Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2021 May/June Paper 1 · Variant 0

0548/10/M/J/21

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper20 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 1 of 20
Page 1 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 2 of 20
Page 2 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 3 of 20
Page 3 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 4 of 20
Page 4 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 5 of 20
Page 5 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 6 of 20
Page 6 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 7 of 20
Page 7 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 8 of 20
Page 8 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 9 of 20
Page 9 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 10 of 20
Page 10 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 11 of 20
Page 11 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 12 of 20
Page 12 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 13 of 20
Page 13 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 14 of 20
Page 14 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 15 of 20
Page 15 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 16 of 20
Page 16 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 17 of 20
Page 17 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 18 of 20
Page 18 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 19 of 20
Page 19 of 20
Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 2021 May/June Paper 1 · Variant 0 question paper, page 20 of 20
Page 20 of 20

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document has 20 pages. Any blank pages are indicated. Cambridge IGCSE™ * 3 5 2 4 4 2 8 3 7 5 * DC (PQ/CGW) 208602/2 © UCLES 2021 [Turn over AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing May/June 2021 2 hours You must answer on the question paper. No additional materials are needed. INSTRUCTIONS ● Answer all questions. ● Use a black or dark blue pen. ● Write your name, centre number and candidate number in the boxes at the top of the page. ● Write your answer to each question in the space provided. ● Do not use an erasable pen or correction fluid. ● Do not write on any bar codes. ● Dictionaries are not allowed. INFORMATION ● The total mark for this paper is 70. ● The number of marks for each question or part question is shown in brackets [ ].

Question paper, page 2

2 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Oefening 1 Lees die inligting oor ’n paar van Suid-Afrika se nasionale parke. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Geniet Parkeweek in Suid-Afrika Gedurende Parkeweek in September kan Suid-Afrikaners die land se 19 nasionale parke gratis besoek. Hier is inligting oor aktiwiteite wat besoekers graag by vier van ons parke geniet. Abseil by die Golden Gate Hoogland Nasionale Park. Die manjifieke, hoë rotsformasies in hierdie park sal die adrenalien in enige rotsklimmer se are laat vloei. Waar: Golden Gate is 23 km van Clarens in die Vrystaat en ongeveer 300 km van Bloemfontein en Johannesburg. Bly hier: Slaan jou tent op in die ruskamp, in die skadu van die beroemde Brandwag-rotsformasie. Kyk na die sterre in die Tankwa-Karoo Nasionale Park. Die wye, verlate vlaktes van die Tankwa- Karoo maak dit die ideale plek om die sterre te geniet. Waar: Hierdie park is 100 km van die Noord-Kaapse dorp Calvinia. Bly hier: Die huisies in die ruskamp het elkeen sy eie klein swembad, wat dit perfek vir die warm Karoo-somersdae maak. Stap tussen die olifante in die Kruger Nasionale Park. Die Olifantsroete kronkel langs die Olifantsrivier. Hier kan jy ’n olifant te voet van nader bekyk. Waar: Die roete begin by die Letaba-ruskamp, 50 km van Phalaborwa in Limpopo. Bly hier: Die A-raam-huisies is gerieflike verblyf. Volg ’n jagluiperd te voet in die Bergsebra Nasionale Park. ’n Opgeleide gids gee jou die unieke geleentheid om jagluiperds te voet in hul natuurlike habitat te bekyk. Waar: Hierdie park is 30 km van Cradock in die Oos-Kaap. Bly hier: As jy ’n 4×4-motor het, kan jy vir jou ’n afgesonderde berghut by Berghofkloof bespreek. (Uit: Buite, Die Burger, 12 September 2017)

Question paper, page 3

3 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over 1 Hoekom is Parkeweek ’n goeie tyd om ’n nasionale park in Suid-Afrika te besoek? … [1] 2 Wat maak die Golden Gate Nasionale Park opwindend vir abseilers en rotsklimmers? … [1] 3 Hoe verskil die verblyf in die Golden Gate Nasionale Park en in die Kruger Nasionale Park? (i) Golden Gate: … [1] (ii) Kruger: … [1] 4 Wat maak die Tankwa-Karoo Park lekker in die somer? … [1] 5 Op watter twee maniere is die aktiwiteite in die Kruger Nasionale Park en die Bergsebra Nasionale Park dieselfde? (i) … [1] (ii) … [1] 6 Wie kan ’n berghut by Berghofkloof bespreek? … [1] [Totaal: 8]

