Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2017 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/17 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper20 pages




















Mark scheme7 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.







Paper as text
Question paper, page 1
* 8 5 3 0 9 0 0 3 2 3 * This document consists of 17 printed pages and 3 blank pages. DC (ST/SW) 139084/3 © UCLES 2017 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2017 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name in the spaces at the top of this page. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions in the spaces provided. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam in die blokkies boaan hierdie bladsy. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord al die vrae in die ruimtes wat daarvoor verskaf is. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Oefening 1 Lees die volgende advertensie vir ’n spesiale boekefees. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Leesstof en langore Die baie gewilde jaarlikse Eseltjiesrus Boekefees vind weer vanaf Vrydag 22 tot Sondag 24 Mei op McGregor plaas. Hierdie boekefees, wat vir die negende keer aangebied word, is al beskryf as “die grootste boekeverkoping in die Wes-Kaap”. Wat hierdie boekefees so besonders maak, is dat al die geld wat gemaak word, gebruik word om donkies te help wat mishandel is. Die organiseerder van die fees sê hulle verwag mense van oral in die Wes-Kaap. “Almal wat hierdie fees bywoon, onthou die wonderlike verskeidenheid boeke en die groot winskope. Die totale inkomste uit die boekefees word vir die toevlugsoord vir donkies gebruik. Dit maak dit nóg lekkerder om geld hier uit te gee!” Vragtevol splinternuwe boeke en talle tweedehandse boeke is te koop. Besoekers kan ook ’n hele klomp pryse by hierdie enorme uitverkoping wen. Daar is meer as 11 000 boeke om uit te kies en op elkeen van die drie dae word nóg nuwe voorraad bygevoeg. Die boekefees bied kinderboeke, storieboeke, skaars boeke, biografieë, godsdienstige boeke, kos- en reisboeke én vele meer. Dit vind in die munisipale sentrum in Voortrekkerstraat op McGregor plaas. Eseltjiesrus is ’n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie sowat 4 km buite McGregor. Dit is beslis ’n besoek werd. Al die donkies is uit aaklige toestande gered en geniet nou vir die eerste keer ’n gelukkige lewe sonder pyn en lyding. Vir meer inligting oor die fees, skakel 023 625 1593. (Uit: Die Burger, 20 Mei 2015)
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over 1 Hoe dikwels vind die Eseltjiesrus-boekefees plaas? … …[1] 2 Waarvoor word die geld gebruik wat by die boekefees gemaak word? … …[1] 3 Waar kom die meeste besoekers aan die boekefees vandaan? … …[1] 4 In watter twee kategorieë kan al die boeke op die boekefees verdeel word? (i) … …[1] (ii) … …[1] 5 Hoe verskil die lewe van die donkies by Eseltjiesrus nou van die tyd voor hulle daarheen gekom het? Vroeër: … …[1] Nou: … …[1] 6 Wat is die “langore” wat in die titel genoem word? … …[1] [Totaal: 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Oefening 2 Die Departement van Kuns en Kultuur wil inligting insamel oor watter musiekinstrumente tieners bespeel. Lees die volgende teks oor Judy Malan en vul die res van die vorm wat volg, in. Judy Malan is in graad 10 aan die Hoërskool Middelburg. Sy is 16 jaar oud en is op 8 Februarie 2001 gebore. Sy woon by haar ma in Bergstraat 17, Middelburg, 5900. Haar huistelefoonnommer is 049 8434720 en haar selfoonnommer is 0793266825. Judy se e-posadres is judy.malan@mweb.co.za. Elke naweek gaan Judy na haar pa in Graaff- Reinet. Sy adres is Kerkstraat 49, Graaff-Reinet, 6280. Musiek is nog altyd deel van Judy se lewe. Haar pa is ’n musiekonderwyser en as kind het Judy altyd geluister hoe hy klavier- en vioollesse gee. Hy is self ’n uitstekende fluitspeler. Op laerskool was Judy ’n lid van die skoolorkes en het blokfluit gespeel. Nou neem Judy musiek as vak by die skool. Haar instrument is die viool. Naweke leer haar pa haar om die klarinet te bespeel, want privaat lesse is te duur. By die skool behoort Judy aan die Musiekvereniging. Hulle reël konserte en praatjies oor musiek. Onlangs het twee uitstekende jazz-musikante oor die tjello en die basviool kom praat. Vir Judy is musiek soos suurstof. Sy luister omtrent altyd daarna – oor die internet en op haar selfoon. Sy geniet ook haar pa se groot CD-versameling. Judy hoop om musiek op universiteit te bestudeer en dan deur die wêreld te reis.