Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1

0548/11/O/N/10 · 70 marks · ≈79 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans - Second Language papersWhat was in this paper?

Question paper16 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 1 of 16
Page 1 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 2 of 16
Page 2 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 3 of 16
Page 3 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 4 of 16
Page 4 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 5 of 16
Page 5 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 6 of 16
Page 6 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 7 of 16
Page 7 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 8 of 16
Page 8 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 9 of 16
Page 9 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 10 of 16
Page 10 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 11 of 16
Page 11 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 12 of 16
Page 12 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 13 of 16
Page 13 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 14 of 16
Page 14 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 15 of 16
Page 15 of 16
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2010 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 16 of 16
Page 16 of 16

Mark scheme7 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 7
Page 1 of 7
Mark scheme, page 2 of 7
Page 2 of 7
Mark scheme, page 3 of 7
Page 3 of 7
Mark scheme, page 4 of 7
Page 4 of 7
Mark scheme, page 5 of 7
Page 5 of 7
Mark scheme, page 6 of 7
Page 6 of 7
Mark scheme, page 7 of 7
Page 7 of 7

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. DC (CW) 31070/2 © UCLES 2010 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 5 5 2 0 8 5 9 3 1 0 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2010 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. For Examiner’s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total

Question paper, page 2

2 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 Oefening 1 Lees die volgende inligting oor ’n paar boeke van die skrywer François Bloemhof. Beantwoord daarna die vrae op die volgende bladsy. Jagseisoen Dit is François Bloemhof se tweede Alma van der Pool-spanningsverhaal. In hierdie boek beleef Alma, met haar netjiese kantoor en deurmekaar huis, nuwe uitdagings. By die hoër skool het nog ’n kind weggeraak. Is dit ontvoering? Moord? Gaan dit slegs oor geld, of het iemand iets teen die skool? Dís die vraag wat Alma moet probeer oplos. Maar hoe kan een mens speurder, vrou, ma én onderwyseres speel? Agent Snoet en die hondelewe Agent Snoet is ’n effens deurmekaar speurder wat gelukkig hulp kry van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die ander twee Agent Snoet-boeke, is Snoet en Felino in hierdie storie weer in groot gevaar en beleef hulle ongelooflike avonture. Hierdie keer moet hulle ’n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm … maar as Felino nie oppas nie, is sy eie lewe in gevaar! Daar is natuurlik tussendeur hope humor. Nie vir kinders nie Tim Marais is amper in matriek. Dit lyk of hy alles het wat hy wil hê: hy is aantreklik, populêr en vaar goed op skool. Maar hy is ontevrede met sy hele lewe en kan nie verstaan of beskryf hoekom dit so is nie. Nie vir kinders nie is ’n uitdagende boek wat reguit kyk na probleme wat moderne jongmense ervaar. Baie eerlik, uit die pen van een van Afrikaans se beste skrywers, is hierdie boek ’n Sanlam-pryswenner.

Question paper, page 3

3 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over For Examiner’s Use 1 Hoe is Alma van der Pool se kantoor anders as haar huis? … …[2] 2 Waarom is Alma se lewe so besig? …[1] 3 Die hoeveelste Agent Snoet-boek is Agent Snoet en die hondelewe? …[1] 4 Waarom moet Felino baie versigtig wees? …[1] 5 Waarom lyk dit asof Tim Marais alles het wat hy wil hê? …[1] 6 Waarmee is Tim Marais ontevrede? …[1] 7 Hoe weet ons dat mense dink dat die boek Nie vir kinders nie ’n baie goeie boek is? …[1] [Totaal: 8]

