Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/14 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper20 pages




















Mark scheme8 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.








Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 17 printed pages and 3 blank pages. DC (RW) 89067/4 © UCLES 2014 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education * 5 4 2 5 9 3 3 3 6 3 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2014 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die werk wat jy inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. PAPA CAMBRIDGE
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 1 Lees die volgende teks. Beantwoord daarna die vrae op bladsy 3. Smaaklike uitvindings Kondensmelk Nadat jong passasiers op ʼn seereis baie siek geword het omdat hulle melk van ʼn lae kwaliteit gedrink het, het Gail Borden besluit om melk te kondenseer. In 1864 is die New York Condensed Milk Company gestig. Die Amerikaanse regering was so beïndruk met die kwaliteit van die produk dat hulle gekondenseerde melk vir die soldate in die Amerikaanse Burgeroorlog gegee het. Ná die oorlog het die soldate vir almal van kondensmelk vertel. Toe het kondensmelk ʼn huishoudelike produk geword. Coca-Cola Eers was dié koeldrank ʼn soort wyn met die lang naam Pemberton’s French Wine Coca. Later het die uitvinder John Pemberton die drankie aangepas en toe is Coca-Cola gebore. Pemberton het geglo dat Coca-Cola hoofpyn en stres kon verlig! Die resep van die natuurlike bestanddele in Coca-Cola bly egter ʼn geheim. Die oorspronklike formule word in ʼn bank se kluis in Atlanta, Amerika gehou. Daar is net twee mense wat die resep ken. En elkeen ken net die helfte daarvan! Pizza Pizza het in Italië ontstaan. Dit was oorspronklik ʼn tamatietert. Later het die Italianers kaas bygevoeg. Daar word gesê koning Ferdinand I het homself as ʼn gewone burger vermom om pizza in die arm woonbuurt van Napels te gaan eet, want sy vrou het pizza in die paleis verban! In 1889 het koningin Margherita Napels besoek en ʼn spesiale pizza is aan haar bedien. Dit het die kleure van die Italiaanse vlag gehad: rooi (tamatie), wit (mozzarella- kaas) en groen (basiliekruid). Hierdie pizza staan vandag nog bekend as ʼn Margherita! (Uit: Hoezit, Februarie 2011)
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over 1 Wat het passasiers tydens die seereis siek gemaak? … …[1] 2 Waarom het die Amerikaanse regering gekondenseerde melk vir soldate gegee? … …[1] 3 Hoe verskil die Coca-Cola van vandag van die oorspronklike drankie? … … …[2] 4 Waaruit is dit duidelik dat Coca-Cola se resep ʼn groot geheim is? Noem twee bewyse. (i) … …[1] (ii) … …[1] 5 Hoe weet ons dat koning Ferdinand baie lief vir pizza was? … …[1] 6 Hoe het die pizza gelyk wat vir koningin Margherita gemaak is? … …[1] [Totaal: 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 2 Die Departement van Kuns en Kultuur wil inligting insamel oor die kulturele aktiwiteite waaraan tieners deelneem. Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. Laura Louw is in graad 10 aan die Hoërskool Groenkloof. Haar skool se adres is Kloofstraat 25, Groenkloof, 0181. Die skool se e-posadres is hsgroenkloof@school.org.za en die telefoonnommer is 012 346 8960. Laura het pas sestien geword en is op 1 September 1998 gebore. Haar adres is Groenstraat 17, Groenkloof, 0181. Haar huistelefoonnommer is 021 346 4478 en haar selfoonnommer is 073 323 7602. Haar e-posadres is Laura100@gmail.com. Laura is nog haar hele lewe lank dol oor musiek. Sy hou baie daarvan om in die skoolkoor te sing. Die koor gaan aan die einde van die jaar in Duitsland toer en oefen nou twee dae per week. Tot verlede jaar het Laura kuns as vak geneem en dit baie geniet. Nou behoort sy aan die skool se kunsvereniging en hulle kom weekliks bymekaar om te verf. Laura se ma gee dansklasse en sy het al vir Laura probeer oorreed om moderne dans te doen, maar die klasse vind op ʼn Woensdag plaas en dan is Laura met ander goed besig. Die een ding wat baie van Laura se vrye tyd in beslag neem, is haar dramaklasse. Sy neem dit by ʼn dramasentrum in die stad. Vroeg volgende jaar voer hulle die drama Siener in die suburbs op en het op die oomblik elke Woensdag en Vrydag repetisies. Dit is vir Laura wonderlik om saam met uitstekende toneelspelers te werk. Sy wil graag na skool drama studeer.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over Deelname aan kulturele aktiwiteite Opname Vul asseblief die vorm in. Laura Louw Naam: … Hoërskool Groenkloof Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … • Adres: … , Groenkloof, 0181 073 323 7602 • Telefoonnommer: … • E-posadres: … Maak ʼn regmerkie by die gepaste opsie(s): • Ek neem aan die volgende aktiwiteite by die skool deel: dans musiek drama ander … • Ek is by kulturele aktiwiteite by die skool betrokke: 1 tot 2 dae ʼn week 5 tot 6 dae ʼn week 3 tot 4 dae ʼn week 7 dae ʼn week • Ek neem aan die volgende kulturele aktiwiteite in my vrye tyd deel (vul in): … • Ek is by kulturele aktiwiteite in my vrye tyd betrokke: 1 tot 2 dae ʼn week 5 tot 6 dae ʼn week 3 tot 4 dae ʼn week 7 dae ʼn week [Totaal: 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 3 Lees die teks oor dinosourusse en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Dinosourusse in Suid-Afrika Die oudste dinosourus-eiers wat nog ooit gevind is, is lank gelede in Suid-Afrika gelê. Hierdie inligting is onlangs deur wetenskaplikes bekendgemaak. En dit is nie al nie. Geleerdes sê die baba-dinosourusse wat uit daardie eiers gekom het, was heel moontlik baie soos menslike babas. Hulle het aan die begin nie tande gehad nie. Hierdie baba-dinosourusse het ook heel moontlik eers op vier pote gekruip voordat hulle geleer het om soos hul ouers op hul twee agterpote rond te beweeg. Dit beteken hulle ouers moes vir hulle sorg om hulle groot te kry. Die ma-dinosouriër het haar kleintjies dus nie soos klein akkedissies net aan hulleself oorgelaat nie. Ses gefossileerde dinosourus-embrio’s is in 1978 in Suid-Afrika gevind. Hierdie embrio’s is in versteende lawa ontdek. Die embrio’s is tydens padbouwerke in die Oos-Vrystaat gevind. Die fossiele is egter so broos dat argeoloë lank nie die eiers wou oopkap nie. Elkeen van hierdie ses witterige eiers is effens ronder as hoendereiers en slegs ongeveer vyf sentimeter lank. Hulle is by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg uitgestal. Onlangs het ʼn span wetenskaplikes egter besluit om twee van die ses dinosourus-eiers met die nuutste gereedskap onder kragtige mikroskope oop te maak. Hierna het hulle die wêreld met hul interessante feite verras. Navorsers het twee volmaak gevormde embrio’tjies in die eiers gevind. Hierdie soort dinosourus was ʼn langnek-plantvreter wat ongeveer 183 miljoen jaar gelede voorgekom het. Hy het op sy twee groot agterpote rondbeweeg om sy kos van plante af te kry. Dié dinosourus was omtrent vier meter lank van sy stert se punt tot by sy snoet en het omtrent 230 kilogram geweeg. Die dinosourus-kleintjies was aanvanklik baie kleiner. Die navorsers dink dat die kleintjies se groot koppe te swaar was vir hulle om sommerso regop te staan pas nadat hulle gebore is. Daarom het die kleintjies net soos mense eers rondgekruip. Die leier van die navorsingspan sê daar is geen ander gewerwelde dier wat eers kruip voor hy loop nie – “behalwe miskien mense wat ook baie afhanklik is van ons ouers nadat ons gebore is!” Dit lyk verder of die eierdoppe nie hard was soos baie ander dinosourus-eiers nie, maar sag en leeragtig soos die eiers van hedendaagse reptiele soos akkedisse en slange. Geld vir hierdie navorsingsprojek is gegee deur die Universiteit van Toronto, die Natural Sciences and Engineering Council van Kanada, die National Geographic Society en die Paleo-Antropologiese Wetenskaptrust van Suid-Afrika. [Uit: Mieliestronk]
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over Jy gaan ʼn kort praatjie oor dinosourusse in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Dinosourusse in Suid-Afrika (a) Wanneer, hoe en waar die dinosourus-embrio’s in Suid-Afrika ontdek is: • Wanneer: In 1978 • Hoe: …[1] • Waar: …[1] (b) Ooreenkomste tussen baba-dinosourusse en menslike babas: • …[1] • …[1] • …[1] (c) Kenmerke van volwasse dinosourusse van hierdie soort: • …[1] • …[1] • …[1] [Totaal: 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 4 Gebruik die teks oor dinosourusse en skryf ʼn opsomming oor navorsing oor dinosourusse in Suid-Afrika. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 5 Jy het ʼn uitstekende film gesien. Skryf ʼn brief waarin jy ʼn goeie maat daarvan vertel en wil oorreed om ook na die film te kyk. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • Wat is die naam en ander besonderhede van die film? • Watter aspekte daarvan het jy baie geniet? • Waarom dink jy sal jou maat ook daarvan hou? Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 6 Die volgende teks handel oor die skrywer Alexander McCall Smith. Lees dit aandagtig en beantwoord dan die vrae op bladsy 13. Botswana se vrouespeurder Alexander McCall Smith se hipergewilde boeke oor Botswana se voorste vroue- speuragentskap is internasionale topverkopers. Die suksesvolle vrouespeurder Mma Precious Ramotswe is die hoofkarakter van die reeks. Sedert 1998 het meer as tien boeke in die reeks verskyn. Hoe het jy op die storie van Mma Ramotswe en Botswana gekom? Ek het in Afrika rondgereis en in verskeie Afrika-lande gewerk. So het ek die vasteland baie goed leer ken. Later het ek gehelp om ʼn regsprogram aan die Universiteit van Gaborone in Botswana saam te stel en sedertdien besoek