Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2021 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0
0548/10/O/N/21 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper20 pages




















Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
This document has 20 pages. Any blank pages are indicated. DC (RW/CB) 217509/2 © UCLES 2021 [Turn over * 0 4 8 3 1 7 2 1 2 2 * AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2021 2 hours You must answer on the question paper. No additional materials are needed. INSTRUCTIONS ● Answer all questions. ● Use a black or dark blue pen. ● Write your name, centre number and candidate number in the boxes at the top of the page. ● Write your answer to each question in the space provided. ● Do not use an erasable pen or correction fluid. ● Do not write on any bar codes. ● Dictionaries are not allowed. INFORMATION ● The total mark for this paper is 70. ● The number of marks for each question or part question is shown in brackets [ ]. Cambridge IGCSE™
Question paper, page 2
2 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Oefening 1 Lees die inligting oor gesonde kos wat ’n mens tussen maaltye kan eet. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Gesonde happies ’n Appel is ’n sappige vrug wat hoog in vesel en laag in kalorieë is. Die suiker in appels word stadig in die bloedstroom vrygelaat. Dit help om jou versadig te laat voel en om jou lank energie te gee. Klein stukkies appel saam met grondboontjiebotter is ook ’n smaaklike happie. Tuisgemaakte springmielies is ’n heerlike happie met min vet en baie vesel. Dit is ’n baie gesonde alternatief vir aartappelskyfies. Kommersiële springmielies kan ryk aan vet wees. Die hoë vesel-inhoud in springmielies maak dit lekker vullend. Gooi ’n handjie vol neute by, dan is dit ook hoog in proteïene. ’n Mengsel van droëvrugte en neute is ’n goeie happie, omdat net ’n klein bietjie vullend kan wees. Neute bevat gesonde vette wat help om jou versadig te laat voel. Maar let op na die grootte van ’n porsie – een klein handjie vol van elk is ’n goeie porsie omdat droëvrugte en neute hoog in kalorieë is. Jy kan dit vooraf in porsiegroottes verpak, dan kan jy dit gereed hou om tussen etes te geniet. Jy kan gekookte eiers enige tyd van die dag eet. Eiers is laag in kalorieë en hoog in proteïene. As jy ’n baie vullende happie soek, is dit definitief een van die beste opsies. Eiers kan vooraf voorberei en verkoel word. Dan kan jy dit vinnig en maklik geniet. Ons weet nou dat eiers nie die hoeveelheid cholesterol in jou bloed beïnvloed nie – soos mense eers geglo het – daarom kan jy die geel ook eet. Uit: Gesond, Die Burger, 23.11.2018
Question paper, page 3
3 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over 1 Wat in ’n appel gee vir ’n mens lank energie? … [1] 2 Waarvan is daar baie in beide appels en springmielies? … [1] 3 Hoe verskil die inhoud van tuisgemaakte springmielies en kommersiële springmielies? (i) tuisgemaakte springmielies: … [1] (ii) kommersiële springmielies: … [1] 4 Waarom is ’n mengsel van droëvrugte en neute ’n goeie happie? … [1] 5 Waarvoor moet jy versigtig wees as jy droëvrugte en neute eet? … [1] 6 Wat maak beide appels en gekookte eiers gesond om te eet? … [1] 7 Waarom is die geel van ’n eier nie ongesond nie? … [1] [Totaal: 8]
Question paper, page 4
4 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Oefening 2 8 Die Departement van Arbeid wil inligting insamel oor tieners en vakansiewerk. Lees die inligting oor Louise Bester en vul die res van die vorm wat volg namens haar in. Louise Bester is op 15 Junie 2006 gebore. Haar adres is Bergstraat 14, Bergville, 3437. Haar huistelefoonnommer is 031 244 0257 en haar selfoonnommer is 085 287 5631. Haar e-posadres is louisebester@maxmail.com. Louise is in graad 11 aan die Hoërskool Bergsig. Haar skool se adres is Groenstraat 15, Bergville, 3437. In die Junievakansie nadat sy 16 geword het, wou Louise graag vakansiewerk doen. Sy het in die koerant ’n advertensie vir werk by ’n hondehotel gesien en het aansoek gedoen. Sy was baie opgewonde toe sy hoor sy het die werk gekry. In daardie vakansie het sy gehelp om die diere wie se eienaars met vakansie is, kos te gee. Louise het reeds ’n werk vir die komende Desembervakansie. Sy het met hulle veearts gaan praat, en uitgevind sy kan vir drie weke daar werk. Sy wil graag help om siek diere gesond te maak. Sy wil nie in die vakansies in Maart en September werk nie, want dit is te kort. Louise se suster Mieke werk elke vakansie by ’n kinderhuis. Mieke spaar haar geld om ’n motor te koop. Louise wil die geld wat sy verdien, gebruik om ’n tablet te koop. Hulle ma vertel altyd hoe sy vakansiewerk moes doen om vir haar kursus by die hotelskool te betaal. Anders as haar suster, wat medies wil studeer, wil Louise ’n veearts word. Sy hoop haar vakansiewerk gaan in haar guns tel wanneer sy by die universiteit aansoek doen.
Question paper, page 5
5 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over Tieners en vakansiewerk Opname Vul asseblief die vorm in. Louise Bester Naam: … 11 Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … • Adres: … , Bergville, 3437 085 287 5631 • Selfoonnommer: … louisebester@maxmail.com • E-posadres: … Vul die nodige inligting in of maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Doen jy vakansiewerk? Ja ✓ Nee • Indien “Ja”, gedurende watter vakansie/vakansies? Maart Junie September Desember ✓ • Watter soort werk verkies jy? Werk met kinders volwassenes diere plante kos Ander … • Waar het jy inligting gekry oor watter vakansiewerk beskikbaar is? Radio/TV Internet Tydskrif/Koerant Ander … • Wat doen jy met die geld wat jy met jou vakansiewerk verdien? … • Wat is jou planne vir die toekoms? … [9]
Question paper, page 6
6 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Oefening 3 Lees die teks oor die Twee Oseane-akwarium en voltooi dan die aantekeninge wat volg. ’n Oggend in die Twee Oseane-akwarium Lank voordat die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad soggens sy deure oopmaak, is die 80 permanente werkers en die 40 vrywilligers reeds besig. Hulle maak skoon en sorg dat alles netjies is vir die mense wat daagliks na die seediere kom kyk. ’n Span reddingswerkers van die akwarium is reeds vroeg daardie oggend in die Kaapstad-hawe. Iemand het gebel om te sê daar is ’n rob met ’n hoek en vislyn in sy mond. Hulle wil die rob help. Onlangs het hulle ’n dooie selakantvis met ’n plastiek-tjipspakkie in sy maag daar gekry. Tersia, ’n marine bioloog, is op pad om Okkie, ’n seekat, te voer. Die seekat weet sy kos kom en hy loer vanuit sy wegkruipplek. Toe sy haar hand in die water steek, krul hy sy pote om haar arm. Sy vryf hom, streel oor sy lyf terwyl sy sardyne vir hom voer. “Elke seekat het sy eie persoonlikheid. Ons laat hulle na drie maande vry,” sê Tersia. “Baie van die visse hier hou ook daarvan om gestreel te word.” In die veearts se spreekkamer word X-strale geneem en medikasie voorberei. In ’n kwarantyngebied is ’n seeskilpad. Sy is ernstig siek van plastiek wat sy ingekry het. Hulle voer haar met ’n buis omdat sy nog nie self kan eet nie. Die meeste van die seeskilpaaie in die akwarium is óf beseer óf hulle het plastiek in hulle mae. Bob en Alvi is ouer seeskilpaaie en is hier vir langtermyn-rehabilitasie. Bob het breinskade opgedoen as gevolg van al die plastiek in sy liggaam. Alvi is blind in sy een oog. ’n Groot stuk plastiek het in sy keel vasgesit en ’n veearts moes dit in ’n moeilike operasie verwyder. Simon, ’n duiker, gaan haal Bob en Alvi een-een uit die groot tenk om te kom eet. Vandag eet hulle soetrissies. Dit is baie soos die natuurlike seeslaai wat hulle eet. Hulle kry ook wortels, ertjies, broccoli en ander groente wat dieselfde voedingswaarde as hulle natuurlike kos het. “Seeskilpaaie het baie spesifieke bakterieë in die spysverteringskanaal wat gesond gehou moet word,” sê Simon. Bob gebruik sy vinpote om die soetrissie mee vas te hou en te eet. Alvi is nie vandag lus vir eet nie en hulle los hom uit. Bob is vriendelik en hou daarvan om gestreel te word. Wanneer jy hom kielie, swaai hy sy lyf. Maar Alvi wil soms byt, en jy moet versigtig wees. “Soos ons, het hulle ook buie,” sê Simon. Terwyl Simon die visse binne-in die tenke voer, kyk en luister die besoekers. Simon gebruik spesiale toerusting en kan onder die water met hulle praat. Vir die akwarium is dit belangrik om mense op te voed. Skole kom ook hierheen vir spesiale werksessies. Maryke Masson is in beheer van die akwarium. Sy sê hulle het 250 spesies daar, en net twee daarvan kom nie van Suid-Afrika se twee oseane nie: die harlekynvisse – soos in die rolprent Finding Nemo – omdat die kinders hulle wil sien, en die groot Japanse krappe. “Hierdie is die beste hotel vir visse. In die see word hulle heeltyd gejag of hulle jag iets anders. Ons doen baie navorsing oor watter spesies in vrede saam kan lewe. Ons sorg ook dat die omgewing interessant vir die seediere is. Geeneen moet stres ervaar of verveeld wees nie,” vertel Maryke. Die akwarium gebruik tussen 6 en 7 miljoen liter water, en 10% daarvan word elke dag vervang. Die kwaliteit van die water word elke dag getoets. “Ons doel is om mense te inspireer dat hulle ook die see wil bewaar,” sê Maryke. Uit: Buite, Die Burger, 29.10.2019
