Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2015 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
0548/21/O/N/15 · 30 marks · ≈34 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme12 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.












Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 7 printed pages and 1 blank page. DC (KN) 106484/3 © UCLES 2015 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education * 5 2 5 8 3 7 5 7 0 5 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2015 Approx. 35–45 minutes Candidates answer on the Question Paper No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name in the spaces at the top of this page. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions in the spaces provided. Dictionaries are not allowed. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam in die blokkies boaan hierdie bladsy. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord al die vrae in die ruimtes wat daarvoor verskaf is. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.
Question paper, page 2
2 0548/02/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende praatjie oor twee buitengewone ervarings wat mense tydens ’n vakansie gehad het. Beantwoord die vrae deur ’n regmerkie (✓) in die toepaslike blokkie te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. Waar Onwaar 1 ’n Medepassasier op die boot het Tina se kamera in die water laat val. [1] 2 Tina Peterson se kamera is in 2013 gevind. [1] 3 Die Italiaanse visser het moeite gedoen om Tina op te spoor. [1] 4 Susan en Christo van Wyk was op pad Hermanus toe. [1] 5 Die ongeluk is deur ’n vragmotor veroorsaak. [1] 6 Daar was net ligte skade aan Christo en Susan se motor. [1] [Totaal: 6]
Question paper, page 3
3 0548/02/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over Oefening 2, vrae 7–11 Alifa het met ’n skrywer van reisartikels, Chris Botha, gesels. Hy het haar van sy besoek aan die Okavango-delta in Botswana vertel. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord, A, B, C of D te kies en ’n regmerkie (✓) in die blokkie langs jou keuse te maak. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 7 Wanneer het Chris die Okavango-delta besoek? A Toe water verminder het. B Na die reënseisoen. C Voor die reënseisoen. D Tydens die reënseisoen. [1] 8 Chris sê dat ’n voëlkyker van Brittanje A 153 soorte voëls binne drie dae gesien het. B 153 soorte voëls binne vier dae gesien het. C 154 soorte voëls binne drie dae gesien het. D 154 soorte voëls binne vier dae gesien het. [1] 9 Watter stelling is korrek? A Chris het in ’n tent naby Chief’s Island geslaap. B Chris het in ’n tent op Chief’s Island geslaap. C Chris was op Chief’s Island toe hy leeus hoor brul het. D Chris het snags leeus op Chief’s Island gesien. [1]
Question paper, page 4
4 0548/02/O/N/15 © UCLES 2015 10 Chris was A baie bang vir twee olifante op Chief’s Island. B die eerste dag baie bang vir ’n groot olifantbul. C die tweede dag ’n bietjie bang vir ’n groot olifantbul. D nooit bang vir enige dier op Chief’s Island nie. [1] 11 Basegi het baie kennis van die diere in sy omgewing, want A sy oupa het hom goed geleer. B hy ken elke diersoort se spoor. C hy dra nie wapens saam nie. D hy weet wilde diere is gevaarlik. [1] [Totaal: 5]
Question paper, page 5
5 0548/02/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over Oefening 3, vrae 12–19 Luister na die radio-onderhoud wat Julia, ’n programaanbieder, met ’n suksesvolle musikant, Nkosi Keswa, gevoer het. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 12 Die persoon wat Nkosi leer kitaar speel het: …[1] 13 Musiekinstrument wat Nkosi se ma gespeel het: …[1] 14 Nkosi se eerste skoolkonsert was in: …[1] 15 Nkosi se uitsonderlike prestasie: … op die topplek van die iMusic-lys. [1] 16 Nkosi hou baie daarvan as mense …[1] 17 Uitreikingsdatum van Nkosi se debuutalbum: …[1] 18 ‘Spore in die sand’ is Nkosi se …[1] 19 Skoolvak waarvan Nkosi die meeste gehou het: …[1] [Totaal: 8]
