Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 — 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1

0512/11/O/N/14 · 50 marks · ≈56 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2014 Oct/Nov Paper 1 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 5 printed pages, 3 blank pages and 1 insert. DC (SJF) 88036/2 © UCLES 2014 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education * 7 4 0 5 2 8 9 9 3 9 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/01 Paper 1 Reading October/November 2014 2 hours No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE IN ANY BARCODES. Answer all questions. You should pay attention to punctuation, spelling and handwriting. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. At the end of the examination, fasten all your work securely together. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Indien jy ’n antwoordboek ontvang het, moet jy die instruksies op die voorblad uitvoer. Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die werk wat jy inlewer. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord al die vrae. Gee aandag aan punktuasie, spelling en handskrif. Die aantal punte per vraag word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag aangedui. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jy al jou werk stewig vasgemaak het.

Question paper, page 2

2 0512/01/O/N/14 © UCLES 2014 Lees Teks 1 en beantwoord dan vraag 1. Teks 1 Boeke is my kosbare vriende Om boeke te lees, te versamel en lief te hê, verteenwoordig die hoogste deug van die mensdom. Om boeke te versamel, is ʼn gesonde, opvoedkundige en vreugdevolle aktiwiteit. Boeke gee vorm aan intellek, kennis en ʼn fyn opvoeding. Dit verteenwoordig alles wat goed en behoorlik in die samelewing en die lewe is. Ek kan nie ʼn tyd in my lewe sonder boeke onthou nie. Voor ek nog self kon lees, het my ouers saans voor slaaptyd vir my van Jakkals en Wolf of Maans die mier se eskapades gelees. Vir my was hierdie karakters net so werklik soos die eienaar van die hoekkafee waar ons melk en brood gekoop het of ons bure se hond wat gereeld aan ons voorhekkie kom snuif het. Groot was die vreugde toe ek self kon lees! Saterdagoggende se uitstappie na die dorpsbiblioteek was die hoogtepunt van elke week. Dit was die grootste avontuur om die rakke van die kinderbiblioteek te deursoek en twee splinternuwe stories uit te neem. En toe ek eers my eie rak in die boekrak in ons gang gehad het, het my liefde vir boeke met rasse skrede toegeneem. Daardie eerste boeke waarin ek my naam trots voorin geskryf het, het my skatryk laat voel. Mense sê soms ek moet van my boeke weggee. Ek het egter al dikwels vir mense boeke gegee of geleen, net om later te hoor hulle het dit weggegooi of teen ʼn appel en ʼn ei verkwansel in ʼn tweedehandse winkel. Nie alle mense het aan moedersknie of op skool die nodige respek en boek-opvoeding geleer nie en skat dit daarom nie na waarde nie. Nie almal waardeer boeke ewe veel nie. Baie van my boeke is vir my kosbaar omdat dit handel oor ʼn onderwerp waarvoor ek ʼn passie het. Baie van die boeke was ook moeilik om te vind. Daar word net ʼn beperkte opgawe van boeke gedruk, en later is dit nie moontlik om ʼn boek weer te vind as jou eksemplaar weg is nie. Ek versamel in die eerste plek boeke omdat ek lief vir boeke is. Boeke is my vriende, en ek het vir hulle die grootste respek. Mense skryf boeke ná ʼn leeftyd van studie, en dit is dikwels ʼn lewenstaak. Daar is altyd ʼn boek vir enige ledige uurtjie en enige gemoedstemming. Daar is altyd iets nuuts om te ontdek. Vir iemand wat na kennis en insig hunker, is boeke die grootste bron van vreugde. ʼn Mens kan sommige boeke in biblioteke vind, maar dan is dit nie altyd beskikbaar nie; en om iets behoorlik te bestudeer, het ʼn mens tyd nodig. Daarom is dit beter om jou eie versameling te besit. Baie boeke is in elk geval onverkrygbaar en is daarom juwele wat ʼn mens oor ʼn lang tyd gesoek en gevind het. Daar is op elke vakgebied soveel boeke wat geskryf is om die werk vir ʼn mens interessant te maak, maar as jy so ʼn boek eers uit jou hande laat gaan, is dit dikwels onmoontlik om dit weer op te spoor. Elektroniese media en boeke bied baie voordele, veral wanneer ʼn mens navorsing moet doen, maar die gedrukte boek bly die beste tegnologie. ʼn Mens kan ʼn boek steeds na enige plek saamvat, dit werk altyd, batterye raak nooit pap nie en sal in die toekoms ook bly werk. Om dié redes besit ek duisende boeke. Mense mag maar reken ek is ʼn bibliofiel of ʼn biblioholis, maar ander mense het ʼn passie om motors of wyn te versamel. ʼn Intellektueel stimulerende stokperdjie soos boeke versamel, dink ek, is opbouend en tot voordeel van almal in ons samelewing. Prof. Ewert Kleynhans [Uit: Die Burger, 20 Augustus 2011] 5 10 15 20 25 30 35 40