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over 7 Tieners en musiek Opname Vul asseblief die vorm in. Judy Malan Naam: … Hoërskool Middelburg 10 Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … • Adres: … , Middelburg, 5900 • Selfoonnommer: … judy.malan@mweb.co.za • E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s) en vul die nodige inligting in: • Ek bespeel die volgende instrumente: blokfluit ✓ fluit kitaar klavier tjello viool Ander: … • Ek leer musiek: by die skool tydens privaat lesse by ’n musiekskool Ander: … • Ek luister na musiek: by konserte ✓ oor die radio op die internet ✓ op CD’s ✓ • My toekomsplanne: … … [9] [Totaal: 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Oefening 3 Lees die teks oor gidshonde en voltooi dan die aantekeninge wat volg. Gidshond laat blinde met nuwe oë ‘kyk’ Wanneer Riana Booysen haar voordeur oopmaak, staan Kwanza, haar swart labrador, ook nuuskierig nader. Kwanza is nie sommer ’n gewone hond nie, hy is ’n opgeleide gidshond. Hy is Riana se oë in die huis en wanneer hulle gaan inkopies doen of kuier. Riana het haar sig op 21 weens diabetes verloor en is reeds ses jaar blind. Sy was onlangs drie weke in Johannesburg waar sy haar gidshond ontmoet het en waar hulle saam deur die Suid- Afrikaanse Gidshondvereniging opgelei is. Om ’n gidshond te kry, moet ’n mens aansoek doen. Daarna word jy gekeur. Nadat Riana goedgekeur is, was sy een van ’n groep van agt “studente” wat drie weke by die Gidshondvereniging se sentrum deurgebring het. Hulle het daar saam met hul gidshonde opleiding ontvang. Die studente het in ’n gastehuis by die sentrum gebly. Die studente is eers twee dae georiënteer om die omgewing en huis te leer ken. Hulle is geleer hoe om honde te hanteer en te versorg. Hulle moes ook leer watter opdragte om vir die honde te gee. Daarna is die studente aan hulle honde voorgestel. Volgens Riana was dit “liefde met die eerste kennismaking” toe sy vir Kwanza ontmoet het. “Hy is die wonderlikste en liefdevolste hond,” vertel Riana. Nadat die studente hulle honde ontmoet het, kon die opleiding begin. Dit was eers moeilik en ’n groot uitdaging. Al die opdragte aan die honde word met voet- en handbewegings gegee. Dit was uitputtend omdat die studente die hele tyd moes konsentreer om al die nuwe goed te leer. Hulle het ook baie gestap en geoefen. Aan die einde van elke week was daar een dag waarop elke student die roetes en roetines alleen moes doen terwyl die instrukteurs hul vordering gemonitor het. Na die drie weke het ’n instrukteur saam met Riana huis toe gekom om te evalueer hoe sy en Kwanza tuis regkom. Riana en Kwanza het so goed gevaar dat die instrukteur ná slegs vier dae tevrede was dat hulle op hul eie kon voortgaan. Riana moes vir die eerste maand elke week verslag doen, en daarna elke maand. Volgens Riana het Kwanza se koms haar lewe verander. Nou het sy die vryheid om onafhanklik rond te beweeg. Gidshonde se opleiding begin ses tot sewe weke na geboorte wanneer die hondjies uitgeplaas word in die huise van “puppy walkers”, vrywilligers wat ’n hond ’n jaar lank oppas. Gedurende hierdie jaar word die hondjies gesosialiseer. Hulle leer huis- en toiletmaniere, word aan mense en ander troeteldiere gewoond gemaak en leer ken dinge in die omgewing soos verkeer, voetgangers en winkelsentrums. Daarna keer die honde terug na die sentrum, waar hulle ses maande lank intensief deur instrukteurs opgelei word. Die hond se sterk en swak punte en sy karakter word deeglik ontleed sodat hy aan die regte persoon toegeken word. Die waarde van ’n opgeleide gidshond is omtrent R75 000. Die vereniging betaal hiervoor. Hulle kry die geld hoofsaaklik deur skenkings. Gesiggestremde persone wat die honde gebruik, betaal slegs ’n klein bedrag.
