Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2007 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0548/11/O/N/07
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper16 pages
















Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. SP (NF) T33968/4 © UCLES 2007 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 1 1 4 8 5 7 6 1 2 3 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2007 1 hour 30 minutes Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. For Examiner’s Use Total www.XtremePapers.com
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/07 © UCLES 2007 Oefening 1 Lees die volgende advertensie oor interessante mites en feite oor diere en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. DIEREnotas: Die waarheid oor ons DIERbares Mite: Diere wat gesteriliseer is, sit gewig aan. Feit: Sterilisering maak nie diere vet nie. As jou troeteldier oorgewig is, is dit omdat hy te veel eet en te min oefening kry. ’n Dier se dieet moet pas by sy ouderdom, aktiwiteite en leefwyse. Mite: Katte kan nie geleer word om aan ’n leiband te loop nie. Feit: Die meeste katte kan maklik geleer word om aan ’n leiband te loop. Omdat katte nuuskierig is, kan ’n lang uitstappie baie opwindend wees. Hou jou kat weg van bome waar hulle dalk kan inklim en vassit. Mite: Katte moet melk drink. Feit: Die meeste katte hou van melk, maar het dit nie nodig as hulle ’n goeie dieet volg nie. Dit kan ook tot diarree lei. Bederf hulle liewer soms met ’n bietjie room. Mite: Ek kan my hond in die erf vasmaak tot ek ’n muur laat bou. Feit: Dis onmenslik om jou hond vas te maak. Dit maak honde aggressief. Gereelde, lang wandelinge sal help, anders moet jy liewer wag tot die muur om jou erf gebou is voor jy ‘n hond kry. Mite: As ’n hond se neus koud is, is hy gesond. Feit: ’n Hond se neus is koud omdat vog verdamp wanneer die hond sy neus lek. Jou hond kan baie siek wees en steeds ’n koue neus hê. Mite: Bene hou honde gesond. Feit: Met die regte dieet sal jou hond nie bene nodig hê nie. Hoender- en varkbene kan maklik splinter en is baie gevaarlik. Beesbene is veiliger en help met die skoonmaak van die tande, maar kan ook splinter en veroorsaak dat jou hond verstik. Moet nooit jou hond sonder toesig ’n been laat kou nie. Mite: Dit is normaal vir ’n hond om ’n slegte asem te hê. Feit: Onaangename asem kan normaal wees, maar ’n “slegte” asem kan ’n teken van tandbederf wees. Vra jou veearts om gereeld na jou hond se tande te kyk.
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/07 [Turn over For Examiner’s Use © UCLES 2007 1 Noem twee dinge wat veroorsaak dat diere vet word. …[1] …[1] 2 Waarom sal katte heel moontlik uitstappies geniet? …[1] 3 Waarom kan dit sleg vir ’n kat wees om melk te drink? …[1] 4 Wat kan jy soms vir jou kat gee om hom te bederf? …[1] 5 Watter negatiewe uitwerking kan dit op ’n hond hê as hy vasgemaak word? …[1] 6 Waarom kan bene gevaarlik vir honde wees? …[1] 7 Waarom is dit goed dat ’n veearts gereeld na ’n hond se tande kyk? …[1] [Totaal : 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/07 © UCLES 2007 Oefening 2 Lees eers hierdie teks: Wesley Jacobs is 16 jaar oud en is een van ’n groep van twaalf leerders (ses meisies en ses seuns) van die Hoërskool Voorspoed wat tydens die komende vakansie ’n kursus by die Drakensberg-kultuursentrum gaan bywoon. Hoërskool Voorspoed is in Durban en die telefoonnommer is (031) 689-9154. Die skool se adres is Kloofstraat 20, Kloof, 3640, Durban en die e-posadres is voorspoed@schools.org. za. Wesley se huisadres is Avokadolaan 7, Kloof, 3640, Durban en die telefoonnommer is (031) 689-2323. Wesley se e-posadres is wesley@iafrica.com. Die kursus wat die twaalf leerders bywoon, vind van Maandag, 3 Desember tot Woensdag, 5 Desember plaas. Omdat hulle die Maandagoggend vroeg moet registreer, gaan hulle reeds die Sondagmiddag na die Kultuursentrum en slaap die aand daar. Die Woensdag maak hulle om eenuur die middag klaar en vertrek dan terug Durban toe. Hul onderwyseres, me. T. Marais, gaan saam met hulle. Die kursus wat hulle gaan