Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2008 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/08
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper16 pages
















Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. SP (SLM) T66923/3 © UCLES 2008 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 0 9 4 3 1 9 6 1 6 7 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2008 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. For Examiner’s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total www.XtremePapers.com
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 Oefening 1 Lees die volgende inligting oor interessante goed wat toeriste in die Oos-Kaap kan doen. WAT OM TE DOEN 1 Addo-krokodil-en-leeu-plaas Addo, 9 km van die parkhek, 041-233-0369 Behalwe die omtrent veertig krokodille sal jy leeus, tiere, ape en nog ander diere kan sien. Daar is dikwels ook leeuwelpies wat besoekers kan vashou en streel. 2 Apple Express Vertrek vanaf die Humerail-stasie, Port Elizabeth, 041-233-0619 Ry met die stoomtrein van Port Elizabeth na Thornhill (ongeveer 53 km) vir ’n piekniek en besoek die Vanstadensbrug, die hoogste smalspoorbrug ter wêreld. 3 Daniell-jagluiperdtelery 40 km van Uitenhage, 082-871-0012 Kom geniet die pragtige jagluiperds – ook in die omheining saam met ’n gids! 4 Olifantsafari’s In die Zuurberg-omgewing, 34 km van die Addo-park, 041-235-1400 Geniet ’n rit van twee uur op die rug van ’n olifant. Betaal halfprys vir kinders onder vyf. 5 Addo-olifantpark Tussen Addo en Paterson, 041-233-0556/7, www.sanparks.org. Daar is ’n nuwe hek op die N2 naby Colchester. Nêrens anders ter wêreld kan jy moontlik die Groot Sewe sien nie. Met ’n deel van die park aan die kus nou oop, kan Addo ook witdoodshaaie en noorkapperwalvisse by die Groot Vyf voeg. Die grootste trekpleister bly egter die meer as 450 olifante in die park. WAAR OM TE EET 1 De Viswijf (Diazweg, Jeffreysbaai, 041-293-3921) ’n Gesinsvriendelike eetplek oorkant ’n fantastiese strand vir branderplankryers. 2 Homeleigh Farm (Uit Kragga Kammaweg, Port Elizabeth, 041-379-2901) Kinders sal dol daaroor wees om op ’n trekker te ry, koeie te melk en die bokke, donkies, volstruise en emoes te bekyk terwyl jy eet. 3 The Sandbar, ’n drywende restaurant (River’s Bend, naby Kenton, 046-648-2192) Geniet die son en seekos, of ’n ribbetjie of twee, op ’n huisboot op die strandmeer.
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 [Turn over For Examiner’s Use 1 Waarom sal iemand wat lief vir babadiertjies is, dit geniet om na die Addo-krokodil-en-leeu- plaas te gaan? …[1] 2 Wat is die Apple Express? …[1] 3 Wanneer kan ’n mens in die jagluiperds se omheining by die Daniell-telery gaan? …[1] 4 Wie sal die meeste betaal om op ’n olifantsafari te gaan, ’n groep van vier volwassenes of ’n groep van twee volwassenes en drie kinders onder vyf? …[1] 5 Watter twee soorte seediere kom aan die kus by die Addo-park voor? …[2] 6 Waarom besoek die meeste mense die Addo-park? …[1] 7 Wat maak die Sandbar-restaurant ’n spesiale plek? …[1] [Totaal : 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 Oefening 2 Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. Die Departement van Kuns en Kultuur wil inligting insamel oor die leesgewoontes van leerders in graad 10 en graad 11. Melissa Marks is ’n graad 11-leerder aan die Hoërskool Sukses. Sy is 16 jaar oud en is op 1 September 1992 gebore. Haar adres is Rivieraweg 17, Killarney, 2193 en haar telefoonnommer by die huis is 011-486-5942. Haar selfoonnommer is 073-446-4466 en haar e-posadres is melissa@mweb.co.za. Melissa se skool se adres is Parkstraat 9, Killarney, 2193 en die telefoonnommer is 011-486-2323. Die skool se e-posadres is sukses@schools.org.za. Melissa se ouers koop gereeld die Star- en die Beeld-koerant. Melissa