Question paper, page 4

4 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Oefening 2 Die Onderwysdepartement wil inligting insamel oor tieners en musiek. Lees die inligting oor Frank Willemse en vul die res van die vorm wat volg, in. Frank Willemse is op 9 Augustus 2006 gebore. Sy adres is Melkhoutstraat 7, Bloubergstrand, 7436. Sy huistelefoonnommer is 021 556 7849 en sy selfoonnommer is 092 471 2339. Sy e-posadres is frankwillemse@xyzmail.com. Frank is in graad 11 aan die Hoërskool Blouberg. Sy skool se adres is Seemeeuweg 23, Bloubergstrand, 7436. Frank luister na musiek net wanneer hy kan, óf deur sy oorfone wat aan sy selfoon gekoppel is, óf deur die uitstekende klankstelsel in hulle huis. Frank geniet sy ouers se CD’s en vinielplate, hy luister na musiek op YouTube, en soms laai hy musiek van die internet af. Die twee musiekgenres waarvan Frank die meeste hou, is folk en klassieke musiek, veral dié van Antonio Vivaldi. Hy en sy suster stry gereeld oor musiek, want sy verkies rockmusiek en moderne klassieke musiek, wat Frank nie kan verdra nie. Frank bespeel nie self ’n musiekinstrument nie, maar hy geniet dit vreeslik wanneer sy ma (viool) en sy pa (klavier) saam speel. Elke Donderdagaand gaan luister hy ook na die simfoniekonsert in die stadsaal. Anders as sy suster, wat musiek wil studeer, wil Frank ’n mediese dokter word. Hy weet egter dat sy liefde vir musiek belangrik in sy lewe gaan bly.

Question paper, page 5

5 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over 7 Tieners en musiek Opname Vul asseblief die vorm in. Frank Willemse Naam: … Hoërskool Blouberg 11 Naam van skool: … Graad: … Persoonlike besonderhede: • Geboortedatum: … • Adres: … , Bloubergstrand , 7436 092 471 2339 • Selfoonnommer: … • E-posadres: … Vul die nodige inligting in of maak ’n regmerkie by die gepaste opsie(s): • Laai jy musiek van die internet af? Ja ✓ Nee • Indien “Ja”, hoe gereeld? Baie Redelik baie Redelik min • Hoe luister jy na opgeneemde musiek? CD’s ✓ Radio TV Internet ✓ Ander … • Na watter soort musiek luister jy graag? Blues Folk Klassiek ✓ Reggae Rock • Waar luister jy na mense wat musiek speel? By konserte By die skool Ander … • Wat wil jy na skool studeer? … … [9]

Question paper, page 6

6 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Oefening 3 Lees die teks oor animasie in Suid-Afrika en voltooi dan die aantekeninge wat volg. SA animeerders sterk, uniek en mededingend Die kuns van animasie is ’n deel van ons almal se daaglikse lewe. Baie meer as wat jy dalk dink. “’n Mens kry animasie in alle media, van televisie en rolprente tot die internet,” sê Diek Grobler, ’n bekende animeerder. Hy het al baie pryse vir sy werk gewen en dit is al op baie internasionale feeste vertoon. “Jy kyk daagliks na honderde soorte animasie op jou selfoon – van advertensies tot nuusprogramme en rekenaarspeletjies. Elke superheldfliek is ook propvol animasie. Die lys is eindeloos,” sê Grobler. “Animasie kan dít wat fisies onmoontlik is, moontlik maak. Sonder animasie kan Spiderman nie teen die muur opklim nie.” Grobler dink dat animasie as kunsvorm verskillende funksies het. “Jy kry animasie wat gebruik word om inligting op ’n toeganklike en kreatiewe manier oor te dra. Jy kry animasie waarvan die belangrikste doel is om te vermaak. En dan kry jy animasie wat jou oor jouself en die wêreld laat dink.” Animasiekursusse in Suid-Afrika het gedurende die laaste tien jaar gegroei en gewild geraak. Grobler is egter bekommerd oor die gehalte van onderrig. “Die groot probleem is dat animasiestudente in Suid-Afrika nie as kunstenaars opgelei word nie. Hulle opleiding is 90% tegnies. Studente sien neer op die tradisionele vorme van animasie omdat hulle nie daarvan hou om op papier te teken nie,” meen Grobler. Grobler reis gereeld oorsee om sy werk by animasiefeeste te vertoon. “Ek dink die rede hoekom ons films in internasionale feeste inkom, is omdat dit anders lyk. En ons moet daardie uniekheid ontwikkel. Ek dink ons kan by sterk animasiekulture soos dié van Rusland, Tsjeggië, Pole, Frankryk en België leer om meer oorspronklik te wees. Ons moet ook leer om in ons eie oorspronklikheid en kreatiwiteit te glo. Afrika het so ’n rykdom van visuele style en kreatiwiteit en ’n rykdom van verhale. Te dikwels word stories egter op ’n oninspirerende manier vertel,” meen Grobler. Quentin Basson, ’n animasie-filmmaker, voel egter animeerders se werk het gedurende die afgelope klompie jaar baie verbeter. “Al die pryse wat Suid-Afrikaanse animasieprojekte wen, wys dat die talent in ons land sterk is en kan meeding met die talent in ander lande,” sê Basson. “Dit maak my ook opgewonde dat Kaapstad al hoe meer die film-Mekka van Afrika word. Die animasiebedryf groei baie vinnig en dit is aantreklik vir kunstenaars van regoor die wêreld om hierheen te kom.” Basson meen dis moeilik om tipies Suid-Afrikaanse of Afrika-stories te vertel wanneer jy ’n film moet maak wat die internasionale mark sal geniet. “Ek dink egter dit is besig om te verander omdat Afrika al hoe meer relevant raak. Die Amerikaanse mark is ook nou baie meer oop vir unieke Afrika-stories. Hulle sit ook nou baie meer geld daarin, wat dit makliker maak om ons eie identiteit te vind,” sê Basson. “Ek glo die animasiebedryf in Suid-Afrika is op die beste plek wat dit nog ooit was. Dít maak dit moontlik vir animeerders om suksesvol te wees. Oorsese filmmaatskappye gee meer geld om Afrika-stories te ontwikkel. Ek dink die swak Suid-Afrikaanse rand maak Suid-Afrika ook baie aantreklik vir oorsese maatskappye, want ons kan gehaltewerk skep vir baie goedkoper,” verduidelik Basson. Die animasiebedryf in Suid-Afrika het lank gevat om ’n plek in die wêreldmark te kry, maar is stadig besig om ’n goeie reputasie op te bou. Hopelik kan ons aanhou daaraan werk om uniek en oorspronklik te bly. (Uit: Netwerk24, 30 Oktober 2018)

