Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
0548/21/O/N/13 · 30 marks · ≈34 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme9 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.









Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 7 printed pages and 1 blank page. DC (AC) 71440/3 © UCLES 2013 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education * 9 5 9 8 1 0 7 5 9 7 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2013 Approx. 35–45 minutes Candidates answer on the Question Paper No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. Dictionaries are not allowed. For Examiner’s Use Oefening 1 Oefening 2 Oefening 3 Oefening 4 Total:
Question paper, page 2
2 0548/02/O/N/13 © UCLES 2013 For Examiner’s Use Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende praatjie oor ’n aantal uitvindings wat deur slimkoppe ontwerp is. Beantwoord die vrae deur ’n regmerkie (✓) in die toepaslike blokkie te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. Waar Onwaar 1 Die eerste selfoonoproep het in 1947 plaasgevind. [1] 2 Die internet is uitgevind voordat die Sowjet-unie ’n satelliet die ruimte ingestuur het. [1] 3 Die internet het begin as gevolg van kompetisie tussen die VSA en die Sowjet-unie. [1] 4 Byna drie dekades nadat die eerste rekenaar aan die internet gekoppel is, het mense die internet tuis begin gebruik. [1] 5 John Baird het sy eerste demonstrasie in Skotland gegee. [1] 6 Dr. Percy Spencer het sy verhittingsteorie op sjokolade getoets. [1] [Totaal: 6]
Question paper, page 3
3 0548/02/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use Oefening 2, vrae 7–11 Jason gesels met Emma, ’n toergids wat hom op ’n toer na rotstekeninge in die Twyfelfontein- omgewing in Namibië geneem het. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord A, B, C of D te kies en ’n regmerkie (✓) in die blokkie langs jou keuse te maak. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 7 Die rotstekeninge by die ingang van die hotel is A 10 000 jaar oud. B 5 000 jaar oud. C nie almal ewe oud nie. D almal ewe oud. [1] 8 Watter stelling is korrek? A Die rotstekeninge in Twyfelfontein is altyd op rooi klip geteken. B Daar is vyf verskillende tekeningstyle op rotse in Twyfelfontein. C Al die tekeninge in Twyfelfontein is in gate in die rotse geteken. D Die simboliese rotstekeninge is as ’n soort kalender gebruik. [1] 9 Emma sê A kameelperde is minder geteken as ander diere. B kameelperde is anders geteken as wat hulle werklik lyk. C die kameelperde in die tekeninge het baie kort nekke. D die kameelperde in die tekeninge het ore wat soos horings lyk. [1]
Question paper, page 4
4 0548/02/O/N/13 © UCLES 2013 For Examiner’s Use 10 Die rituele rotstekeninge is gemaak om A die rotse te versier. B die gode om hulp te vra. C te wys hoe belangrik diere is. D die gode vir die reën te bedank. [1] 11 Volgens Jason wys rotstekeninge A al die diere wat lank gelede in Twyfelfontein geleef het. B die dinge wat die mense werklik nodig gehad het. C ’n handjievol mense wat in Twyfelfontein geleef het. D dat die kunstenaars hul rotstekeninge graag wou bewaar. [1] [Totaal: 5]
Question paper, page 5
5 0548/02/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over For Examiner’s Use Oefening 3, vrae 12–17 Luister na ’n onderhoud wat Karen met Marc Lottering, ’n baie gewilde komediant, gevoer het. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 12 Die mense wat nie verwag dat Marc hulle moet laat lag nie: … [1] 13 Beroepe waarin Marc vroeër belanggestel het: (i) sanger (ii) … [1] 14 Grootste uitdaging vir Marc: … [1] 15 Reaksie van Marc se gehoor in Saoedi-Arabië: … [1] 16 Kaapstad is volgens Marc: (i) … [1] (ii) … [1] 17 Hoekom die oggend vir Marc die beste tyd van die dag is: (i) … [1] (ii) … [1] [Totaal: 8]
Question paper, page 6
6 0548/02/O/N/13 © UCLES 2013 For Examiner’s Use Oefening 4, vrae 18–26 In die volgende gesprek praat Zaida met Anton, ’n beampte by Mapungubwe, ’n plek van groot kulturele waarde. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 18 Noem een land waarmee die mense van Mapungubwe handel gedryf het. … [1] 19 Wanneer is Mapungubwe tot wêrelderfenisterrein verklaar? … [1] 20 Noem twee redes waarom Mapungubwe vir die inwoners ’n baie goeie plek was om te woon. (i) … [1] (ii) … [1] 21 Waar het die koninklike mense gewoon? … … [1] 22 Wat was die beroep van die meeste inwoners van Mapungubwe? … [1]
Question paper, page 7
7 0548/02/O/N/13 © UCLES 2013 For Examiner’s Use 23 Hoekom is die voorwerpe wat op die antieke vullisterrein gevind is belangrik? … … [1] 24 Wat simboliseer die goue renostertjie? (i) … [1] (ii) … [1] 25 Waar is die goue bak gevind? … [1] 26 Wat het die ontdekking van Mapungubwe bewys in verband met die geskiedenis van Afrika? … … [1] [Totaal: 11]
Question paper, page 8
8 0548/02/O/N/13 © UCLES 2013 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE
Mark scheme, page 1
CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2013 series 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2013 series for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level components and some Ordinary Level components.