Question paper, page 7
7 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over Jy gaan ’n praatjie oor die Twee Oseane-akwarium in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. 9 Soorte beroepe wat mense by die Twee Oseane-akwarium doen: • Reddingswerker • … [1] • … [1] 10 Voorbeelde van die negatiewe gevolge van besoedeling op seediere: • … [1] • … [1] • … [1] 11 Bewyse van hoe die akwarium vir seediere sorg: • … [1] • … [1] • … [1] [Totaal: 8]
Question paper, page 8
8 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Oefening 4 12 Gebruik die teks oor die Twee Oseane-akwarium en skryf ’n opsomming van die belangrike werk wat die akwarium doen. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [5]
Question paper, page 9
9 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5
Question paper, page 10
10 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Oefening 5 13 Jy wil graag gedurende die komende vakansie vir ’n paar dae by ’n goeie maat gaan kuier. Skryf ’n brief aan jou maat waarin jy jou kuier met hom of haar bespreek. Jou brief moet tussen 150 en 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • wanneer jy by jou maat wil kuier en hoe jy daar sal kom • wat jy wil hê julle moet gedurende jou kuier doen • waarom jy dit sal geniet om tyd saam met jou maat deur te bring. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 11
11 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [15]
Question paper, page 12
12 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Oefening 6 Lees die volgende teks en beantwoord dan die vrae wat volg. Miriam Makeba – die stem van Afrika Miriam Makeba, die internasionaal suksesvolle sanger, is in Johannesburg as Zenzile Miriam Makeba gebore. Haar ma was ’n huishulp, en hulle het by haar ouma gebly. Daar was soms min kos, maar haar ouma het altyd ’n plan gemaak sodat die kinders nie honger gaan slaap het nie. “My ouma en my ma kon albei sing. My ma het verskillende tradisionele instrumente gespeel. Wanneer sy tuis was, het sy vir ons liedjies en danse geleer,” het Miriam gesê. Maar dis haar broer Joseph wat haar werklik ’n liefde vir musiek geleer het. Hy het die klavier en die saxofoon gespeel en baie plate gehad. “Wanneer sy vriende kom kuier het,” vertel Miriam, “het hy my ingeroep en gesê: ‘Kom sing.’” Miriam het ook in ’n koor in die township gesing. Die dirigent het haar en twee ander meisies as ’n trio afgerig en vir eisteddfods ingeskryf, waar hulle suksesvol was. Deur haar sang het sy selfvertroue gekry. Miriam het die skool vroeg verlaat om ekstra geld te verdien. Haar eerste werk was om taxi’s skoon te maak. Maar nie vir lank nie. Sy het die hoofsanger van ’n sanggroep, The Cubans, geword. Daarna het die leier van die bekende Manhattan Brothers-groep vir Miriam raakgesien en haar gevra om saam met hulle te sing. Hulle het dikwels saam opgetree. “Ná ’n rukkie kon ek my eie huis huur. Verder kon ek ook my ma finansieel help.” Maar haar lewe was nie net glans nie. “Dit was nie die korrekte ding vir ’n vrou om op die verhoog te wees nie. Ordentlike gesinne het geweier dat hul dogters dit doen. Mense het vir my ma gevra hoe sy dit kon toelaat.” Nadat Miriam en die trompetspeler Hugh Masekela saam in King Kong opgetree het, het sy in Come Back, Africa gespeel. Dit was ’n rolprent wat kritiek op apartheid gelewer het. By die prent se Londense première het sy die Amerikaanse sanger Harry Belafonte ontmoet. Toe is sy na Amerika. Harry was soos ’n ouer broer