Question paper, page 7

7 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over Jy gaan ’n praatjie oor animasie in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. 8 Funksies van animasie as kunsvorm: • dra inligting toeganklik en kreatief oor • … [1] • … [1] 9 Redes waarom Grobler bekommerd oor animasie in Suid-Afrika is: • … [1] • … [1] • … [1] 10 Bewyse dat dit goed gaan met die animasiebedryf in Suid-Afrika: • … [1] • … [1] • … [1] [Totaal: 8]

Question paper, page 8

8 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Oefening 4 11 Gebruik die teks oor animasie en skryf ’n opsomming van die redes waarom Suid-Afrikaanse animeerders suksesvol kan wees. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. … … … … … … … … … … … … … … … [5]

Question paper, page 9

9 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 5

Question paper, page 10

10 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Oefening 5 12 Jy het onlangs vir ’n opstelkompetisie ingeskryf en die eerste prys gewen. Skryf ’n brief aan ’n maat waarin jy van die kompetisie, van jou opstel en van jou prys vertel. Jou brief moet tussen 150 en 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: • wie die kompetisie georganiseer het en wat die reëls was • waaroor jou opstel was en hoekom jy die onderwerp gekies het • wat die prys was en wat jy daarmee gaan doen. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 11

11 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [15]

Question paper, page 12

12 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Oefening 6 Lees die volgende teks en beantwoord dan die vrae wat volg. Zoeloe-meisie wen Afrikaanse spelkompetisie Afrikaans is haar vierde taal, maar Nolwazi Mahlangu (15) was die wenner in die ATKV se Afrikaanse spelkompetisie. Nolwazi is ’n graad 10-leerder van Mpumalanga. Zoeloe is haar moedertaal, maar sy sosialiseer in Engels en Afrikaans en praat ook Xhosa. Sy het besluit om aan die ATKV-Spelathon se afdeling vir eerste addisionele taal vir leerders in graad 10 tot 12 deel te neem. En toe behaal sy die eerste plek! Die finale ronde van die spelkompetisie is in Stellenbosch in die Wes-Kaap gehou. Die ure wat Nolwazi voorbereiding gedoen het, het vrugte afgewerp. Toe sy uitgevra is oor hoe sy haar vir die spelkompetisie voorberei het, het sy vertel: “Ek is die een wat in ons huis kos kook. Wanneer ek die uie sny en die skottelgoed was, het ek die spellys op die kas vasgeplak en die woorde opgesê en gespel. Ek het ook elke aand twee bladsye van my woordeboek gelees voordat ek gaan slaap het, want ek het geweet ek moet my woordeskat uitbrei.” Nolwazi sê haar oorwinning is vir haar baie belangrik, want dit wys dat jy met harde werk bo jou omstandighede kan uitstyg. “Ek is baie trots op myself, want my huislike omstandighede is nie maklik nie. Toe ek gehoor het dat ek tot die finale ronde deurgedring het, was dit wonderlik vir my. Ek was nie baie senuweeagtig voor en gedurende die finaal nie, want ek het gevoel ek het klaar iets bereik deur net tot daar te kom,” sê sy. Sy en haar broer, Siyabonga, hou die huishouding aan die gang. Hulle ouers kan nie meer werk nie en is afhanklik van welsynstoelaes. “Ek het dié kompetisie vir my ma gewen. Sy het vroeër vanjaar ernstig siek geword en is nou blind. My pa was verlede jaar in ’n motorongeluk en kan nie meer werk nie,” vertel sy. Leerlinge wat aan die spelkompetisie deelneem, kry ’n lys van 1 000 woorde wat hulle moet leer. Toewyding en ’n slim benadering was die sleutel tot Nolwazi se sukses. “Ek het eerste die koppelteken- en deeltekenwoorde geleer,” sê sy. Sy het ’n tweetalige woordeboek gelees om haar te help om woorde se betekenis beter te verstaan. Dit het die leerproses makliker gemaak. “Ek kan die woorde makliker spel as ek dit verstaan. Afrikaans,” sê sy, “vind ek makliker om te leer en te skryf as Engels.”

