Cambridge A Level Afrikaans - Language (AS Level only) 8679 — 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
8679/21/O/N/10 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme7 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.







Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 6 printed pages and 2 blank pages. DC (NF) 30919/4 © UCLES 2010 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level * 7 4 0 5 6 8 5 0 5 2 * AFRIKAANS 8679/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2010 1 hour 45 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Dictionaries are not permitted. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Indien jy ’n vraestel/antwoordboek ontvang het, moet jy die instruksies op die voorste bladsy uitvoer. Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of flaterwater gebruik nie. Beantwoord alle vrae in Afrikaans. Punte word toegeken vir taalgebruik. Goeie sinskonstruksie sal ook in jou guns tel. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.
Question paper, page 2
2 8679/02/O/N/10 © UCLES 2010 Afdeling 1 Lees die volgende artikel aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Die klere maak die man ‘Die klere maak die man,’ lui die ou gesegde. Dit is duidelik dat mans deesdae baie meer waarde heg aan hul voorkoms. Daar is ’n sterk teenwoordigheid van mansmodes by modeparades in Milaan en Parys, asook hier in ons eie kontrei. Die begeerte om ‘in’ te wees, word onderstreep deur die talle tydskrifte op die rakke met ritse glansfoto’s van befaamde knape soos David Beckham en Arno Carstens, al pronkende in ontwerpersklere. In die verlede het die loopplanke en modeblaaie gepryk met kledingstukke wat gewissel het van die voorspelbare pikkewynpakkies tot malkop, onpraktiese ontwerpe wat geen man kon dra nie. Dié tipe klere het vir Jan Rap en sy maat maar weinig gebied om oor huis toe te skryf. Sedertdien het die samelewing sodanig verander dat mansmodes by vrouemodes begin kersvashou wanneer dit kom by verskeidenheid en kreatiwiteit. Bravo! Die dae van safaripakke en van noodgedwonge aantrek wat vroulief op die bed uitlê, is genadiglik iets van die verlede. Vandag se modes nooi mans uit om hulself op te tof. Modekenners voorspel dat die rakke in die toekoms ’n oorvloed wonderlike uitrustings aan kopers sal bied. Deftige dasse, klassieke pakke en kleurbaadjies word met gewone drag soos tekkies of klinknaelbroeke gedra. Selfs gesofistikeerde breidrag is deesdae ’n manlike treffer-kopie. Militêre snitte bly ’n sentrale tema in mansdrag, en die populariteit daarvan het oorgespoel na hedendaagse vrouestyle. Growwer teksture in mansjasse en –baadjies word vermeng met ragfyn hemde van sy en ander sagter materiale soos fluweelbroeke. Die gebruik van verskillende teksture is ’n klinkklare bewys van die teenstrydige moderne idees rondom man-wees. ‘Ek ontwerp nie klere nie – ek ontwerp drome,’ het die mode-guru Ralph Lauren eens op ’n tyd gespog. Nou-ja, of jy nou saamstem met so ’n egoïstiese vleiery of nie, mansmodes weerspieël deesdae ’n kaleidoskoop van kleure, snitte, ontwerptemas en teksture. Dit bied dan wel aan mans die geleentheid om daagliks hul drome stylvol uit te leef. Hopelik kan hulle dan ook ’n indruk op iemand spesiaal maak! Verwerk uit: DeKat, Julie/Augustus 2007 5 10 15 20 25
Question paper, page 3
3 8679/02/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over 1 Vind die woord in die eerste twee paragrawe wat ooreenstem met die volgende definisies. Voorbeeld Vraag: mansaandpakke Antwoord: pikkewynpakkies (paragraaf 2) (a) omgewing [1] (b) behoefte [1] (c) beroemde [1] (d) min [1] (e) van toe af [1] [Totaal: 5] 2 Verduidelik die volgende woorde deur elkeen in ’n volledige sin te gebruik. Voorbeeld Vraag: Breidrag (reël 19) Antwoord: Breidrag is klere wat van wol gemaak is. (a) waarde heg (reël 2). [1] (b) voorkoms (reël 2) [1] (c) vrouemodes (reël 12) [1] (d) op te tof (reël 15–16) [1] (e) egoïstiese (reël 26) [1] [Totaal: 5]