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 Oefening 1 1 Onwaar [1] 2 Onwaar [1] 3 Waar [1] 4 Waar [1] 5 Onwaar [1] 6 Onwaar [1] [Totaal: 6] Oefening 2 7 C [1] 8 D [1] 9 B [1] 10 B [1] 11 B [1] [Totaal: 5] Oefening 3 12 vriende en familie ✓ (albei vir een punt) [1] 13 (ii) prokureur ✓ [1] 14 (om) nuwe materiaal (te vind)✓ [1] 15 warm en entoesiasties ✓(albei feite vir een punt) [1] 16 (i) een van die mooiste stede in die wêreld✓ [1] (ii) die opwindendste stad in Suid-Afrika ✓ [1] 17 (i) Dis makliker om (dan/in die oggend/soggens) met mense te werk OF Mense is (dan) vriendelik/optimisties ✓ [1] (ii) Hy skryf beter/makliker in die oggend. ✓ [1] [Totaal: 8]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 Oefening 4 18 China (of: Indië) ✓ [1] 19 2003 ✓ [1] 20 (i) Dit is naby riviere/water). ✓ [1] (ii) Vanaf die heuwel kan jy ver sien/oor die gebied uitkyk/het jy goeie uitsig.✓ [1] 21 bo-op die heuwel/op die kruin van die heuwel ✓ [1] 22 Hulle was boere/Hulle het geboer. ✓ [1] 23 Dit het [baie] inligting verskaf (gegee) oor die leefstyl/lewe van die mense.✓ [1] 24 (i) die (hoogs ontwikkelde) kultuur van Mapungubwe ✓ [1] (ii) leierskap ✓[onder die Shona-mense]✓ [1] 25 in ’n graf ✓ [1] 26 Daar was ontwikkelde/florerende/welvarende beskawings in Afrika voordat Europese kolonisasie (van Afrika) begin het/baie lank gelede/ OF: Mapungubwe was die/’n sentrum van handel in Suider-Afrika ✓ (NIE Suid-Afrika nie). [1] [Totaal: [11]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 Transcript M Oefening 1, vrae 1 – 6 Luister na die volgende praatjie oor ’n aantal uitvindings wat deur slimkoppe ontwerp is. Beantwoord die vrae deur ’n regmerkie () in die toepaslike blokkie te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. V ’n Mens kan jou byna nie meer ’n wêreld voorstel sonder die tegnologiese wonders nie. Hulle is deur ’n klein aantal kreatiewe persone uitgevind en vorm ’n onmisbare deel van die moderne samelewing. Dr. Martin Cooper het selfoontegnologie uitgevind. Hy is ook die eerste mens op aarde wat ’n oproep op ’n selfoon gemaak het. Hierdie oproep het in April 1973 plaasgevind. Die onderliggende tegnologie vir selfone is egter reeds in 1947 deur die Amerikaanse weermag ontwikkel. Die internet is tussen 1950 en die laat 1970's in Amerika deur ’n groep wetenskaplikes uitgevind, net nadat die Sowjet-unie die Sputnik-satelliet ruimte toe gestuur het. Die VSA het besef dat hulle nie die nodige tegnologie gehad het om werklik met die Sowjet-unie te kan kompeteer nie. Hulle moes toe nuwe tegnologie ontwerp en só is die internet gebore. Een van die Amerikaners wat aan hierdie internet-projek gewerk het, was JRC Licklider. Hy wou ’n wêreldwye netwerk skep waardeur mense maklik met mekaar in verbinding kon kom. In 1969, ná jare se harde werk, is ’n rekenaar by die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles die eerste keer aan die internet gekoppel. Byna drie dekades later het dit eers algemeen geword en het mense die internet tuis begin gebruik. Niemand is seker wie presies die televisie uitgevind het nie, maar John Baird word deur die meeste mense as die vader van televisie beskou. Hy was ’n Skotse ingenieur wat al in 1924 begin het om eenvoudige gesigvorms uit te saai. In 1925 het Baird sy eerste demonstrasie van "televisie" in Londen gegee. ’n Ander elektroniese toestel wat ons lewens verander het, is die mikrogolfoond. Dr. Percy Spencer, ’n ingenieur, het in 1946 met ’n navorsingsprojek begin. Hy moes nuwe radartegnologie bestudeer. Terwyl hy ’n nuwe vakuumpyp uitgetoets het, het die sjokolade in sy sak gesmelt. Hy het besluit om hierdie verhittingsteorie op mieliepitte te toets. Die pitte het natuurlik oopgebars en springmielies geword! Later het hy en een van sy kollegas ’n eier getoets en gesien hoe die eier gaar word en ontplof as gevolg van die styging in temperatuur. Dr. Spencer het toe lekker gedroom oor ander kos wat op dieselfde manier gaargemaak kan word en dit het tot die eerste mikrogolfoond gelei.