bywoon, fokus op verskillende kulture van Suider-Afrika. Hul program begin elke oggend om agtuur. Op die een dag moet leerders kies of hulle ’n praatjie oor die Nguni-kultuur of die Sotho-kultuur wil bywoon. Die groep van Hoërskool Voorspoed het besluit hulle wil in die Nguni-groep wees. Al is Wesley en die ander leerders nie Afrikaanssprekend nie, wil hulle die kursus bywoon om ook hul Afrikaans te verbeter. Hulle wil dus hê die personeel by die sentrum moet Afrikaans met hulle praat. Die leerders gaan by die Kultuursentrum tuis. Hulle slaap in dubbelkamers. Die meisies se slaapkamers is aan die oostekant van die kompleks en die seuns slaap aan die westekant. Die personeel slaap in enkelkamers in die middelste vleuel. Al die leerders van die Hoërskool Voorspoed eet vanaf Sondagaand tot Woensdagoggend by die Kultuursentrum. Wanneer hulle die Woensdag vertrek, gaan hulle êrens op pad stop vir middagete. Twee van die leerders is vegetariërs en een is vreeslik allergies vir grondboontjies. Die organiseerders van die kursus het die volgende vorm gestuur om ingevul te word sodat alles glad kan verloop. Wesley is gevra om die vorm namens die groep in te vul. Verbeel jou jy is Wesley en vul die vorm op die volgende bladsy in.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/07 [Turn over For Examiner’s Use © UCLES 2007 Drakensberg-kultuursentrum Inligtingsblad Vul asseblief die hele vorm in. Wesley Jacobs Afdeling A Naam van persoon wat hierdie vorm invul: … Hoërskool Voorspoed Besonderhede in verband met organisasie: • Naam van organisasie: … • Posadres: … • Telefoonnommer: … • E-posadres: … voorspoed@schools.org.za Afdeling B Duur van verblyf (gee datums): … Verblyf nodig vir leerders: kamers vir meisies: …; kamers vir seuns: … Verblyf nodig vir volwassenes: vroulik: …; manlik: … 1 0 Afdeling C Om ons te help om julle program te beplan: Maak ’n regmerkie by die gepaste opsie: Sotho-groep Nguni-groep In watter taal moet julle aktiwiteite aangebied word? Afrikaans Xhosa Engels Zoeloe Sotho Ander (noem asb.) … Afdeling D Om ons kombuispersoneel te help: Spesiale versoeke in verband met kos: … … Dui aan of middagete op die laaste dag verlang word: Ja Nee [Totaal : 9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/07 © UCLES 2007 Oefening 3 Lees hierdie artikel oor pikkewyne en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Pikkewyn, jy’s piekfyn! Hierdie kusvoëls wat ’n mens soms laat lag met hul swart-wit kerkpakkies en penregop stappie, het ’n paar interessante gewoontes en ‘n lang geskiedenis. Reuse van lank gelede Wetenskaplikes sê pikkewyne bestaan al 48 miljoen jaar lank. Hulle is die afstammelinge van voëls wat miljoene jare gelede kon vlieg. Van dié voëls wat aan die kus geleef het, het geleer om te duik en te swem. Volgens navorsing oor fossiele het pikkewyne lank gelede sterk meegeding om kos. Hulle het van dieselfde kos as robbe en klein walvisse geleef. Omdat almal dieselfde kos wou eet, het 32 soorte pikkewyne uitgesterf. Van die belangrikste pikkewynfossiele is in Nieu-Seeland opgegrawe. Volgens dié fossiele was die ou pikkewyne heelwat groter. Die grootste spesie was tot 1,5 m lank en het 90 tot 135 kg geweeg! Pikkewyne aan ons kus vandag Pikkewyne word as voëls geklassifiseer al kan hulle skaars vlieg. Daar is sewentien soorte pikkewyne. Die spesie wat aan die Afrika-kus voorkom, is die brilpikkewyn. Hoe lyk hulle? Die brilpikkewyn beweeg op land en in die see. Hulle is omtrent 60 cm lank en weeg 2,4 tot 3,6 kg. Brilpikkewyne kan uitgeken word aan hul swart-wit kleurpatroon. Dit lyk amper of hulle ’n manel (swart aandbaadjie met ’n lang stert) aanhet, hul pote is swart en daar is ’n swart “masker” oor hul oë. Oor hul wit bors is ’n swart streep soos ’n halfmaan en hul wit maag is effens gespikkel. Wanneer die voëls in die water rondduik, help die swart rugkant om hulle teen vyande te beskerm omdat hulle dan moeilik van bo af gesien kan word. Mannetjies is gewoonlik effens groter as wyfies. Jong brilpikkewyntjies se “manelle” is nog nie heeltemal swart nie, maar blougrys. Hulle