verkies die Beeld. Melissa behoort aan die munisipale biblioteek en neem minstens een keer per maand boeke uit. Sy neem gewoonlik drie boeke op ’n slag uit, maar geniet dit om fiksie en nie- fiksie te lees. Wanneer sy fiksie lees, lees sy veral speurverhale en wetenskapsfiksie. Sy hou nie van liefdesverhale of rillers nie, maar neem graag biografieë en boeke oor musiek by die niefiksie-afdeling uit. Melissa se beste vriendin Karen is dol oor avontuurverhale en rillers, maar sy geniet ook wetenskapsfiksie. Melissa en Karen gaan dikwels saam biblioteek toe. Omdat Melissa se ma Afrikaanssprekend en haar pa Engelssprekend is, is Melissa heeltemal tweetalig. Sy lees graag Engelse en Afrikaanse boeke en leer nou ook Sotho en Frans. Melissa gebruik ook die skoolbiblioteek, maar meestal om inligting vir projekte te kry. By die huis is haar rekenaar aan die Internet gekoppel en gebruik sy dit wanneer sy skoolprojekte doen.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 [Turn over For Examiner’s Use Verbeel jou jy is Melissa en vul die vorm op hierdie bladsy in: Departement van Kuns en Kultuur Opname Afdeling A Melissa Marks Naam van persoon wat hierdie vorm invul: … Geboortedatum: … Hoërskool Sukses Naam van skool: … Besonderhede in verband met skool: • Posadres: … • Telefoonnommer: … sukses@schools.org.za • E-posadres: … Afdeling B Naam van die koerant wat jy die meeste lees: … Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Ek besoek die biblioteek: Een maal per week Twee maal per maand Een maal per maand Minder as een maal per maand • Ek verkies: Historiese fiksie Rillers Liefdesverhale Speurverhale Tienerverhale Avontuurverhale Handleidings Biografieë Wetenskapsfiksie • Ek lees boeke in die volgende tale: … [Totaal : 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 Oefening 3 Lees hierdie artikel oor luiperds en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Die alleenlopers Die luiperd is nie net een van die Groot Vyf nie, maar ook die vierde grootste kat in die wêreld. Net die jaguar, leeu en tier is groter. ’n Luiperdmannetjie kan tot 90 kg weeg. Wyfies is omtrent twee derdes so groot soos mannetjies. Vir sy grootte is die luiperd ’n baie sterk kat. Al is die luiperd ’n groot dier, sien ’n mens hom nie sommer maklik in die natuur raak nie. Hy slaap gewoonlik bedags in bome. Die luiperd het baie sterk bene, ’n swaar borskas, ’n dik nek en ’n lang stert. Sy kort pels is ’n wit, strooiagtige kleur tot oker of goudbruin en selfs swart, met groot swart kolle daarop. Anders as leeus wat in groepe saamwoon, is luiperds alleenlopers. Hulle kom net bymekaar wanneer hulle paar en is veral nagdiere. Omdat die meeste luiperds gedurende die dag slaap, moet ’n mens op ’n nagtoer gaan as jy een wil sien of vroegoggend en laatmiddag op die uitkyk vir hulle wees. Kyk mooi, want hulle is goed gekamoefleer, skugter, uitgeslape en baie gevaarlik. Luiperds jag op verskillende maniere. Soms jag hulle op die grond en maak hul prooi moeg voor hulle hom doodmaak deur hom om die nek te gryp en stadigaan te versmoor. Ander kere lê luiperds in ’n boom en wag vir hul prooi. Wanneer die prooi onder die boom verbybeweeg, gryp die luiperd die dier aan die agterkant van die nek en trek hom in die boom op. Luiperds neem ook maklik prooi by ander diere af en eet alles van bokke tot honde tot bobbejane! Volgens natuurkenners sluit die diere se dieet ook jakkalse, erdvarke, slange, voëls en selfs rotte in. Omdat luiperds alleen jag, is dit belangrik dat hulle hulself nie beseer nie. Hulle sal dan honger ly en dit kan selfs die dood beteken. Hulle het groot gebiede nodig om in te jag. ’n Mannetjie se jaggebied kan enigiets van 6 km2 tot 63 km2 wees en ’n wyfie s’n van 6 km2 tot 13 km2. ’n Mannetjie en ’n wyfie se jaggebiede oorvleuel soms. ’n Luiperd merk sy gebied deur bome