Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2009 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
0548/21/O/N/09 · 30 marks · ≈34 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme11 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.











Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 7 printed pages and 1 blank page. DC (SJF5174) 18453/3 © UCLES 2009 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. Dictionaries are not allowed. * 0 5 4 5 5 6 5 0 7 7 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2009 Approx. 35–45 minutes Candidates answer on the Question Paper No Additional Materials are required. For Examiner’s Use Oefening 1 Oefening 2 Oefening 3 Oefening 4 Total: www.XtremePapers.com
Question paper, page 2
2 0548/02/O/N/09 © UCLES 2009 For Examiner’s Use Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende radiopraatjie oor die onstaan van Valentynsdag. Beantwoord vrae 1 – 6 deur ’n regmerkie (✓) in die toepaslike blokkie regs te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. Waar Onwaar 1 Volgens die legende het Sint Valentyn in die dertiende eeu geleef. [1] 2 Keiser Claudius het gedink getroude mans kan nie so goed veg soos ongetroude mans nie. [1] 3 Valentyn het mense teen die wil van die keiser in die openbaar getrou. [1] 4 Ons vier Valentynsdag op 14 Februarie omdat pous Gelatius op hierdie dag gedoop is. [1] 5 Die eerste Valentynsboodskap is moontlik vanuit die tronk gestuur. [1] 6 Die spreker moedig mense aan om Valentynsdag te vier. [1] [Totaal: 6]
Question paper, page 3
3 0548/02/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over For Examiner’s Use Oefening 2, vrae 7–11 Luister na die volgende onderhoud met Amos oor sy beroep as loodgieter. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord, A, B, C of D, te kies en ’n regmerkie (✓) in die blokkie van jou keuse te maak. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 7 Amos ... A ... werk nou vir dieselfde maatskappy waarvoor sy pa gewerk het. B ... is loodgieter omdat sy pa wou hê hy moet die werk doen. C … het in 2005 vir homself begin werk. D … het in 1980 begin om loodgieterswerk te doen vir Plumbsure. [1] 8 Uit die gesprek kan jy aflei dat Amos ... A ... altyd ’n loodgieter soos sy pa wou word. B ... altyd met pype en gereedskap wou werk. C ... vroeër veral in motorvoertuie belang gestel het. D ... nooit daaraan gedink het om ’n busbestuurder te word nie. [1] 9 Amos geniet sy werk veral omdat ... A ... kliënte hom gereeld help deur vir hom te sê wat om te doen. B … kliënte dit waardeer as hy goeie werk gedoen het. C ... kliënte altyd presies weet wat die probleem is. D ... hy foute kan regmaak waar ander misluk het. [1]
Question paper, page 4
4 0548/02/O/N/09 © UCLES 2009 For Examiner’s Use 10 Watter stelling is verkeerd? A Amos weet vooraf niks van die volgende dag se werk nie. B Amos kry byna daagliks noodoproepe van kliënte. C Amos moet soms sy beplanning vir die dag verander. D Amos beplan die dag tevore sy werk vir ’n spesifieke dag. [1] 11 Hoe sien Amos sy toekoms? A Hy wil nog vier mense aanstel om vir hom te werk. B Hy wil graag ’n groot maatskappy besit. C Hy wil graag vir ’n groot maatskappy werk. D Hy het te min werknemers om sy maatskappy te laat groei. [1] [Totaal: 5]
Question paper, page 5
5 0548/02/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over For Examiner’s Use Oefening 3, vrae 12–18 Luister na die volgende gesprek met grafiese kunstenaar, Kevin. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 12 Redes hoekom baie mense graffiti as misdadig of vandalisties sien: – Dit wys disrespek vir ander se eiendom – Dit word … [1] 13 Rede hoekom Kevin dink graffiti is nie meer nodig in Suid-Afrika nie: Mense kan deesdae … [1] 14 (a) Plek waar Kevin met kuns begin eksperimenteer het: … [1] (b) Rede hoekom hy op hierdie plek begin het: … [1] 15 Spesifieke geboue waar Kevin met spuitverf gewerk het: – In die begin: by sy ouers se huis – Later: … [1] 16 Redes waarom Kevin in die openbaar graffiti wou doen: – Groter oppervlaktes om op te spuit – … [1] 17 Moontlike strawwe vir mense wat graffiti doen: – … [1] of – Boete wat gelyk is aan skade 18 Materiaal wat Kevin nou gebruik om graffiti op te doen: … [1] [Totaal: 8]
Question paper, page 6
6 0548/02/O/N/09 © UCLES 2009 For Examiner’s Use Oefening 4, vrae 19–26 Luister na die volgende gesprek tussen James en mev. Anita de Klerk, ’n kenner op die gebied van lugvaart. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. 19 Waarom stel James belang in die lugvaart? … …[1] 20 Beskryf die lugtoestel wat die broers Montgolfier ontwerp het kortliks. …[1] 21 Noem twee van die eerste lugpassasiers. (i) …[1] (ii) …[1] 22 Watter eienskap het die gasse waarmee die ballon van lugskepe gevul is? …[1] 23 Gee twee redes waarom lugskepe nie werklik met vliegtuie kon meeding nie. (i) …[1] (ii) …[1] 24 Vir watter twee doeleindes word ballonne vandag nog gebruik? (i) swewende ballonne: … …[1] (ii) warmlugballonne: … …[1]
Question paper, page 7
7 0548/02/O/N/09 © UCLES 2009 For Examiner’s Use 25 Hoekom voel passasiers in die mandjie van ’n warmlugballon geen wind nie? …[1] 26 Hoe verskil die koevert van ’n warmlugballon van dié van ’n gas-lugballon? … …[1] [Totaal: 11]
Question paper, page 8
8 0548/02/O/N/09 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2009 question paper for the guidance of teachers 0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • CIE will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. CIE is publishing the mark schemes for the October/November 2009 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses. www.XtremePapers.com
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 Oefening 1 1 Onwaar [1] 2 Waar [1] 3 Onwaar [1] 4 Onwaar [1] 5 Waar [1] 6 Waar [1] [Totaal: 6] Oefening 2 7 C [1] 8 C [1] 9 B [1] 10 A [1] 11 B [1] [Totaal: 5]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 Oefening 3 12 in die nag gedoen [1] 13 hul mening lug/praat as iets hulle pla [1] 14 (a) skool(banke) [1] (b) verveling/omdat hy hom verveel het [1] 15 (by die) stasie [1] 16 Dit was (baie) spannend [1] 17 (tot ses maande) tronkstraf [1] 18 papier [1] [Totaal: 8]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 Oefening 4 19 Hy wil eendag (self) vliënier word/Hy wil graag self vlieg. [1] 20 Dit was ’n groot papierballon wat met warm lug gevul was. [1] 21 ’n skaap ’n eend ’n hoenderhaan [enige twee] [2] 22 Die gasse is ligter as lug. [1] 23 Lugskepe was moeilik om te hanteer. Hulle was moeilik om te bêre. Hulle was (betreklik) stadig. Hulle kon (maklik) aan die brand slaan. [enige twee] [2] 24 (i) swewende ballonne: om waarnemings te maak vir weervoorspelling [1] (ii) warmlugballonne: vir ontspanning [1] 25 Die ballon beweeg saam met die wind. [1] 26 Die koevert van ’n warm lugballon hoef nie toe te wees nie/Die koevert van ’n gas-lugballon moet onder toe wees. [1] [Totaal: 11]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 E This is the University of Cambridge International Examinations, International General Certificate of Secondary Education in Afrikaans as a Second Language. Syllabus 0548, Paper 2 Listening, November 2009. Instructions to candidates Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans in the spaces provided on the Question paper. There are instructions about how to answer the questions above each item on the question paper. You need not write in full sentences. Dictionaries are not permitted. Before each recorded item is played, time is allowed for reading the instructions and studying the questions. All items are heard twice. You may take notes and write your answers at any time during the test. The number of marks is given in brackets at the end of each question or part question. A signal is used to introduce each item. M Oefening 1, vrae 1–6 Luister na die volgende radiopraatjie oor die onstaan van Valentynsdag. Beantwoord vrae 1–6 deur ’n regmerkie () in die toepaslike blokkie regs te maak om aan te dui of die stelling waar of onwaar is. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’00’’ *SIGNAL V Elke jaar in Februarie vier ons Valentynsdag deur kaartjies, geskenke, lekkergoed en blomme aan ons geliefdes te gee. Ons doen dit ter ere van sint Valentyn. Jy mag dalk wonder: “Maar wie was sint Valentyn nou eintlik?” Die legende lui dat Valentyn in die derde eeu ’n priester in Rome was. In daardie tyd was daar ’n keiser met die naam Claudius II. PAUSE 00’03’’ Keiser Claudius het gedink dat enkellopende mans beter soldate as getroude mans is. Daarom het hy besluit om jong mans te verbied om in die huwelik te tree, met die hoop dat hy sodoende ’n sterker militêre basis sou kon bou. Daar word gesê dat Valentyn besluit het dat hierdie wet onregverdig was. Hy het hom nie aan die keiser se bevel gesteur nie en het begin om jong paartjies in die geheim te trou. PAUSE 00’03’’
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 Toe keiser Claudius van Valentyn se optrede hoor, het hy hom laat doodmaak. Valentyn is glo tereggestel op 14 Februarie en in die vierde eeu het pous Gelatius hierdie dag Valentynsdag gedoop. ’n Ander legende is dat Valentyn ’n gevangene was wat op die bewaarder se dogter verlief geraak het. Voordat hy doodgemaak is, het hy die eerste “Valentynsboodskap” gestuur toe hy ’n brief aan haar geskryf het en dit as “Jou Valentyn” onderteken het. Dit is die woorde wat dikwels vandag nog in Valentynskaartjies gebruik word. Miskien sal ons nooit die ware identiteit van die man genaamd sint Valentyn, of die regte storie van die ontstaan van Valentynsdag ken nie, maar Februarie is al sedert die Middeleeue die maand waarin die liefde gevier word. PAUSE 00’05’’ Om die waarheid te sê, Valentynsdag kom tweede en Kersfees eerste as jy kyk na die aantal kaartjies wat tydens hierdie tye gestuur word. Nog ’n Valentynsheer oor wie jy dalk wonder, is Kupido (die Latynse woord Cupido beteken “begeerte”). In die Romeinse mitologie is Kupido die seun van Venus, godin van die liefde. Sy eweknie in die Griekse mitologie is Eros, die god van die liefde. Daar word dikwels gesê dat Kupido ’n stout seuntjie is wat rondgaan om mense met pyle uit sy boog te wond en hulle dan op dié manier verlief te maak. Maar dit maak nie saak waar hierdie spesiale dag vandaan kom nie – maak net seker jy bederf jou geliefde, of die een wat jou bene soos jellie laat voel, op Valentynsdag.** PAUSE 00’05’’ M Jy sal die praatjie nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 01’00” V Oefening 2, vrae 7–11 Luister na die volgende onderhoud met Amos oor sy beroep as loodgieter. Beantwoord die vrae deur die korrekte antwoord, A, B, C of D, te kies en ’n regmerkie () in die blokkie van jou keuse te maak. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’30’’ *SIGNAL
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 V Goeienaand luisteraars en welkom by ‘Loopbaan van die week’, die enigste program op die radio waar jy ordentlike beroepsvooligting kry. Vandag praat ons met loodgieter Amos Steyn. Amos, hou jy van jou werk? M Ja. my pa was ’n loodgieter en as jong seun het ek saam met hom gegaan as hy iewers moes gaan werk. Toe die maatskappy vir wie hy gewerk het nog iemand nodig gehad het, het ek ook daar begin werk. Dis waar ek my ervaring as loodgieter gekry het. V Hoe lank doen jy al hierdie werk? M Ek doen dit al sedert 1980, maar in 2005 het ek my eie maatskappy gestig met die naam Plumbsure. Die naam beteken dat ek seker is van wat ek doen. PAUSE 00’07’’ V Wat is ’n loodgieter se verantwoordelikhede? M Loodgieters maak waterlekke reg van pype, warmwatersilinders, toilette, geute en krane. Ons installeer ook toestelle en pype, en verwyder blokkasies. As jou toilet byvoorbeeld verstop is, kyk ons waar die blokkasie is en gebruik dan gespesialiseerde toerusting om dit te verwyder. V Wou jy nog altyd met goed soos pype en gereedskap werk? M Toe ek ’n tiener was, het ek nooit werklik daaraan gedink om loodgieter te word nie. Ek wou eintlik ’n voertuigbestuurder word. Ek was gefassineer deur motorvoertuie, maar ek het nie geweet of ek ’n bus- of vragmotorbestuurder wou word nie. PAUSE 00’07’’ V Watter slegte ervarings het jy by die werk? M Dit frustreer my as kliënte vir my sê wat om te doen. Ek moes eendag ’n warmwatersilinder by iemand se huis gaan regmaak en toe ek daar aankom, het ek vir die vrou gesê wat die probleem is, maar sy het daarop aangedring dat daar iets anders fout was. Sy het toe ’n ander loodgieter geskakel en dié kon nie die fout herstel nie. Op die ou einde het sy my weer gebel en toe het sy darem geluister. V Wat is vir jou lekker aan jou werk? M Dit is besonders lekker as ’n mens êrens gaan werk en later in die dag bel die persoon jou weer. Nie om te kla nie, maar om vir jou dankie te sê dat jy goeie werk gedoen het. Dit laat my baie goed voel as ek weet ek het goeie werk gedoen en dat die kliënt gelukkig is met my werk. Die meeste mense ken my omdat ek goeie werk vir kliënte gedoen het; daarom is dit belangrik dat my kliënte tevrede moet wees, want dit maak of breek jou. PAUSE 00’05’’ V Hoe beplan jy jou dag? M Ek kry baie oproepe en teen die tyd dat ek gaan slaap, weet ek min of meer wat die volgende dag voorlê. Ek beplan my dag, maar die meeste van die tyd wissel dit van dag tot dag. Amper elke dag kry ek dringende oproepe en dan moet ek net eenvoudig nog kliënte inpas. V Beskryf jou werksdag.
Mark scheme, page 8
Page 8 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 M Ek gaan sewe-uur uit die huis, laai my werkers op en gaan laai hulle af waar hulle moet werk. Ek ontmoet dan my kliënte op verskillende plekke en as die dag verby is, gaan laai ek weer my werkers op. PAUSE 00’05’’ V Waar sien jy jouself in 2015? M Ek sien myself as die eienaar van ’n groot loodgietersmaatskappy en die kans is goed dat dit sal groei en dat ek nog mense kan aanstel. Op die oomblik het ek net vier werknemers. V Dit was lekker om met jou te gesels, Amos. Ek wens jou voorspoed toe in jou beroep.** PAUSE 00’05’’ M Jy sal die onderhoud nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 01’00” V Oefening 3, vrae 12–18 Luister na die volgende gesprek met grafiese kunstenaar, Kevin. Maak kort aantekeninge oor die gesprek in Afrikaans. Jy sal die onderhoud twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’30’’ *SIGNAL V Goeiemiddag, Kevin. Ek is bly dat jy ’n kans het om met my te praat. M Dis ’n plesier. Ek stel baie belang in die onderwerp waaroor jy wil gesels. V Hoekom dink baie mense aan die woorde “vandalisme” en “misdaad” wanneer daar oor graffiti gepraat word? M Die graffiti sê dikwels iets wat mense nie verstaan nie. Hulle dink dadelik dis die werk van booswigte wat nie respek vir ander se eiendom het nie. ’n Ander rede hoekom mense grafitti as misdaad beskou, is dat dit gewoonlik in die nag gedoen word... V ...wanneer niemand kan sien wat hulle doen nie... M Presies. V Ja, en ons doen ook nie altyd baie moeite om te lees wat daar geskryf is nie. ’n Mens sien maar net groot, veelkleurige letters, en prente wat soms na onsin lyk. Hoe voel jy oor graffiti?
Mark scheme, page 9
Page 9 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 M ’n Groot gedeelte van die samelewing het ’n negatiewe houding teenoor graffiti, maar dit het ontwikkel omdat mense hulle op geen ander manier kon uitdruk as om slagspreuke of boodskappe teen mure te verf nie. V Kevin, dink jy dit is vandag nog nodig dat mense op hierdie manier hul mening lug? M Nee, vandag is die scenario anders. Dis nie meer nodig om op die bure se skoon mure te gaan verf as jy iets op die hart het nie. In ’n demokratiese land kan mense hul mening uiter en praat wanneer iets hulle pla. PAUSE 00’15’’ V Wanneer het jy jou eerste “kunswerke” probeer maak? M Nouja, as jy dit so wil noem, my heel eerste kunswerke het op skool op die banke en stoele vorm aangeneem, gewoonlik wanneer die onderwyser voor in die klas gestaan het. V Het jy dit deels uit verveling gedoen? M Ja, dit was gewoonlik wanneer die les my baie verveel het. As ek begin teken of skryf het, was dit asof ek ’n rukkie van plek verwissel het. V Wanneer het jy met spuitverf begin werk? M Ek het eers teen die einde van Graad 11 met spuitverf begin. Teen daardie tyd het ek die agterkant van my skoolboeke en selfs my boeksak gebruik om uit te druk waaroor ek sterk gevoel het. V Waar het jy begin om op mure te spuit? M Aanvanklik het ek net so rondom ons huis, aan die binnekant van die motorhuis en selfs op die grond gespuitverf. Dit het my ouers gelukkig nie gepla nie. Later het ek my handewerk na die stasie geneem waar ons veral op treine geverf het. PAUSE 00’15’’ V Hoe het dit gevoel om dit daar op ’n openbare plek te doen? M Die oppervlaktes was natuurlik veel groter, wat dit lekkerder gemaak het. Verder was dit natuurlik baie spannend wanneer ek dit daar gedoen het, want iemand kon my enige tyd betrap! V Is jy ooit gevang? M Nee, gelukkig is ek nooit gevang nie. Vandag is dit nie meer so maklik om graffiti te doen sonder om gevang te word nie. Hoe donker dit ook al mag wees, iemand hou jou dalk net dop. V Watter straf kan mense opgelê word wat skuldig bevind word omdat hulle op private of openbare eiendom geteken of geverf het? M ’n Skuldige kan gevonnis word tot ses maande tronkstraf of ’n boete gelykstaande aan die koste om die eiendom skoon te maak. V Noudat jy jou deur jou werk as grafiese kunstenaar kan uitdruk, hoe voel jy vandag oor graffiti op mure in woonbuurte en ander plekke in stede?
Mark scheme, page 10
Page 10 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 M Dit klink dalk ’n bietjie skynheilig, maar ek besef nou eintlik dat dit nie goed lyk as ons geboue op hierdie manier ontsier nie. Ons het ’n pragtige land wat ons nie moet afbreek, soos wat ek destyds met my graffiti gedoen het nie. V Maar hoe is dit dat ’n graffiti-kunstenaar altyd iets op die hart het om op ’n ander se eiendom aan te bring? M Ek self het gewoonlik dinge gespuitverf waarin ek geïnteresseerd was, maar waaroor ek nie kon praat nie. Vandag verf ek liewer op papier. En as ek deur ’n slegte tyd gaan, kry ek papier en teken graffiti totdat my hand lam is.** PAUSE 00’15’’ V Jy sal die gesprek nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 01’00” M Oefening 4, vrae 19–26 Luister na die volgende gesprek tussen James en mev. Anita de Klerk, ’n kenner op die gebied van lugvaart. Beantwoord die vrae in Afrikaans. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Jy het eers tyd om die vrae deur te lees. PAUSE 01’30’’ *SIGNAL M Goeiemiddag, mev. De Klerk. Soos u weet, stel ek baie belang in die lugvaart, want ek wil eendag vlieënier word. Dis baie gaaf van u om werkstyd af te staan om met my te praat. Ek hoop nie u gee om dat ek ons gesprek op band wil opneem nie. V Middag, James, omdat ek baie in die onderwep belangstel, praat ek graag daaroor. Joernaliste voer soms onderhoude met my wat hulle op band opneem, en ons gesprek is mos nie ’n formele onderhoud wat gepubliseer of uitgesaai gaan word nie. Jy kan my sommer Anita noem. M Dankie, Anita, vertel my asseblief van die mens se eerste pogings om deur die lug te reis en die heel eerste pogings tot lugvaart. V Lank voordat mense in vliegtuie (soos ons hulle vandag ken) gevlieg het, het hulle ander toestelle ontwerp wat hulle gehelp het om deur die lug te beweeg. M Wie was die eerste mense wat so ’n toestel gebou het? V In 1783 het die Franse broers Montgolfier ’n groot papierballon met warm lug gevul en dit tot ’n hoogte van sowat 1 800 meter laat opstyg. M Was daar passasiers in dié ballon?
Mark scheme, page 11
Page 11 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 02 © UCLES 2009 V Ja, die eerste passasiers was ’n skaap, ’n eend en ’n hoenderhaan. Eers kort daarna, in dieselfde jaar, het die broers Montgolfier twee mense in ’n warmlugballon die lug in gestuur. PAUSE 00’10’’ M Dit het reeds in die agtiende eeu gebeur. Is daar vordering gemaak in die daaropvolgende jare? V In die 1800’s het mense met allerhande soorte swewende vaartuie geëksperimenteer, wat uiteindelik tot twee hoofgroepe vaartuie sou lui: swewende ballonne en lugskepe, en vliegtuie. In die twintigste eeu, teen 1930, was groot lugskepe, soos die Zeppelins, goed ontwikkel. Die ballon van hierdie lugskepe was met gasse gevul wat ligter as lug is. M Was hierdie groot en lomp lugskepe doeltreffend? V Nee, hulle kon nie met vliegtuie meeding nie. Lugskepe was moeilik om te hanteer, duur om te bêre, betreklik stadig en geneig om aan die brand te slaan. M Speel lugskepe vandag in die een-en-twintigste eeu nog ’n rol in die lugvaartbedryf? V Hulle speel nie vandag meer ’n belangrike rol nie, maar hul geskiedenis is ’n baie interessante verhaal. Swewende ballonne word ook nog altyd vir waarnemings gebruik om weerkundiges te help om die weer te voorspel. PAUSE 00’10’’ M Waarvoor word warmlugballonne nog vandag gebruik? V Dit word natuurlik ook nog baie vir onstpanning gebruik. Passasiers geniet die buitengewone stilte, stadige beweging en ongelooflike uitsig vanuit ’n warmlugballon. Jy voel ook geen wind nie, want die ballon beweeg saam met die wind. M Waaruit bestaan ’n warmlugballon? V ’n Warmlugballon bestaan uit ’n koevert-gedeelte. Dit is die deel wat soos ’n ballon lyk. Hierin word die warm lug geblaas. Onder die ballon hang ’n mandjie waarin die passasiers sweef. Die koevert kan ook verskillende vorms aanneem, soos ’n mens se gesig of die vorm van ’n tekenprentkarakter. Anders as by gas-lugballonne hoef die koevert van ’n warmlugbalon nie onder toe te wees nie, aangesien die stygende warm lug die ballon laat styg. M Baie dankie, Anita. Dit is alles baie interessant. Miskien kan jy eendag na ons skool toe kom om ons meer van die ontwikkeling van lugvaart te vertel.** PAUSE 00’15’’ M Jy sal die gesprek nou weer ’n keer hoor. REPEAT FROM * TO ** PAUSE 01’00” SIGNAL M Dit is die einde van die toets. E This is the end of the examination.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2009 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.