Question paper, page 13

13 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over Meneer Mahlangu vertel ook van die laat aande wat sy dogter gestudeer het. “As ek laat in die aand sien dat haar lig nog brand, het ek gevra: ‘Wanneer gaan jy slaap?’ Dan sê sy net dat sy besig is om haar woorde te lees. Ons is baie trots op haar.” Nolwazi se Afrikaans-onderwyseres vertel dat Nolwazi ook erekleure vir haar prestasie verwerf het. “Ons het elke middag, behalwe Vrydae, sowat ’n uur ná skool geoefen. Nolwazi was baie toegewyd en het ook baie op haar eie en by die huis gewerk. Ons span het die hele derde kwartaal geoefen. Later kon jy sien haar selfvertroue het gegroei,” sê sy trots. Die skool het vir Nolwazi en nog twee leerders betaal om die kompetisie in Stellenbosch by te woon. Dit was hul eerste keer in ’n vliegtuig, en hulle het ná die kompetisie ook tyd gehad om Tafelberg te besoek. Die finale ronde van die spelkompetisie het begin met vier woorde op die spellys. Daarna moes deelnemers nog verskeie ander woorde spel. Nolwazi se gunstelingwoord op die spellys was “buitepasiënte”. “Hierdie kompetisie gee ’n mens ’n groter woordeskat en verbeter jou taalgebruik. Afrikaans is ’n baie lekker taal,” sê sy. (Uit: Netwerk24, 28 Oktober 2018) 13 Hoekom is dit so spesiaal dat Nolwazi juis ’n Afrikaanse spelkompetisie gewen het? … … [1] 14 Waarom was dit voor die finale ronde nie vir Nolwazi belangrik om die kompetisie te wen nie? … … [1] 15 Waarom moet Nolwazi en haar broer so hard in die huis werk? … … [1] 16 Noem twee redes waarom Nolwazi elke dag die woordeboek gelees het. … … … … [2]

Question paper, page 14

14 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 17 Hoe verskil Afrikaans en Engels, volgens Nolwazi? … … [1] 18 Noem twee bewyse van Nolwazi se toegewyde houding. … … … … [2] 19 Hoe het Nolwazi verander ná al die voorbereiding wat sy vir die kompetisie gedoen het, volgens haar onderwyseres? … … [1] 20 Wat, behalwe die kompetisie, het die besoek aan die Wes-Kaap spesiaal vir Nolwazi en haar maats gemaak? Noem een ding. … … [1] [Totaal: 10]

Question paper, page 15

15 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over BLAAI OM VIR OEFENING 7

Question paper, page 16

16 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Oefening 7 21 Daar is voorgestel dat alle hoërskoolleerders drie tale op skool moet neem. Lees die volgende reaksies op die voorstel: “Ek sal graag nog ’n taal wil leer.” “Ek wil liewer op my ander vakke konsentreer.” “Dis ’n goeie plan – elke taal is ’n venster op ’n ander kultuur.” “As ons ander tale wil leer, kan ons dit mos in ons eie tyd doen.” “Hoe meer tale ons ken, hoe beter kan ons met verskillende mense kommunikeer, en goeie kommunikasie is die oplossing vir die wêreld se probleme.” “Nee, sê ek, twee tale is al klaar te veel.” Skryf ’n artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor drie verpligte tale op hoërskool bespreek. Jou artikel moet tussen 200 en 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 17

17 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Question paper, page 18

18 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [15]

Question paper, page 19

19 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 BLANK PAGE

Question paper, page 20

20 0548/01/M/J/21 © UCLES 2021 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge Assessment International Education Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cambridgeinternational.org after the live examination series. Cambridge Assessment International Education is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of the University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which itself is a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE