Cambridge A Level Afrikaans - Language (AS Level only) 8679 — 2012 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
8679/21/O/N/12 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme7 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.







Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 6 printed pages and 2 blank pages. DC (KN) 56543/2 © UCLES 2012 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level * 4 5 3 7 4 9 1 3 6 3 * AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2012 1 hour 45 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Dictionaries are not permitted. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Indien jy ’n vraestel/antwoordboek ontvang het, moet jy die instruksies op die voorste bladsy uitvoer. Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. Beantwoord alle vrae in Afrikaans. Punte word toegeken vir taalgebruik. Goeie sinskonstruksie sal ook in jou guns tel. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.
Question paper, page 2
2 8679/02/O/N/12 © UCLES 2012 Afdeling 1 Lees die volgende teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Avontuur in die verre Die oorbruggingsjaar of ‘gap-jaar’ is lankal ’n gonswoord en die ‘in-ding’ onder die jonges. Engeland was vir jare Suid-Afrikaners se gewildste bestemming, maar as gevolg van hoë visum- en leefkoste is dié land nou nie meer so toeganklik nie. Deesdae gaan gee baie meer jongmense Engels in die Ooste – in opwindende, eksotiese lande soos Japan, Taiwan, China en Suid-Korea. Klasgee is natuurlik nie vir almal nie. Die aard van die werk, werksomstandighede en onderwysers se ure wissel van land tot land, en hang ook af van of dit ’n private, staat-, laer- of hoërskool is. Soms werk jy met ’n assistent wat sal help met voorbereiding, dissipline en indiwiduele kontak. Jou kontrak met die skool sal gewoonlik behuising insluit, maar jy is meestal self verantwoordelik vir elektrisiteits- en waterrekeninge en, natuurlik, jou kos. Kontrakte by skole is gewoonlik vir ’n minimum van ’n jaar. As jy langer bly en jou sout werd is, sal jy tien teen een ’n verhoging kry. In die Ooste veral is dit baie bekostigbaar om te reis en met een maand se salaris kan jy maklik ’n ander land gaan besoek. Maar alles is nie maanskyn en rose nie. Voor jy uit Suid-Afrika kan vertrek, is daar ’n keuringsproses, derduisende vorms om in te vul, en visums en mediese versekering wat gekoop moet word. Alhoewel dit ’n opwindende ervaring kan wees, sukkel sommige mense om aan te pas, veral diegene wat nog nooit hulle eie klere moes stryk of hulle eie lamstjoppie moes gaarmaak nie. Baie buitelandse onderwysers het heimwee, en jou emosies en verlange na Suid-Afrika word dalk nie deur andere verstaan nie. Taal is een van die grootste uitdagings: dit maak kommunikasie moeilik en misverstande maklik. Mens moet hard werk om die nuwe taal aan te leer, anders sal jy altyd soos ’n buitestaander voel. Die ervaring kan jongmense wel baie bied. Jy leer uithouvermoë, want jy kan nie sommer jou tassie pak, 6 000 km terug huis toe vlieg en vergeet van al die geld wat jy in die ekspedisie belê het nie. Jy leer van verskillende kulture, hoe om verdraagsaam te wees en hoe om makliker ander lewenswyses te aanvaar en te respekteer. Jy bou selfvertroue en onafhanklikheid en kry die kans om aan ’n neseiertjie vir jou toekoms te werk. En hopelik kom jy terug, nadat jy die wêreld gesien het, met ’n groter waardering vir jou eie land se natuurskoon en mense. Verwerk uit: Rooi Rose 5 10 15 20 25
Question paper, page 3