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 M Oefening 2, vrae 7 – 11 Jason gesels met Emma, ’n toergids wat hom op ’n toer na rotstekeninge in die Twyfelfontein- omgewing in Namibië geneem het. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord, A, B, C of D te kies en ’n regmerkie () in die blokkie langs jou keuse te maak. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. M Emma, ek weet hierdie gebied in Namibië word baie deur toeriste besoek. Is dit die rotstekeninge in hierdie omgewing wat so ’n trekpleister is? V Ja, Jason, in die Twyfelfontein-omgewing is reeds ongeveer 10 000 rotstekeninge gevind. M By die ingang van die hotel waar ek bly, is daar tekeninge op massiewe rotse. Wat beteken hierdie tekeninge van diere soos kameelperde, sebras en leeus? V Hier het meestal inisiasieseremonies plaasgevind en dié tekeninge is van 3 000 tot 5 000 jaar oud. Op een van die rotse is daar ongeveer 250 tekeninge en hulle wissel taamlik baie in ouderdom. As jy na die tekeninge kyk, sal jy kan sien dat sommige van hulle helderder is as ander. Dié wat reeds hul kleur verloor het, is die ouer tekeninge. Die jongeres is helderder. M Het die soort klip iets hiermee te doen? V Ja, hierdie klip is grys. Die rooi wat jy sien, is as gevolg van die oksidasie van die yster wat na buite uitvloei. Hierdie roesproses vind oor duisende jare plaas. Dit is hoe ons kan skat hoe oud die rotstekeninge is. M Ek het gelees dat daar drie tekeningstyle in Twyfelfontein gesien word: simboliese style, dierestyle en rituele style. Vertel my asseblief hoe hulle van mekaar verskil. V Die rotstekeninge in die simboliese styl verskil taamlik baie van ander style. Hulle word gekenmerk deur gate wat die mense in klipmure gekap het en wat as ’n soort kalender gebruik is. Daar word vermoed dat die mense hierdie soort tekeninge gebruik het om die tyd te bepaal, of selfs om berekenings te doen. M Is daar baie voorbeelde van simboliese style in hierdie omgewing? V Ja, dit is algemeen, maar die dierestyle kom meer voor. In die 10 000 rotstekeninge hier is die kameelperd die dier wat die meeste geteken is. Ons dink die kameelperd het miskien simboliese waarde as ’n reënbringer gehad, want hierdie dier word uitgebeeld met ’n oordrewe lang nek en horings, en die ore is langs mekaar, soos ’n hand wat na die wolke uitgesteek word om die reën te bring. Die dier wat die tweede meeste voorkom, is die volstruis wat gejag is vir sy vere, eiers en lekker vleis. Sebras kom die derde meeste voor. Ek dink hierdie diere is uitgebeeld om geluk te bring vir die mense wat gaan jag het. M Vertel my asseblief ook van die rituele rotskunsstyl.
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 V Rituele rotskuns is nie aangebring om die rotse te versier nie. Dit verwys na die soort tekeninge wat gemaak is tydens rituele omdat die mense iets wou hê. In hierdie seremonies het hulle hul gode gevra om hulle die dinge te gee wat hulle nodig gehad het om te oorleef. As hulle reën nodig gehad het, het hulle ’n seremonie gehou en die kameelperd geteken, en as hulle gesondheid nodig gehad het, het hulle die voetspoor van ’n mens geteken. Vir elke behoefte, was daar ’n simbool. M Vandag het ek baie geleer oor ons voorouers se gebede wat hier op klippe geteken is. Dit is duidelik dat die diere in die tekeninge nie ’n aanduiding is van watter diere daardie tyd in die omgewing van Twyfelfontein geleef het nie, want net ’n handjievol diere kom in die tekeninge voor. Die rotskunstenaars het net geteken wat hulle werklik nodig gehad het. V Presies. Ek is bly jy het die toer geniet Jason. Dit is altyd vir my lekker om met iemand te gesels wat werklik in die rotskuns hier belangstel. M Oefening 3, vrae 12 – 17 Luister na ’n onderhoud wat Karen met Marc Lottering, ’n baie gewilde komediant, gevoer het. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. V Marc, jy is ’n gunsteling onder gehore – nie net in Suid-Afrika nie, maar sommer die wêreld oor. Met jou skerp sêgoed is jy beslis nie op jou mond geval nie. Verwag mense dat jy altyd moet snaaks wees net omdat jy komediant is? M Goeie vriende en familie verwag nie van my om altyd snaaks te wees nie. Inteendeel, ek dink sommige mense raak geïrriteerd as komediante die een grap ná die ander vertel, veral op ’n gedwonge manier as hulle van die verhoog af is. Ek vind dit ook beslis lastig en uitputtend. Tog moet ek erken dat ek altyd die snaakse kant van die lewe raaksien. V As jy nie in die vermaaklikheidsbedryf beland het nie, watter ander loopbaanrigting sou jy wou volg? M Ek wou nog altyd een van twee dinge wees: ’n sanger of ’n prokureur. Ek het nooit ’n sanger geword nie, want ek het gou besef dat, as jy ’n goeie sanger wil word, jy immers goed moet kan sing. Om ’n prokureur te wees, moet jy klasse bywoon en die eksamens slaag. Toe word ek maar ’n komediant. V Jy is nou al jare lank in die bedryf en steeds verkoop jou vertonings uit. Wat is jou suksesresep? M Baie gebede en senuwees van staal. Die publiek sal jou altyd ondersteun as jou produksies nuut en snaaks is. My grootste uitdaging is om met nuwe materiaal vorendag te kom.
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 V Wat is jou definisie van snaaks? M ’n Opmerking, ’n mening of ’n storie wat mense spontaan laat lag. V Wat was daardie één oomblik op die verhoog wat jy graag wil vergeet? M Ek het al by twee geleenthede op die verhoog gegly en geval. Ek was baie verleë en skaam. Jy weet jy het geval én die gehoor weet jy het geval. Dan staan jy net op, stof jou af en gaan weer aan. V Jy het seker baie hard gewerk om te slaag. M Sommige mense het in my geglo en ander het my net alleen gelaat, maar een ding het ek geleer: om nooit terug te kyk nie en eerder uitdagings en struikelblokke direk te konfronteer. V Jy is geen onbekende op internasionale verhoë nie en het onder meer al in Engeland, Australië, Nieu-Seeland en Doebai opgetree. Watter oorsese optredes was vir jou die lekkerste? M Ek het onlangs in Saoedi-Arabië opgetree en dit gate uit geniet, net omdat ek nie kon glo dit gebeur werklik nie. Die gehoor se reaksie was ook warm en entoesiasties. Ek geniet dit ook altyd om in Australië op te tree. V Sal jy ooit jou goed oppak en in ’n ander land gaan bly? M Nee, nee, nee. Ek het al genoeg in my lewe gereis om te weet dat ek in een van die mooiste stede in die wêreld woon. Enige ander plek is goed vir ’n kort vakansie, maar ek het ’n passievolle liefdesverhouding met Kaapstad. Ek is trots daarop om ’n Kapenaar te wees. Ek dink ook Kaapstad is die opwindendste stad in Suid-Afrika. Ek kan ure aaneen die mense in Kaapstad dophou en nooit verveeld raak nie. En dan moet ons natuurlik ook nie van die berg en die see vergeet nie. Die Johannesburgers spot ons altyd hieroor. V Wat is jou gunstelingtyd van die dag. M Beslis die oggend. Ek vind ook dat dit makliker is om dan met mense te werk, aangesien almal nog optimisties en vriendelik is. Dinge verander na middagete. Ek skryf ook baie beter in die oggend. As ek soggens werk, voel ek soos ’n goeie en gehoorsame seun. V Hoe reageer jy as ’n taxi voor jou inswaai? M Daardie taxibestuurder gaan nie vir my hartmedisyne betaal nie; dus glimlag ek net en draai die volume van my gunstelingliedjie harder. Die lewe is te kort om op ’n taxibestuurder te gil. V Wat is die grootste kompliment wat jy nog gekry het? M Dis moeilik om ’n spesifieke kompliment uit te sonder, maar ek kan sê dit maak my baie bly om mense te laat skater van die lag – verkieslik as ék op die verhoog is.