Question paper, page 6
6 0548/02/O/N/15 © UCLES 2015 Oefening 4, vrae 20–26 ’n Hoërskoolseun, Kobus, se droom is om oor ’n paar jaar aan die Comrades-marathon deel te neem. Hy het met ’n ervare Comrades-atleet, Lucette, oor hierdie wedloop gesels. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 20 Hoe voel Lucette oor haarself nadat sy aan die Comrades-marathon deelgeneem het? Gee twee besonderhede. … … …[2] 21 (a) Hoeveel keer het Lucette se pa die Comrades gehardloop? …[1] (b) Hoeveel medaljes het hy gewen? …[1] 22 Hoekom het Lucette nog nie terwyl sy op skool was aan die Comrades deelgeneem nie? … …[1] 23 (a) Wanneer het Lucette die eerste keer ’n medalje gewen in die Comrades? …[1] (b) Watter medalje was dit? …[1] 24 Hoekom het die stigter van die Comrades swaargekry toe hy ’n soldaat was? … …[1]
Question paper, page 7
7 0548/02/O/N/15 © UCLES 2015 25 Hoe is vroue in die verlede anders behandel as mans by die Comrades? … …[1] 26 Hoe het ’n Comrades-atleet by die wegspringplek gekom nadat die taxi wat hom daarheen moes vervoer, nie opgedaag het nie? Gee twee besonderhede. … … …[2] [Totaal: 11]
Question paper, page 8
8 0548/02/O/N/15 © UCLES 2015 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE
Mark scheme, page 1
® IGCSE is the registered trademark of Cambridge International Examinations. CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS Cambridge International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2015 series 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2015 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components.
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 Oefening 1 1 onwaar [1] 2 onwaar [1] 3 waar [1] 4 onwaar [1] 5 waar [1] 6 waar [1] [Totaal: 6] Oefening 2 7 B [1] 8 C [1] 9 A [1] 10 C [1] 11 B [1] [Totaal: 5]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 Oefening 3 12 sy neef [Ben]/Ben [1] 13 klavier [1] 14 graad 11 [1] 15 eerste Suid-Afrikaner [1] 16 hom SMS/kontak [1] 17 Februarie 2014 (maand en jaartal) [1] 18 gunstelingliedjie [1] 19 kuns [1] [Totaal: 8]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 Oefening 4 20 Sy het/Dit gee haar selfvertroue [1] en selfrespek. [1] 21 (a) meer as 15/vyftien keer [1] (b) 11/elf [medaljes] [1] 22 Kinders is nie (fisies) sterk genoeg nie. [1] 23 (a) In haar tweede wedloop/Toe sy die tweede keer deelgeneem het. [1] (b) brons/’n bronsmedalje [1] 24 Hy moes 3000 km deur Oos-Afrika marsjeer/loop. [1] 25 Hulle kon nie medaljes kry nie/het nie medaljes gekry nie. [1] 26 Hy het fiets gery/op/met ’n fiets gery/gegaan [1] en toe geryloop. [1] [Totaal: 11]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 M Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende praatjie oor twee buitengewone ervarings wat mense tydens ’n vakansie gehad het. Beantwoord die vrae deur ’n regmerkie () in die toepaslike blokkie te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’00’’ *SIGNAL V Dalk sal julle net so verbaas soos ek wees om hierdie ongelooflike stories te hoor. Die eerste gebeurtenis het in Oktober 2013 plaasgevind. Tina Peterson van Bloemfontein het haar digitale kamera tydens ’n bootvaart op die Middellandse See verloor. Dit het gebeur nadat ’n medepassasier op die bootdek ’n foto van haar geneem het met Tina se kamera. Daarna het Tina met die kamera in haar hand oor die reling geleun en dit in die see laat val. Byna ’n jaar en ’n half later in Maart 2015 het Tina ’n e-posboodskap van ’n vriendin, Lucy, wat in Engeland woon, ontvang. Lucy het gesê sy het ’n berig in ’n Britse koerant gelees dat ’n Italiaanse visser, Paulo