Question paper, page 4
4 8679/02/O/N/10 © UCLES 2010 3 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie tensy dit spesifiek gevra word. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) (i) Identifiseer die gesegde in paragraaf 1. [1] (ii) Verduidelik wat hierdie gesegde beteken. [1] (b) Verduidelik hoekom David Beckham en Arno Carstens mans se klerekeuses beïnvloed. [2] (c) Wie is ‘Jan Rap en sy maat’ (reël 10)? [1] (d) Die skrywer van hierdie teks is bly dat mans sekere modes nie meer hoef te dra nie. Watter twee voorbeelde in paragraaf 3 word gebruik om sy punt te illustreer? [2] (e) Verduidelik hoe vrouemodes spesifiek deur mansmodes beïnvloed word. [2] (f) Die skrywer dink daar is ‘teenstrydige moderne idees’ (reël 23–24) omtrent man-wees. (i) Wat word hiermee bedoel? [1] (ii) Hoe word hierdie teenstrydigheid in die mansmodewêreld geïllustreer? [1] (g) (i) Hoe voel die skrywer oor die algemeen oor die moderne mansmodes? [1] (ii) Vind drie woorde of sinne uit die hele teks as bewys van hierdie siening. [3] [Totaal: 20]
Question paper, page 5
5 8679/02/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over BLANK PAGE BLAAI OM VIR AFDELING 2
Question paper, page 6
6 8679/02/O/N/10 © UCLES 2010 Afdeling 2 Pronk met etiese trots! Het jy al ooit gedink dat die mode- en skoonheidsindustrie eintlik net ’n gejaag na die wind is? In ’n wêreld geteister deur vigs, geweld en oorlog, hoe kan ons nog omgee watter jeans nou eintlik in die mode is? Is daar nie belangriker dinge om ons oor te bekommer nie? Ek het egter besef, jy hoef nie skuldig te voel as jy vir jou ietsie mooi wil koop nie. Jy mag mode geniet! Vir my is mode die teenoorgestelde van geweld en haat. Mode is die teenmiddel vir die slegte nuus op TV. My klerekas word soos ’n skip waarmee ek dagreise na eksotiese plekke toe kan onderneem. ’n Mens sien soms net vere waai soos ek soek vir inspirasie terwyl ek uitrustings probeer saamstel! Modetendense begin dikwels as gevolg van ’n reaksie op sekere sosiale gebeure. Punk en grunge is goeie voorbeelde hiervan. Toe Suid-Afrika ’n demokrasie geword het, het al hoe meer ontwerpers meer “Trots Suid-Afrikaans” begin ontwerp. Suid- Afrika het stadig maar seker ’n eie mode ontwikkel. Handelsmerke soos Stoned Cherrie het baanbreker werk gedoen en sodoende het meer ontwerpers ’n eg Suid- Afrikaanse identiteit onthul. As ek dink aan hoe ‘reg’ ’n mens voel as jy ’n Craig Native- hempie of ’n Maya Prass-romp dra, dan is die Suid-Afrikaanse mode-industrie seker een van die belangrikste om te ondersteun. Bowenal skep dit broodnodige plaaslike werksgeleenthede. Onthou net, mode-industrieë kan dikwels bo blink en onder stink. Dit is belangrik om seker te maak dat jy jou voete altyd stewig op die aarde hou. As jy weer iets koop, vra jouself dus af: Hoeveel kos hierdie kledingstuk werklik? En ek praat nie net van die Rand-waarde nie. Die belangrikste vraag wat jy seker moet kan beantwoord is: Was hierdie kledingstuk op ’n etiese manier vervaardig? Dink ten minste daaroor voor jy impulsief optree, en onthou die goue reël: As jy iets nuuts koop, moet jy iets ouds uitgooi. Skenk dit aan ’n welwillendheidsorganisasie. Ek is seker daar is sommer baie mense wat jou ou Springbok Nude Girls-hempie meer gaan waardeer as jy! Bron: www.lignet.co.za 5 10 15 20 25
Question paper, page 7
7 8679/02/O/N/10 © UCLES 2010 4 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie tensy dit spesifiek gevra word. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) Verduidelik wat die skryfster bedoel as sy sê dat die modeindustrie ‘eintlik net ’n gejaag na die wind is’ (reëls 1–2). [2] (b) Waarom sou ‘vere waai’ (reël 8)? [1] (c) Lees weer paragraaf 3. Hoekom dink die skryfster dat Suid-Afrikaanse ontwerpers meer belangrik geword het? [1] (d) (i) Wat beteken die woord “broodnodig” in reël 17? [1] (ii) Omskryf nou die sin waarin hierdie woord voorkom in jou eie woorde. [1] (e) Beskryf in jou eie woorde wat die skryfster bedoel as sy sê dat die mode-industrieë ‘dikwels bo blink en onder stink’ (reël 19). [2] (f) Watter aspek dink die skryfster moet ’n mens veral in ag neem as jy klere koop? [1] (g) Watter advies gee die skryfster in die laaste paragraaf en hoekom dink sy dit is belangrik? [2] (h) Gee vier redes uit die hele teks hoekom die skrywer voel ons mag mode maar geniet. [4] [Totaal : 20] 5 (a) Sou jy sê beide artikels benader moderne mode dieselfde? Identifiseer en bespreek vyf verskille of ooreenkomste tussen die twee tekste in hierdie opsig. Skryf 100–120 woorde. [10] (b) Dink jy daar is ’n rol vir Suid-Afrikaanse ontwerpers en inheemse modes in die moderne Suid-Afrika? Skryf ongeveer 50 woorde. [5] [Taalgebruik: 5] [Totaal: 20]
Question paper, page 8
8 8679/02/O/N/10 © UCLES 2010 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE
Mark scheme, page 1
UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS GCE Advanced Subsidiary Level MARK SCHEME for the October/November 2010 question paper for the guidance of teachers 8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • CIE will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. CIE is publishing the mark schemes for the October/November 2010 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses.
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2010 8679 02 © UCLES 2010 Section 1 Question 1 NB: candidates do not need to provide a line number for their answer. (a) kontrei [1] (b) begeerte [1] (c) befaamde [1] (d) weinig [1] (e) sedertdien [1] Question 2 One minor spelling error per answer that does not change meaning is tolerated. (a) Om waarde te heg aan iets beteken dat dit vir jou belangrik is. [1] (b) Jou voorkoms is jou uiterlike. [1] (c) Vrouemodes is klere of modestyle wat spesifiek vir die vrou gemaak is. [1] (d) As jy jouself mooi, netjies of formeel aantrek, tof jy jouself op. [1] (e) Jy is egoïsties as jy net aan jouself dink, of selfsugtig is. [1]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2010 8679 02 © UCLES 2010 Question 3 Award mark(s) for correct answers which include any variation / manipulation of language from the original, unless the only variation / manipulation is one which makes the meaning incorrect. An unacceptable ‘lift’ is one which involves no manipulation of the text whatsoever or which shows lack of comprehension of the text or question. 3 (a) (i) Die klere maak die man. [1] (ii) ’n Mens word volgens jou uiterlike / kleredrag beoordeel. [1] (b) Aangesien hulle bekende en populêre mense is, [1] sal mans geneig wees om hulle na te streef en dieselfde klere te wil dra [1]. [2] (c) Iedereen/enige iemand. [1] (d) safari-pakke [1] en die soort klere wat die vrou vir ’n man op die bed sou uitlê [1]. [2] (e) Die militêre style van bepaalde mansdrag [1] het baie populêr geword en oorgewaai na vrouemodes [1]. [2] (f) (i) Dat die idees nie met mekaar ooreenstem nie. [1] (ii) Growwe materiale word deesdae saam met sagte lappe gebruik. [1] (g) (i) Die skrywer is baie positief en/of entoesiasties daaroor. [1] (ii) ’n Verskeidenheid van voorbeelde sou hier gepas wees, byvoorbeeld ‘genadiglik’, mansmodes ‘begin kersvashou’ by vrouemodes, ‘bravo!’