Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 — 2017 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1
0512/11/O/N/17 · 50 marks · ≈56 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme6 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.






Paper as text
Question paper, page 1
* 0 3 2 1 4 0 0 9 2 5 * This document consists of 6 printed pages, 2 blank pages and 1 Insert. DC (KN) 139043/2 © UCLES 2017 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/01 Paper 1 Reading October/November 2017 2 hours Candidates answer on the Question Paper. Additional Materials: Insert READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name in the spaces at the top of this page. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions in Afrikaans in the spaces provided. Dictionaries are not permitted. The Insert contains the reading passages. The Insert is not assessed by the Examiner. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam in die blokkies boaan hierdie bladsy. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae in Afrikaans in die ruimtes wat daarvoor verskaf is. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Die bylae bevat die leestekste. Hierdie bylae word nie deur die eksaminator nagesien nie. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.
Question paper, page 2
2 0512/01/O/N/17 © UCLES 2017 Lees teks A in die bylae met die tekste en beantwoord dan vraag 1. Vir hierdie vraag kan hoogstens 20 punte vir die inhoud van jou antwoorde en hoogstens 5 punte vir taalgebruik behaal word. 1 (a) Verduidelik die skrywer se kontrasterende gevoelens oor storms in paragraaf 1 en 2. … … … …[2] (b) Hoe beskryf Tony Weaver hoe die omgewing tussen die Liesbeek en die Swartrivier in die verlede daar uitgesien het? Gee drie besonderhede. … … … … … …[3] (c) Noem een bewys van die skrywer se goeie kennis van die weersomstandighede van die omgewing waar hy woon. … …[1] (d) Omskryf die volgende woorde soos wat dit in die teks gebruik word: (i) verslaaf aan (reël 1) … …[1] (ii) graan-en-groente-mandjie (reël 13) … …[1] (iii) verstandigheid (reël 22) … …[1]
Question paper, page 3
3 0512/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over (iv) rampspoedige (reël 28) … …[1] (e) Watter bewyse verskaf die skrywer vir sy waardering vir Kader Asmal se plan? … … … … … … …[4] (f) Verduidelik waarom die laaste paragraaf as ’n doeltreffende slot vir die teks beskou kan word. … … … … … … …[4] (g) Lewer kommentaar op die titel van die teks. … … … …[2] [Totaal: 25]
Question paper, page 4
4 0512/01/O/N/17 © UCLES 2017 Lees teks B in die bylae met die tekste en beantwoord dan vraag 2. Vir hierdie vraag is ’n totaal van 25 punte beskikbaar. 15 punte is beskikbaar vir die inhoud van jou antwoord en 10 punte vir die taalgebruik, waarvan 5 punte vir styl en struktuur en 5 punte vir akkuraatheid. 2 Skryf ʼn opsomming van die ooreenkomste en verskille tussen teks A en teks B. Konsentreer op die tekste se inhoud. Vergelyk ook die styl en doel van die tekste in jou opsomming. Jou opsomming moet 200 tot 250 woorde lank wees. … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 5
5 0512/01/O/N/17 © UCLES 2017 [Turn over … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … …
Question paper, page 6
6 0512/01/O/N/17 © UCLES 2017 … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … … [Totaal: 25]
Question paper, page 7
7 0512/01/O/N/17 © UCLES 2017 BLANK PAGE
Question paper, page 8
8 0512/01/O/N/17 © UCLES 2017 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE
Mark scheme, page 1
® IGCSE is a registered trademark. This document consists of 6 printed pages. © UCLES 2017 [Turn over Cambridge Assessment International Education Cambridge International General Certificate of Secondary Education FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/01 Paper 1 Reading October/November 2017 MARK SCHEME Maximum Mark: 50 Published This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge International will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge International is publishing the mark schemes for the October/November 2017 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components.