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over Hoewel dienshonde ook sedert 1994 opgelei word vir mense in rolstoele, bly die opleiding van gidshonde vir blindes steeds die vereniging se belangrikste doel. Gehoorhonde vir mense met gehoorgebreke, sowel as sosiale honde (wat byvoorbeeld outistiese kinders help) word ook op klein skaal hier opgelei. Die Gidshondvereniging teel al hulle honde self. Net sowat 65% van die honde is uiteindelik goed genoeg om gidshonde te wees. Die res word as dienshonde opgelei. Meer inligting oor die Gidshondvereniging is beskikbaar by www.guidedog.org.za. (Uit: Volksblad, 7 Junie 2011) Jy gaan ’n praatjie oor gidshonde in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. 8 Stappe in die proses om ’n gidshond te kry: • Doen aansoek by die Gidshondvereniging … • … • … 9 Stappe in jong gidshonde se leerproses: • … • … • … 10 Ander kategorieë honde wat mense help, behalwe gidshonde: • … • … • … [8] [Totaal: 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Oefening 4 11 Gebruik die teks oor gidshonde en skryf ’n opsomming oor die rol wat die Gidshondvereniging in blindes se lewens speel. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …[5] [Totaal: 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5.
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Oefening 5 12 Jy gaan ’n kursus oor tieners, kultuur en diversiteit bywoon. Elkeen wat vir die kursus inskryf, moet voor die tyd ’n kort opstel oor hulleself, hul belangstellings en hul ideale vir die toekoms instuur. Jou opstel moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • wie jy is, hoe oud jy is en waar jy vandaan kom • jou belangstellings • jou ideale vir die toekoms. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou opstel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …[15] [Totaal: 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Oefening 6 Lees die volgende teks en beantwoord dan die vrae wat volg. Trots in Afrikaans Hy is talentvol en hy is intelligent. Vir Katlego Maboe, sanger, rekenmeester en aanbieder, lê Afrikaans na aan die hart. ’n Mens kan nie help om te glimlag wanneer jy Katlego Maboe ontmoet nie. Jy geniet nie net die mooi Afrikaans wat hy praat nie, maar ook sy wonderlike sin vir humor. Hy het bekend geword as sanger, maar is deesdae ’n gewilde televisie-aanbieder en geleentheidspreker. Katlego praat Setswana, Afrikaans en Engels ewe goed en gemaklik. Hy is in Potchefstroom gebore en is vanaf driejarige ouderdom deur sy ouma grootgemaak. Sy belangstelling in sang het begin toe sy ouma eendag vergeet het om hom na skool op te laai. Hy volg toe ’n klompie kinders wat op pad na ’n koor-oudisie is. En dit was die begin van sy groot liefde. As kind was sy dae toe vol krieket, rugby, hokkie en kooroefening. Hy het gou ’n lid van die Noordwes-kinderkoor geword. Na skool het hy aan die Universiteit van Noordwes gaan studeer. In sy tweede jaar was hy deel van die bekende a cappella-sanggroep Flip a Coin. Katlego Maboe het ingestem om ’n paar vrae te beantwoord. Jy het by jou ouma en oupa in die lkageng-township grootgeword. Is dit waar jy jou liefde vir Afrikaans gekry het? Ek dink my ouma en oupa het my nuuskierig oor Afrikaans gemaak. Hulle het gereeld in Afrikaans oor my geskinder. Dan het hulle uitgebars van die lag, en natuurlik wou ek saamlag! Ek moes weet wat hulle van my sê. My liefde vir Afrikaans het regtig begin toe ek in die Noordwes-kinderkoor gesing het. Die meeste van die kinders was Afrikaans, en ek het besluit ek wou hulle taal leer sodat ek vriende met hulle