Question paper, page 4

4 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 Oefening 2 Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. ’n Sportwinkelgroep wil inligting insamel oor die sportsoorte waaraan tieners deelneem. Annette van Zyl is in graad 11 aan die Hoërskool Mandela. Haar skool se adres is Portstraat 15, Oos-Londen, 5200. Die skool se e-posadres is hsmandela@school.org.za en die telefoonnommer is 043 443 8960. Annette het pas sestien geword en is op 31 Julie 1994 gebore. Haar adres is Seestraat 21, Oos-Londen, 5200. Haar huistelefoonnommer is 043 443 2112 en haar selfoonnommer is 082 556 7993. Haar e-posadres is annettevz@mweb.co.za. In die winter speel Annette drie keer ’n week netbal by die skool en in die somer speel sy twee middae ’n week tennis en Saterdae wedstryde teen ander skole. Tot in graad 9 het sy ook aan atletiek deelgeneem. Sy hou daarvan om te swem, maar kry nie genoeg tyd om dit te doen nie. Regdeur die jaar gaan draf sy en haar pa omtrent vier keer ’n week. Gedurende die skoolvakansie en wanneer haar pa met verlof is, gaan draf hulle dikwels soggens vroeg. In haar vrye tyd bring Annette tyd deur by ’n kinderhuis naby haar huis. Gedurende die week gaan sy smiddae minstens een keer soontoe en Saterdae na tennis gee sy swemlesse daar. Sy hou daarvan om televisie te kyk, en verkies programme oor reis en geskiedenis. Alhoewel sy aan die biblioteek behoort, lees sy nie baie nie.

Question paper, page 5

5 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over For Examiner’s Use Verbeel jou jy is Annette en vul die vorm in. Sportdeelname Opname Vul asseblief die vorm in. Annette van Zyl Naam: … Hoërskool Mandela Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … Oos-Londen, 5200 • Adres: …, … 0825567993 • Telefoonnommer: … … • E-posadres: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Ek neem aan die volgende sportsoorte by die skool deel: Atletiek Rugby Sokker Tennis Hokkie Netbal • Ek is betrokke by sport by die skool: 1 tot 2 dae ’n week 4 tot 5 dae ’n week 2 tot 3 dae ’n week 6 tot 7 dae ’n week • Ek neem aan die volgende sportsoort(e) in my vrye tyd deel (vul in): … … • Ek is betrokke by sport in my vrye tyd: 1 tot 2 dae ’n week 5 tot 6 dae ’n week 3 tot 4 dae ’n week 7 dae ’n week [Totaal : 9]

Question paper, page 6

6 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 Oefening 3 Lees hierdie artikel oor volstruise en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Volstruise is vol streke! Volstruise is Afrika-voëls en kom veral in die wêreld rondom Oudtshoorn voor. Hulle is vroeër ook in die Midde-Ooste gevind, maar word nie meer daar aangetref nie. Die volstruis is ’n wonderlike voël. Hy is die grootste voël wat vandag op die aarde leef. Vroeër was daar groter soorte, soos die Nieu-Seelandse moa, maar hulle het uitgesterf. Die volstruis kan nie vlieg nie en verskil van alle ander voëls deurdat hy net twee tone aan elke poot het. Met sy lang nek, klein koppie, groot oë en kort, breë snawel, staan die volstruis omtrent 2,4 meter hoog. Hy kan tot omtrent 135 kilogram weeg. Die twee tone aan elke poot eindig in dik naels. Die klein vlerke word uitgesprei wanneer hy hardloop – teen ’n snelheid van tot 65 kilometer per uur. Die volstruis het baie goeie sig. Daar word vertel dat hy ’n vyand tien kilometer ver kan raaksien. Daar is ook geen landdier met sulke groot oë as hy nie. En die dik ooghare is opvallend. Waarvoor is volstruise die heel bangste? Miskien, glo dit, ’n helikopter! Daar word vertel dat hulle skoon histeries raak vir só iets in die lug. Dalk was daar in hul verre verlede ’n vlieënde roofdier wat hulle gejag het. As die volstruis bedreig voel, sal hy óf probeer keer dat sy vyand hom sien óf hy sal vlug. Hy is ’n baie goeie kamoefleerder en met sy kop en nek plat op die grond, maak hy sy lyf rond soos ’n bal, sodat hy nes ’n bossie, rots of miershoop lyk. Die volstruis sal ook probeer vlug van enigiets wat hom bang maak, en hy kan baie vinnig hardloop. As hy in ’n hoek gedryf word, kan hy egter sy aanvaller dodelik skop. Daar is ’n paar baie spesifieke verskille tussen volstruismannetjies en -wyfies. Een studie het getoon dat die mannetjies ’n dikker vel as die wyfies het. Verder het die volstruismannetjies meestal swart vere met wit pluime aan die vlerke en stert, maar die wyfies het grysbruin vere. Die mannetjie en wyfie se verskillende kleure vere bepaal wanneer hulle op hul eiers broei. Die mannetjie, met sy swart vere wat met die nag saamsmelt, broei van laat in die middag af tot die volgende môre. Die wyfie broei bedags, omdat haar vere soos die grond om haar lyk. Volstruise se broeityd is twee keer so lank as hoenders s’n. Eiers word in ’n groot sandholte gelê. Volstruise broei nie altyd net op hul eie eiers nie, maar ook op ander wyfies s’n wat hulle in dieselfde nes kom lê het. Nog ’n interessante ding van volstruise is hul eiers. Volstruiseiers is kliphard en kan tot 250 kilogram weerstaan. Een volstruiseier is ongeveer so groot soos 24 hoendereiers. Die volstruis sorg vir talle baie nuttige produkte – van biltong tot verestoffers – wat hierdie snaakse voël oorgenoeg rede gee om sy kop hoog te hou. Uit: Ons wonderlike wêreld, Huisgenoot