Mark scheme, page 2
0512/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 2 of 6 Question Answer Marks 1 • 20 punte is beskikbaar vir Lees. • 5 punte is beskikbaar vir Skryf (sien die tabel op die volgende bladsy). 1(a) Enersyds is hy opgewonde oor die stormagtige winterweer 9; andersyds is hy jammer vir mense wat deur vloede geteister word. 9 2 1(b) Enige drie van die volgende: Hy verwys spesifiek na hulle huis wat in die 1930’s ’n melkery was. 9 Hy noem die Nederlandse name van die oorspronklike plase in die omgewing. 9 Hy beskryf hoe koeie en vroeër seekoeie en ander wilde diere daar gewei het. 9 Hy verwys na Jan van Riebeeck se tyd toe die omgewing kos voorsien het. 9 3 1(c) Hy weet presies wanneer die plaaslike riviere hul walle gaan oorstroom. 9 1 1(d)(i) verslaaf aan – hou vreeslik baie daarvan 1 1(d)(ii) graan-en-groente-mandjie – plek wat voedsel voorsien 1 1(d)(iii) verstandigheid – intelligensie/opbouende ingesteldheid/houding 1 1(d)(iv) rampspoedige – wat tot groot ellende/ongelukke lei 1 1(e) Enige vier van die volgende: Hy noem die talle werksgeleenthede/lone wat deur Asmal se plan beskikbaar gemaak is. 9 Hy verwys na die “merkwaardige ommekeer” in die toestand van die riviere nadat Asmal se program ingevoer is. 9 Hy noem die verstommende verandering wat veroorsaak het dat flaminke weer na die Liesbeek migreer. 9 Hy verwys na die verbetering in die gehalte van die rioolwater van die plaaslike rioolaanleg. 9 Hy noem hoe die tou oor die Swartrivier help om die rivier skoon te hou. 9 Hy verwys na hoeveel makliker/vinniger die rivier vloei omdat dit sonder rommel is. 9 4 1(f) Die paragraaf vat (kort en kragtig) saam waarna daar vroeër in die teks verwys is: 9 Die woorde “Dit alles” verwys na die verbeteringe wat in die omgewing plaasgevind het, 9 wat daartoe gelei het dat die perfekte storm waarna in paragraaf 5 verwys is, 9 nie die rampspoedige gevolge gehad het waarna daar in paragraaf 7 verwys is nie. 9 4 1(g) Die is ’n gepaste titel omdat die skrywer se vreugde 9 oor die verbetering in die omgewing deur die hernieude aanwesigheid van flaminke in die Liesbeek uitgedruk word. 9 2
Mark scheme, page 3
0512/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 3 of 6 Skryf: Akkuraatheid van taal 5 (Uitstekend) Duidelike, noukeurig gekose taal met komplekse sintaksis, waar gepas. Gevarieerde, presiese woordeskat. Skaars enige of geen tegniese foute nie. 4 (Goed) Duidelike, gepaste taal. Gepaste woordeskat. Min tegniese foute. 3 (Voldoende) Taal meestal gepas, maar ongesofistikeerd en hoofsaaklik eenvoudige sintaksis. Voldoende woordeskat. Sommige tegniese foute. 2 (Swak) Ongesofistikeerde taal, nie altyd gepas nie. Eenvoudige sintaksis met ʼn mate van lomp taalgebruik. Beperkte woordeskat. Verskeie tegniese foute. 1 (Baie swak) Beperkte, onvanpaste taalgebruik. Verward en obskuur. Talle foute. [Totaal: 20 punte vir inhoud en 5 punte vir taalgebruik = 25] Vraag 2 • 15 punte is beskikbaar vir Lees. Elke relevante punt kry ʼn regmerkie. ʼn Punt word vir elke regmerkie toegeken tot ʼn maksimum van 15 punte (sien die moontlike antwoorde hieronder). • 10 punte is beskikbaar vir Skryf (sien die onderstaande tabelle). Skryf: Styl en Organisering 5 (Uitstekend) Uitstekende uitdrukking en fokus met uitstekende gebruik van eie woorde. Goeie opsommingstyl met ordelike groepering van idees; uitstekende skakeling. Antwoord is doelgerig. 4 (Goed) Goeie uitdrukking in herkenbare opsommingstyl. Poging om te fokus en idees te groepeer; goeie skakeling. 3 (Voldoende) Bevredigende uitdrukking in eie woorde. Redelik presies, met ʼn mate van ordening. Sporadiese gebrek aan fokus. 2 (Swak) Beperkte uitdrukking, maar meestal in eie woorde. ʼn Mate van orde, maar min gevoel vir skakeling. Geneigdheid om fokus te verloor (bv. deur ʼn anekdote in te sluit): ontwikkeling dikwels moeilik om te volg. 1 (Baie swak) Uitdrukking bloot voldoende; moontlik soos ʼn lys. Heelwat oorskrywery uit die tekste; herhalend. Dikwels irrelevant.