kon wees. Later het ek naweke by hul huise gaan kuier. Dis toe dat ek agterkom dat my kultuur nie so baie van hul kultuur verskil nie. Respek vir mense, veral dié wat ouer is as jy, word hoog op prys gestel, en familie en liefde is belangrik. Dis sulke dinge wat gemaak het dat ek lief geword het vir Afrikaans, nie net as ’n taal nie, maar ook as ’n kultuur. Wat is vir jou ’n belangrike beginsel in jou lewe? Ons is almal gemaak om mekaar lief te hê. Wanneer mense soms ons lewe moeilik maak, beteken dit nie ons moet moed opgee met die mensdom nie. Nelson Mandela het ons geleer dat ons ander mense moet vergewe. Ek doen my bes om elke dag ’n voorbeeld te wees van die soort mens van wie ek hou. Wat is jou familie se reaksie op jou goeie Afrikaans? Hulle is gewoonlik vol komplimente oor die manier waarop ek Afrikaans praat en trots dat ek die taal so goed ken. Is jy bekommerd oor die toekoms van Afrikaans? Nee, ek dink Afrikaans het ’n baie sterk basis waarop ons kan bou. Afrikaanse musiek en die kunste het groot ondersteuning van almal. Nie net van Afrikaanssprekendes nie. Afrikaans is tog een van die land se elf tale wat ons reënboog inkleur en waarsonder die reënboog onvolledig is. Wat is jou boodskap vir jongmense? Natuurlik is dit belangrik om hard te werk. En onthou, hoe harder en hoe meer jy werk, hoe groter is jou kans op sukses. (Uit: Rooi Rose, Augustus 2014)
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over 13 Verduidelik waarom Katlego mense laat glimlag. Noem twee dinge. … … …[2] 14 Hoe het Katlego se ouma hom indirek gehelp om sy liefde vir sang te ontdek? … … …[2] 15 Noem twee dinge wat gemaak het dat Katlego Afrikaans wou leer. … … …[2] 16 Verduidelik wat Katlego laat besef het dat sy kultuur en die Afrikaanse kultuur nie baie verskil nie. … … …[2] 17 Watter les het Nelson Mandela ons geleer, volgens Katlego? … …[1] 18 Waarvan is Suid-Afrika se reënboog ’n simbool, sê Katlego? … …[1] [Totaal: 10]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Oefening 7 19 Lees die volgende uitsprake oor advertensies: “Advertensies gee belangrike inligting oor produkte.” “’n Mens kan nie glo wat in advertensies gesê word nie.” “Koerante en tydskrifte sal nie sonder advertensies kan bestaan nie.” “Advertensies is ’n mors van tyd.” “Advertensies help ’n mens om tussen produkte te kies.” “Advertensies in die middel van TV-programme is irriterend.” Skryf ʼn artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor die rol en belangrikheid van advertensies bespreek. Jou artikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 17
17 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 … … … … … … … … … …[15] [Totaal: 15]
Question paper, page 18
18 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 BLANK PAGE
Question paper, page 19
19 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 BLANK PAGE
Question paper, page 20
20 0548/01/O/N/17 © UCLES 2017 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE
Mark scheme, page 1
® IGCSE is a registered trademark. This document consists of 7 printed pages. © UCLES 2017 [Turn over Cambridge Assessment International Education Cambridge International General Certificate of Secondary Education AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2017 MARK SCHEME Maximum Mark: 70 Published This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge International will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge International is publishing the mark schemes for the October/November 2017 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components.
