Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2009 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/09 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper16 pages
















Mark scheme7 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.







Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. DC (SM) 18141/2 © UCLES 2009 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 2 3 3 8 8 4 4 3 9 0 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2009 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. For Examiner’s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total www.XtremePapers.com
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 Oefening 1 Lees die volgende inligting oor die nuwe sewe wonders van die wêreld wat deur meer as 100 miljoen mense wêreldwyd gekies is. Beantwoord daarna die vrae op die volgende bladsy. ‘Nuwe’ wonders is gebou om te hou • Die Groot Muur van China is op 6 400 km die grootste mensgemaakte struktuur wat ooit gebou is. Konstruksie het tussen 220 v.C. en 5 v.C. plaasgevind. • Petra in Jordanië is tweeduisend jaar gelede in die woestyn gebou. Die stad bestaan uit ornamentele pilare, grafte, teaters en beeldhouwerke wat uit die pienkrooi rots gekerf is. • Die Christus-beeld in Rio de Janeiro, Brasilië, is 38 meter lank en weeg meer as 700 ton. Dit het ’n asemrowende uitsig oor die stad. Die standbeeld is in 1931 opgerig en deur die Frans-Poolse beeldhouer Paul Landowski geskep. • Machu Pichu in Peru is in die middel van die 15de eeu tydens die toppunt van die Inkas se beskawing gebou. Minder as ’n 100 jaar later het hulle dié stad verlaat toe die Spanjaarde Peru binnegeval het. • Chichen Itza in Mexiko is deur die Maja-beskawing gebou. Die hoofaantrekking by dié ruïnes is die Tempel van Kukulcan. Dit is ’n trappiramide waar daar op die dag-en- nag-ewening in die lente en herfs ’n skaduwee van ’n geveerde slang, die Maja-god Kukulcan, oor die noordelike stel trappe val. • Die Colosseum is in Rome in Italië geleë en kon tydens die hoogtepunt van die Romeinse beskawing meer as 50 000 toeskouers hanteer. Dit is gebruik vir kompetisies en geleenthede wat dikwels baie wreed en bloeddorstig was. • Die Taj Mahal in Indië is deur die keiser Shah Jahan as ’n graf vir sy gunstelingvrou laat bou. Jahan was blykbaar só beïndruk met die eindresultaat dat hy beveel het dat die argitek se regterduim afgekap word sodat hy nooit weer iets so mooi kon ontwerp nie.
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over For Examiner’s Use 1 Hoe verskil die Groot Muur van China van ander bouwerke? …[1] 2 Uit watter materiaal is Petra gebou? …[1] 3 Watter twee van die sewe wonders het iets te doen met godsdiens? …[1] …[1] 4 Wat het versoorsaak dat die Inkas uit Machu Pichu vertrek het? …[1] 5 Hoeveel keer per jaar kan ’n mens die skaduwee van die geveerde slang by die Tempel van Kukulcan sien? …[1] 6 Wie het een van die wonders in die twintigste eeu ontwerp? …[1] 7 Hoe weet ’n mens dat Shah Jahan meer as een vrou gehad het? …[1] [Totaal : 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 Oefening 2 Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. Die Onderwysdepartement wil inligting insamel oor hoe gereeld leerders in graad 8 tot 12 televisie kyk. Johan Jacobs is in graad 11 aan die Hoërskool Punt. Hy het pas sestien geword en is op 15 September 1993 gebore. Hy bly in Markstraat 33, Arcadia, 5201, en sy selfoonnommer is 076 067 0553 en sy e-posadres is johanjacobs@mweb.co.za. Johan se skool se adres is Skoolstraat 1, Arcadia, 5201, die telefoonnommer is 043 553 7688. Die skool se e-posadres is hspunt@schools.org.za. In die somer speel Johan drie middae ’n week tennis en in die winter speel hy twee middae ’n week en Saterdagoggende sokker. Hierdie jaar gee hy twee middae ’n week van halfvier tot halfses rekenaarklasse by ’n kinderhuis. Gedurende die week is hy selde voor sesuur by die huis. In sy vrye tyd bring Johan graag tyd voor sy rekenaar deur. Sy gesin se breëbandaansluiting maak dit moontlik dat hy nie bekommerd oor tyd op die internet hoef te wees nie. Johan kyk nie baie televisie nie en is selektief wanneer hy wel kyk. Daar is Dinsdagaande ’n interessante natuurprogram op TV waarna hy graag kyk en hy geniet dit om Saterdagmiddae sport te kyk. Elke Donderdagaand werk hy en sy goeie vriend Don saam aan hul rekenaarprojekte.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over For Examiner’s Use Verbeel jou jy is Johan en vul die vorm op hierdie bladsy in: Departement van Kuns en Kultuur Opname Afdeling A Johan Jacobs Naam: Geboortedatum: … Hoërskool Punt Naam van skool: Graad: … Skool se besonderhede: • Posadres: … 043 553 7688 • Telefoonnommer: • E-posadres: … Afdeling B Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Ek kyk TV: 1 tot 2 dae ’n week 5 tot 6 dae ’n week 3 tot 4 dae ’n week 7 dae ’n week • Weeksdae kyk ek TV: Soggens Smiddae Saans • Naweke kyk ek TV: Soggens Smiddae Saans • Ek verkies die volgende soort TV-programme: Sepies Wetenskapsfiksie Geskiedenis Sport Rekenaar Musiek Films Wetenskap Kookkuns Nuus Natuur Reis [Totaal : 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 Oefening 3 Lees hierdie artikel oor uile en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Uile – jagters van die nag Uile kom oral ter wêreld voor, behalwe in die Antarktiese gebied. Daar is twee families uile: tipiese uile (meer as 120 spesies) behoort tot die familie Strigidae en die res (omtrent twaalf spesies) tot die familie Tytonidae. Daar is verskille tussen die twee families, maar ook baie ooreenkomste. Die uile van die familie Tytonidae verskil van die tipiese uile deurdat hulle hartvormige eerder as ronde gesigte het. Hulle het ook langer pote en kleiner oë, wat donker is en nooit geel soos dié van die meeste tipiese uile nie. Uile is beslis die bekendste nagvoëls. Die vrees dat ’n uil op jou huis se dak kom sit, is tradisioneel onder sekere bevolkingsgroepe. Party mense glo mos die uil is die nare boodskapper van ’n sterfte. Die uil is egter ’n wonderlike voël wat uitstekend aangepas is vir die donkerte. Uile hoor en sien uitstekend. Die skedels van baie uile is asimmetries – die ooropeninge sit op verskillende hoogtes. Dit stel die voël in staat om presies te bepaal waar die geluide vandaan kom wat ’n prooidier maak. ’n Uil se nek is baie beweeglik en kan tot 270 grade draai en die opvallendste ding omtrent hulle is daardie groot oë wat vorentoe wys, net soos ons mense s’n. Die grootte en vorm stel hulle in staat om die maan- en sterrelig van die nag die heel beste te gebruik. Hulle het ooglede, en hul knipvliese (deurskynende velplooie wat oor die oog getrek kan word om ’n derde ooglid te vorm) is baie belangrik om die oë te beskerm. Die uil se goed ontwikkelde rigtingsin en gehoor werk saam wanneer hy sy prooi vang. As hy iets hoor wat soos ’n prooi klink, draai hy sy kop in daardie rigting. Dan kos dit nog net een geritsel of ’n gepiep en … die prooi is so goed as dood. As hulle vlieg, doen hulle dit geruisloos. Die vlerke is groot in verhouding tot die res van hul liggaam en hul vere is sag. Dis dié dat die voëls so geruisloos sonder ’n vlerkgeklap deur die naglug kan beweeg en kan luister waar daar prooidiere is sonder om hul eie teenwoordigheid te verraai. Terwyl die uil afdaal, swaai hy sy pote vorentoe, en dan gryp sy kloue die prooi. Soos ander voëls het hy drie tone voor en een agter aan elke klou. Dis vir hom belangrik om stewig te kan vasgryp, ook omdat hy sy oë wil beskerm en hy hulle gewoonlik toemaak wanneer ’n prooidier onder hom spartel. ’n Uil se kloue is skerp en ferm. Wanneer hy vreet, trap hy op die prooidier en skeur stukke vleis met sy skerp snawel af. Uile vreet slegs lewende diere – van insekte tot slange, en soogdiere soos molle en muise tot selfs so groot soos hase. Hulle dra hul prooi weg om dit op te vreet nadat hulle dit gevang het en sluk gewoonlik hul prooi heel in. Onverteerbare dele van hul kos, soos bene, hare en vere, word saamgepers en as klein kompakte bolletjies opgebring. As ’n uil gesteur word, trek hy sy groot oë op skrefies. Die lyf kom regop, die vere word ingetrek en die veerkuifies op die kop staan orent. Met hierdie houding en die natuurlike kamoeflering van sy vere is die uil goed weggesteek tussen blare, rotse en skadu’s. Maar wag as die nag kom, boeta, dan is die uil in sy element. Dan gaan dit hoe-hoe later, hoe-hoe kwater...