Mark scheme, page 4
0512/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 4 of 6 Skryf: Akkuraatheid van taal 5 (Uitstekend) Duidelike, noukeurig gekose taal met komplekse sintaksis, waar gepas. Gevarieerde, presiese woordeskat. Skaars enige of geen tegniese foute nie. 4 (Goed) Duidelike, gepaste taal. Gepaste woordeskat. Min tegniese foute. 3 (Voldoende) Taal meestal gepas, maar ongesofistikeerd en hoofsaaklik eenvoudige sintaksis. Voldoende woordeskat. Sommige tegniese foute. 2 (Swak) Ongesofistikeerde taal, nie altyd gepas nie. Eenvoudige sintaksis met ʼn mate van lomp taalgebruik. Beperkte woordeskat. Verskeie tegniese foute. 1 (Baie swak) Beperkte, onvanpaste taalgebruik. Verward en obskuur. Talle foute. Moontlike antwoorde • Let op dat die volgende ʼn lys moontlike antwoorde is. • Let ook op dat dit in notavorm is, maar dat daar van kandidate verwag word om hulle antwoorde in aaneenlopende prosa aan te bied. • Alternatiewe antwoorde wat relevant tot die taak is, sal ook ʼn punt ontvang. • Antwoorde moenie langer as 250 woorde wees nie. (Indien antwoorde langer is, word die gedeelte wat langer is, geïgnoreer.)
Mark scheme, page 5
0512/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 5 of 6 Ooreenkomste en verskille Noem tot 9 tot 11 punte in verband met ooreenkomste en verskille in inhoud – 1 punt per verskil/ooreenkoms. Albei tekste: • toon ’n besorgheid oor die aarde • verwys na die omgewing • verwys na veranderinge in die omgewing as gevolg van menslike bedrywighede • verwys na die omgewing in die verlede en die hede • verwys na die toestand van riviere • verwys na besoedeling • het in die koerant verskyn Teks A: • dra die skrywer se liefde vir storms oor • verduidelik waar die skrywer woon • beskryf die omgewing waar hy woon • verwys na die geskiedenis van sy omgewing • dra sy liefde vir die twee riviere oor • toon sy kennis van die riviere • vertel hoe hy as kind in die Liesbeek visgevang het • vertel hoe die Liesbeek en Swartrivier se toestand versleg het • verwys na die aanwesigheid van flaminke in die Liesbeek • beskryf waarom en hoe die riviere se toestand verbeter het Teks B: • se titel dui op die negatiewe • skilder ’n negatiewe prentjie van die aarde • fokus op die negatiewe gevolge van vooruitgang • toon die gevolge van besoedeling • verduidelik die Antroposeen • beskryf die bevolkingsgroei sedert 1950 • verwys na die verskil tussen ryk en arm • stel vrae oor waarom depressie so algemeen voorkom • wonder of die prys van vooruitgang nie te hoog is nie
Mark scheme, page 6
0512/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme PUBLISHED October/November 2017 © UCLES 2017 Page 6 of 6 Styl en doel (gee 4 tot 6 punte) Gee 2 punte per verskil Byvoorbeeld: • Teks A is in die eerste persoon geskryf; Teks B is in die derde persoon geskryf. • Teks A is ’n mengsel van persoonlike en objektiewe vertelling; Teks B is objektief en bespiegelend. • Teks A het ’n positiewe toon weens die skrywer se positiewe houding teenoor veranderinge in die omgewing; Teks B het ’n negatiewe toon weens die skrywer se negatiewe indruk van die toestand van die aarde. Gee 1 punt per ooreenkoms Byvoorbeeld: • Albei tekste wil die leser inlig. • Albei tekste dra ’n houding oor. • Albei tekste wil ’n indruk op die leser maak. [Totaal: 15 punte vir inhoud en 10 punte vir taalgebruik = 25]
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2017 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.