Esposito, ’n Canon-kamera in sy visnet “gevang” het. PAUSE 00’05’’ Die foto’s was nog op die geheuekaart van die kamera. Paulo wou die eienaar van die kamera opspoor. Hy het vier van die foto’s saam met sy storie na die Britse koerant gestuur, want die vrou op die laaste foto het ’n T-hemp gedra met die woorde “I love London” daarop. Lucy het Tina op die foto’s herken. Tina was stom van verbasing. “Wat gebeur het, is ’n wonderwerk!” sê sy. “Natuurlik het ek nooit gedroom dat ek die kamera ooit weer sou sien nie, en nogal met my foto’s onbeskadig daarop. Dit het na die bodem van die see gesink. Hoe op aarde is dit moontlik dat die kamera byna ’n jaar en ’n half onder water kon oorleef?” Hoewel heeltemal anders as die ervaring van Tina Peterson, was dit ook byna ongelooflik hoe Christo en Susan van Wyk van Mosselbaai vroeg een oggend die dood wonderbaarlik vrygespring het. Hulle was op pad terug ná ’n vakansie in Hermanus. Dit het hard gereën en voor en agter hulle was motors. PAUSE 00’05’’ Christo het bestuur en kon weens swak lig nie eens die ander voertuie uitken nie – hy het net ligte gesien. Toe ’n groot vragmotor met ’n vrag bakstene skielik voor hulle probeer indraai na ’n vulstasie aan die linkerkant van die pad, moes Christo uitswaai om ’n botsing te vermy. Hy het beheer oor sy motor verloor. Hy sê dit het vir hom gevoel asof iets die motor optel en in die lug omdraai. Die motor het omgerol en op sy linkersy langs die pad bly lê. Christo en Susan is bo-op mekaar binne-in vasgekeer. ’n Bakkie het stilgehou en die bestuurder het ’n sterk tou gehad wat hy aan een van die motor se voorwiele vasgemaak het. Hy het dit regopgetrek sodat die kar op sy wiele staan. Wonder bo wonder was daar baie min skade – net ’n paar skrape en duikplekkies aan die kant waarop die motor geval het. Nie eens die kantspieëltjies was stukkend nie. Susan is vir skok behandel, maar verder het sy en Christo niks oorgekom nie.**
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 PAUSE 00’05’’ M Jy sal die praatjie nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’20’’
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 SIGNAL V Oefening 2, vrae 7–11 Alifa het met ’n skrywer van reisartikels, Chris Botha, gesels. Hy het haar van sy besoek aan die Okavango-delta in Botswana vertel. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord, A, B, C of D te kies en ’n regmerkie () in die blokkie langs jou keuse te maak. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’00 *SIGNAL V Goeiemiddag, Chris. Ek lees gereeld jou artikels in Toergids, want ek wil só graag reis en die wêreld sien. Dankie dat jy tyd afstaan om met my te gesels. M Dit is ’n plesier, Alifa. Dis vir my lekker om oor my ervarings te praat. V Voordat ek oorsee gaan, wil ek meer van Afrika sien. Ek wil veral graag na die Okavango-delta gaan. Jy het verlede jaar oor hierdie unieke deel van Noord- Botswana geskryf. M Tydens my besoek in Junie was die reënseisoen so pas verby, maar die water in die kanale van die delta het nog daagliks gestyg, want dit het toe nog nie die volle hoogte bereik nie. V Waar het jy gebly tydens jou besoek aan die Okavango-delta en hoe het jy daar gekom? M Ek en ’n fotograaf het in ’n klein vliegtuigie met ses sitplekke na Gunn’s Camp gevlieg, waar ’n mens in ’n tent slaap. Die kamp kan nie met ’n motorvoertuig bereik word nie. V Hoekom is daar so ’n groot verskeidenheid voëls en diere in die Okavango- delta? M Dit is die water in die delta wat soveel van hulle lok. ’n Voëlkyker van Brittanje wat saam met my in die Okavango was, het binne drie dae 154 voëlsoorte gesien. PAUSE 00’07’’ V Ek het gelees daar is ook eilande in die delta. M Ons kamp was naby Chief’s Island. Snags wanneer ek in ons tent naby die eiland was, het ek leeus hard hoor brul.
