Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0

0548/10/O/N/20

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper20 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 1 of 20
Page 1 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 2 of 20
Page 2 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 3 of 20
Page 3 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 4 of 20
Page 4 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 5 of 20
Page 5 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 6 of 20
Page 6 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 7 of 20
Page 7 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 8 of 20
Page 8 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 9 of 20
Page 9 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 10 of 20
Page 10 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 11 of 20
Page 11 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 12 of 20
Page 12 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 13 of 20
Page 13 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 14 of 20
Page 14 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 15 of 20
Page 15 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 16 of 20
Page 16 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 17 of 20
Page 17 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 18 of 20
Page 18 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 19 of 20
Page 19 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2020 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 20 of 20
Page 20 of 20

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

Cambridge IGCSE™ * 8 1 8 5 0 9 2 7 2 6 * DC (PQ/FC) 192470/3 © UCLES 2020 [Turn over This document has 20 pages. Blank pages are indicated. AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2020 2 hours You must answer on the question paper. No additional materials are needed. INSTRUCTIONS ● Answer all questions. ● Use a black or dark blue pen. ● Write your name, centre number and candidate number in the boxes at the top of the page. ● Write your answer to each question in the space provided. ● Do not use an erasable pen or correction fluid. ● Do not write on any bar codes. ● Dictionaries are not allowed. INFORMATION ● The total mark for this paper is 70. ● The number of marks for each question or part question is shown in brackets [ ].

Question paper, page 2

2 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Oefening 1 Lees die inligting oor ’n paar Suid-Afrikaanse stede. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Kaapstad • Daar is ’n dorpie met dieselfde naam in die Amerikaanse staat Kalifornië. • ’n Groot deel van Kaapstad was eers onder die see. Die Kasteel die Goeie Hoop was op die rand van die water. Strandstraat is so genoem omdat dié deel, wat nou in die middestad is, eers die strand was. • Die tonnels wat vroeër water vanaf Tafelberg na die hawe gelei het, is nou ’n toeriste-attraksie. • Die Tafelberg Nasionale Park het 2 200 plantspesies, meer as die hele Brittanje! Bloemfontein • J.R.R. Tolkien, die skrywer van The Hobbit en Lord of the Rings, is hier gebore. Bloemfontein het nou ’n Hobbit-hotel. • Daar is twee stories oor die stad se naam: Party mense sê dit kom van ’n bees met die naam Bloem. ’n Leeu het Bloem naby ’n fontein doodgemaak. Ander sê die stad is na Jan Bloem, ’n Khoi-Khoi-leier, vernoem. Johannesburg • Daar is regtig nog ’n Johannesburg in die wêreld! Dit is ook ’n dorpie in Kalifornië en is so genoem deur mynwerkers wat eers in Suid-Afrika gewerk het. • Johannesburg staan bekend as die gewildste stad in Afrika vir mense tussen die ouderdom van 15 en 29 jaar. • Johannesburg is die grootste stad in die wêreld wat nie langs ’n rivier, ’n meer of die see ontstaan het nie. Durban • Frankryk het ook ’n dorpie met die naam Durban. Dit bestaan al baie langer as ons Durban, maar het skaars 1 000 inwoners. • Durban het die grootste en besigste hawe in Afrika suid van die Sahara.

Question paper, page 3

3 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over 1 Hoe het Strandstraat sy naam gekry? … … [1] 2 Wat maak die groot aantal plantspesies in die Tafelberg Nasionale Park besonders? … … [1] 3 Hoe word J.R.R. Tolkien vandag in Bloemfontein onthou? … … [1] 4 Waar het Bloemfontein sy naam gekry? Gee twee moontlikhede. Moontlikheid 1: … … [1] Moontlikheid 2: … … [1] 5 Watter ooreenkoms tussen Kaapstad en Johannesburg word in die teks genoem? … … [1] 6 Wat maak Johannesburg uniek in vergelyking met ander groot stede in die wêreld? … … [1] 7 Op watter manier is Kaapstad en Durban dieselfde? … … [1] [Totaal: 8]

