Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1

0548/21/O/N/11 · 30 marks · ≈34 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans - Second Language papersWhat was in this paper?

Question paper8 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme11 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 11
Page 1 of 11
Mark scheme, page 2 of 11
Page 2 of 11
Mark scheme, page 3 of 11
Page 3 of 11
Mark scheme, page 4 of 11
Page 4 of 11
Mark scheme, page 5 of 11
Page 5 of 11
Mark scheme, page 6 of 11
Page 6 of 11
Mark scheme, page 7 of 11
Page 7 of 11
Mark scheme, page 8 of 11
Page 8 of 11
Mark scheme, page 9 of 11
Page 9 of 11
Mark scheme, page 10 of 11
Page 10 of 11
Mark scheme, page 11 of 11
Page 11 of 11

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 7 printed pages and 1 blank page. DC (RCL (JDA)) 49797/2 © UCLES 2011 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education * 4 5 1 0 5 7 6 8 1 3 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2011 Approx. 35–45 minutes Candidates answer on the Question Paper No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. Dictionaries are not allowed. For Examiner’s Use Oefening 1 Oefening 2 Oefening 3 Oefening 4 Total:

Question paper, page 2

2 0548/02/O/N/11 © UCLES 2011 For Examiner’s Use Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende praatjie deur ’n vrou wat mense leer om met diere te kommunikeer. Beantwoord die vrae deur ’n regmerkie (✓) in die toepaslike blokkie te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. Waar Onwaar 1 Die meeste mense weet dat diere verstaan wat hulle sê. [1] 2 Honde vermy oogkontak wanneer hulle bang is. [1] 3 Deur na ’n hond se bek te kyk, kan jy agterkom hy is onvriendelik. [1] 4 Die geluide wat ’n kat maak, wys ’n mens hoe die kat voel. [1] 5 ’n Kat gebruik sy stert om te wys hy is tevrede. [1] 6 Die enigste manier waarop katte hul liefde wys, is deur jou te lek. [1] [Totaal: 6]

Question paper, page 3

3 0548/02/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over For Examiner’s Use Oefening 2, vrae 7–11 Luister na ’n onderhoud tussen Lisa, ’n joernalis, en ’n toergids, John. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord, A, B, C of D te kies en ’n regmerkie (✓) in die blokkie langs jou keuse te maak. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 7 Waarom, glo Lisa, sal haar luisteraars graag meer wil weet van Mauritius? A ’n Mens kan mooi foto’s daar neem. B Suid-Afrikaners hou baie van Mauritius. C Mauritius is ’n juweel in die Indiese oseaan. D Haar suster was ook al in Mauritius. [1] 8 Weggesteekte skatte van Mauritius waarna John verwys, is dinge soos: A die palmbome. B volmaakte strande. C besienswaardighede. D die blou see. [1] 9 John sê ’n vakansie op Mauritius bied waarde vir geld omdat . . . A mense hul geld swaar verdien. B ’n vakansie daar altyd goedkoop is. C die oorde daar almal vier of vyf sterre het. D die oorde daar goed, skoon en gerieflik is. [1]

Question paper, page 4

4 0548/02/O/N/11 © UCLES 2011 For Examiner’s Use 10 In die hoofstad van Mauritius . . . A is daar baie sewentiende-eeuse Franse geboue. B is ’n goeie plek vir inkopies die Central Bazaar. C is daar meestal smal straatjies met baie bome. D is al die nuutste geboue van donker lawaklip gebou. [1] 11 Die hooftaal van die mense van Mauritius is . . . A Kreools. B Engels. C Chinees. D Frans. [1] [Totaal: 5]