Mark scheme, page 8
Page 8 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 PAUSE 00’05’’ Bedags het ons op die eiland saam met ’n gids, Basegi, gaan stap. Soms het ons roerloos op ’n miershoop na olifante sit en kyk. Ek moet sê, ek het nogal skrikkerig gevoel toe ’n olifantbul die tweede dag na ons miershoop toe aangestap kom. Toe hy sowat 12 meter van ons af was, het hy egter omgedraai en teruggestap. PAUSE 00’05’’ V Is Basegi ’n ervare gids? M Basegi ken die omgewing en diere van kleins af. Hy kan elke dierspoor in die sand identifiseer en alhoewel sommige diere gevaarlik kan wees, dra hy geen wapens nie. Sy oupa, ’n kruiedokter, het hom alles van die medisinale plante wat in die veld groei, geleer. Terwyl ons daar geloop het, het hy blare en wortels versamel om as medisyne saam te neem huis toe, bv. vir maagpyn en vir seerplekke op die lyf. V Hoe het julle van die kamp af op die eiland gekom? M Ons het elke oggend wanneer die son opkom, in ’n mokoro (’n soort kano) na die eiland gevaar. Die gids het dit met ’n lang paal gestuur. Jy sit ’n paar sentimeter bo die water en hoor net die geluide van die baie watervoëls en die geritsel van riete. V Ai, Chris, ek kan nie wag om die Okavango-delta te ervaar nie. Jy is só gelukkig om na al die interessante plekke te kan gaan – en dit vir jou werk!** PAUSE 00’05’’ M Jy sal die onderhoud nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’20’’
Mark scheme, page 9
Page 9 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 SIGNAL V Oefening 3, vrae 12–19 Luister na die radio-onderhoud wat Julia, ’n programaanbieder, met ’n suksesvolle musikant, Nkosi Keswa, gevoer het. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’00’’ *SIGNAL V Welkom in die ateljee, Nkosi. Ek is bly jy het vandag kans om met my te gesels. Jy vertrek mos binnekort al weer op ’n toer. M Dankie dat jy my genooi het, Julia. Ek sien baie uit na die toer. V Vertel my wanneer jou musiekstorie begin het. M My storie het begin die dag toe my ma my eerste kitaar vir my gekoop het. Ek was toe tien jaar oud. My neef Ben het my geleer om akkoorde op my kitaar te speel en my ma het my aangemoedig om te sing. Sy het klavier gespeel en self in ’n kerkkoor gesing. PAUSE 00’10’’ V Wanneer het jy die eerste keer voor ’n gehoor opgetree? M Ek het die eerste jare maar net vir familie en maats musiek gemaak. My eerste skoolkonsert was in graad 11. Toe het ek genoeg selfvertroue gehad om in ’n konsert op te tree. Die gehoor het ons musiek baie geniet. V Dit was toe net die begin. Nou is jy so waar die eerste Suid-Afrikaner wat die topplek op die iMusic-lys van beste verkopers gehaal het. Dit is ’n uitsonderlike prestasie! M Dankie Julia. Ek is baie dankbaar dat ek hierdie toekenning gekry het, maar vir my is dit die belangrikste dat my liedjies vir mense iets moet beteken. Ek hou baie daarvan as mense my SMS of my op ander maniere kontak. As ek kan aanhou musiek maak wat ’n positiewe verskil maak in mense se lewens, sal dit wonderlik wees. V Wat motiveer jou om te skryf? M Vir my is om musiek te skryf, ’n manier om sin te maak van die lewe en van die plekke waar ek is. Ek het “Go your way, I’ll go mine” geskryf toe ek besluite moes neem oor my lewe. PAUSE 00’10’’
Mark scheme, page 10
Page 10 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 V Jou debuutalbum, Maanligmeisie, is in Februarie 2014 uitgereik. Watter liedjie op hierdie album is jou gunsteling? M Dit was vir my die lekkerste om “Spore in die sand” op te neem, want ons het allerhande ongewone dinge met die klanke gedoen. Ek hou daarvan om met klanke te eksperimenteer. V Wie is jou rolmodel? M Ek is ’n groot bewonderaar van Bonnie Benade omdat haar musiek so opbouend en positief is. Ek sal baie graag self sulke opbouende musiek wil skryf. V Het jy enige ander belangstellings behalwe musiek? M Kuns was die skoolvak waarvan ek die meeste gehou het. Ek het op ’n stadium daaraan gedink om grafiese ontwerp op universiteit te studeer, maar toe ek sukses behaal met my musiek, het ek besluit om hierdie passie uit te leef. Tot dusver was ek natuurlik nie spyt nie. V Watter raad kan jy sangers of groepe gee wat ’n sukses wil maak van ’n musiekloopbaan? M Hulle moenie sommer moed opgee as hulle aan die begin nie groot hoogtes bereik nie. Sommige groepe gooi te gou tou op as dit aan die begin nie goed gaan nie. My raad is: Hou aan met probeer en druk deur.** PAUSE 00’10’’ M Jy sal die gesprek nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’20’’
