Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2011 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/11 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper16 pages
















Mark scheme7 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.







Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. DC (LEO) 40269/4 © UCLES 2011 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 8 9 6 6 8 1 8 7 2 3 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2011 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. For Examiner’s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 Oefening 1 Lees die volgende inligting oor interessante plekke waarheen toeriste kan gaan en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. Los die motor – stap liewer Al hoe meer wêreldstede probeer omgewingsvriendeliker raak en besoedeling deur motors verminder. Dit is moeilik om te glo dat daar aan die begin van die 20ste eeu heelwat dorpe en stede in die wêreld was waar daar glad nie motors was nie. Vir toeriste wat hou van stap en skoon lug is daar nog ’n paar motorvrye dorpe en stede wat hulle kan besoek. Probeer een van die volgende vyf: 1. Venesië, Italië: Die gondola en watertaxi is koning en die beste manier om tussen die 118 eilandjies waarop die stad gebou is, oor die weg te kom. Of stap – meer as 400 brûe verbind die stad, Europa se grootste motorvrye stad. 2. Lamu-eiland, Kenia: Een van die oudste Swahili-nedersettings waar vervoer hoofsaaklik per donkie plaasvind. Geen motors word toegelaat nie. 3. La Cumbrectica, Argentinië: ’n Eko-dorpie waar voetslaan die in-ding is en jy jou motor in ’n parkeergebied buite die dorp moet los. Met toestemming kan jy enige plek in die dorp kampeer of anders in een van die hotelle of herberge oornag. 4. Hydra, Griekeland: Geen voertuie behalwe die vullisvragmotor word op hierdie eiland toegelaat nie. Jy kom met ’n veerboot of katamaran op die eiland aan en verken dit te voet. 5. Fes-al-Bali, Marokko: Die antieke stad se strate is plek-plek skaars ’n halwe meter breed en dit is selfs moeilik om met ’n fiets daar te ry. [Verkort uit Naweek, Die Burger, 6 Maart 2010]
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over For Examiner’s Use 1 Watter twee soorte toeriste sal graag na hierdie vyf plekke wil gaan? … …[2] 2 Waarom kan daar nie gewone strate in Venesië wees nie? … …[1] 3 Wat maak dit moontlik om van plek tot plek te kan stap in Venesië? …[1] 4 Watter vervoermiddel word die meeste op Lamu-eiland gebruik? …[1] 5 Wat moet ’n mens doen voor jy in La Cumbrectica kan kampeer? … …[1] 6 Op watter manier reis ’n mens na Hydra? …[1] 7 Om watter praktiese rede word motors nie in Fes-al-Bali toegelaat nie? …[1] [Totaal: 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 Oefening 2 Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. ’n Rekenaarmaatskappy wil inligting insamel oor tieners se gebruik van rekenaars. Johan Malan is op 1 Augustus 1995 gebore. Hy woon saam met sy ma in Blomstraat 244, Capital Park, 0084. Sy huistelefoonnommer is 012 323 5052 en sy selfoonnommer is 073 774 5212. Johan se e-posadres is johan.malan@gmail.com. Elke tweede week gaan Johan vir die naweek na sy pa in Boksburg. Sy pa se adres is Frerestraat 23, Boksburg, 1460. Sy e-posadres is willem.malan@yahoo.com. Johan is in graad 11 aan die Hoërskool Kapitaal. Sy skool se adres is Skoolstraat 10, Capital Park, 0084. Die skool se e-posadres is hskapitaal@school.org.za en die telefoonnommer is 012 323 4476. Johan werk dikwels op ’n rekenaar. Rekenaartoepassingstegnologie is een van sy skoolvakke en daar werk hy met programmering. Wanneer Johan navorsing vir skoolprojekte doen, gebruik hy sy rekenaar tuis, of op ’n Saterdag sy pa se skootrekenaar wanneer hy naweke by hom is. So nou en dan, soos