Question paper, page 5

5 0548/02/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over For Examiner’s Use Oefening 3, vrae 12–18 Luister na die volgende gesprek tussen Thandi en ’n sanger, Zubz. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 12 Rede hoekom jongmense soms nie hul eie ding doen nie, volgens Thandi: Hulle is … [1] 13 Zubz se positiewe boodskap vir jongmense: … [1] 14 Twee doelwitte wat Zubz met sy musiek wil bereik: (i) Om mense te raak (ii) … [1] 15 Twee stappe wat jong musikante moet doen om uitdagings te oorkom: (i) Eerste stap: Hulle moet gehoor word. (ii) Tweede stap: Hulle moet … … [1] 16 Twee onderwerpe waaroor Zubz sing: (i) … [1] (ii) … [1] 17 Zubz se raad vir jongmense: (i) Gebruik hom as rolmodel. (ii) … [1] 18 ’n Positiewe aspek van Zubz se musiek, volgens Thandi: … tussen mense van verskillende kulture, rasse en geslagte. [1] [Totaal: 8]

Question paper, page 6

6 0548/02/O/N/11 © UCLES 2011 For Examiner’s Use Oefening 4, vrae 19–27 Luister na Bohema se gesprek met Cornelius waarin hy van ’n skrikwekkende ervaring op see vertel. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 19 Hoe voel Cornelius na die gebeurtenis op die see? … [1] 20 Presies wanneer het Cornelius en sy vriende besluit om te gaan kreef vang? … [1] 21 Hoekom het die vissers verdwaal? … [1] 22 (a) Wie het die vissers die eerste keer gehelp? … [1] (b) Hoe het die persoon hulle gehelp? … [1] 23 Hoekom was Gerhard kalmer as Cornelius en Jan? … [1] 24 Wat moes die vissers doen toe hulle brandstof die tweede keer opgeraak het? … [1] 25 Hoekom het die Seereddingsinstituut nie die vissers dadelik kom help nie? Gee twee redes. (i) … [1] (ii) … [1]

Question paper, page 7

7 0548/02/O/N/11 © UCLES 2011 For Examiner’s Use 26 Hoe het die Seereddingsinstituut die vissers uiteindelik gevind? … [1] 27 Wat het die Seereddingsinstituut gedoen om die vissers te help nadat die boot gevind is? … [1] [Totaal: 11]

Question paper, page 8

8 0548/02/O/N/11 © UCLES 2011 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE

Mark scheme, page 1

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2011 question paper for the guidance of teachers 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • Cambridge will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2011 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Oefening 1, vrae 1–6 1 onwaar [1] 2 waar [1] 3 waar [1] 4 waar [1] 5 onwaar [1] 6 onwaar [1] [Totaal:6] Oefening 2, vrae 7–11 7 B [1] 8 C [1] 9 D [1] 10 B [1] 11 A [1] [Totaal: 5]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Oefening 3, vrae 12–18 12 te bang [om die eerste stap te doen] [1] 13 Vandag is die dag/Nou is die oomblik/Jy moet in die hede leef. (enigeen van die drie) [1] 14 Om mense te verander [deur die musiek] [1] 15 ’n bydrae tot die samelewing lewer. (albei vir een punt) [1] 16 vriendskap, politiek, liefde, menseverhoudings, leuens (enige twee) [2] 17 Jy moet in jouself glo/Wees jouself. [1] 18 Hy verwyder [met sy musiek] grense. [1] [Totaal: 8]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Oefening 4, vrae 19–27 19 Hy voel nog [’n bietjie] verskrik. [1] 20 die Maandagaand om agtuur (albei feite vir een punt) [1] 21 Die mis was baie dig./Die mis het digter geword. [1] 22 (a) ’n [onbekende] vrou op St. Helenabaai (albei feite vir ’n punt) [1] (b) Sy het vir hulle brandstof gebring. [1] 23 Gerhard is ’n ervare seeman. [1] 24 Hulle moes roei. [1] 25 Dit was nag./Die gebied was te groot./SRI het nie geweet presies waar hulle op die see was nie. /SRI het gedink hulle is nie in lewensgevaar nie. (enige twee) [2] 26 Hulle het ’n vliegtuig gestuur [om na hulle te soek]. [1] 27 Hulle het ’n reddingsboot gestuur [om hulle te gaan haal/help]. [1] [Totaal: 11]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Script IGCSE Afrikaans as a Second Language (0548/2) – NOVEMBER 2011 E This is the University of Cambridge International Examinations, International General Certificate of Secondary Education in Afrikaans as a Second Language. Syllabus 0548, Paper 2 Listening, November 2011. Instructions to candidates Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans in the spaces provided on the Question paper. There are instructions about how to answer the questions above each item on the question paper. You need not write in full sentences. Dictionaries are not permitted. Before each recorded item is played, time is allowed for reading the instructions and studying the questions. All items are heard twice. You may take notes and write your answers at any time during the test. The number of marks is given in brackets at the end of each question or part question. A signal is used to introduce each item. M Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende praatjie deur ’n vrou wat mense leer om met diere te kommunikeer. Beantwoord die vrae deur ’n regmerkie () in die toepaslike blokkie te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’00’’ *SIGNAL V Te min mense besef dat ’n dier kan verstaan wat jy sê. Diere voel dinge aan, beleef emosies en kan werklik met mense kommunikeer. Wanneer ons gedagtes en gevoelens uitstraal, kan diere dit verstaan. Die sleutel tot effektiewe kommunikasie met jou dier is totale liefde. As daar so ’n liefde tussen mens en dier is, sal die kommunikasie vlot verloop. Kom ons kyk nou eers na honde se liggaamstaal. ’n Hond se oë blink wanneer hy na ’n ander lewende wese kyk wat hy as vriendelik beskou. Wanneer hy bang is, sal sy pupille groter word. Die hond sal dan ook wegkyk om konfrontasie te vermy.

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 PAUSE 00’03’’ ’n Hond wat ontspanne is, sal sy tong laat uithang. Wanneer ’n hond egter sy tande op mekaar byt, sy lip optrek en sy neus op ’n plooi trek, is hy gereed om aan te val. Wanneer die hond sy ore spits, luister hy of hy wys dat hy gehoorsaam is. Trek hy sy ore plat, dui dit op onderdanigheid en vrees. 'n Hond gebruik sy stert baie goed om te kommunikeer. Hy swaai sy stert wanneer hy gelukkig voel. Wanneer hy bang voel, trek hy sy stert tussen sy bene op en wanneer sy stert styf na onder span, kan dit beteken dat hy gaan spring, want honde gebruik hul sterte vir balans. PAUSE 00’03’’ Katte het ook hul eie taal. ’n Mens kan aan ’n kat se gemiaau agterkom of hy honger is en of hy dalk wil hê jy moet hom vertroetel. Soms miaau ’n kat net om hallo te sê. Let ook goed op na die volgende ander maniere waarop katte kommunikeer: Hulle spin wanneer hulle gelukkig is en wil sosialiseer. Wat baie mense egter nie weet nie, is dat katte ook spin wanneer hulle senuweeagtig voel of selfs wanneer hulle pyn ervaar. Wanneer ’n kat sy stert vinnig heen en weer swaai, is hy geïrriteerd of onseker en wanneer die stert opgepof word, is hy bang. Katte het iets soos ’n derde ooglid. Dit is ’n lagie vel om die oë. Wanneer jy dit kan sien, is die kat baie tevrede, maar dit kan ook ’n teken wees dat hy siek is. PAUSE 00’05’’ ’n Kat sal jou liggies met sy kop stamp as hy jou liefdevol wil groet. Wanneer jy dit terugdoen, sal daar ’n wonderlike band tussen jou en jou kat gevorm word. Katte groet jou wanneer hulle jou met daardie skurwe tongetjie lek. Ma-katte lek hul babas van die oomblik wanneer hulle gebore word; daarom assosieer die kat 'n gelek met 'n manier om liefde te bewys.** PAUSE 00’05’’ M Jy sal die praatjie nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’20’’

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 M Oefening 2, vrae 7–11 Luister na ’n onderhoud tussen Lisa, ’n joernalis, en ’n toergids, John. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord, A, B, C of D te kies en ’n regmerkie () in die blokkie langs jou keuse te maak. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’00’’ *SIGNAL V Goeiemiddag, John. Ek is regtig bly jy het tyd om my meer te vertel van die juweel in die Indiese Oseaan, die eiland Mauritius. M Hallo, Lisa. Ek is die hele week vry, want daar is hierdie week geen toere nie. V Ek is seker ons luisteraars wil graag meer weet van die eiland, want dit is baie gewild onder Suid-Afrikaners. My suster was ook kort gelede daar. Ek het my verkyk aan haar pragtige foto's. M Lisa, Mauritius is werklik prentjiemooi. Die eerste indruk wat ’n besoeker kry, is altyd dié van ’n blou see, palmbome en volmaakte strande. Maar daar is ook weggesteekte skatte om te ontdek, want Mauritius het baie besienswaardighede. Die eiland bied veel meer as ’n fantastiese seevakansie. PAUSE 00’05’’ V Is daar spesiale aanbiedings vir vakansiegangers? M Ja, mense kan hier waarde vir hul geld kry. Daar is wonderlike aanbiedings in goeie, skoon, gerieflike oorde, met drie, vier of vyf sterre. V Is dit ook moontlik om toere en uitstappies by te voeg as jy meer van die eiland wil sien? M Ja, ’n mens kan byvoorbeeld op ’n uitstappie na die hoofstad van die eiland, Port Louis, gaan, Die stad is ryk aan geskiedenis. Daar is baie Franse geboue wat uit die 18de eeu dateer, en die Suidelike Halfrond se eerste perderenbaan. V Hoe lyk die stad? M Daar is breë strate wat met bome omsoom is en nou stegies tussen die ou en nuwe geboue. Ou erfenisgebiede word goed bewaar. Die oudste geboue, soos die Katolieke katedraal, is van donker lawaklip gebou. Dit is die stad se oudste kerk wat in 1752 as ’n klein kapel gebou is. V Waar kan vakansiegangers inkopies doen? M Ek neem toeriste altyd na die Central Bazaar. Dit is ’n besige mark waar alles, van aandenkings tot speserye, gekoop kan word. Indiese, Chinese, Franse en Kreoolse invloede het elkeen ’n eie stempel in Port Louis afgedruk en dit is oral merkbaar.

Mark scheme, page 8

Page 8 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 PAUSE 00’07’’ V Is daar ook iets vir meer avontuurlustige mense en watersportentoesiaste? M O ja, jy kan ook op ’n valskerm-ekspedisie in die baai gaan en dit opvolg met snorkelduik. Mauritius bied ’n groot verskeidenheid aktiwiteite. Daar is werklik iets vir elkeen – oud of jonk. Ook die naglewe is pret. Oorde het disko's en ander vermaak, soos Kreoolse dans en musiek. V Wat dink jy van die mense van Mauritius? M Hulle is altyd vriendelik, die diens is goed en hulle doen moeite om hul gaste te help. Daar is selde ’n taalprobleem vir Suid-Afrikaners, want, hoewel die plaaslike taal oorwegend Kreools is, leer die meeste mense ook Engels en Frans. PAUSE 00’05’’ V Is dit maklik om in Mauritius te kom? M ’n Paar lugdienste vlieg regstreeks daarheen. Dit is slegs vier uur se vlieg van Johannesburg af; dus is hierdie eilandvakansie binne maklike bereik en dit word gewaarborg om goed georganiseer te wees. V Baie dankie vir die onderhoud, John. M Dis ’n plesier, Lisa.** PAUSE 00’05’’ V Jy sal die onderhoud nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’20’’ M Oefening 3, vrae 12–18 Luister na die volgende gesprek tussen Thandi en ’n sanger, Zubz. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees.