Mark scheme, page 11
Page 11 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 SIGNAL V Oefening 4, vrae 20–26 ’n Hoërskoolseun, Kobus, se droom is om oor ’n paar jaar aan die Comrades-marathon deel te neem. Hy het met ’n ervare Comrades-atleet, Lucette, oor hierdie wedloop gesels. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’30’’ *SIGNAL M Lucette, jy gaan in Junie weer aan die Comrades-marathon deelneem. Ek wil hierdie wêreldbekende ultramarathon self oor ’n paar jaar aanpak, maar ek weet dit is nie maklik nie. Ek neem die afgelope twee jaar aan langafstandwedlope deel en vaar nie te sleg nie. V Ja, Kobus, as jy aanhou oefen, sal jy dit beslis regkry om deel te neem. Soos jy weet, is dit ’n unieke toets van uithouvermoë. Ek het dit nou al ses keer gedoen en elke jaar gee dit my opnuut selfvertroue en selfrespek. M Hoe het dit gebeur dat jy aan die Comrades begin deelneem het? V My pa het my geïnspireer. Hy het altyd gesê ’n mens hardloop nie die Comrades net om onder die voorlopers te eindig nie, want deelnemers aan hierdie wedloop is almal wenners. Hy het meer as vyftien keer deelgeneem en altesaam elf medaljes gewen. Sy eerste silwermedalje het hy vir die op- wedloop van Durban na Pietermaritzburg gekry. PAUSE 00’10’’ M Op watter ouderdom het jy aan die Comrades begin deelneem? V Ek het eers op 24, nadat ek klaar was op universiteit, begin deelneem. Toe ek nog gestudeer het, het ek nie genoeg tyd gehad om te oefen nie. As skoolkind kon ek nog nie aan marathons deelneem nie, want kinders is nie fisies sterk genoeg om aan sulke moordende wedlope deel te neem nie. M Hoe het dit die heel eerste keer gegaan toe jy deelgeneem het? V Ek het nie sommer die eerste keer ’n medalje gekry nie, maar het goed voorberei en raad gekry van ’n atleet wat ’n Comrades-spesialis is. Sy het altyd daarop klem gelê dat ek in myself moet glo, al behaal ek nie dadelik sukses nie. Ek het ’n bronsmedalje gekry toe ek die tweede keer deelgeneem het. PAUSE 00’10’’
Mark scheme, page 12
Page 12 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2015 0548 02 © Cambridge International Examinations 2015 M Kan jy my sê hoe die Comrades-marathon begin het? V Die stigter van die Comrades wou hê die wedloop moes ’n toets vir deelnemers wees. Dit moes wys dat ’n mens swaarkry kan oorwin. Hyself moes as soldaat byna 3 000 km deur Oos-Afrika marsjeer. Die naam “Comrades” dui op die kameraadskap wat deelnemers vir mekaar voel omdat almal saam swaarkry om te oorwin. M Kon alle mense wat dit wou doen, van die begin af aan die Comrades deelneem? V Almal kon deelneem, maar vroue het nie medaljes ontvang as hulle die wedloop suksesvol voltooi het nie. M Weet jy van enige snaakse insidente in die geskiedenis van die Comrades? V Eienaardige dinge het al gebeur. ’n Man het byvoorbeeld eenkeer die Comrades in sy swaar rugbystewels voltooi en ’n ander keer het ’n vasberade atleet net-net betyds by die wegspringplek aangekom. Die taxi wat hom daarheen moes bring, het nie opgedaag nie en hy moes ’n fiets leen om daar te kom. Langs die pad het die fiets gebreek en hy moes verder ryloop. Die atleet het dit steeds reggekry om derde te eindig! M Nou-ja, ek het gehoor die Comrades-marathon vier oor ses jaar sy honderdste verjaardag. Dalk hardloop ek in die eeufeesjaar. V Ja, volg jou droom, Kobus. Jy sal nooit spyt wees nie!** PAUSE 00’10’’ M Jy sal die gesprek nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’30’’ SIGNAL M Dit is die einde van die toets. E This is the end of the examination.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2015 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.