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over For Examiner’s Use Jy gaan ’n kort praatjie oor uile in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. (a) Verskille tussen die twee uilfamilies: Tytonidae-uile het hartvormige gesigte, tipiese uile het ronde gesigte • • … [1] • … [1] (b) Uile se aanpassings vir die donker: • … [1] • … [1] • … [1] (c) Uile se eetgewoontes: • … [1] • … [1] • … [1] [Totaal : 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 For Examiner’s Use Oefening 4 Gebruik die teks oor uile en skryf ‘n opsomming oor die uil as jagter. Jy kan sommige van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/09 [Turn over BLANK PAGE BLAAI OM VIR OEFENING 5
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 Oefening 5 Een van jou goeie maats het kaartjies vir ’n baie spesiale musiekkonsert, opvoering of sportwedstryd in die hande gekry en nooi jou uit om saam te gaan. Jy wil vreeslik graag gaan, maar jou ouers het reeds ander reëlings vir daardie aand getref. Jy is vasberade om jou ouers te oorreed om jou saam met jou maat te laat gaan. Skryf die gesprek tussen jou en jou ma of pa in dialoogvorm. Noem die volgende: • Waarheen jy wil gaan • Waarom jy so graag daarheen wil gaan • Waarom jy dink jou ouers moet jou toelaat om eerder hierheen as na die ander geleentheid te gaan Jou dialoog moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou dialoog en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 Oefening 6 Die volgende berig handel oor San-tekeninge in Botswana. Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. San-tekeninge in Tsodilo-heuwels Die Tsodilo-heuwels lê diep weggesteek in Wes-Botswana en is uniek met 4 000 rotstekeninge wat daar voorkom. Tsodilo beteken “klam aarde”. Navorsers van oor die hele wêreld werk in hierdie Kulturele Wêrelderfenisgebied en doen navorsing oor die oeroue geskiedenis van die vroeë mense wat hier gewoon het. Om hierdie rede is dit is ook een van Afrika se belangrikste rotskunsgebiede. Die rotstekeninge beeld ’n lewendige en aktiewe interaksie van die vroeë bewoners met die natuur uit. Argeologiese bevindings dui daarop dat van die vroegste bewoners uit die Laat Middelsteentyd dateer. Werktuie van hout, been, klip, potskerwe, eenvoudige juweliersware en krale wat gevind is, toon ’n aktiewe handel onder die mense van die Laat Steentyd. Die vroeë mense het ’n ryk spirituele en kulturele lewenswyse gehad. Wilde diere en natuurverskynsels het ’n belangrike rol in hul daaglikse lewe gespeel. Wes van Tsodilo was daar mere en riviere waar die mense met beenharpoene visgevang het. Vis was ’n belangrike deel van hul dieet. Wanneer jy vandag die gebied besoek, kan jy dit skaars glo dat daar so baie binnelandse waters was. Deur die eeue was daar verskillende groepe mense wat daar gewoon het. Die !Kung en !Hambukushu is die belangrikste hiervan. Hierdie twee San-groepe word vandag nog in die skadu’s van die Tsodilo-heuwels aangetref. Vir hulle is dit ’n heilige plek. Hulle glo dat die gode hul voorouers vanuit die hemel daar neergelaat het en dat die heuwels aan hulle veiligheid en beskerming gegee het. Daar was genoeg kos en water in die omgewing sodat die vroeë mense hulle daar kon vestig. Dit was veral die spirituele aantrekkingskrag van rotswande en oorhange wat hulle daar laat bly het. Baie van die tekeninge daar lyk soos gravures, maar is met mensvingers geverf. ’n Duitse ontdekkingsreisiger, Siegfried Passarge, het in 1858 talle sketse van die rotstekeninge gemaak. Dit toon dat die tekeninge sedertdien nie verweer het nie. Afgesien van die kulturele nalatenskap is die natuurprag van die hele omgewing opvallend. Die ryk voëllewe, wild, plantegroei en uitsigte dwing ’n mens tot stilte. Kleurryke rotswande is treffend. Soos die son skuif, wissel die kleure teen die rots deur die dag van sagte pienk en ligte groen tot kopergeel teen sononder. ’n Goeie teerpad loop al langs die westelike oewer van die Okavangorivier en dan is daar ’n grondpad na Tsodilo. ’n Slingerpad loop sowat 40 kilometer