Mark scheme, page 9

Page 9 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 PAUSE 01’00’’ *SIGNAL V Goeienaand, Zubz. Baie welkom hier by ons in die TV-ateljee. M Naand, Thandi. Dis lekker om hier te wees. V Jou nuwe album het pas verskyn. Wat is jou boodskap aan jongmense wat hul eie ding wil doen, maar te bang is om die eerste stap te doen? M My boodskap is eenvoudig. Vandag is die dag! Nou is die oomblik! Dit is wonderlik om jou doelwit in die oog te hou en daarop gefokus te bly. Dit is ook baie belangrik om te onthou dat die doelwit in die toekoms lê, maar dat jy nou leef. Jy moet die meeste van hierdie oomblik maak. Leef in die hede! PAUSE 00’05’’ V Wat wil jy met jou nuwe album bereik? M Persoonlik het ek reeds so baie bereik deur hierdie musiek te skep. Ek het met fantastiese mense saamgewerk Ek hoop dat hierdie album mense sal raak en dat hulle op die een of ander manier verander sal word deur die musiek. V Wat is die rol van musikante as dit kom by uitdagings waarmee ons in Suid-Afrika te doen het? M Soos met alle kunstenaars, bv. skilders en toneelspelers, moet mense van musikante weet. Ons moet gehoor word. Musikante se menings en idees maak saak! Word gehoor is dus die eerste stap. Die volgende stap is om ’n bydrae tot die samelewing te lewer. As jy jou talent gevind het en dit kan gebruik, is jy in die posisie om ’n verskil te maak aan jou omgewing. V Hoe maak ’n mens daardie verskil? M Hoe ’n mens kies om daardie verskil te maak, hang van jouself en jou oortuigings af. As ’n sanger ander mense se gedagtes met jou stem vorm, bepaal dit weer wat hulle doen. Alles begin met jou stem. So verstaan ek my rol as musikant. PAUSE 00’10’’ V Watter onderwerpe raak jy aan met jou musiek? M Die liedjies op hierdie album wissel van onderwerpe soos vriendskap tot politieke kwessies. Daar is ook liedjies oor menseverhoudings en dinge soos leuens en liefde. Die liedjies op hierdie album gaan oor die algemeen oor werklike situasies en gevoelens wat op alle mense betrekking het. Die punt van die meeste liedjies is dat die lewe is wat ons daarvan maak. V Watter raad het jy vir jongmense wat jou bewonder en wat graag wil doen wat jy doen? M Thandi, Hulle moet my as ’n spieël sien. Ek moedig ander jongmense aan om my as rolmodel te gebruik. Gebruik alles wat ek bereik het as ’n spieël om jou te inspireer. Jy hoef nie ’n ongelooflike Zubz te wees nie. Jy moet jouself wees. As jy iets groots in my, my musiek of my loopbaan sien, moet jy aan die grootsheid wat JY gaan bereik, dink – en nog meer. Ek glo werklik daaraan. Dis nie net praatjies nie. Moet nooit ophou om in jouself te glo nie!

Mark scheme, page 10

Page 10 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 PAUSE 00’05’’ V Baie dankie, Zubz. Dit was ’n plesier om met ’n musiektowenaar te gesels wat sy idees so entoesiasties met ander jongmense wil deel. Jy verwyder met jou musiek grense tussen kulture, rasse en geslagte.** PAUSE 00’10’’ M Jy sal die gesprek nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’20’’ M Oefening 4, vrae 19–27 Luister na Bohema se gesprek met Cornelius waarin hy van ’n skrikwekkende ervaring op see vertel. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’30’’ *SIGNAL V Goeiemôre, Cornelius. Onlangs het jy en twee vriende twee vreesnagte op die see deurgebring. Ek hoop jy het al ’n bietjie herstel na jul onaangename ervaring. M Hallo, Bohema. Ek voel nog ’n bietjie verskrik, maar ek is bly dat ek nog lewe. Ek kry nou nog nagmerries daarvan. Ek het regtig gedink ek gaan nooit weer my mense en my dorp Lambertsbaai sien nie. V Vertel my hoe dit gebeur het dat julle drie dae op die see in die boot vasgevang was. M Ek, Jan Visagie en Gerhard Linnerd, het Maandagaand om agtuur besluit om te gaan kreef vang. Toe ons weer sien, was dit donker en dit het begin mistig word. Ons wou na ander vissers daar naby gaan, maar toe ontdek ons dat hulle al teruggegaan het land toe. Ons het toe ook besluit om huis toe te gaan. V Julle het natuurlik nooit gedink dat so ’n baie onaangename ervaring op julle wag nie. M Nee, ons het gedink ons kan maar net teruggaan. Maar die mis het al hoe digter geword en ons het verdwaal. Ons het glad nie geweet waar ons ons bevind nie. Uiteindelik het ons in St. Helenabaai beland en daar het die boot se brandstof opgeraak. Daardie hele nag moes ons toe in die boot deurbring, maar die volgende oggend kon ons darem brandstof ingooi. V Waar en hoe het julle die brandstof gekry? M ’n Onbekende vrou het ons raakgesien en in haar roeiboot vir ons brandstof gebring sodat ons huis toe kon gaan. Ons is toe daar weg in die mis, maar het nie baie ver gekom nie. Ons het te min brandstof ingegooi en die boot se enjin het weer gaan staan.

Mark scheme, page 11

Page 11 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 PAUSE 00’10’’ V Hoe het julle gevoel toe dit die tweede keer gebeur? M Ek het paniekerig gevoel in daardie klein bootjie. Gerhard het probeer om my en Jan kalm te hou. Hy is ’n ervare seeman, maar ons twee was nog nuut op die water. Ek ken nie die see nie; dus was dit vir my ’n angswekkende ervaring. Die see was baie onstuimig en die branders het hoër as huise gestaan. Al wat ons voor ons kon sien, was ons vingerpunte, so dig was die mis. V Wat het julle toe gedoen? M Ons het maar begin roei en so tussendeur gebid. My arms is nou nog seer van al die roei. Ons het gehoop dat iemand op ons sou afkom en gelukkig het ons darem heeltyd ons reddingsbaadjies aangehad. V Dit klink baie erg. Wanneer is julle toe gered? M Die mense van Lambertsbaai het die Seereddingsinstituut die Dinsdagaand laat weet dat ’n kreefboot vermis is. Hulle het toe ons bekommerde familielede gebel om te sê dat hulle nie dadelik ’n reddingsboot kon uitstuur nie, want dit was nag en die gebied was te groot. Hulle het ook nie presies geweet waar op die see ons is nie. Ek dink hulle het gedink ons verkeer nie werklik in lewensgevaar nie, maar hulle was nie op daardie bootjie op ’n stormsee nie! V Dit het beteken dat julle ’n tweede nag in die klein bootjie moes deurbring. M Ja, die Seereddingsinstituut het toe Woensdagoggend ’n vliegtuig uitgestuur om na ons te begin soek. Die see was teen daardie tyd heelwat kalmer. Toe ons opgespoor is, het hulle ’n reddingsboot gestuur en ons het almal saam teruggegaan land toe. PAUSE 00’10’’ V Hoe het hierdie ervaring jou lewe beïnvloed? M Ek sal in die toekoms baie versigtiger wees. Ek weet nou dat ’n mens nie met die see moet kanse waag nie. Ons is gelukkig om te lewe.** PAUSE 00’10’’ V Jy sal die gesprek nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 00’30’’ SIGNAL V Dit is die einde van die toets. E This is the end of the examination.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2011 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A23/30
C16/30
E12/30
F8/30