te krap en urine te sproei. Hoewel luiperds groot jaggebiede nodig het, is hulle meer aanpasbaar as leeus en tiere as hul gebied byvoorbeeld as gevolg van menslike ontwikkeling kleiner word. Luiperds is al in die nag in die strate van Nairobi, die hoofstad van Kenia, gehoor, wat wys hoe min hulle vir die mens bang is! Luiperds kan twee tot drie keer per jaar kleintjies kry. ’n Wyfie is negentig tot honderd dae lank dragtig en kry gewoonlik een tot drie welpies op ’n keer. Welpies is binne dertien tot agttien maande onafhanklik, maar bly gewoonlik tot tweejarige ouderdom by hul ma. Die lewe is uitdagend vir ’n luiperdwelpie en slegs omtrent 50 persent van hulle bereik volwassenheid. Voor mense en hul aktiwiteite ’n groot uitwerking op luiperds se natuurlike habitat gehad het, was hulle wyd versprei oor die wêreld heen. Hulle was volop in Afrika, behalwe in die Sahara, en ook in Klein-Asië. Hulle kom vandag nog in Afrika suid van die Sahara, in die suide van Asië en in die Arabiese skiereiland voor. Luiperds kan in verskillende habitats oorleef. Van al Afrika se katte is dit die enigste spesie wat in reënwoude en in woestynagtige dele voorkom. Dit is juis die rede hoekom hul voortbestaan tot dusver verseker is.
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 [Turn over For Examiner’s Use Jy gaan ’n kort praatjie oor luiperds in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Luiperds (a) Hoe verskil luiperds van leeus? Luiperds is kleiner as leeus. • … • … • … (b) Op watter maniere kry luiperds kos in die hande? • … • … • … (c) Waar kom luiperds vandag voor? • … • … • … [Totaal : 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 For Examiner’s Use Oefening 4 Gebruik die teks oor luiperds op bladsy 6 en skryf ’n opsomming oor die luiperd as jagter. Jy kan sommige van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/08 [Turn over TURN TO PAGE 10
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 Oefening 5 KOMPETISIE JONG SKRYWERS Ons wil hê jy moet ons vertel van ’n spesiale persoon in jou lewe. Dit kan enigiemand wees wat ’n belangrike rol in jou lewe speel. Uitstekende pryse om te wen! Jy het pas dié advertensie gelees en besluit om in te skryf. Skryf ’n opstel van omtrent 150 tot 200 woorde. Onthou om die volgende te noem: • Wie is die persoon? • Waarom is hierdie persoon spesiaal vir jou? • Watter rol speel die persoon in jou lewe? Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou opstel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 [Turn over For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 Oefening 6 Die volgende koerantberig handel oor fietse wat ook met batterye werk. Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. Kaapse e-fiets gebruik 10 sent se krag vir 25 km Die spitsverkeer in die oggende en middae raak ’n al hoe groter probleem. Gedurende die afgelope tien jaar het meer mense na die stede getrek; gevolglik het die aantal voertuie op ons paaie drasties toegeneem. Die e-fiets wat vir net tien sent altesaam 25 km kan aflê, is dalk die antwoord op oorvol paaie en verkeersknope in Suid-Afrika. Hierdie omgewingsvriendelike fiets is ’n kort rukkie gelede deur dr. Ian de Vries in Port Elizabeth bekendgestel. Hy is ’n elektriese ingenieur van die Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie in Kaapstad. Volgens De Vries is ’n elektriese fiets niks nuuts nie, maar vooruitgang in tegnologie het dit nou baie meer bekostigbaar vir mense met ’n gemiddelde inkomste gemaak. Veral in Indië en China het dié fietse baie gewild geraak en in die laasgenoemde land alleen is verlede jaar 12 miljoen e-fietse verkoop. Die Chinese fietse kan, as hulle effens aangepas word, hier in Suid-Afrika beskikbaar gestel word. Een Suid-Afrikaanse e-fiets sal R4 000 kos. Die aanpassings is nodig omdat die Suid-Afrikaners ’n