deur ’n plat gebied en dan is daar skielik drie heuwels in die verte, ’n welkome gesig in die byna eentonige landskap. Die heuwels staan bekend as Man, Vrou en Kind. Van die hoogste pieke in Botswana kom hier voor. Daar is verskillende staproetes, maar van die mooiste en duidelikste tekeninge kom langs die Renosterroete van 10 km voor. Sierlike tekeninge van wilde diere, mensfigure en geometriese vorme pryk teen groot, hoë rotspanele. Die natuurlike eenvoud daarvan tref ’n mens as buitengewoon. Ja, in die Tsodilo-heuwels se boomryke klowe is dit werklik asof ’n mens deur ’n grot of antieke opelugtempel stap. Die daaglikse lewe van hierdie primitiewe mense word lewend en jy hoor hul stemme en bedrywigheid tussen die rotse en oorhange en sien beelde van dansende San-mense by hul vure in die voorjare.
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over For Examiner’s Use 1 Waarom is die rotskuns in die Tsodilo-heuwels so belangrik vir navorsers? …[1] 2 Noem twee dinge wat navorsers oor die lewe van die vroeë mense uitgevind het. …[1] …[1] 3 Gee die betekenis van die naam Tsolido en verduidelik hoe dit pas by hoe die omgewing eers was. …[1] …[1] 4 Verduidelik waarom die San-groepe die Tsolido-heuwels as ’n heilige én nuttige plek beskou. … …[2] 5 Hoe is die rotstekeninge in die Tsodilo-heuwels gemaak? …[1] 6 Watter bewys gee die skrywer dat die rotskuns nie beskadig is nie? …[1] 7 Waarom sal die Tsodilo-heuwels ’n interessante vakansiebestemming wees vir mense wat in meer as een aktiwiteit belangstel? … …[1] [Totaal : 10]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 Oefening 7 Lees die volgende woorde van tieners: • My kuns is soos terapie vir my! • Sokker hou my weg van dwelms en van bendes. • As ek hard oefen om ’n goeie atleet te wees, het ek nie tyd vir nonsens in my lewe nie. • Die mense in my jeuggroep is soos familie vir my … ek kan al my probleme met hulle bespreek. Skryf ’n berig vir die skoolkoerant oor waarom dit belangrik vir tieners is om betrokke by kulturele bedrywighede of sport te wees. Kies ’n goeie opskrif vir jou berig. Jou berig moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou menings goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/09 © UCLES 2009 For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/09 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Question 1 © Carla Lewis; 7 Nuwe wonders is gebou om te hou; p.6; Die Burger; Media 24. Questions 3 & 4 © Uile - voëls van die nag; Huisgenoot, Ons wonderlike wêreld CD; Media 24; 2004. Question 6 © San-tekeninge in Tsodilo-heuwels; p.2; Die Burger, Bylae; Media 24; 11/9/07. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education MARK SCHEME for the October/November 2009 question paper for the guidance of teachers 0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/01 Paper 1 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • CIE will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. CIE is publishing the mark schemes for the October/November 2009 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses. www.XtremePapers.com
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 01 © UCLES 2009 Oefening 1 1 (Dis die) grootste mensgemaakte struktuur/bouwerk. [1] 2 (pienkrooi) rots [1] 3 Die Christus-beeld [1] Chichen Itza (die Tempel van Kukulcan) [1] 4 Die Spanjaarde het Peru binnegeval. [1] 5 twee keer [1] 6 Paul Landowski [1] 7 Die Taj Mahal is ’n graf vir sy "gunsteling"-vrou. [1] [Totaal: 8] Oefening 2 Geboortedatum: 15 September 1993 Graad: 11 Adres: Skoolstraat 1, Arcadia, 5201 E-posadres: hspunt@schools.org.za Ek kyk TV: 1 tot 2 dae 'n week Weeksdae kyk ek TV: Saans Naweke kyk ek TV: Smiddae Ek verkies die volgende soort TV-programme: Sport Natuur [Totaal: 9]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 01 © UCLES 2009 Oefening 3 Antwoorde moet verkieslik in notavorm wees, maar kandidate word nie vir volsinne gepenaliseer nie. (a) Tytonidae het langer pote as tipiese uile. Tytonidae het kleiner/donkerder oë as tipiese uile. [2] (b) Enige drie van die volgende: Hulle sien uitstekend. Hul oë is beskerm deur ekstra ooglid. Hulle hoor uitstekend (ore verskillende hoogtes). Hulle vlerke is groot met sagte vere sodat hulle geruisloos kan vlieg. Hulle het 'n goeie rigtingsin. Hulle het 'n baie beweeglike nek. [3] (c) Enige drie van die volgende: Hulle vreet slegs lewende diere. Hulle vang reptiele, insekte en soogdiere. Hulle sluk hul prooi heel in. Hou prooi met pote vas terwyl hul stukke met snawel afskeur. [3] [Totaal: 8] Oefening 4 Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal irrelevant tot die taak is, word ’n nulpunt toegeken. Tel die woorde en moenie enigiets na 80 woorde (soos in die opdrag gespesifiseer) nasien nie. Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk skryf nie, maar word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie. 0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige probleme met uitdrukking / niks relevant nie 1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig 2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ’n mate van ’n gevoel vir volgorde 3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en te orden 4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening; hoofsaaklik eie woorde 5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening, bykans heeltemal in eie woorde geskryf Die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80 woorde genoem word: Die uil se gehoor en sig is uitstekend aangepas om te jag. Die uil kan geruisloos beweeg en het 'n goeie rigtingsin wat goed vir jag is. Die uil jag snags. Die uil jag, insekte, slange en soogsdiere so groot as hase. Die uil gryp sy prooi in sy skerp kloue en dra dit weg. Hy verskeur dan die prooi terwyl hy daarop sit of sluk dit heel in. [Totaal: 5]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 01 © UCLES 2009 Oefening 5 Dialoog van 150 tot 200 woorde lank. Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7. [Totaal: 15] Oefening 6 1 Die rotstekeninge wys hoe die vroeë bewoners in die natuur gelewe het. [1] 2 Enige twee van die volgende (een punt per korrekte antwoord): Hul opgrawings toon dat die mense aktief handel gedryf het. Die mense het ’n ryk spirituele en kulturele lewe gehad. Diere en die natuur was 'n belangrike deel van hulle daaglikse lewe. [2] 3 Tsolido beteken klam aarde. [1] In die omgewing van Tsolido was daar eers mere en riviere. [1] 4 Heilig: Hulle glo die gode het hul voorouers daar geplaas. [1] Nuttig: Die heuwelagtige omgewing bied sekuriteit / daar is genoeg kos en water. [1] 5 Mense het dit met hul vingers geverf. [1] 6 Die sketse wat in 1858 deur Siegfried Passarge gemaak is, is die bewys. [1] 7 Byvoorbeeld: Mense kan na die rotstekeninge kyk en die staproetes geniet. [1] [Totaal: 10] Oefening 7 Koerantberig: 200 tot 250 woorde lank Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van taalgebruik. Sien die aantekeninge en nasienskema op bladsye 5–7. [Totaal: 15]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 01 © UCLES 2009 Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening 7 • Ken aan die antwoord ’n punt (uit agt) vir inhoud (I) en ’n punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit 15) neer. • Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van doel/ teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees). • Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe). • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie. • Wanneer daar op ’n punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Wanneer daar op ’n punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid van die taalgebruik gekyk word. ’n Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die paragrafering as ’n faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste punt in die kategorie verdien. • Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie. • Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0 punte vir Inhoud en Taal toegeken word. • Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang punte vir Taal beskikbaar.
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 01 © UCLES 2009 Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7 Punte- kate- gorie INHOUD: relevansie en ontwikkeling van idees (AO: W1, W2) Punte- kate- gorie TAAL: styl en akkuraatheid (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5) (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7) 8 Hoogs doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met deurgaans gepaste register en uitstekende aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Toon onafhanklike denke. Idees goed ontwikkel, die gepaste lengte en oorredend. Gehalte word deurgaans volgehou. Genotvol om te lees. Die leser se belangstelling word gewek en behou. 7 Vlot • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid. Vloeiende styl. Selfversekerde en uitgebreide gebruik van taal, idioom en tye. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie min. Goed gekonstrueerde paragrawe wat aaneenskakel. 6–7 Doeltreffend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met gepaste register en ’n goeie aanvoeling vir doel en teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Idees goed ontwikkel en ’n gepaste lengte. Prikkel die leser se belangstelling. 6 Presies • Styl: Sinne toon verskeidenheid van strukture en lengte. ’n Mate van styl en uitdrukking. Gebruik idiome en gebruik woordeskat presies. Daar kan egter onbeholpe styl wees wat lees minder genotvol maak. • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat, maar sporadiese frustrerende foutjies. Daar is paragrawe wat ’n mate van eenheid toon, alhoewel skakels afwesig of onvanpas kan wees. 4–5 Bevredigend • Relevansie: Voldoen aan die taak, met ’n redelike poging om die gepaste register te gebruik, en ’n mate van ’n aanvoeling vir doel en teikengehoor. ’n Bevredigende poging is aangewend om die onderwerp te dek, maar daar kan afdwalings wees. • Ontwikkeling van idees: Materiaal is bevredigend ontwikkel en ’n gepaste lengte. 4–5 Veilig • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige strukture en woordeskat; wend soms ’n poging aan om meer gesofistikeerde taal te gebruik. • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik en werk is van ’n veilige, geletterde standaard. Eenvoudige strukture is meestal korrek, benewens seldsame spelfoute wat nie kommunikasie belemmer nie. Grammatikale foute kom voor wanneer groter sofistikasie probeer word. Paragrawe word gebruik, maar sonder samehang of eenheid.
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper IGCSE – October/November 2009 0548 01 © UCLES 2009 2–3 Gedeeltelik relevant • Relevansie: Gedeeltelik relevant en ’n mate van ’n poging is aangewend om oor die onderwerp te skryf. Voldoen nie heeltemal aan die taak nie, hoewel daar positiewe aspekte is. Onvanpaste register, met te min bewustheid van doel en/of teikengehoor. • Ontwikkeling van idees: Verskaf wel besonderhede en verduideliking, maar die effek is onvolledig. Herhaling kom voor. 2–3 Foute maak inbreuk • Styl: Eenvoudige strukture en woordeskat. • Akkuraatheid: Betekenis is soms onduidelik. Gereelde foute belemmer presisie en lees. Dit belemmer kommunikasie egter nie ernstig nie. Paragrawe afwesig of lukraak. 0–1 Min relevansie • Wel beperkte hantering van onderwerp, maar dit word deur digtheid van foute verskuil. Ken 1 punt toe. • Onderwerp word geensins gedek nie, of, indien wel tot ’n mate, digtheid van foute maak dit onmoontlik om raak te sien. Ken 0 punte toe. Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is, kan geen punt vir taalgebruik toegeken word nie. 0–1 Moeilik om te verstaan • Deurgaans veelvoudige soorte foute in grammatika/spelling/woordgebruik/ punktuasie, wat dit grootliks moeilik verstaanbaar maak. Soms kan ’n mate van sinvolheid bespeur word. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punt toe. • Digtheid van foute verskuil betekenis. Hele gedeeltes onmoontlik om as Afrikaanse skryfwerk te herken. Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1 punte toe.
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2009 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.