3 8679/02/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over 1 Vind die woord in die eerste twee paragrawe van die teks wat ooreenstem met die volgende definisies. Voorbeeld Vraag: ’n geruime tyd Antwoord: lankal (a) mees populêre [1] (b) bereikbaar [1] (c) verskil [1] (d) beplanning [1] (e) woonplek [1] [Totaal: 5] 2 Herskryf die volgende sinne. Begin jou sinne met die woorde tussen hakies. Voorbeeld Vraag: Die oorbruggingsjaar is die ‘in-ding’ onder die jonges. (reël 1) (Die in-ding ...) Antwoord: Die ‘in-ding’ onder die jonges is die oorbruggingsjaar. (a) Engeland is al vir jare Suid-Afrikaners se gewildste bestemming. (reël 2) (Suid-Afrikaners ...) [1] (b) Klasgee is natuurlik nie vir almal nie. (reël 6) (Nie almal ...) [1] (c) Soms help ’n assistent jou met dissipline. (reël 8) (’n Assistent ...) [1] (d) In die Ooste is dit baie bekostigbaar om te reis. (reël 13) (Om in die ...) [1] (e) Alhoewel dit opwindend kan wees, sukkel sommige mense om aan te pas. (reël 17) (Sommige mense ...) [1] [Totaal: 5]
Question paper, page 4
4 8679/02/O/N/12 © UCLES 2012 3 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie, tensy dit spesifiek gevra word. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) Waarom, volgens paragraaf 1, kies meer jongmense om Engels in die Ooste te gaan gee? [2] (b) Buiten die salaris, wat bied Oosterse skole nóg vir onderwysers? (paragraaf 2) [1] (c) (i) Identifiseer die beeldspraak in paragraaf 3. [1] (ii) Verduidelik wat daarmee bedoel word in die konteks van hierdie paragraaf. [1] (d) Wat bedoel die skrywer as sy noem dat party onderwysers “heimwee” (reël 19) het? [1] (e) Volgens die skrywer, om watter drie redes is dit belangrik om jou nuwe tuiste se landstaal te leer? (paragraaf 4) [3] (f) Wat kan jy met “’n neseiertjie” (reël 27) doen? [1] (g) Volgens die teks, watter karaktereienskappe sal jy opbou gedurende ’n lang verblyf in die Ooste? Bespreek kortliks vyf voorbeelde. [5] [Totaal: 20]
Question paper, page 5
5 8679/02/O/N/12 © UCLES 2012 [Turn over BLANK PAGE BLAAI OM VIR AFDELING 2
Question paper, page 6
6 8679/02/O/N/12 © UCLES 2012 Afdeling 2 Lees die volgende artikel aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Koelkop dink oor jou oorbruggingsjaar Jy is moontlik al in graad 12, maar nogsteeds baie onseker oor wat om met jou toekoms te doen of wat om te gaan studeer. Is daar ’n manier om sekerheid te kry? Baie leerders probeer om hierdie besluitnemingsproses met ’n oorbruggingsjaar te oorkom, iets wat in die meeste gevalle nie werk nie. Die rede is dat die leerders niks in die jaar inbou wat hulle met hulle keuses gaan help nie. As jy ’n jaar afneem, sal jy maar net weer aan die einde daarvan voor dieselfde besluite te staan kom. Dit kan baie frustrerend wees. Onthou dat ’n oorbruggingsjaar nie noodwendig dui op ’n lang vakansie nie. Dit móét allerhande belangrike ervarings ten opsigte van jou toekoms insluit. Dus, dink diep voordat jy halsoorkop induik! Indien jy gedurende jou laaste skooljaar uitvind dat jy die verkeerde vakkeuse gemaak het, kan jy gedurende ’n oorbruggingsjaar ’n paar vakke deur ’n kollege of deur die pos doen. As jy die vermoë het om in ’n sekere rigting te studeer, maar nie die regte vakke het nie, hou moed. Moenie jou drome weggooi net omdat jy bang is om een jaar te gebruik wat jou vir jare daarna beroepsbevrediging sal gee nie. Jy mag dalk dink jy weet wat jy wil studeer of watter soort vakman jy wil word, maar jy is nog nie heeltemal seker of die tipe werk jou wel gelukkig sal maak nie. Jy kan gedurende ’n oorbruggingsjaar poog om ’n tydelike pos of skaduwerk in so ’n rigting te bekom. Skaduwerk beteken dat jy soos ’n “skaduwee” iemand volg wat in ’n sekere beroep staan. Dit is die beste manier om presies te sien hoe verloop ’n tipiese werksdag in ’n spesifieke beroep, en of dit jou beval. Ander se bydrae bly uiters belangrik. ’n Manier om jou onsekerheid te bowe te kom, is om met soveel mense moontlik daaroor te praat: ’n onderwyser waarmee jy goed oor die weg kom; ’n buurman wat werk in ’n spesifieke area waarin jy belangstel; jou ouers, predikant, familielede, of selfs die ouers van jou beste vriende. Dit bly wel noodsaaklik dat jy die hele oorbruggingsjaar volledig beplan sodat dié jaar ál jou vrae oor jou toekoms sal beantwoord. Jy moet die oorbruggingsjaar slegs neem as dit werklik nodig is. Onder geen omstandighede moet jy dit sien as ’n jaar om af te vat en niks te doen nie. Daarvoor is die lewe te kort en studies te duur! Verwerk uit: www.loopbaan.co.za 5 10 15 20 25