vir Miriam. Voor haar eerste optrede het hy vir haar gesê om haar hare reguit te laat maak. Maar toe sy tuis in die spieël kyk, het sy nie soos Miriam gevoel nie, en het haar kop onder die kraan gedruk. Harry het ook gesê sy moet mense in die oë kyk, “maar in my kultuur kyk jy af as jy met ’n man of ’n ouer mens praat en dit was vir my te moeilik.” “In Amerika het ek agtergekom dat ek anders is. Dit was my krag. Ek het besluit dat ek met musiek van Afrika iemand kon wees. Ek was die eerste Afrika-kunstenaar wat regtig suksesvol in Amerika was.” Treffers soos “Pata Pata”, “The Click Song” en “Malaika” het haar beroemd gemaak. Miriam en Harry het ’n Grammy-toekenning vir An Evening with BelafontelMakeba gewen.
Question paper, page 13
13 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over “Toe ek my ma se begrafnis wou bywoon, kon ek nie my paspoort hernu nie,” het Miriam gesê. “Die regering het my nie toegelaat om terug te keer nie.” Miriam het later in Guinee en in België gewoon, en voortgegaan om in Afrika en Europa op te tree. “Nelson Mandela het my oorreed om na Suid-Afrika terug te keer,” het sy gesê. “Een-en-dertig jaar nadat ek uit Suid-Afrika weg is, is ek soos ’n held op die lughawe ontvang. Oral in die land het mense my herken en uitgeroep: ‘Mama Makeba, Mama Afrika!’ Toe het ek besluit om vir goed huis toe te kom.” Op 1 November 2008 is sy in ’n hospitaal in Rome aan ’n hartaanval oorlede nadat sy op die verhoog inmekaargesak het. Haar musiek sal nog lank bly voortleef. Uit: Rooi Rose, 9.11.2018 14 Hoe het Miriam se broer haar aangemoedig om self te sing? … … [1] 15 Noem twee maniere waarop Miriam se lewe verbeter het nadat sy saam met die Manhattan Brothers begin sing het. (i) … … [1] (ii) … … [1] 16 Wat wou mense by Miriam se ma weet? … … [1]
Question paper, page 14
14 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 17 Watter bewys is daar dat Harry en Miriam se kulture verskil het? … … [2] 18 Wat was ’n voordeel vir Miriam in Amerika? … … [1] 19 Waarom kon Miriam nie in Suid-Afrika afskeid van haar ma neem nie? … … [1] 20 Wat het vir Miriam baie welkom laat voel toe sy terug in Suid-Afrika was? Noem twee dinge. (i) … … (ii) … … [2] [Totaal: 10]
Question paper, page 15
15 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 7
Question paper, page 16
16 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Oefening 7 21 Daar is voorgestel dat alle hoërskoolleerders aanlyn moet skoolgaan en nie meer elke dag skool toe moet gaan nie. Lees die volgende reaksies op die voorstel: “Nee! Ek sal my vriende mis.” “Ja, aanlyn skool leer jou verantwoordelikheid.” “Dis ’n slegte plan – dit help om werk met die onderwysers te kan bespreek.” “Dit sal my pas. Ek sal soggens laat slaap en eers ná middagete begin werk.” “Wat van skoolsport? Sal ons almal aan klubs moet behoort om sport te speel?” “Dis ’n goeie plan. Ek werk beter op my eie as in die klas met mense wat my steur.” Skryf ’n artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor aanlyn skoolgaan bespreek. Jou artikel moet tussen 200 en 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 17
17 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 18
18 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 19
19 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 … … … … … … … … … [15]
Question paper, page 20
20 0548/01/O/N/21 © UCLES 2021 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge Assessment International Education Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cambridgeinternational.org after the live examination series. Cambridge Assessment International Education is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of the University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which itself is a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2021 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 0. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.