Question paper, page 4

4 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Oefening 2 Die Onderwysdepartement wil inligting insamel oor tieners se stokperdjies. Lees die inligting oor Sanet Venter en vul die res van die vorm wat volg, in. Sanet Venter is op 11 Desember 2004 gebore. Haar adres is Kliplaan 15, George, 6529. Haar huistelefoonnommer is 045 802 3347 en haar selfoonnommer is 077 324 7721. Haar e-posadres is sanetventer@zamail.com. Sanet is in graad 10 aan die Hoërskool George. Haar skool se adres is Albertweg 15, George, 6529. Sanet maak en versamel kerse. Dit is wat sy die graagste doen. Sy weet baie van die verskillende soorte kerse wat in ander lande gebruik word, hoe dit gemaak word en in watter omstandighede dit gebruik word. Wanneer haar gesin reis, neem Sanet ’n spesiale houer saam om die kerse wat sy koop, veilig in te vervoer. Kuns is nie een van Sanet se vakke op skool nie, maar sy gaan een keer ’n week na kunsklasse by die plaaslike kunssentrum. Sy beoefen haar liefde vir musiek tuis en by die skool, waar sy die saksofoon in ’n jazz-ensemble speel. Sy is een van haar skool se topmusiekstudente. Sanet is in die sewende hemel as sy na jazz luister terwyl sy kerse maak. Sanet en haar broer vorm ’n goeie span, want hy doen metaalwerk en maak interessante blakers vir haar kerse. Sanet se ma gee weer erdewerkklasse en maak pragtige potte. Sanet het geen twyfel oor wat sy na skool wil doen nie – haar stokperdjie gaan haar loopbaan wees en sy wil ’n wêreldberoemde kersmaker word.

Question paper, page 5

5 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over 8 Tieners en stokperdjies Opname Vul asseblief die vorm in. Sanet Venter Naam: … Hoërskool George 10 Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … • Adres: … , George , 6529 077 324 7721 • Selfoonnommer: … • E-posadres: … Vul die nodige inligting in of maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Het jy stokperdjies? Ja ✓ Nee • Wat is jou belangrikste stokperdjie? … • Waar beoefen jy hierdie stokperdjie? Tuis By die skool Ander … • Het jy nog stokperdjies? Ja ✓ Nee • Indien Ja, wat is jou ander stokperdjie(s)? Dans Erdewerk Lees Metaalwerk Musiek Sport Ander … • Gaan jy jou stokperdjie(s) na skool beoefen? Ja ✓ Nee Indien JA, hoe gaan jy dit doen? … … [9] [Totaal: 9]

Question paper, page 6

6 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Oefening 3 Lees die teks oor jagluiperds en voltooi dan die aantekeninge wat volg. Jagluiperdgetalle – slegte en goeie nuus Die jagluiperd is die wêreld se vinnigste landdier en word in Desember elke jaar gevier. Jagluiperds is eers so ver noord as Rusland en so ver oos as Birma in die natuur gevind, maar in die afgelope 15 jaar het hul bevolking met byna ’n kwart verminder. Daar is al hoe meer druk op jagluiperds. Mense skiet hulle omdat hulle vee aanval en maak hulle vir hul velle dood. Hul habitat word kleiner as gevolg van landbou en verstedeliking. Jagluiperdgetalle het dus wêreldwyd drasties verminder. In ’n lang studie van ses jaar het navorsers die jagluiperds in Namibië, Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe bestudeer. Hulle het getel hoeveel wilde jagluiperds daar is en waar hulle is. Die studie het gevind dat jagluiperds in groot gevaar is. In Suider-Afrika is daar net omtrent 3 600 jagluiperds in die natuur oor, wat baie minder is as wat mense gedink het. Die meeste jagluiperds (56%) kom in Namibië voor, maar die studie het gewys dat die helfte van die vee- en wildboere in hierdie land nie die diere op hul plase wil hê nie. Tydens die ses jaar van die studie is 245 jagluiperds in Namibië in strikke gevang. Van hierdie 245 jagluiperds is 32 aan dieretuine verkoop, 17 is na reservate verskuif en 196 is doodgemaak. In Zimbabwe het jagluiperdgetalle van 500 na 170 verminder. Die gemiddelde lewensverwagting van jagluiperds in Suider-Afrika is nou minder as sewe jaar. Die gebied wat bestudeer is, is waar die grootste bevolking jagluiperds op aarde oor is. Net 18,4% van hierdie jagluiperds kom egter voor in gebiede wat bewaar word, wat een rede is waarom die diere bedreig is. Die studie het ook gewys daar is baie gebiede sonder jagluiperds, maar as die veld reg bestuur word, kan jagluiperds ook daar woon. Indien jagluiperds se status van kwesbaar na bedreig verander word, kan die diere se getalle weer stadigaan styg. As ’n mens na die posisie van jagluiperds in Suid-Afrika kyk, is die prentjie meer positief. In die ses jaar van die studie het jagluiperdgetalle in Suid-Afrikaanse reservate van 217 na 328 vermeerder, wat ’n styging van 51% is. Suid-Afrika is vandag die enigste land ter wêreld met ’n groeiende jagluiperdbevolking. Dit is grootliks as gevolg van die werk van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe. Die Rietvlei-natuurreservaat in Centurion is een van die suksesverhale. Onlangs het besoekers aan die reservaat gesien hoe twee jagluiperdwyfies saam jag – een met ses welpies en die ander met drie welpies. Daar was ’n groep van 11 jagluiperds! Omdat daar eintlik net genoeg prooi vir drie jagluiperds in Rietvlei is, gaan die jong jagluiperds in die volgende 18 maande na vyf ander reservate in Suid-Afrika verskuif word. Dit sal beteken dat die balans tussen jagluiperds en hul prooi in Rietvlei behou sal word. Dit sal ook beteken dat die getalle blesbokke, volstruise en rietbokke daar nie te veel verminder nie. Hierdie verskuiwing sal verder ’n positiewe uitwerking op die jagluiperdgetalle in ander reservate hê, omdat hulle doeltreffender sal kan voortplant. Die Hluhluwe-iMfolozipark in KwaZulu-Natal is nog ’n suksesverhaal. In 2016 was mense bekommerd omdat daar net drie jagluiperds was. Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe het onlangs nog vier jagluiperds – twee wyfies en twee mannetjies – na die reservaat verskuif. Die Trust gaan in die volgende twee jaar nog vyf jagluiperds vir die park kry om die wilde jagluiperdbevolking daar stabiel te maak. Die Trust beplan om gedurende die volgende tien jaar te help om Suid-Afrika se sukses met jagluiperds in ander Afrikalande voort te sit. Hulle doel is om die jagluiperdgetalle in Suider-Afrika teen 2030 tot ten minste 6 000 te laat styg.