Question paper, page 7
7 8679/02/O/N/12 © UCLES 2012 4 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie, tensy dit spesifiek gevra word. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) Verduidelik die advies wat in die titel gegee word. [1] (b) Watter nadeel van ’n oorbruggingsjaar noem die skrywer in paragraaf 2? [2] (c) (i) Hoe kan jy sorg dat verkeerde vakkeuses jou nie verhinder om jou drome te bereik nie? [2] (ii) Lees weer die laaste sin in paragraaf 3 (reëls 12 – 13). Verduidelik presies wat die skrywer hier bedoel. [3] (d) Wat is die nut van skaduwerk soos dit in paragraaf 4 bespreek word? [2] (e) Watter drie opeenvolgende woorde in paragraaf 6 wys dat die skrywer sterk voel oor hoe jy nie ’n oorbruggingsjaar moet spandeer nie? [1] (f) Volgens die teks is daar verskeie maniere hoe jy kan sorg dat jy die regte besluit ten opsigte van jou toekoms kan neem. Noem vier. [4] [Totaal: 20] 5 (a) Identifiseer en bespreek kortliks vyf verskille tussen die twee artikels wat die skrywers se houdings ten opsigte van die oorbruggingsjaar illustreer. Skryf ongeveer 100 –120 woorde. [10] (b) Dink jy dit is noodsaaklik of verstandig vir Suid-Afrikaanse jongmense om ’n oorbruggingsjaar ná skool te neem? Skryf ongeveer 50 woorde. [5] [Taalgebruik: 5] [Totaal: 20]
Question paper, page 8
8 8679/02/O/N/12 © UCLES 2012 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS GCE Advanced Subsidiary Level MARK SCHEME for the October/November 2012 series 8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2012 series for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level components and some Ordinary Level components.
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2012 8679 02 © Cambridge International Examinations 2012 Section 1 Question 1 NB: candidates do not need to provide a line number for their answer. (a) gewildste [1] (b) toeganklik [1] (c) wissel [1] (d) voorbereiding [1] (e) behuising [1] [Totaal: 5] Question 2 Please note: This exercise primarily tests the ability to manipulate syntax. Candidates therefore need not always give synonyms in their answers, but credit answers that correctly paraphrase the sentences in the questions. One minor spelling error per answer that does not change meaning is tolerated. (a) Suid-Afrikaners se gewildste bestemming is al vir jare Engeland. [1] (b) Nie almal hou natuurlik van klasgee nie. [1] (c) 'n Assistent help jou soms met dissipline/’n Assistent sal jou soms met dissipline help. [1] (d) Om in die Ooste te reis is baie bekostigbaar. [1] (e) Sommige mense sukkel om aan te pas, alhoewel dit opwindend is/selfs al is dit opwindend. [1] [Totaal: 5]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2012 8679 02 © Cambridge International Examinations 2012 Question 3 Award mark(s) for correct answers which include any variation / manipulation of language from the original, unless the only variation / manipulation is one which makes the meaning incorrect. An unacceptable ‘lift’ is one which involves no manipulation of the text whatsoever or which shows lack of comprehension of the text or question. (a) Want Engeland is nie meer 'n toeganklike land om heen te reis nie/Engeland is te duur om na toe te gaan. [1] en die Ooste is aanteklik en opwindend. [1] (b) behuising [1] (Also accept: ’n kontrak van ’n jaar) [1] [1] (c) (i) maanskyn en rose [1] (ii) Maar alles is nie maklik nie. (or similar) [1] (d) Dat die onderwysers hartseer is en na hulle tuisland en/of familie en vriende verlang. [1] (e) Sodat kommunikasie maklik is [1] en daar nie misverstande is nie [1] en jy nie soos 'n buitestaander voel nie [1] [3] (f) Idee van spaar vir en/of gebruik vir die toekoms is belangrik om die punt te kan ontvang. Enige praktiese voorbeeld van hoe dit gebruik kan word, sal ook aanvaar word, bv om 'n huis te koop, om vir jou studies te betaal, om vir jou kinders te spaar, om op 'n reis te gaan. [1] (g) 1 punt per bespreking van een voorbeeld tot ’n maksimum van vyf voorbeelde [5]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2012 8679 02 © Cambridge International Examinations 2012 Quality of Language: Accuracy Question 3 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2012 8679 02 © Cambridge International Examinations 2012 Section 2 Question 4 Award mark for correct answers which include any variation / manipulation of language from the original, unless the only variation / manipulation is one which makes the meaning incorrect. An unacceptable ‘lift’ is one which involves no manipulation of the text or which shows lack of comprehension of the text or question. (a) Om op 'n kalm of bedaarde manier op te tree of oor iets (in hierdie geval die oorbruggingsjaar) na te dink. [1] (b) Studente dink nie oor hoe hulle handelinge hul toekomsplanne kan baat nie, [1] dus moet hulle aan die einde van 'n oorbruggingsjaar weer dieselfde besluite neem, wat hulle net weer ongelukkig kan maak. [1] [2] (c) (i) Deur gedurende 'n oorbruggingsjaar [1] die regte vakke by 'n kollege of deur die pos te doen [1]. [2] (ii) Dat jy nie die dinge wat jy werklik graag wil doen, moet opgee nie, want om een jaar ekstra aan die regte vakke te werk, [1] sal jou toelaat om baie gelukkig te wees vir die volgende twintig, [1] omdat jy die regte werk sou kon kies [1]. [3] (d) Jy kan presies sien hoe die daaglikse roetine verloop [1] en dus uitvind of jy van die werk hou [1] [2] (e) Onder geen omstandighede nie [1] (f) Enige van die volgende is aanvaarbaar: Moenie halsoorkop besluite neem nie; moenie die oorbruggingsjaar sien as 'n plesierrit nie; jy kan 'n oorbruggingsjaar neem om nuwe vakke te studeer; jy kan 'n oorbruggingsjaar neem om tydelike werk/skaduwerk te doen; jy kan met jou onderwysers/predikant/familielede/ander se ouers/bure praat; jy kan presies beplan watter vrae jy wil beantwoord/ervaring jy wil opdoen gedurende jou oorbruggingsjaar. Ander addisionele en relevante voorbeelde sal ook aanvaar word. [4]
Mark scheme, page 6
Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2012 8679 02 © Cambridge International Examinations 2012 Quality of Language: Accuracy Question 4 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20]
Mark scheme, page 7
Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2012 8679 02 © Cambridge International Examinations 2012 5 (a) Die kandidaat moet ’n gepaste antwoord gee wat beide tekste behels. Tot vyf punte word gegee vir die noem/beskryf van ooreenkomste of verskille, en tot vyf punte vir verduidelikings/besprekings wat die skrywers se kontasterende of ooreenstemmende houdings illustreer. [10] (b) Die kandidaat moet 'n gepaste antwoord gee wat betrekking het op Suid-Afrika of Namibië. Doelmatige verwysings na die twee tekste word verwelkom. [5] Quality of Language: Accuracy Question 5 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0-1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. The 5 marks for the quality of language will be awarded for the overall linguistic performance in Question 5. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20]
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2012 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.