Question paper, page 7

7 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over For Examiner’s Use Jy gaan ’n kort praatjie oor volstruise in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Volstruise (a) Hoe verskil volstruise van ander voëls? Hulle is groter as ander voëls • … • … [1] • … [1] (b) Hoe reageer volstruise op gevaar? • … [1] • … [1] • … [1] (c) Watter verskille is daar tussen volstruismannetjies en volstruiswyfies? • … [1] • … [1] • … [1] [Totaal : 8]

Question paper, page 8

8 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 For Examiner’s Use Oefening 4 Gebruik die teks oor volstruise op bladsy 6 en skryf ’n opsomming oor wat die volstruis ’n spesiale voël maak. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 5]

Question paper, page 9

9 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over BLANK PAGE TURN TO PAGE 10

Question paper, page 10

10 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 Oefening 5 Een van jou maats is gedurende ’n sportwedstryd beseer en is nou in die hospitaal. Skryf ’n brief aan jou maat. Noem die volgende: • wat gedurende die res van die sportwedstryd gebeur het • nuus oor twee dinge wat by die skool gebeur het • hoe jy en jou klasmaats jou maat in die hospitaal gaan laat weet wat by die skool gebeur. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

Question paper, page 11

11 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]

Question paper, page 12

12 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 Oefening 6 Die volgende artikel handel oor Corlia Fourie se boek Stories met stertjies. Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. Geen soet heldinne in Fourie se sprokies Mense vra dikwels vir die skrywer Corlia Fourie vir wie haar boek Stories met stertjies nou eintlik geskryf is. Die illustrasies op die voorblad en binne laat dit soos ’n tipiese sprokiesboek vir kinders lyk, maar die stories het ’n kinkel. Die verhale is op bekende sprokies gebaseer, maar die heldinne het meer sê in hul toekoms as die heldinne van die tradisionele verhale. En dis dalk waarom volwassenes wonder vir wie die boek nou eintlik geskryf is. “As iemand my vra vir wie ek die stories skryf, is my antwoord dis vir die pret. Maar ek dink tog Stories met stertjies werk ewe goed as ’n voorleesboek vir kinders én as ’n boek wat volwassenes kan geniet.” Fourie se liefde vir sprokies kom ’n lang pad. Maar “die passiwiteit van die heldin het my nog altyd gepla. Die gesit en wag vir ’n man wat haar moet kom red, kon ek nooit verstaan nie.” Fourie is bekend vir haar sprokies met ’n Afrika-motief. “Die Afrika-stories was nuwe verhale wat ek self geskep het met San- of swart karakters en die Afrika-landskap as agtergrond. Dit is sprokiesagtige stories oor dapper meisies en meisies wat nie weghardloop nie, al is hulle bang,” sê Fourie. Stories met stertjies bevat verwerkings van onder andere “Doringrosie”, “Die prinses en die padda”, “Die gestewelde kat”, “Sneeuwitjie” en “Die klein meerminnetjie”. “Dis lekker om sprokiesagtige stories te skryf, want dis soos speel, en iets binne-in my het nooit grootgeword nie. Speel is lekker. Ek dink moderne mense lees steeds sprokies, want dit help hulle om te ontvlug van ’n wêreld waar mense te hard werk en te min speel. Sprokies is maar net ’n ander manier van kyk na dinge. Dis goed vir enige mens om al jou idees ’n slag uit ’n ander hoek te bekyk.” Fourie het al pryse vir dramas en prosa vir volwassenes gewen. “My liefde lê by stories,” sê sy op die vraag watter vorm van skryf sy verkies. “Enige soort lekker storie, maak nie saak of dit vir die verhoog is en of dit ’n roman is en of dit vir volwassenes of kinders is nie.” Sommige mense noem haar ’n feminis omdat die vroulike karakters in haar sprokies anders is. “Vroue en hul lewens is vir my belangrik en stories is belangrik. ’n Mens word ook deur stories gevorm. Ek skryf stories waarin meisies self planne maak en dit uitvoer, nie altyd met goeie gevolge nie, net soos in die werklikheid. As dit my feministies maak, dan is ek feministies. Maar ek is versigtig vir die term omdat baie vroue dink feminis beteken mannehater en ek haat nie mans nie,” sê Fourie. “Dis ironies dat baie moderne vroue nie weet dat van die goeie dinge wat ons vandag het, soos dat ons meisiekinders skool toe kan gaan, aan feministe te danke is nie.” In sprokiesverhale en ander kinderboeke is illustrasies baie belangrik. So ook in Stories met stertjies. Die illustreerder, Alzette Prins, se prentjies sluit pragtig by die teks aan. “Ek het dit geniet om die illustrasies te doen, want die teks het weggebreek van die soet meisie as heldin.” Met Stories met stertjies het sy die vryheid gehad om te doen wat sy wil, sê Prins. Verkort uit: Die Burger, 01.10.07

Question paper, page 13

13 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over For Examiner’s Use 1 Op watter manier is Corlia Fourie se Stories met stertjies net soos ’n tipiese sprokiesboek? …[1] 2 Verduidelik een belangrike verskil tussen Fourie se stories en tradisionele sprokies. … …[2] 3 Vir wie is Stories met stertjies geskryf? …[1] 4 Verduidelik een verskil tussen Fourie se Afrika-stories en die stories in Stories met stertjies. … …[2] 5 Gee twee redes waarom dit vir moderne mense goed is om sprokies te lees, volgens Fourie. … …[2] 6 Waarom kan die slot van die verhale in Stories met stertjies realisties genoem word? …[1] 7 Waarom het Alzette Prins dit geniet om die illustrasies vir Stories met stertjies te doen? …[1] [Totaal : 10]

Question paper, page 14

14 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 Oefening 7 Lees die volgende woorde van ’n omgewingswerker: “Die mens het nie meer ’n keuse nie – die tyd vir kies is verby – ons móét nou drasties iets daaraan doen om die aarde te red. Ons móét alternatiewe soorte brandstof ontwikkel. Ons móét alles moontlik herwin – plastiek, blik, glas, papier, karton. Ons móét minder elektrisiteit gebruik. Ons móét, móét, móét ons koolstofvoetspoor verminder. Anders ...” Skryf ’n artikel vir die skoolkoerant oor maniere waarop skoliere kan help om die aarde te red. Kies ’n goeie opskrif vir jou artikel. Jou artikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou menings goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

Question paper, page 15

15 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]

Question paper, page 16

16 0548/01/O/N/10 © UCLES 2010 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Exercises 3 & 4 © Volstruis – volstrek vol streke!; Ons wonderlike wêreld; Huisgenoot. Exercise 6 © Geen soet heldinne in Fourie se sprokies; Stephanie Nieuwoudt, Die Burger; 1 October 2007. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

Mark scheme, page 1

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2010 question paper for the guidance of teachers 0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/01 Paper 1 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • CIE will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. CIE is publishing the mark schemes for the October/November 2010 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2010 0548 01 © UCLES 2010 Oefening 1 1 Haar kantoor is netjies  en haar huis is deurmekaar.  [2] 2 Sy is tegelyk ’n speurder, vrou, ma en onderwyseres. of Sy moet verskillende rolle gelyk speel  [1] 3 derde  [1] 4 Sy lewe is in gevaar.  [1] 5 Hy is aantreklik, gewild en akademies suksesvol.  [1] 6 Sy hele lewe.  [1] 7 Dit het ’n prys (die Sanlamprys) gewen.  [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Graad: 11  Geboortedatum: 31 Julie 1994  Adres: Seestraat 21  E-posadres: annettevz@mweb.co.za  Tennis  Netbal  2 tot 3 dae ’n week  Draf  3 tot 4 dae ’n week  [Totaal: 9]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2010 0548 01 © UCLES 2010 Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) Hulle kan nie soos ander voëls vlieg nie.  Hulle het net twee tone aan elke poot.  (b) Hulle kamoefleer hulle sodat hulle nie gesien kan word nie.  Hulle vlug deur vinnig weg te hardloop.  Hulle skop hul aanvaller.  (c) Mannetjies het ’n dikker vel as wyfies.  Mannetjies het meestal swart vere en wyfies meestal grysbruin vere.  Die mannetjies broei snags; die wyfies bedags.  [Totaal: 8] Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ’n nulpunt toegeken. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ’n mate van ’n gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Die volstruis is die grootste voël op aarde. Die volstruis kan nie vlieg nie. Die volstruis kan tot 65 km/h hardloop. Die volstruis raak tot 2,4 meter hoog en weeg tot omtrent 135 kg. Die volstruis kan baie goed sien. Die volstruis is die landdier met die grootste oë. Die volstruis se skop kan lewensgevaarlik wees. Die mannetjies en wyfies maak beurte om op eiers te broei volgens die kleur van hul vere. Volstruise lê groot, harde eiers. [Totaal: 5]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2010 0548 01 © UCLES 2010 Oefening 5 Vriendskaplike brief van 150 tot 200 woorde lank. ’n Geselsbrief aan ’n maat wat in die hospitaal is na hy/sy gedurende ’n sportwedstryd beseer is. Die volgende moet genoem word: • Wat gedurende die res van die sportwedstryd gebeur het. • Nuus oor wat by die skool aangaan. • Hoe jy en jou klasmaats jou maat in die hospitaal op die hoogte gaan hou van wat by die skool gebeur. Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. [Totaal: 15] Oefening 6 1 Die illustrasies op die voorblad van en binne Stories met stertjies is soos ’n tipiese sprokiesboek.  [1] 2 In tradisionele sprokies het die heldinne min beheer oor hul toekoms,  terwyl die heldinne in hierdie stories wel beheer oor hul toekoms het.  [2] 3 Vir kinders en volwassenes (of vir pret).  [1] 4 Die Afrika-stories is nuwe verhale wat Fourie geskep het,  terwyl die stories in Stories met stertjies verwerkings van bestaande sprokies is.  Die Afrika-stories vind teen ’n Afrika-agtergrond plaas, maar die stories in Stories met stertjies vind nie in ’n spesifieke ruimte plaas nie.  (Verduidelik een verskil.) [2] 5 Dit bied ontvlugting vir mense wat te hard werk en te min speel.  Dit laat mense uit ’n nuwe hoek na dinge kyk.  [2] 6 Dit het nie altyd ’n gelukkige einde nie.  [1] 7 Sy het dit geniet omdat dit anders as gewone sprokies is.  [1] [Totaal: 10] Oefening 7 Koerantberig: 200 tot 250 woorde lank Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg. Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema). [Totaal: 15]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2010 0548 01 © UCLES 2010 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ’n punt (uit agt) vir inhoud (I) en ’n punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/ teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/ verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ’n punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ’n Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ’n faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2010 0548 01 © UCLES 2010 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ’n goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ’n gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ’n Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ’n mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ’n redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ’n mate van ’n aanvoeling vir doel en teikengehoor. ’n Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ’n gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ’n poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ’n veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2010 0548 01 © UCLES 2010 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ’n mate van ’n poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ’n mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik/punktu asie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ’n mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punte toe.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2010 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A49/70
C33/70
E23/70
F13/70