Question paper, page 7

7 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over Jy gaan ’n praatjie oor jagluiperds in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. 9 Redes waarom jagluiperdgetalle verminder: • Mense skiet hulle dood omdat hulle vee aanval. • … • … 10 Stappe wat jagluiperdgetalle sal laat styg: • … • … • … 11 Redes waarom dit goed sal wees om die getal jagluiperds in Rietvlei te verminder: • … • … • … [Totaal: 8]

Question paper, page 8

8 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Oefening 4 12 Gebruik die teks oor jagluiperds en skryf ’n opsomming van die situasie van jagluiperds in Suider- Afrika. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [5] [Totaal: 5]

Question paper, page 9

9 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5

Question paper, page 10

10 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Oefening 5 13 Jy het onlangs ’n spesiale vakansie geniet. Skryf ’n brief waarin jy ’n goeie maat van jou vakansie vertel. Jou brief moet tussen 150 en 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • waarheen jy gegaan het en hoe jy daar gekom het • waarom jy die plek en aktiwiteite so geniet het • wat die laaste dag spesiaal gemaak het. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 11

11 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [15] [Totaal: 15]

Question paper, page 12

12 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Oefening 6 Lees die volgende teks en beantwoord dan die vrae wat volg. Esther Mahlangu Die kunstenaar Esther Mahlangu kom van ’n klein dorpie in KwaNdebele, Mpumalanga, maar het met haar besondere Ndebele-kuns wêreldberoemd geword. Esther, die oudste van nege kinders, het haar ma en ouma van kleins af dopgehou wanneer hulle die huis met tradisionele Ndebele-kuns versier het. Hierdie geometriese patrone is eers geverf met natuurlike pigmente wat met koeimis gemeng is. Dit is waarom daar net geel, wit, oker, swart en rooi kleure gebruik is. Die kunswerke was tradisioneel deel van ’n ritueel soos ’n troue, ’n geboorte of ’n begrafnis. Wanneer die grootmense nie gekyk het nie, het klein Esther ook patrone op die huismure begin verf. Toe haar ma met haar raas, het Esther maar die agterkant van die huis geverf. Kort daarna het haar ma en die ander ouer vroue haar genooi om haar kunswerke voor op die huis te verf omdat hulle gesien het sy het talent. Skilder het Esther gefassineer. Sy het veral van die helder akrielverf gehou wat later uitgevind is. Dié verf het ’n groter verskeidenheid kleure moontlik gemaak. Dit het die ontwerpe ook meer permanent gemaak omdat die reën dit nie van die huise afwas nie. Toe Esther besef dat niemand buite hulle omgewing in Mpumalanga hul “huiskuns” ken nie, het sy die tradisionele geometriese ontwerpe op doek en hardebord begin verf. Sy was die eerste Ndebele-kunstenaar wat dit gedoen het. Nou kon Ndebele-kunswerke wêreldwyd uitgestal word. Tussen 1980 en 1991 het Esther in die historiese dorpie Botshabelo gewoon en gewerk. Franse navorsers het haar kunstig geverfde huis gesien toe hulle deur die wêreld gereis het om tradisionele kuns te dokumenteer. Die navorsers vra Esther toe om Ndebele-kuns by ’n uitstalling in die bekende Pompidou-sentrum in Parys te demonstreer. Esther was verstom toe sy by die Pompidou-sentrum kom en ’n duplikaat van haar eie huis, kompleet met ringmuur, grasdak en hekkie, daar sien. Al wat anders as haar regte huis was, was dat die huis nie met Ndebele-kuns versier was nie. Hier het sy twee maande lank daagliks voor groot groepe belangstellendes in haar tradisionele klere die huis soos haar eie huis geverf.

Question paper, page 13

13 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over Ná die uitstalling in Parys het Esther uitnodigings gekry om haar kunswerke teen die mure van ander kunsmuseums aan te bring. Sy het begin om mure in openbare plekke in Suid-Afrika en later ook in Amerika en Europa te verf. Haar werk is al in twaalf lande uitgestal en daar is selfs ’n Esther Mahlangu-straat in New York. In 1991 het ’n bekende Duitse motormaatskappy haar gevra om hulle ikoniese “Art Car” vir daardie jaar met Ndebele-kuns te verf. Voorheen is wêreldbekende kunstenaars soos Andy Warhol gevra om die “Art Car” te verf. Esther het die twaalfde kunstenaar geword wat gekies is, en die eerste vrou. Sy is in 2016 weer vereer toe dieselfde maatskappy haar gevra het om die panele aan die binnekant van ’n nuwe motorreeks te verf. Sy vertel dat sy dadelik die ontwerpe in haar kop kon sien. “Die patrone wat ek gebruik het, kombineer tradisie met die essensie van die maatskappy. My ontwerp volg die lyne van die motor.” Die motor is in 2017 in Londen uitgestal. Esther sê die helder kleure en abstrakte ontwerp van Ndebele-kuns kan maklik in moderne ontwerpe gebruik word. Volgens haar maak die helder kleure mense gelukkig, en dit maak haar ook gelukkig wanneer sy verf. “Ek is lief vir verf. Dit is in my hart en bloed.” Esther, wat nou in haar tagtigs is, glo daar is geen rede om op te hou verf solank sy dit kan doen nie. Sy glo haar verstand bly helder omdat sy doen waarvoor sy lief is. 14 Noem een tipiese kenmerk van Ndebele-kuns. … … [1] 15 Hoe het Esther se ma se houding teenoor Esther se kunswerk verander toe sy ’n kind was? … … … … [2] 16 Watter invloed het akrielverf op Ndebele-kuns gehad? Noem twee invloede. … … … … [2]

Question paper, page 14

14 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 17 Waarom het Esther op doek en hardebord begin verf? … … [1] 18 Noem twee positiewe gevolge van Esther se deelname aan die uitstalling in Parys. … … … … [2] 19 Hoe weet ons dat dit ’n groot eer vir Esther was om gevra te word om die “Art Car” te verf? … … [1] 20 Wat is die positiewe effek van kuns op Esther se gesondheid? … … [1] [Totaal: 10]

Question paper, page 15

15 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 7

Question paper, page 16

16 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Oefening 7 21 Daar is voorgestel dat die skooldag vir laer- en hoërskole in Suid-Afrika tot vyfuur in die middag verleng word. Dit sal beteken dat leerders tyd kry om hul huiswerk by die skool te doen. Lees die volgende reaksies op die voorstel: “Ek sal baie van my huiswerk by die skool kan klaarmaak.” “Suid-Afrika sal meer in lyn met skole in Europa en Asië wees, waar die skooldag langer is.” “Wanneer sal ons dan sport doen? In ’n spesiale sportperiode of eers ná vyf?” “Ek wonder hoeveel onderwysers gelukkig met ’n langer skooldag sal wees!” “Werkende ouers sal die voorstel verwelkom.” “Ag nee, dan sal die lewe net skool, skool en nog skool wees!” Skryf ’n artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor ’n langer skooldag bespreek. Jou artikel moet tussen 200 en 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 17

17 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Turn over

Question paper, page 18

18 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 19

19 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 … … … … … … … … … … … [15] [Totaal: 15]

Question paper, page 20

20 0548/01/O/N/20 © UCLES 2020 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge Assessment International Education Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cambridgeinternational.org after the live examination series. Cambridge Assessment International Education is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of the University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which itself is a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE