Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1

0548/21/O/N/14 · 30 marks · ≈34 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans - Second Language papersWhat was in this paper?

Question paper8 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme11 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 11
Page 1 of 11
Mark scheme, page 2 of 11
Page 2 of 11
Mark scheme, page 3 of 11
Page 3 of 11
Mark scheme, page 4 of 11
Page 4 of 11
Mark scheme, page 5 of 11
Page 5 of 11
Mark scheme, page 6 of 11
Page 6 of 11
Mark scheme, page 7 of 11
Page 7 of 11
Mark scheme, page 8 of 11
Page 8 of 11
Mark scheme, page 9 of 11
Page 9 of 11
Mark scheme, page 10 of 11
Page 10 of 11
Mark scheme, page 11 of 11
Page 11 of 11

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 7 printed pages and 1 blank page. DC (NH) 89256/3 © UCLES 2014 [Turn over * 7 4 1 5 3 3 1 3 6 0 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2014 Approx. 35–45 minutes Candidates answer on the Question Paper No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. Dictionaries are not allowed. Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education PAPA CAMBRIDGE

Question paper, page 2

2 0548/02/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende praatjie oor sjokolade, een van die gewildste lekkergoed in die wêreld. Beantwoord die vrae deur ’n regmerkie (✓) in die toepaslike blokkie te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. Waar Onwaar 1 Daar is driehonderd chemiese stowwe in sjokolade. [1] 2 Sjokolade met minder as 70% kakao is moontlik goed vir die gesondheid. [1] 3 Die mense van Europa het aan die begin nie van sjokolade gehou nie. [1] 4 Kakaobome bly dwarsdeur die jaar groen. [1] 5 Die peule wat van kakaobome gepluk word, word uitgedroog en gerooster. [1] 6 Kakaobotter word in sommige soorte medisyne gebruik. [1] [Totaal: 6]

Question paper, page 3

3 0548/02/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over Oefening 2, vrae 7–11 Serena is ’n voëlkenner wat Bongani se skool besoek het. Hy het ’n tydjie gedurende die pouse gehad om met haar te gesels, want hy wil ’n voëlkykklub by die skool stig. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord A, B, C of D te kies en ’n regmerkie (✓) in die blokkie langs jou keuse te maak. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 7 Watter stelling is korrek? A Bromvoëls kan glad nie vlieg nie. B Bromvoëls kan tot ses kilogram weeg. C Bromvoëls bly gewoonlik weg van paaie. D Bromvoëls is groot, helderrooi voëls. [1] 8 Bloukraanvoëls kom … A in die suide van Namibië voor. B in die suide en ooste van Suid-Afrika voor. C in die noorde van Suid-Afrika voor. D slegs in Suid-Afrika voor. [1] 9 Serena sê dat Knysnaloeries … A gewoonlik in bome wegkruip. B ’n rooi kop en geel vlerke het. C slegs in Knysna aangetref word. D familie van kraaie is. [1]

Question paper, page 4

4 0548/02/O/N/14 © UCLES 2014 10 Seemeeue … A is seevoëls wat oral in Suid-Afrika voorkom. B kom in elke kontinent van die aarde voor. C breek die skulpe van skulpvis met hul snawels. D beskerm altyd ander seemeeue se neste en eiers. [1] 11 Watter stelling is korrek? A Kolganse sorg ses uur lank vir hul kuikens. B Kolganse sorg ses maande lank vir hul kuikens. C Kolganse soek altyd hul kos naby ’n dam. D Kolganse bly nie heeldag naby water nie. [1] [Totaal: 5]

Question paper, page 5

5 0548/02/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over Oefening 3, vrae 12–18 Luister na ’n onderhoud wat ’n onderwyseres, Stephanie, met Jaco Jacobs, ’n skrywer van jeugboeke, gevoer het. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 12 Tyd toe Jaco begin dink het hy wil ’n skrywer word: …[1] 13 Publikasies waarin Jaco se eerste stories verskyn het: …[1] 14 Jaco voel dit is ’n … as mense sy boeke geniet. [1] 15 Sport waaroor Jaco dalk in die toekoms sal skryf: …[1] 16 Twee redes waarom tieners Jaco se boeke geniet: (i) Jaco sê sy boeke …[1] (ii) Die boeke gaan oor …[1] 17 Iets in sy lewe waaroor Jaco spyt voel: Hy voel spyt dat hy nie … …[1] 18 Volgens Jaco behandel volwassenes kinders soms … …[1] [Totaal: 8]

Question paper, page 6

6 0548/02/O/N/14 © UCLES 2014 Oefening 4, vrae 19–26 In die volgende gesprek praat ’n joernalis, Fatima, met Siswe Ndlovu, ’n ervare skaatsplankryer. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 19 Gee die twee karaktereienskappe van homself wat Siswe noem. (i) … …[1] (ii) … …[1] 20 Wat is Siswe se mening oor skaatsplankry? … …[1] 21 Hoe het mense op die idee van ’n skaatsplank gekom? … … …[2] 22 Waarom hou Siswe nie van skaatsplankkompetisies nie? … …[1] 23 Noem twee dinge van sy besoek aan Barcelona wat vir Siswe spesiaal was. (i) … …[1] (ii) … …[1]

Question paper, page 7

7 0548/02/O/N/14 © UCLES 2014 24 Hoe voel Siswe oor skaatsplankry as ’n loopbaan? … …[1] 25 Watter droom van Siswe het waar geword? … …[1] 26 Wat sê Siswe oor die aantal meisies wat skaatsplankry? … …[1] [Totaal: 11]

Question paper, page 8

8 0548/02/O/N/14 © UCLES 2014 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE

Mark scheme, page 1

® IGCSE is the registered trademark of Cambridge International Examinations. CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS Cambridge International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2014 series 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2014 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components. PAPA CAMBRIDGE

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 1 1 Onwaar [1] 2 Onwaar [1] 3 Waar [1] 4 Waar [1] 5 Onwaar [1] 6 Waar [1] [Totaal: 6] Oefening 2 7 B [1] 8 B [1] 9 A [1] 10 B [1] 11 D [1] [Totaal: 5]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 3 12 (tydens sy) hoërskooljare/hoërskool [1] 13 tydskrifte [1] 14 (mooi) kompliment (vir hom) [1] 15 tennis [1] 16 (i) laat hulle lag/is snaaks [1] (ii) liefde en musiek (albei woorde vir ’n punt). [1] 17 ’n (musiek)instrument kan speel nie/aangehou het met klavierlesse/musieklesse nie [1] 18 onregverdig [1] [Totaal: 8] Oefening 4 19 (i) Hy hou daarvan om sy eie ding te doen. [1] (ii) Hy probeer altyd moed hou. [1] 20 Dit is ’n (uitdagende) kuns/eerder ’n kuns as ’n sport. [1] 21 Hulle skopfietse se handvatsels het afgebreek [1] en net die plank met wiele het oorgebly/ en hulle kon op die plank (met wiele) ry. [1] (twee feite vir 2 punte) 22 Skaatsplankry gaan nie vir hom oor kompetisies nie. OF Hy is nie (van nature) mededingend/kompeterend nie. OF Hy het nie die persoonlikheid vir kompetisies nie. [1]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 23 (i) Die argitektuur is vir hom asemrowend/baie mooi/interessant. [1] (ii) Hy het skaatsplankryers van oor die hele wêreld ontmoet. OF Dit was ongelooflik/interessant om (mense van) soveel (verskillende) kulture bymekaar te sien. [1] 24 Om as skaatsplankryer ’n bestaan te maak, is moeilik/harde werk. OF Jy sal nie baie geld maak daaruit nie/sal nie ryk word daaruit nie. OF Die kans om van skaatsplankry ’n loopbaan te maak, is klein (in Suid-Afrika). [1] 25 Hy wou sy eie (skaatsplank)besigheid begin./Hy het nou ’n (skaatsplank)maatskappy./Hy wou sy eie skaatsplankwinkel hê. [1] 26 Daar is nou meer meisies wat dit doen/skaatsplankry./ Die getal meisies wat skaatsplankry, word meer./Dit groei. [1] [Totaal: 11]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 Transcript Oefening 1 [Stem van ’n vrou] Sjokolade is ’n baie bekende, smaaklike, soet lekkerny wat deur miljoene mense dwarsdeur die wêreld geniet word. Sommige persone raak selfs verslaaf daaraan en kan nie daarsonder klaarkom nie. Daar word selfs vertel dat ’n groep Mexikaanse vroue in die sewentiende eeu ’n moord op ’n biskop gereël het toe hy hulle nie wou toelaat om tydens kerkdienste sjokolade te drink nie. Sjokolade bevat meer as driehonderd chemiese stowwe. Sommige hiervan sorg vir die aangename gevoel wat sjokolade-eters ervaar. Daar is ook ’n teorie dat sjokolade ’n stof bevat wat deur die brein afgeskei word wanneer ons smoorverlief is! Deesdae word ook geglo dat sjokolade wat hoë persentasies kakao bevat (70% of meer), moontlik goed is vir die gesondheid, solank jy darem nie elke dag ’n hele groot blok daarvan opeet nie. Maar waar kom die wêreld aan hierdie wonderproduk? Die eerste sjokolade is deur die ontdekkingsreisiger Christopher Columbus na Europa gebring, ná een van sy reise. Die mense het egter nie dadelik daarvan gehou nie. Heelwat later, in die jaar 1526, het ’n Spaanse generaal, Cortez, wat van Mexiko af teruggekom het na ’n oorwinning daar, ’n sjokolademengsel wat hy saamgebring het, vir die Spaanse koning aangebied. Die koning het baie van hierdie "bitter water" gehou. Die mengsel het onder andere bestaan uit kakao, suiker, vanielje en kaneel. Hierdie resep van die Spanjaard het die basis gevorm van ons reuse-sjokolade-industrie, maar dit word darem nie meer op dieselfde manier berei nie. Sjokolade word uit die bone van die kakaoboom berei. Hierdie gekweekte bome word sowat 7,5 meter hoog en is altyd groen. Die bome dra heeljaar bloeisels en peule. Elke peul bevat tussen 20 en 40 bone wat in ’n soet, wit pulp lê. Die bone word as dit geoes word, uit die peule gehaal en sowat ’n week lank gehou totdat hulle ligbruin verkleur het. Dan word die bone uitgedroog en gerooster, en daarna word die taai vloeistof in die geroosterde bone tydens ’n maalproses uitgepers en verkoel. Die vloeistof word ’n dik jellieagtige stof wat kakaobotter genoem word. Die kakaobotter maak die basis uit van alle sjokoladeprodukte wat gemaak word: die lekkers of die drank, skoonheidsmiddels of selfs sommige produkte wat vir medikasie gebruik word.

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 2 [Bongani] Baie dankie dat jy ’n tydjie het om my meer te vertel van voëls, Serena. Ek wil baie graag meer weet van Suid-Afrikaanse voëlspesies. Daar is so baie. [Serena] Ja, Bongani. Suid-Afrika is die tuiste van sowat 850 voëlsoorte, meer as 10% van die wêreldtotaal. In die Kruger-wildtuin alleen is daar meer voëlsoorte as in die hele Australië. [Bongani] Vertel my asseblief meer van ons inheemse voëls en van besonderse voëls in die Kruger-wildtuin. [Serena] Wel, my gunstelingvoël in die Kruger-wildtuin is die bromvoël. Bromvoëls is groot en swaar en hulle kan tot 6 kg weeg. Hulle kan redelik goed vlieg, maar stap dikwels langs of op paaie en hulle is glad nie bang vir motors nie. Bromvoëls is swart met ’n helderrooi sak op die kop en nek, ’n groot snawel en lang ooghare. Hulle kom nie net in die Kruger-wildtuin voor nie, maar ook in ander Afrika-lande. [Bongani.] Die bloukraanvoël is mos Suid-Afrika se nasionale voël, maar ’n mens sien hulle nie hier by ons in Gauteng nie. Waar in Suid-Afrika kry ons hulle? [Serena] Ons kry bloukraanvoëls in die suide en ooste van Suid-Afrika en ook in die noorde van ons buurland Namibië. Hulle kom op geen ander plekke in die wêreld voor nie en woon meestal in die oop velde en by vleie. Die wyfie lê gewoonlik twee eiers en die mannetjie en wyfie maak beurte om op die nes te broei. [Bongani] Woudvoëls is vir my so mooi, maar ons het nie juis baie woude in die land nie. Is daar darem sulke voëls? [Serena] Die Knysnaloerie is ’n pragtige, helderkleurige woudvoël, wat in die ooskusgebiede voorkom. Hierdie skaam voëls is omtrent so groot soos ’n kraai en hulle skuil in groepe in bome, waar hulle van tak tot tak spring of kruip. Wanneer loeries vlieg, sien ’n mens die helderrooi vere op hulle vlerke. Die nes bestaan uit ’n platform van stokke wat in ’n boom gebou word. [Bongani] Ek weet ook maar min van seevoëls, want die see is mos ver hiervandaan. Hier is bv. nie seemeeue in ons omgewing nie. [Serena] Ja, seemeeue word algemeen in die kusgebiede van Suid-Afrika gesien, maar kom in al die kontinente van die aarde voor. Mens sien hierdie dikwels raserige, aggressiewe voëls egter nie net op strande nie, maar ook op ander plekke in kusdorpe, bv. in parke, en natuurlik op of naby vissersbote, want hulle leef hoofsaaklik van dooie vis en skulpvis, soos mossels, wat hulle uit die lug op rotse laat val om die skulp te breek. Seemeeue kan baie kwaai raak as ’n mens naby hul neste kom, want ander seemeeue steel dikwels die eiers of die kuikens en vreet hulle op. Die oorlewing van die sterkste is mos maar een van die wette van die natuur. [Bongani] Hier by ons sien en hoor ek nogal dikwels kolganse, want hulle kan baie raas as ek soggens nog wil slaap. My pa sê hulle is vroeër nooit hier by ons gesien nie. Ek het gedink hulle is watervoëls.

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 [Serena] Hierdie voëls word nou wel "ganse" genoem, maar eintlik is hulle ’n groot eend. Hulle is watervoëls wat gewoonlik by damme slaap, maar bedags na velde en plase vlieg om daar kos te soek. Hulle is redelik tuis naby mense en word deesdae selfs in woonbuurte en besige stede gesien. Die wyfie lê tussen vyf en ses eiers en broei hulle alleen uit. Die kuikens verlaat die nes na sowat ses uur, maar hulle bly daarna lank by die ma en pa. [Bongani] Serena, daar is baie wat ek nog wou vra, maar ek sien ek dis tyd om klas toe te gaan. Ek gaan netnou biblioteek toe om ’n boek oor voëls uit te neem en wanneer ek kans het, sal ek op die internet naslaan. Baie dankie vir jou interessante inligting. Serena Ek geniet dit altyd om met mense te praat wat my belangstelling deel, Bongani. Stuur gerus vir my e- pos as jy my nog iets wil vra.

Mark scheme, page 8

Page 8 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 3 [Stephanie] Middag Jaco. Ek is regtig bly dat ek die kans het om met jou te gesels. My leerders geniet dit só om jou boeke te lees. [Jaco] Hallo Stephanie. Dis altyd vir my ’n plesier om onderwysers te ontmoet wat my boeke gebruik en te hoor hoe kinders daaroor voel. [Stephanie] Ons moedig ons leerders aan om te lees en koop jou boeke vir die biblioteek. Op hierdie dorpie speel die kinders nie net rekenaarspeletjies nie. [Jaco] Ek ken klein dorpies, want ek het self op ’n Karoodorp grootgeword, maar deesdae woon ek in Bloemfontein. [Stephanie] Het jy as kind daar in die Karoo geweet dat jy ’n skrywer wil word? [Jaco] Ek was van kleins af versot op boeke, maar ek het eers vroeg in my hoërskooljare regtig begin dink dit sal wonderlik wees om eendag ’n skrywer te word. [Stephanie] Hoe het dit gekom dat jy begin skryf het? [Jaco] Ek het eers vir skryfkompetisies ingeskryf. Aan die begin het ek nie gewen nie, maar ek het al hoe beter gevaar en dit het my aangemoedig om meer te skryf. [Stephanie]: Wanneer is jou eerste verhale gepubliseer? Jaco: In matriek is my eerste stories in tydskrifte gepubliseer, en aan die einde van matriek het ek my eerste kinderboek geskryf. [Stephanie] Ek het een pouse op die skoolterrein opgemerk dat verskeie leerders besig is om jou boeke te lees. Ek is seker hulle kon dit nie neersit nie en het ook in die klas onder die banke sit en lees? Hoe laat dit jou voel? [Jaco] Dit is natuurlik fantasties. Dit is die mooiste kompliment wat enige skrywer kan kry – dat mense jou boeke geniet. [Stephanie] Twee seuns in my klas was mal oor die sportboeke wat jy skryf. Hulle wil weet of jy nie ’n boek wil skryf wat oor tennis handel nie? Hulle speel graag tennis en daar is nie juis boeke wat tennis as tema het nie.

Mark scheme, page 9

Page 9 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 [Jaco] Ek sal die twee seuns se idee met my uitgewer bespreek. Dalk hou sy daarvan en pak ek iewers in die toekoms so iets aan. [Stephanie] Tieners hou ook baie van jou boeke. Wat, dink jy, maak hulle sulke lekkerleesboeke? [Jaco Ek dink lesers hou daarvan omdat dit snaaks is en hulle laat lag. Tiaan, die hoofkarakter in een van my boeke, is soms ook vir my baie snaaks, al moet ek dit self sê. Terwyl ek die stories skryf, lag ek soms kliphard vir die karakters se sêgoed. Soms kry ek die gevoel dat dit nie ek self is wat dit uitdink nie. Ek dink ook die boeke is gewild omdat hulle oor liefde en musiek gaan. [Stephanie] Speel jy ’n musiekinstrument? [Jaco] Nee, glad nie. Ek het ’n jaar of twee klavierlesse geneem op laerskool, maar het dit geháát. Ek kry nou nog koue rillings as ek dink hoe ek saans moes oefen voor ’n musiekles. Deesdae is ek spyt dat ek nie maar aangehou het daarmee nie, want ek sou baie graag ’n musiekinstrument wou speel. [Stephanie] Skryf jy soms oor jou kinderdae? Sjoe, dis ’n lekker vraag! Ja, ek dink daar is iets van my eie kinderdae in elke boek wat ek skryf. Ek onthou byvoorbeeld nog hoe magteloos ’n mens kleintyd kon voel as ’n onderwyser of ander grootmens jou onregverdig behandel. Daarom het ek boeke geskryf soos Wiskunde gee my maagpyn en Superheroes vlieg net saans. My uitgewer sê ek het nooit regtig grootgeword nie!

Mark scheme, page 10

Page 10 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 Oefening 4 [Fatima] Wie is Siswe Ndlovu? Hoe sal jy jou lewe beskryf? [Siswe] Ek is in Durban gebore, maar ons gesin het baie rondgetrek in Suid-Afrika. Ons woon nou in Johannesburg. Ek ry al skaatsplank vandat ek 12 jaar oud was en ek is steeds mal daaroor. Dis my passie in die lewe. Ek is ’n ou wat daarvan hou om my eie ding te doen en ek probeer altyd om moed te hou, al gaan dinge nie so goed nie. [Fatima] Hoe sal jy skaatsplankry beskryf? [Siswe] Na my mening is skaatsplankry eerder ’n kuns as ’n sport – ’n uitdagende kuns. Fatima Mense sê skaatsplankry kan baie gevaarlik wees. Wat dink jy? [Siswe] Dit het fisiese en geestelike voordele, maar soos enige ander sport, het dit gevare, want jy kan seerkry as jy val. Skaatsplankry hou jou egter fiks. [Fatima] Wanneer het skaatsplankry begin? [Siswe] Ek het navorsing oor die geskiedenis van skaatsplankry gedoen en blykbaar het dit in die 1950's begin. Mense het skopfietse gebou en die handvatsels het na ’n paar ritte afgebreek. Al wat oorgebly het, was die plank met wiele waarop hulle gestaan het. [Fatima] Watter kompetisies het jy gewen en waar in die wêreld was jy al? [Siswe] Eintlik hou ek nie van skaatsplankkompetisies nie. Vir my is die kompetisie nie waaroor skaatsplankry gaan nie. Ek dink ook nie ek het die persoonlikheid vir kompetisies nie, want ek is nie van nature kompeterend nie. As ek reis, hou ek daarvan om my skaatsplank saam te neem. Ek was al op verskillende plekke in die wêreld. Ek wil ook baie graag deur Afrika skaatsplankry, van die suide tot die noorde. [Fatima] Wanneer laas het jy oorsee gegaan om skaatsplank te ry en hoe was die ervaring? [Siswe] Ek was verlede jaar in Barcelona, Spanje. Dit was ’n wonderlike ondervinding. Barcelona se argitektuur is asemrowend en ek het skaatsplankryers van oor die hele wêreld ontmoet. Dit was ongelooflik om soveel verskillende kulture bymekaar te sien. [Fatima] Kan skaatsplankry ’n loopbaan wees?

Mark scheme, page 11

Page 11 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge IGCSE – October/November 2014 0548 02 © Cambridge International Examinations 2014 [Siswe] Dit is harde werk. Die skaatsplanktoneel in Suid-Afrika is klein; dus is die kanse om daarvan ’n loopbaan te maak maar klein hier. As jy wil ryk word uit sport, sal jy iets anders moet doen, soos gholf speel. Om as skaatsplankryer ’n bestaan te maak, is moeilik. [Fatima] Wat het jy na matriek gedoen? [Siswe] Ek het in ’n skaatsplankwinkel gewerk, want dit was my droom om my eie besigheid te begin. Ek het dit reggekry en besit nou my eie skaatsplankmaatskappy. [Fatima] Wat is die verskil tussen skaatsplankry en om net daarna te kyk? [Siswe] Ek hou daarvan om skaatsplankryers dop te hou. Dis ongelooflik hoe elkeen dit verskillend doen. Net soos vingerafdrukke, is almal se styl anders. Maar ek verkies om liewer self ’n been te breek en nuwe bewegings uit te toets. Dit is ’n fantastiese gevoel as jy dit self doen. [Fatima] Wat van meisies in die sport? [Siswe] Dit groei en dis ongelooflik om meisies te sien wat goeie kompetisie is vir my.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2014 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A23/30
B19/30
C16/30
D14/30
E12/30
F8/30
G4/30