. Enige ander antwoorde wat van sy entoesiasme spreek, is aanvaarvaar. [3]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2010 8679 02 © UCLES 2010 Quality of Language: Accuracy Question 3 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. An answer scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2010 8679 02 © UCLES 2010 Section 2 Question 4 Award mark for correct answers which include any variation / manipulation of language from the original, unless the only variation / manipulation is one which makes the meaning incorrect. An unacceptable ‘lift’ is one which involves no manipulation of the text or which shows lack of comprehension of the text or question. (a) Enige antwoord wat aandui dat die mode-industrie nie van groot waarde vir die mensdom is nie of dat dit nie ’n belangrike aspek van ’n mens se lewe is of behoort te wees nie, is aanvaarbaar. [maksimaal 2] (b) Klere waai rond soos sy besig is om rond te krap in haar kas / Alles is baie deurmekaar/chaoties wanneer sy na klere soek. [1] (c) As gevolg van die feit dat Suid-Afrika ’n demokrasie geword het, is ontwerpers meer trots op hul land en skep meer produkte met ’n Suid-Afrikaanse identiteit. [1] (d) (i) dat daar dringende behoefte aan iets is/noodsaaklike [1] (ii) ‘Dit verskaf veral/in die eerste plek werk vir plaaslike mense wat dit so bitter/dringend nodig het.’ Of ’n soortgelyke antwoord. [1] (e) Hierdie industrie lyk dikwels mooi en eties, maar as jy werklik goed kyk na wat onder die oppervlakte gebeur, dan sien jy dat mense misbruik word. Of ’n soortgelyke antwoord. [2] (f) Jy moet seker maak dat die klere op ’n etiese manier vervaardig is. [1] (g) Advies: die skrywer wil hê ons moet ons ou klere aan ’n welwillendheidsorganisasie gee [1] Motivering: daar sal altyd iemand wees wat jou ou klere sal waardeer. [1] (h) Enige van die volgende redes is aanvaarbaar (een punt per rede tot ’n maksimum van vier): teenoorgestelde van geweld en haat teenmiddel vir slegte nuus as metode van ontsnapping/fantasie dit laat ’n mens goed voel (psigologies) dit skep werk help ander mense deur ou klere wat beskikbaar gestel word Ander relevante, op die teks gebaseerde redes is ook aanvaarbaar. [4]
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2010 8679 02 © UCLES 2010 Quality of Language: Accuracy Question 4 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20] Question 5 (a) Die kandidaat moet ’n gepaste, uitgebreide antwoord gee wat na beide tekste verwys; enige vyf ooreenkomste OF verskille wat relevant is tot die vraag en op die tekste gebaseer is, is aanvaarbaar. Een punt per verskil tot ’n maksimum van vyf verskille OF een punt per ooreenkoms tot ’n maksimum van vyf ooreenkomste [5] Een punt per relevante/korrekte bespreking van ’n genoemde verskil (tot maksimaal vyf) OF een punt per relevante/korrekte bespreking van ’n genoemde ooreenkoms (tot maksimaal vyf) [5]
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2010 8679 02 © UCLES 2010 Response to the Text Question 5 (b) Mark like a mini-essay according to the variety and interest of the opinions and views expressed, the response to the original text stimulus and the ability to express a personal point of view. 5 Very good Varied and interesting ideas, showing an element of flair and imagination, a capacity to express a personal point of view. 4 Good Not the flair and imagination of the best candidates, but work still shows an ability to express a range of ideas, maintain interest and respond to the issues raised. 3 Sound A fair level of interest and ideas. May concentrate on a single issue, but there is still a response to ideas in the text. 2 Below average Limited range of ideas; rather humdrum. May disregard the element of response to the text, and write a largely unrelated free-composition. 0–1 Poor Few ideas to offer on the theme. Banal and pedestrian. No element of personal response to the text. Repeated error. Quality of Language: Accuracy Question 5 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. For question the 5 marks for the quality of language will be awarded globally for the whole performance on each set of answers. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20]
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2010 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.