het ook nog nie die swart masker en die swart halfmaan op die bors nie. Eetgewoontes Brilpikkewyne leef meestal van diepseevis wat in skole rondswem, soos sardientjies. Maar hulle sal ook inkvis en skaaldiere eet. Hulle moet dikwels ver agter kos aan beweeg – soms tot 110 km op ’n slag. Pikkewyne soek ook kos deur in die see af te duik. Hulle duik dikwels tot twee en ’n halwe minute lank en so 30 m diep. Beskerming Al die pikkewynsoorte word al hoe minder. Net 10 persent van die oorspronklike getal brilpikkewyne is oor. In 1900 het byna 1,5 miljoen voëls op Dasseneiland aan die Kaapse kus gebly. In die vroeë negentigs het die getal tot 179 000 volwasse voëls verminder. Daar is omtrent 56 000 broeipare brilpikkewyne in die wêreld oor. Die verwydering van guano vir bemesting het pikkewyne se broeigewoontes versteur. Die habitat van die pikkewyne het ook deur die jare kleiner geword soos mense begin bou en aan die kus begin vakansie hou het. Deesdae is die grootste pikkewynbedreiging oliebesoedeling en kommersiële vissery. Pikkewyne word ook deur die Kaapse pelsrobbe, haaie en moordwalvisse gejag. Die pelsrobbe en pikkewyne kompeteer om dieselfde kos en broeiplek. Pikkewyne se eiers word ook gereeld deur roofdiere gevreet.
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/07 [Turn over For Examiner’s Use © UCLES 2007 Jy gaan ’n kort praatjie oor pikkewyne in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Pikkewyne (a) Inligting oor die geskiedenis van pikkewyne: Bestaan reeds 48 miljoen jaar • … • … • … (b) Hoe verskil jong en volwasse brilpikkewyne? • … • … • … (c) Hoe en waar vang pikkewyne hul kos? • … • … • … [Totaal : 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/07 For Examiner’s Use © UCLES 2007 Oefening 4 Gebruik die teks oor pikkewyne op bladsy 6 en skryf ’n opsomming van die ooreenkomste en verskille tussen die dinge wat lank gelede en tot onlangs ’n gevaar vir pikkewyne was en die dinge wat hulle deesdae bedreig. Jy kan sommige van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik jou eie woorde sover moontlik. … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/07 [Turn over TURN TO PAGE 10
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/07 © UCLES 2007 Oefening 5 KOMPETISIE JONG SKRYWERS Ons wil hê jy moet ons vertel van ’n spesiale plek in jou lewe. Dit kan ’n plek wees wat jy al besoek het of waar jy al met vakansie was, of dit kan net ’n plek wees waar jy graag tyd deurbring. Uitstekende pryse om te wen! Ouderdomsgroep: 15 tot 19 Vir meer inligting besoek: www.spesialeplek.com Jy het pas die advertensie vir hierdie kompetisie gelees en jy besluit om in te skryf. Skryf ’n opstel vir hierdie kompetisie. Jou opstel moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • Watter plek is dit en waar is dit? • Wanneer en waarom was jy daar of gaan jy soontoe? • Waarom is hierdie plek spesiaal? Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou opstel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/07 [Turn over For Examiner’s Use © UCLES 2007 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/07 © UCLES 2007 Oefening 6 Die volgende koerantberig handel oor Dawie Muller, wat ‘n belangrike rol speel in veral die lewe van seuns wat ‘n misdaad gepleeg het en wag om verhoor te word. Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. Vir desperate kinders is hy “pa” Weggooikinders, verhoorafwagtendes, kinders wat misdaad kén – dis die desperate kinders wat Dawie Muller hul “pa” noem. Hy is hoof van ‘n plek van veiligheid net buite Stellenbosch. Hier is hy “pa” van 60 seuns tussen 9 en 14 jaar. Voorheen was hy die kinderhuishoof op Pofadder. “En ál wat ek nog altyd in hierdie kinders sien, is potensiaal, nie probleme nie. Die probleme lê by hul ouerhuise – 90% van dié kinders is hier omdat hul ouers êrens misluk het. ‘n Mens kry nie slegte kinders nie, jy kry net slegte ouers. “Ek verstaan jong mense wat sorg nodig het. En hulle laat my partykeer huil as ek na hul stories luister. Soos die keer toe ek ‘n sestienjarige seun Paarl toe geneem het om sy ma te besoek. Daar gekom, moes ons hoor sy ma is lankal begrawe. Ons is die volgende dag met blomme na die ma se graf. Op pad huis toe het ek die hele pad saam met die seun gehuil.” Dawie het teologie aan die UWK studeer. “Toe kry ek die kans om tydens ’n universiteitsvakansie as kinderversorger by ’n kinderhuis in Tulbagh te gaan werk. Ek het self arm grootgeword, sonder ’n pa. Tussen die weeskinders het ek geweet dat ek eendag net met kinders wil werk. Die kinders se hartseer stories het my aangegryp. Ek het van toe af elke vakansie met kinders gewerk.” By Pofadder het hy die fyn reëls geleer in die hantering van probleemkinders. “Ek kon eers nie die kinders se maniere verdra nie. Hulle was baie stout. Eers na ’n lang ruk het ek besef die kinders het nie ’n woordeskat om vir jou te verduidelik hoe hulle voel nie, hulle doen eerder dinge – ook stout dinge – om vir jou iets te sê. Van toe af het ons mekaar verstaan.” Hy vertel hoe die nuwe kinders altyd vir hom gesê het hulle het gedink Pofadder is so lekker, want hulle het gehoor daar is selfs ’n swembad. Toe spring Dawie en die kinders saam in om ’n swembad te bou. “Twee jaar en baie werk met ’n pik later het ons ons swembad gehad.” “As kind het ek en my ma 17 keer van plaas tot plaas getrek,” sê Dawie. Hy het ’n boer vertel van sy droom om ’n predikant te word. Hulle het ooreengekom dat Dawie ’n jaar vir hom sou werk en daarna sou die boer hom tot matriek en op universiteit help. “Ek het uiteindelik my BA behaal.” Sy hoop is om eendag sy eie kinderhuis te hê waar hy en sy vrou vir kinders kan sorg. “Dié kinders het net liefde en aandag nodig. En veral stabiliteit. Dis nie baie gevra nie, is dit?”
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/07 [Turn over For Examiner’s Use © UCLES 2007 1 Wat bedoel Dawie as hy sê “’n Mens kry nie slegte kinders nie, net slegte ouers”? … …[2] 2 Waarom was Dawie en die seun wat hy Paarl toe geneem het, so hartseer toe hulle op pad huis toe was? … …[2] 3 Waarom was Dawie se vakansiewerk in Tulbagh belangrik in sy lewe? …[1] 4 Watter belangrike les het Dawie geleer nadat hy in Pofadder begin werk het? … …[2] 5 Waarom was dit nie baie duur om ’n swembad by die kinderhuis op Pofadder te laat bou nie? …[1] 6 Verduidelik op watter manier Dawie en sy vrou kinders sal kan help wanneer hulle eendag hul eie kinderhuis het. … …[2] [Totaal : 10]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/07 © UCLES 2007 Oefening 7 Jou skool oorweeg dit om dit verpligtend te maak dat elke leerder elke week ten minste vier uur lank gratis werk in die gemeenskap doen. Voorbeelde van die soort werk wat hulle sal kan doen, is: • Help jonger kinders in ’n kinderhuis of weeshuis met hul huiswerk. • Speel sport met jonger kinders in ’n kinderhuis of weeshuis. • Besoek kinders met vigs of ander siektes in die hospitaal. • Help bejaarde mense met take soos hul weeklikse inkopies. • Lees vir blinde mense uit boeke voor. • Besoek siek mense in die hospitaal. Hier is die menings van ’n paar leerders in jou klas: “Dis ’n uitstekende idee! Ons almal dink te veel aan onsself en nie genoeg aan ander mense nie.” “Ek voel ongemaklik as ek by siek mense is. Kan ek nie liewer geld skenk nie?” “Ek dink dis nogal ’n goeie plan. Ons sal die goeie dinge in ons lewens meer waardeer as ons besef hoeveel ander mense swaarkry.” “Dis ’n slegte idee. Ek sal liewer die tyd gebruik om huiswerk te doen.” Skryf ’n berig vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor die saak gee. Kies ’n goeie opskrif vir jou berig. Jou berig moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy redes vir jou mening gee. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/07 For Examiner’s Use © UCLES 2007 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal : 15]
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/07 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Oefening 1 © Nicola Rautenbach; Rooi Rose, September 2005. Oefening 3 © Huisgenoot, June 2005. Oefening 6 © Hanlie Retief; Rapport, September 2005. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.