een keer elke twee weke, gebruik hy ’n rekenaar in die skool se rekenaarsentrum om inligting te kry. Alhoewel Johan ’n e-posadres het, gebruik hy selde sy rekenaar daarvoor. Hy gebruik gewoonlik sy selfoon om e-pos te stuur en te ontvang. Johan het tot vroeër hierdie jaar dikwels Facebook gebruik, maar toe moeg geword van hierdie sosiale netwerkprogram en sy lidmaatskap gekanselleer. Hy gebruik gereeld die Internet om inligting oor musiek, boeke en films te kry en laai dikwels musiek af. Hy koop soms boeke deur Kalahari.net, maar nie deur Amazon nie omdat hy nie in pond of dollar wil betaal nie. Anders as baie van sy maats wat dikwels rekenaarspeletjies speel, verkies Johan om liewer gereeld tyd in die buitelug deur te bring en tennis te speel. Hy kyk ook nie graag na films op sy rekenaar nie. Volgens Johan is sy rekenaar sy belangrikste besitting, maar hy sal ook nie graag sonder sy musiekspeler of sy selfoon wil lewe nie.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over For Examiner’s Use Verbeel jou jy is Johan en vul die ontbrekende inligting op die vorm in. Opname: Rekenaargebruik Vul asseblief die vorm in. Johan Malan Naam: … Ouderdom: … Hoërskool Kapitaal 11 Naam van skool: … Graad: … Blomstraat 244, Capital Park, 0084 Huisadres: … 012 323 5052 Huistelefoonnommer: … Selfoonnommer: … E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Het jy jou eie rekenaar? Ja ✓ Nee • Gebruik jy ooit ’n rekenaar behalwe jou eie? Ja Nee Indien ja, hoe dikwels gebruik jy ander rekenaars? 1 tot 7 dae per maand 15 tot 21 dae per maand 8 tot 14 dae per maand meer as 21 dae per maand • Waarvoor gebruik jy jou rekenaar? Skoolwerk E-pos Speletjies Navorsing Sosiale netwerk Films • Koop jy ooit enigiets aanlyn? Ja Nee Indien ja, wat koop jy? CD’s DVD’s Boeke Sagteware Hardeware Tydskrifte Deur wie koop jy produkte aanlyn? … [Totaal : 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 Oefening 3 Lees hierdie inligting oor Afrika en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Afrika Afrika is die wêreld se derde grootste vasteland. Omtrent 800 miljoen mense kom op ’n landoppervlakte van 30 330 000 vierkante kilometer voor. Die bevolking is ongelyk versprei: die gebied aan die Middellandse See en in Oos-Afrika is digter bevolk as die woestyne, woude en grasvlaktes. Afrika se bevolking bestaan uit duisende etniese groepe wat meer as ’n duisend verskillende tale praat. Daar is tradisionele gemeenskappe wie se kos, klere en gebruike reeds honderde jare lank omtrent dieselfde gebly het, en moderne gemeenskappe met ’n Westerse lewenstyl. Die meeste mense is landelik, maar daar is ’n groeiende stedelike bevolking. Daar is baie mense in Afrika wat ’n nomadiese bestaan voer. Die Toearegs van die Sahara maak ’n bestaan uit handel, handwerk en die teel van kamele en perde. Hulle tente word van diervelle of tapyte gemaak. Die Fulani in Wes-Afrika is tradisioneel veewagters. Die San van Suider-Afrika is een van die oudste volke van die vasteland. Hulle is ook nog nomadies, maar sommige het nou ’n gevestigde lewenswyse. Afrika strek 8 050 kilometer ver van sy noordelikste punt in Tunisië tot by sy suidelikste punt in Suid-Afrika. Die breedste deel van die vasteland is sowat 7 560 kilometer van oos na wes. Die hoogste punt op die vasteland is die altyd besneeude berg Kilimandjaro (5 895 meter) in Tanzanië en die laagste punt is die Assal-meer (153 meter onder seevlak) in Djiboeti. Die Sahara in Noord-Afrika is die wêreld se grootste woestyn. Hierdie warm en droë gebied beslaan byna 9,1 miljoen vierkante kilometer, waarvan minder as ’n kwart deels vrugbare oases is. Behalwe in die oases, waar daar veral dadelpalms en akasiabome is, en sekere doringstruike in die Wes-Sahara, is daar omtrent geen plantegroei in die gebied nie. Die diere wat wel in die Sahara voorkom, is aangepas om in warm, droë toestande te kan oorleef. In teenstelling met die Sahara is daar ’n digte reënwoud in Sentraal-Afrika in die omgewing van die Kongorivier en die gebied van die groot mere. Daar is sandelhout, mahonie, ebbehout, palms, piesangbome en wortelbome, en die grond is met varings en orgideë begroei. Baie soorte wilde diere kom in hierdie groen woud voor, onder meer luiperds, krokodille, ietermagogs en giftige slange. In ander dele van Afrika is daar weer grasvlaktes, golwende bosvelde of verlate dorslande. Al lewe miljoene mense in Afrika in armoede, is die vasteland ryk aan minerale, waarvan baie in groot hoeveelhede gevind word. Hier is baie fossielbrandstowwe, wat steenkool, olie en aardgas insluit. Die vasteland het van die wêreld se grootste hoeveelhede goud, diamante, koper, platinum, radium en titaan. Verder is hier ook klei, mika, swael en ander minerale wat ontgin kan word. Met al hierdie rykdom kan Afrika se bevolking hulleself werklik as ryk beskou. [Uit: Ons wonderlike wêreld, Huisgenoot ]
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over For Examiner’s Use Jy gaan ’n kort praatjie oor Afrika in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Afrika (a) Nomadiese groepe in Afrika Die Toearegs in die Sahara • … • … • … (b) Plante en diere van die Sahara • … • … • … (c) Natuurlike kenmerke van die reënwoud in Sentraal-Afrika • … • … • … [Totaal: 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 For Examiner’s Use Oefening 4 Gebruik die teks oor Afrika op bladsy 6 en skryf ’n opsomming oor Afrika, die vasteland van kontraste. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over BLANK PAGE TURN TO PAGE 10
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 Oefening 5 Terwyl jy met vakansie is, word jy in ’n ongeluk beseer. Skryf ’n brief aan jou maat. Noem die volgende: • watter beserings jy opgedoen het • waar, wanneer en hoe die ongeluk gebeur het • hoe die ongeluk die res van jou vakansie gaan beïnvloed. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 Oefening 6 Die volgende artikel handel oor olifant-safari’s. Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy in jou eie woorde. Op die rug van ’n olifant My olifant se naam is Jimmy. Jy moet nie dink jy kan op hierdie groot, grys dier se rug sit en hom Jimmy-hier en Jimmy-daar nie. Dié kêrel is so elf jaar oud en is dus deur en deur ’n tiener. En op die oomblik konsentreer dié tiener net daarop om die olifantkoei wat statig hier voor ons deur die grasveld waggel, te volg. Voor my op Jimmy se rug is Themba, die drywer van hierdie vier-ton-gedierte van spier, vel en been. Wanneer Jimmy elke nou en dan ’n huppel gee, soos ’n energieke hondjie wat jou aan die kuit wil byt, moet Themba sag en dringend in sy oor fluister, of hom met ’n lang kierie teen die oor tik. Soos ’n tipiese tiener word Jimmy se aandag maklik afgelei en besluit hy gou dit is beter om liewer ’n tak af te breek en aan ’n paar groen blare te smul. My sitplek bo-op Jimmy se rug bied my ’n uitstekende uitsig oor die hele mopanieveld in die omgewing van die Victoria-waterval. Daar is altesaam agt olifante in ons groep, maar hulle stap verbasend stil. Hulle beweeg ’n bietjie soos enorme skepe wat wiegend op die oseaan vaar. Koedoes, buffels en waterbokke snuif die lug terwyl ons nader trap, en verdwyn dan lui-lui die digte bos in. Vir ’n fotograaf werk dit uitstekend, want omdat jy so hoog sit, kan jy uitstekende foto’s van die landskap reg rondom jou neem. Terwyl ek foto’s neem, “bestuur” Themba die jong bul, meestal met sy stem, maar nou en dan met ’n tik van die houtkierie teen een van die ore. Hoewel olifante hier in Afrika slegs in die laaste paar dekades gebruik word om toeriste te laat ry, wys rotskuns in Indië