museum.  Eiland oop vir die publiek.  Bote vol besoekers vaar soontoe.  Programme oor die eiland se geskiedenis word aangebied.  [Totaal: 8] Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ’n nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ’n mate van ’n gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word:

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2012 0548 01 © Cambridge International Examinations 2012 Mense het duisende jare gelede reeds daar gewoon. Die eiland is vanaf 1846 tot 1931 gebruik as ’n plek waarheen siek, kranksinnige en ongewenste mense soos politieke gevangenes verban kon word. Van Riebeeck het sy vee na die eiland gestuur om dit teen diefstal te vrywaar. Installasies op Robbeneiland is in die Tweede Wêreldoorlog vir die verdediging van Kaapstad gebruik. Die eiland was ’n opleidingsentrum vir die Suid-Afrikaanse Vloot. Vanaf 1961 is die eiland as ’n gevangenis gebruik. Deesdae is Robbeneiland ’n simbool van die triomf van die menslike gees oor lyding en ontbering. Sedert 1997 is Robbeneiland met sy gevangenis ’n museum. Besoekers vaar gereeld soontoe. Opvoedkundige programme vir skoliere en volwassenes word daar aangebied. [Totaal: 5] Oefening 5 ’n Opstel van 150 tot 200 woorde lank oor ’n rolmodel. Die volgende moet genoem word: • Wie is die persoon? • Waarom is hierdie persoon ’n rolmodel vir jou? • Watter invloed het hierdie persoon op jou lewe? Die opstel moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. [Totaal: 15]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2012 0548 01 © Cambridge International Examinations 2012 Oefening 6 1 Hy bang hy sal nie nog ’n boek kan skryf nie. [1] 2 Sy boeke verkoop goed. [1] Sy boeke word in verskeie tale vertaal. [1] 3 Die lesers in Brittanje en Frankryk het, anders as die Amerikaanse lesers [], kennis van Suid- Afrika []. [2] 4 Afrikaans is sy moedertaal en die taal waarin hy sy stories uitdink. [1] 5 Enige twee van die volgende: • Hy gaan na die plek. • Hy ry rond. • Hy neem foto’s. • Hy gesels met gewone mense wat daar bly. [2] 6 Daar is baie ander goed (soos oorsese toere, sy gesin en sy gewone werk) wat sy tyd in beslag neem. / Sy lewe is baie besig. [1] 7 Hy het in die middag in sy hotelkamer begin skryf. [1] [Totaal: 10] Oefening 7 Toespraak: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema aan die einde van die nasienskema. [Totaal: 15]

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2012 0548 01 © Cambridge International Examinations 2012 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ’n punt (uit agt) vir inhoud (I) en ’n punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ’n punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ’n Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ’n faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2-3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2-3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2012 0548 01 © Cambridge International Examinations 2012 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ’n goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ’n gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ’n Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ’n mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ’n redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ’n mate van ’n aanvoeling vir doel en teikengehoor. ’n Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ’n gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ’n poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ’n veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.

Mark scheme, page 8

Page 8 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2012 0548 01 © Cambridge International Examinations 2012 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ’n mate van ’n poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ’n mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik/punktu asie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ’n mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0 punte toe.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2012 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A49/70
C33/70
E24/70
F14/70