Question paper, page 3

3 0512/01/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over 1 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. (a) Hoe weet ons dat die skrywer as kind nie altyd tussen fiksie en werklikheid onderskei het nie? (paragraaf 2) [1] (b) Watter uitwerking het dit vir die skrywer gehad om sy “eie rak in die boekrak” (reël 13) te hê? [1] (c) Waarom is die skrywer soms teleurgesteld nadat hy boeke weggegee het? [1] (d) Wat lei daartoe dat mense boeke nie waardeer nie? [1] (e) Verduidelik die skrywer se gemengde gevoelens teenoor biblioteke. [3] (f) Omskryf die volgende woorde of sinsdele wat van toepassing op die teks is: (i) die hoogste deug (reël 1) [1] (ii) teen ʼn appel en ʼn ei (reël 17–18) [1] (iii) ʼn beperkte opgawe (reël 22–23) [1] (iv) ledige uurtjie (reël 27). [1] (g) Verduidelik hoe die skrywer gedrukte en elektroniese boeke met mekaar vergelyk in paragraaf 8. [4] (h) Volgens die laaste paragraaf is die skrywer al ʼn bibliofiel en ʼn biblioholis genoem. Kontrasteer wat die twee terme oor mense se houding teenoor die versamel van boeke te kenne gee. [4] (i) Som die skrywer se houding teenoor die versamel van boeke in die laaste paragraaf in een kort sin op. [1] [Totaal: 20 punte vir inhoud en 5 punte vir taalgebruik = 25]