Mark scheme, page 8
Page 8 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 M Oefening 4, vrae 18-26 In die volgende gesprek praat Zaida met Anton, ’n beampte by Mapungubwe, ’n plek van groot kulturele waarde. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. V Anton, ek het al so baie van Mapungubwe gehoor, maar dis die eerste keer dat ek die voorreg het om hierdie gebied te besoek. Dit is een van die belangrikste besienswaardighede in Suid-Afrika. M Ja, Zaida, hier by Mapungubwe het in die verre verlede ’n magtige koninkryk gefloreer. Dit was een van die antieke beskawings van Suider-Afrika. V Ongeveer hoe lank gelede het die koninkryk hier bestaan? M Ongeveer 1 000 jaar gelede was Mapungubwe die sentrum van die grootste koninkryk in Suider-Afrika. ’n Hoogs gesofistikeerde volk het hier met lande soos China en Indië handel gedryf in allerhande kosbaarhede, onder andere goud en ivoor. Mapungubwe het honderde jare lank groot mag gehad, maar sowat sewe eeue lank het die oorblyfsels van hierdie koninkryk onontdek gelê voordat mense in 1932 daar begin opgrawings doen het. Die gebied is in 1997 tot nasionale erfenisterrein verklaar en in 2003 het die Verenigde Nasies Mapungubwe ook tot wêrelderfenisterrein verklaar. V Hoe, reken argeoloë en ander navorsers, het dit duisend jaar gelede hier gelyk? M Mapungubwe was geleë op ’n heuwel in die Limpopo-vallei, waar twee riviere saamvloei. Water was dus volop. Vanaf die heuwel het die inwoners ’n goeie uitsig oor die gebied gehad. Daar was klipmure teen die heuwel en die gewone bevolking se huise was oral versprei, terwyl die koninklikes op die kruin van die heuwel gewoon het. Hier is dus bewys daarvan dat daar verskillende klasse van mense in hierdie samelewing was waar leiers geskei is van gewone inwoners. Die meeste mense was boere. Daar word geskat dat die bevolking tot sowat 5 000 gegroei het voordat die inwoners waarskynlik noordwaarts getrek het. V Word daar steeds opgrawingswerk gedoen by Mapungubwe en wat is al alles hier ontdek? M Die Universiteit van Pretoria doen sedert 1932 hier opgrawingswerk. Die universiteit het ’n groot versameling voorwerpe wat van goud en ander stowwe gemaak is, asook menslike oorblyfsels, wat daar gevind is. Grafte met liggame wat in ’n sittende posisie begrawe is, is bo-op die heuwel gevind, saam met ’n verskeidenheid items van goud, koper en glas. Aan die voet van die heuwel is die oorblyfsels van ’n groot saal opgegrawe. Argeoloë het ook voorwerpe op ’n antieke vullisterrein gevind. Veral hierdie voorwerpe het baie inligting verskaf oor die leefstyl van die mense van Mapungubwe. V Wat is die kosbaarste artefakte wat hier by Mapungubwe opgegrawe is?
Mark scheme, page 9
Page 9 Mark Scheme Syllabus Paper IGCSE – October/November 2013 0548 02 © Cambridge International Examinations 2013 M Die beroemdste vonds is die goue renostertjie. Hierdie renostertjie simboliseer vandag die hoogs ontwikkelde kultuur van Mapungubwe en is ook ’n simbool van leierskap onder die Shona-mense van Zimbabwe. Ander ontdekkings sluit items in wat op soortgelyke manier as die renostertjie gemaak is, byvoorbeeld ’n goue bak wat in ’n graf gevind is. V Ek vind dit alles fassinerend. M Ja, en wat ook fassinerend is, is dat die ontdekkings by Mapungubwe bewys dat daar baie lank gelede in Afrika welvarende beskawings bestaan het lank voordat kolonisasie deur Europese lande op dié vasteland begin het. Die Mapungubwe-streek was die sentrum van handel in Suider-Afrika. V Baie dankie vir al jou interessante inligting, Anton. Ek wil nou ook baie graag gaan kyk na die Mapungubwe-versameling in die Mapungubwe-museum op die kampus van die Universiteit van Pretoria. M Dit was ’n plesier om met jou oor Mapungubwe te gesels.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2013 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.