Mark scheme, page 2
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 2 of 7 Question Answer Marks Oefening 1 1 jaarliks/elke jaar 9 1 2 mishandelde donkies/om donkies te help. 9 1 3 oral in die Wes-Kaap 9 1 4 nuwe boeke 9; tweedehandse boeke 9 2 5 Vroeër: aaklig/vol pyn en lyding/mishandel 9 Nou: gelukkig/veilig/versorg 9 2 6 donkies 9 1 Question Answer Marks Oefening 2, 7 Geboortedatum: 8 Februarie 2001 9 1 Adres: Bergstraat 17 9 1 Selfoonnommer: 0793266825 9 1 Ek bespeel die volgende instrumente: viool 9 1 Ander: klarinet 9 1 Ek leer musiek: by die skool 9 1 Ander: [by my] pa/by die huis 9 1 My toekomsplanne: Ek wil musiek bestudeer 9 en deur die wêreld reis. 9 2 Question Answer Marks Oefening 3 8 • Word gekeur 9 • Word saam met hond opgelei 9 2 9 • Word [vanaf ses/sewe weke vir ’n jaar] deur “puppy walkers” gesosialiseer 9 • Leer huis- en toiletmaniere 9 • Leer mense en dinge in die omgewing ken 9 3 10 • dienshonde 9 • gehoorhonde 9 • sosiale honde 9 3
Mark scheme, page 3
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 3 of 7 Question Answer Marks Oefening 4, 11 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ʼn nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ʼn mate van ʼn gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Die Gidshondvereniging: • teel honde vir gebruik deur mense in rolstoele, blindes, dowes en outistiese mense • plaas honde uit vir basiese opleiding • lei honde intensief op • pas honde by applikante • lei applikante en honde saam op • evalueer nuwe honde-eienaars • maak seker nuwe honde-eienaars en honde kom reg in eie omgewing • bly in kontak met honde-eienaars • dra die grootste deel van die koste vir die opleiding van die honde 5
Mark scheme, page 4
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 4 of 7 Question Answer Marks Oefening 5, 12 ’n Opstel van 150 tot 200 woorde lank waarin die kandidaat hom/haarself bekendstel. Die volgende moet genoem word: • wie jy is, hoe oud jy is en waar jy vandaan kom • jou belangstellings • jou ideale vir die toekoms. Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. 15 Question Answer Marks Oefening 6 13 Hy praat uitstekende Afrikaans 9 en het ’n goeie humorsin. 9 2 14 Toe sy ouma vergeet het om hom by die skool op te laai, 9 is hy na ’n oudisie vir ’n koor (wat die begin van sy sangloopbaan was). 9 2 15 Hy wou verstaan wat sy oupa en ouma oor hom sê. 9 Hy wou vriende maak met die Afrikaanse kinders in die kinderkoor. 9 2 16 In die huise van sy Afrikaanse maats was daar, soos in sy eie kultuur, respek vir ouer mense 9 en is familie en liefde as belangrik beskou. 9 2 17 Mense moet ander mense vergewe. 9 1 18 Van die veeltalige/multikulturele land of van die elf tale in die land 9 1 Question Answer Marks Oefening 7, 19 Artikel: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). 15
Mark scheme, page 5
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 5 of 7 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ʼn punt (uit 8) vir inhoud (I) en ʼn punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ʼn punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ʼn Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ʼn faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.
Mark scheme, page 6
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 6 of 7 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte -kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte -kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ʼn goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ʼn gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ʼn Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ʼn mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ʼn redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ʼn mate van ʼn aanvoeling vir doel en teikengehoor. ʼn Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ʼn gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ʼn poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ʼn veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.
Mark scheme, page 7
0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 7 of 7 Punte -kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte -kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ʼn mate van ʼn poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ʼn mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik /punktuasie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ʼn mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0 punte toe.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2017 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.