Question paper, page 4

4 0512/01/O/N/14 © UCLES 2014 Lees Teks 2 en beantwoord dan vraag 2. Teks 2 Boeke vertel jou wie jy werklik wil wees Ek verwys na “Boeke is my kosbare vriende” geskryf deur prof. Ewert Kleynhans in Die Burger van 20 Augustus. Die beskrywing van die weeklikse besoek aan die dorpsbiblioteek het my nostalgies laat terugdink aan my eie besoeke aan ons biblioteek. As ek my oë toemaak, sien ek nog die goedige maar streng gesig van die bibliotekaresse agter die toonbank, ruik ek die politoer waarmee die vloere blinkgevryf is en hoor ek die opgewonde gefluister as ʼn nuwe boek ontdek is. Daar bestaan geen twyfel dat daardie biblioteek ʼn enorme rol gespeel het in die ontwikkeling van my liefde vir boeke nie. Sommige mense sal reken boeke is oorbodig in hierdie tegnologies gevorderde tye, met alle denkbare inligting wat ʼn mens op die internet kan opsoek en die bestaan van elektroniese “boeke” wat gerieflik saamgedra kan word. Sommige mense verkies rooiwyn en ander eet nie olywe nie. Geen probleem. Vir baie (soos vir my) is dit regtig aangenaam om ʼn regte egte boek vas te hou. Dit is soos om ʼn lid van ’n eksklusiewe klub te wees: Dis anders, dis spesiaal. Ek is ʼn emosionele leser. Vir my is die genot om juis nie te weet presies waarvoor ek lus is nie as ek voor rakke vol boeke te staan kom. Ek gaan sonder ʼn plan na boekplekke en voel soos ʼn ontdekkingsreisiger. Jy maak staat daarop dat ʼn paar visueel stimulerende buiteblaaie om jou aandag gaan kompeteer. Dis heerlik om dan die opsomming op daardie omslag te beloer en te besluit of dit die leesgenot gaan verskaf wat die treffende omslag belowe. Dan die gevoel van oorwinning as daardie boek se prys jou sak pas en die kinderlike afwagting om te sien waarvoor jy jouself gaan inlaat. Vir diegene soos ek wat dit nie kan bekostig om te reis nie, is daar oor elke reisbestemming geskryf en ʼn boek kan jou selfs meer vertel as wat jy gedink het jy wil weet. My verbeelding is darem ryk genoeg om my eie reisstorie daarvan te maak en dit kos my nie ʼn sent nie, want ek gaan sit net in ʼn biblioteek of neem die boek uit. Jou bagasie raak nie weg nie en daar’s ook nie ander onaangename ervarings wat ʼn reisiger se duur uitstappie kan bederf nie. Die waaghalsige kant van my kan my aan ʼn gratis “eksklusiewe klub” laat behoort: die fiksieklub waar jy enigiemand kan wees sonder dat jy ʼn onvleiende nie-so-superheld-pakkie hoef aan te trek. Die manier waarop ʼn mens jou in verskillende karakters se lewens kan inleef, dra by tot jou mensekennis, terwyl inligting oor verskillende plekke jou algemene kennis onbewustelik verbreed. Grense tussen plekke en tye word ook maklik opgehef en dis heerlik om in een boek ʼn soldaat in die Amerikaanse Burgeroorlog, in ʼn volgende boek ʼn offisier in Napoleon se leër en in ʼn ander boek ʼn pasiënt van Florence Nightingale te kan wees. Jy kan enigiets aanvang sonder om jouself of jou ego te beseer. Liefdesverhale of romantiese gedigte staan my nie aan nie. Ek is ʼn weet-graag- entoesias. Wetenskap, biologie en ander intelligente temas (ook dit wat nie van hierdie planeet is nie) sal jy in my boekrak raaksien, en ʼn kerkmuis soos ek bewys dat kennis werklik mag is as ek saam met die “uitgesoektes” kan gesels. Weet jy wat? As jy nie weet wie jy is nie omdat dit voel of die samelewing dit namens jou besluit, sal boeke jou gou help om jou identiteit te bevestig – boeke vertel jou wie jy werklik wil wees. Zuquina D’Emiljo, Paarl [Uit: Die Burger, 17 September 2011] 5 10 15 20 25 30 35 40

Question paper, page 5

5 0512/01/O/N/14 © UCLES 2014 2 Skryf ʼn opsomming van die ooreenkomste en verskille tussen Teks 1 en Teks 2. Konsentreer op die rol wat boeke in die skrywers se lewens speel en hulle houdings teenoor boeke. Vergelyk ook die tekste se styl en doel. Jou opsomming moet 200 tot 250 woorde lank wees. [Totaal: 15 punte vir inhoud en 10 punte vir taalgebruik = 25]

Question paper, page 6

6 0512/01/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE

Question paper, page 7

7 0512/01/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 0512/01/O/N/14 © UCLES 2014 Copyright Acknowledgements: Teks 1 © J. Kloppers; Boeke is my kosbare vriende; Die Burger; 20 August 2011. Teks 2 © Z. d’Emiljo; Boeke vertel jou wie jy werklik wil wees; Die Burger; 17 September 2011. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2014 Oct/Nov, Paper 1 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A32/50
B27/50
C23/50
D19/50
E14/50
F10/50
G6/50