ek die land elke jaar. Op een van my besoeke het ek ʼn vrou met ʼn rooi rok gesien wat ʼn hoender in haar erf jaag. Dié vrou het my met haar vrolike houding geraak en ek het geweet dat ek ʼn kort storie oor só iemand sal wil skryf. Maar dit het toe eers vele jare later gebeur – en so is Precious Ramotswe gebore. Hoekom dink jy is lesers so mal oor die storie? Ek het soveel briewe ontvang van lesers wat vertel hoe hulle dit geniet dat ek oor doodgewone goed skryf wat in mense se daaglikse lewe aangaan – die klein rituele, die drink van tee, die genot van geselsies. My boeke is meer oor Afrika as oor misdaad. Dit wys die warm en sagte kant van Afrika wat langs die moeiliker kant van die vasteland bestaan. Besoekers aan Afrika-lande, ook Suid-Afrika, praat altyd oor hoe vriendelik die mense is wat hulle daar ontmoet. Dit is belangrik om die positiewe deel van Afrika uit te wys. Hoe voel jy daaroor dat daar ʼn fliek gemaak word oor een van jou boeke? Ek is verheug! Ook oor die feit dat daar nog 13 episodes van die verhaal gemaak gaan word. Die fliek is klaar. Dis baie roerend – ʼn goeie bewys van die talente van die regisseur en sy span. Wie is jou gunstelingskrywers? Die werk van die digter W. H. Auden het my geweldig geïnspireer, asook die romans van die Indiese skrywer R. K. Narayan. Waar skryf jy gewoonlik? Tuis in Skotland skryf ek op my rekenaar in my skryfkamer. Ek staan gewoonlik baie vroeg soggens op – dis ʼn goeie tyd vir my om te skryf. Maar ek reis ook baie en dan skryf ek dikwels op my skootrekenaar in hotelkamers of op die lughawe. Hoe het jy Suid-Afrika op jou onlangse besoek beleef? Ek het nog altyd van Suid-Afrika gehou – die sin vir humor en die warmte. Ek het al wêreldwyd gereis en daar is min lande waarvoor ek so lief is. Ek weet natuurlik dat Suid- Afrika, soos enige ander plek, probleme het, veral met misdaad en korrupsie. Maar daar is soveel om op trots te wees hier en dit is belangrik om dit te onthou. Ek was onlangs by die Kaapstadse Boekfees en is heeltemal oorweldig deur die hartlikheid waarmee ek ontvang is. Ek woon baie boekfeeste by, maar hierdie een is sekerlik my gunsteling. [Uit: Rooi Rose, Oktober 2008]
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over 1 Noem twee maniere waarop Alexander McCall Smith Afrika leer ken het. … … …[2] 2 Hoe het die vrou met die rooi rok McCall Smith se skryfwerk beïnvloed? … … …[2] 3 Watter aspek van McCall Smith se verhale geniet baie lesers? … …[1] 4 Wat is die doel van McCall Smith se verhale, volgens hom? … … …[2] 5 Wat is die rede vir die goeie gehalte van die fliek, volgens McCall Smith? … …[1] 6 Verduidelik McCall Smith se mening oor Suid-Afrika. … … …[2] [Totaal: 10]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 7 Lees die volgende uitsprake: “My ouers is fantasties!” “My tiener gee my grys hare!” “Hulle luister nooit na my nie!” “Respek is die sleutel tot ʼn goeie verhouding.” “Ai, my dogter verstaan nie ek raak bekommerd as sy so laat uitbly nie ...” “As ek ’n probleem het, praat ek met my ma of pa.” “Ek is so dankbaar dat my kind so verantwoordelik en bedagsaam is.” Skryf ʼn artikel vir die plaaslike koerant waarin jy bespreek wat belangrik is om die verhouding tussen ouers en tienerkinders te laat werk. Gee ook wenke vir ouers en tieners oor hoe om ʼn goeie verhouding te bou. Kies ʼn goeie titel vir jou koerantartikel. Jou koerantartikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die uitsprake hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 17
17 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 … … … … … … … … … … … [Totaal: 15]
Question paper, page 18
18 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE
Question paper, page 19
19 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE
Question paper, page 20
20 0548/01/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Oefening 1 Oefening 2 Oefening 3 © Liesl Booyens; Cool ontdekkings; Hoezit; ATKV; Feb 2011. © Baie net soos mense-babas; Mieliestronk; 2005. © Ronel Nel; Botswana se vrouespeurder; Rooi Rose; Caxton; Oct 2008. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
® IGCSE is the registered trademark of Cambridge International Examinations. CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS Cambridge International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2014 series 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2014 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components. PAPA CAMBRIDGE
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 01 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 1 1 Melk van ʼn lae kwaliteit/slegte melk. [1] 2 (Hulle was beïndruk met) die uitstekende kwaliteit. [1] 3 Dit was eers ʼn soort wyn; nou is dit ʼn koeldrank. [2] 4 Die formule word in ʼn bankkluis gehou. Net twee mense ken (elkeen een helfte van) die resep. [2] 5 Hy het (vermom) na die arm woonbuurt (van Napels) gegaan om dit te eet. [1] 6 Dit was rooi, wit en groen./Soos die Italiaanse vlag. [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Graad: 10 Geboortedatum: 1 September 1998 Adres: Groenstraat 17 E-posadres: Laura100@gmail.com Ek neem aan die volgende aktiwiteite by die skool deel: Musiek Ander: Kuns Ek is by kulturele aktiwiteite by die skool betrokke: 3 tot 4 dae ʼn week Ek neem aan die volgende aktiwiteite in my vrye tyd deel: Drama Ek is by kulturele aktiwiteite in my vrye tyd betrokke: 1 tot 2 dae ʼn week [Totaal: 9]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 01 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) tydens padbouwerke in die Oos-Vrystaat (b) Enige drie van die volgende: is tandeloos koppe te groot/swaar om regop te staan kruip handeviervoet rond benodig ouerlike sorg (c) Enige drie van die volgende: het lang nekke gehad was planteters het op agterpote rondbeweeg was 4 meter lank het omtrent 230 kilogram geweeg [Totaal: 8]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 01 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ʼn nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ʼn mate van ʼn gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Ses gefossileerde dinosourus-embrio’s is in 1978 in Suid-Afrika ontdek. Die embrio’s is in versteende lawa ontdek. Die embrio’s is tydens padbouwerke gevind. Die fossiele was so broos dat argeoloë dit nie wou oopkap nie. Wetenskaplikes het onlangs besluit om twee van die ses dinosourus-eiers te kraak. In die eiers was twee volmaak gevormde embrio’tjies. Die navorsers vermoed die kleintjies se koppe was eers te swaar aan die lang nekke om regop te staan. Die kleintjies het eers rondgekruip – soos mensebabas. Die eierdoppe was sag en leeragtig soos moderne reptieleiers, nie hard soos latere dinosourus-eiers nie. [Totaal: 5]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 01 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 5 ʼn Brief van 150 tot 200 woorde lank oor ʼn uitstekende film. Die volgende moet genoem word: • Wat is die naam en ander besonderhede van die film? • Watter aspekte daarvan het jy baie geniet? • Waarom dink jy sal jou maat ook daarvan hou? Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema vir Oefening 7. [Totaal: 15] Oefening 6 1 Hy het in Afrika (rond)gereis. Hy het in Afrika(-lande) gewerk. [2] 2 Sy het hom laat besef dat hy oor so ʼn vrolike persoon wil skryf. Precious Ramotswe is later op haar gebaseer. [2] 3 Die feit dat hy oor doodgewone dinge in mense se lewe skryf. [1] 4 Hy wil die positiewe kant van Afrika langs die negatiewe kant beskryf sodat mense bewus van die positiewe kant van Afrika raak. [2] 5 Die regisseur (en sy span) het uitstekende werk gedoen. [1] 6 Hy noem positiewe aspekte van die mense van Suid-Afrika (bv. humorsin, warmte), maar verwys ook na misdaad en korrupsie/die negatiewe kante. [2] [Totaal: 10] Oefening 7 Koerantartikel: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). [Totaal: 15]
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 01 © Cambridge International Examinations 2014 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ʼn punt (uit 8) vir inhoud (I) en ʼn punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ʼn punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ʼn Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ʼn faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 01 © Cambridge International Examinations 2014 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte -kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte -kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ʼn goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ʼn gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ʼn Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ʼn mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ʼn redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ʼn mate van ʼn aanvoeling vir doel en teikengehoor. ʼn Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ʼn gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ʼn poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ʼn veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.
Mark scheme, page 8
Page 8 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 01 © Cambridge International Examinations 2014 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ʼn mate van ʼn poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ʼn mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik/pu nktuasie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ʼn mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0 punte toe.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2014 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.