groter liggaamsbou as Chinese het en die terrein hier baie meer ongelyk is. Hoe word ’n e-fiets gemaak? ’n Gewone fiets met pedale word met ’n battery toegerus. Hierdie battery kan eenvoudig soos ’n selfoon by ’n muurprop herlaai word. Die krag word uit die battery gevoer na ’n motor wat die fiets kan aandryf tot ’n spoed van sowat 30 km per uur. As die fietsryer net op die batterykrag staatmaak en dus glad nie self trap nie, kan die fiets sowat 25 km ver ry voordat die battery pap is. Jy kan egter krag bespaar deur op gelyk grond en afdraandes te trap. Op hierdie manier kan jy die ry-afstand vergroot en die battery langer laat hou. Wanneer ’n mens die battery wil herlaai, sal dit sowat 10 sent kos en dit sal omtrent R6 kos om van Kaapstad na Johannesburg te ry (ons is net nie seker hoe lank hierdie reis sal duur nie). In swaar verkeer ry die e-fiets teen dieselfde spoed en soms selfs vinniger as ’n motor wat moet stilhou en ry, volgens dr. De Vries. De Vries sê verder dat die fietse deur meer mense op die platteland gebruik sal word wanneer hierdie gebiede elektrisiteit kry. Die fietse sal dan maklik aangepas kan word en selfs vragte soos vuurmaakhout en ’n paar sakke inkopies en kinders kan vervoer. As dieselfde persentasie Suid-Afrikaners as Chinese die fietse aanskaf, sal 500 000 Suid-Afrikaners e-fietse hê. Volgens De Vries sal dit egter nie gebeur nie omdat arm Suid-Afrikaners nie die prys kan bekostig nie en omdat mense blootgestel voel in die verkeer en aan misdadigers. Daar is planne om geld beskikbaar te maak sodat arm mense die fietse kan kry. Daar word ook verwag dat die pryse oor twee tot drie jaar tot R2 000 per fiets sal daal. Dit is volgens De Vries baie belangrik dat die regering nou al paaie vir fietsverkeer beplan. Gedurende ’n onafhankelike meningspeiling was daar uiteenlopende reaksies. Meneer Rafiek Amardien, ’n plaaslike sakeman, sê hy sal hom nie op so ’n fiets in die verkeer waag nie. “Dit is heeltemal te gevaarlik.” ’n Skolier, daarenteen, se opgewonde reaksie was “cool man, cool”.
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 [Turn over For Examiner’s Use 1 Verduidelik waarom hierdie soort fiets ’n e-fiets genoem word. …[1] 2 Hoe verskil die moderne e-fietse van vorige e-fietse? …[1] 3 Gee twee redes waarom die Chinese e-fietse nie net so in Suid-Afrika gebruik kan word nie. …[1] …[1] 4 Ongeveer hoe lank sal dit ’n mens neem as jy 25 km op ’n e-fiets ry sonder om self te trap? …[1] 5 Waarom kan e-fietse nog nie oral gebruik word nie? …[1] 6 Selfs wanneer e-fietse goedkoper word, sal party mense wat dit kan bekostig, dit nie wil gebruik nie. Gee twee redes waarom nie. …[1] …[1] 7 Hoe verskil die twee menings wat in die laaste paragraaf in die teks gegee word? … …[2] [Totaal : 10]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 Oefening 7 Lees die volgende inligting oor ’n studie van tieners en selfone: • Daar is bevind dat tieners en hul selfone onafskeidbaar is. • Amper die helfte van alle tienermeisies voel asof niemand vir hulle omgee wanneer niemand hulle bel of SMS nie. • SMS'e word gebruik om met die minste risiko en die meeste diskresie iemand vir 'n romantiese afspraak te vra. • Die selfoon het die belangrikste elektroniese toestel vir tieners geword. Skryf ’n berig vir die skoolkoerant oor die rol wat selfone in tieners se lewe speel. Kies ’n goeie opskrif vir jou berig. Die berig moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/08 © UCLES 2008 For Examiner’s Use … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/08 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Oefening 3 © ‘Die Groot Vyf: Luiperds’; Huisgenoot, 5 October 2006. Oefening 6 © Antoinette Slabbert; ‘Kaapse e-fiets gebruik 10 sent se krag vir 25 km’; Die Burger, 30 August 2006. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.