dat dié diere reeds sedert 6 000 voor Christus deur mense mak gemaak is om te gebruik. Hier in Suider-Afrika was dit Wilderness Safari in die Okavango-delta wat eerste olifant-safari’s aangebied het, maar deesdae kan jy olifantritte op verskeie plekke geniet. ’n Olifant-safari is werklik ’n avontuur wat elke mens kan geniet – jy hoef nie ’n Tarzan te wees om dit op een van hierdie groot, wonderlike diere te waag nie. Jy bestyg jou olifant vanaf ’n houtplatform en sit veilig en gemaklik terwyl die gids jou alles oor die fauna en flora vertel. Ná die uitstappie keer jy na die kamp terug en sit aan vir ’n smullekker ontbyt rondom ’n tafel in die skadu van ’n reusagtige ou boom. Dit is beter as in party restaurante, kan ek jou belowe. Suid-Afrika en sy buurlande bied verskeie opsies vir toeriste wat wil ervaar hoe die wêreld van bo-op ’n olifant se rug lyk. Hier is drie van die bestes: * Abu-kamp, Botswana: Hierdie eksklusiewe Wilderness Safari-kamp in die Okavango- delta gaan jou wel ’n hoop geld kos, maar die kanse is goed dat jy in die een of ander Hollywood-ster gaan vasloop, en die olifant-interaksie is uitstekend. Indien jy op goeie voet met jou bankbestuurder is, gaan loer by www.wilderness-safaris.com. * Zambezi Elephant Trails, Zimbabwe: Hierdie olifant-ondervinding kan deur verskeie avontuur-agentskappe in Zimbabwe of Zambië bespreek word en bied uitstekende waarde vir geld. Die bekendste aanbieder is www.shearwateradventures.com. * Knysna Olifantpark, Suid-Afrika: Verskeie opsies word aangebied deur hierdie baie bekende instansie aan die Tuinroete. Jy kies of jy die olifante wil voer, of jy saam met hulle wil stap en of jy lus is om op een van hierdie reusediere te klim. Meer inligting is by www. knysnaelephantpark.co.za beskikbaar. [Aangepas uit Buite, Die Burger, 24 November 2009]
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over For Examiner’s Use 1 Verduidelik hoe Themba met Jimmy kommunikeer. … … …[2] 2 Waarom kan ’n mens sê Jimmy is soos ’n tipiese tiener? …[1] 3 Waarom is dit vir ’n fotograaf baie goed om op ’n olifant se rug te ry? … …[1] 4 Hoe weet ’n mens dat die ander diere nie bang vir die olifante is nie? … …[1] 5 Watter bewys is daar dat olifante in Indië lank gelede mak gemaak is? …[1] 6 Noem een rede waarom ’n mens nie bang hoef te wees om op ’n olifant te ry nie. … …[1] 7 Verduidelik watter land se olifant-safari’s jy sou kies as jy graag beroemde mense wou sien. … …[2] 8 Wat kan mense by die Knysna Olifantpark doen as hulle nie op olifante wil ry nie? … …[1] [Totaal: 10]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 Oefening 7 Lees die volgende woorde van ’n paar tieners oor rolmodelle: “Ek dink elke tiener het ’n rolmodel nodig.” “My rolmodel help my om in myself te glo.” “Ek het glad nie ’n rolmodel in my lewe nodig nie.” “Ek kan by my rolmodel leer hoe om altyd my bes te probeer.” “Rolmodelle het ook maar hulle foute.” Skryf ’n artikel vir die skoolkoerant oor of dit belangrik vir tieners is om ’n rolmodel te hê. Kies ’n goeie opskrif vir jou artikel. Jou berig moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou menings goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/11 © UCLES 2011 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Exercise 1 © Los die tjor ; slaan voet ; Naweek; Die Burger; 6 March 2010. Exercises 3 & 4 © Kinders van Afrika; Ons wonderlike wêreld; Huisgenoot; 2004. Exercise 6 © Jacques Marais; Doen-dit-self Adrenalien ; Buite; Die Burger; 24 November 2009. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2011 question paper for the guidance of teachers 0548 AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • Cambridge will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2011 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses.
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 01 © University of Cambridge International Examinations 2011 Oefening 1 1 Mense wat graag stap van skoon lug hou [1] 2 Die stad is op 118/’n klomp eilande gebou. [1] 3 (Daar is meer as 400/baie) brûe. [1] 4 Donkies [1] 5 (Jy moet) toestemming kry/(Jy moet) vra of jy mag (kampeer). [1] 6 (Per) veerboot/katamaran/(per) boot [1] 7 Die strate is te nou. [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Ouderdom: 16 [1] Selfoonnommer: 073 774 5212 [1] E-posadres: johan.malan@gmail.com [1] Gebruik jy ooit ’n rekenaar behalwe jou eie? Ja [1] Gebruik rekenaar: 1 tot 7 dae per maand [1] Gebruik rekenaar vir skoolwerk , navorsing (noem albei vir een punt) [1] Koop jy enigiets aanlyn: Ja [1] Koop boeke aanlyn [1] Koop deur Kalahari.net [1] [Totaal: 9]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 01 © University of Cambridge International Examinations 2011 Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) Fulani in Wes-Afrika [1] San van Suider-Afrika [1] (b) dadelpalms en akasiabome by oases [1] min plantegroei, net sekere doringstruike in die Wes-Sahara [1] diere is vir warm, droë toestande aangepas [1] (c) digte reënwoud Kongorivier en groot mere baie bome en plante baie soorte wilde diere (enige 3) [maks. 3] [Totaal: 8] Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ’n nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ’n mate van ’n gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Die bevolking is op sommige plekke dig en op ander plekke dun versprei. Daar is stedelike en landelike gemeenskappe. Daar is tradisionele en moderne gemeenskappe. Daar is hoog- en laagliggende gebiede. Daar is droë gebiede (woestyne) en gebiede met baie water (reënwoude). Baie mense is arm, maar die vasteland is ryk aan minerale. [Totaal: 5]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 01 © University of Cambridge International Examinations 2011 Oefening 5 Vriendskaplike brief van 150 tot 200 woorde lank. ’n Geselsbrief aan ’n maat na jy in ’n ongeluk beseer is terwyl jy met vakansie was. Die volgende moet genoem word: • waar, wanneer en hoe die ongeluk gebeur het • watter beserings jy opgedoen het • hoe die ongeluk die res van jou vakansie gaan beïnvloed. Die brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. [Totaal: 15] Oefening 6 1 Themba beheer die olifant met sy stem en met ’n tik van die houtkierie teen een van die ore. (een punt per feit) [2] 2 Sy aandag word maklik afgelei. [1] 3 Jy sit hoog en kan baie goed om jou sien. [1] 4 Hulle verdwyn stadig in die bosse in. [1] 5 Dit is in rotskuns uitgebeeld. [1] 6 Jy klim op vanaf ’n houtplatform. Jy sit veilig en gemaklik. Daar is ’n gids saam met jou wat die olifant beheer. (enige 1 rede) [1] 7 Botswana; Hollywoord-sterre gaan dikwels soontoe. (een punt per feit) [2] 8 Jy kan die olifante voer of saam met hulle stap. (Albei moet vir een punt genoem word.) [1] [Totaal: 10]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 01 © University of Cambridge International Examinations 2011 Oefening 7 Koerantartikel: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). [Totaal: 15] Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ’n punt (uit agt) vir inhoud (I) en ’n punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ’n punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ’n Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ’n faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 01 © University of Cambridge International Examinations 2011 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ’n goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ’n gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ’n Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ’n mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ’n redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ’n mate van ’n aanvoeling vir doel en teikengehoor. ’n Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ’n gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ’n poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ’n veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2011 0548 01 © University of Cambridge International Examinations 2011 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ’n mate van ’n poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ’n mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik/punktua sie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ’n mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punte toe.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2011 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.