Cambridge A Level Afrikaans - Language (AS Level only) 8679 — 2009 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
8679/21/O/N/09 · 70 marks · ≈79 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme5 pages
Answers below. Sit the paper first if you are practising.





Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 6 printed pages and 2 blank pages. DC (LEO) 18728/4 © UCLES 2009 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Dictionaries are not permitted. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Indien jy ’n vraestel/antwoordboek ontvang het, moet jy die instruksies op die voorste bladsy uitvoer. Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of flaterwater gebruik nie. Beantwoord alle vrae in Afrikaans. Punte word toegeken vir taalgebruik. Goeie sinskonstruksie sal ook in jou guns tel. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 5 4 3 0 1 3 3 5 9 2 * AFRIKAANS 8679/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2009 1 hour 45 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper
Question paper, page 2
2 8679/02/O/N/09 © UCLES 2009 Afdeling 1 Lees die volgende artikel aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Die skrif is aan die muur Graffiti is al op baie maniere beskryf: as pure vandalisme; as die meeloper van ’n misdadige leefwyse; as popkuns; en as profetiese insigte. Maar kinders wat hul hande nie daarvan kan weerhou om met ’n pen of spyker op mure te krap nie, word baie gou geleer dat ’n wit muur ’n dwaas se papier is. Ordentlike mense, so word gesê, doen dit net nie. Muurskrywery is ’n wêreldwye verskynsel. Danksy die groot mure van moderne geboue en die koms van die verfspuitkannetjie word dit vandag al hoe makliker om jou merk te maak – nie net in taal nie, maar ook in die vorm van groteske beelde. Sommige akademici beskou graffiti as ’n belangrike bron van inligting oor die moderne mens. In hierdie opsig is die taak van die graffiti-ontleder nie juis anders as dié van argeoloë wat byvoorbeeld uit oorblyfsels van ’n verlore stad sin probeer maak van ’n toentertydse samelewing nie. Graffiti is oor die algemeen subtiel en kan die leser beskuldig, terg, of skok. Hierdie uitinge bestryk alles onder die son – ironieë van die lewe; die politiek; godsdiens; of opvoeding. Alles kry ’n kommentaartjie, word verbaal gekarnuffel, gekritiseer en bespot. So byvoorbeeld het iemand God is dood – Nietzsche op ’n skoolmuur geskryf, waaronder iemand anders bygevoeg het: Nietzsche is dood – God. Hierdie soort graffiti het ’n oorheersende humoristiese inslag. Nog ’n tipe graffiti kan beskryf word as idealistiese graffiti, wat dikwels gekenmerk word deur ’n onderliggende verlange na iets wat vir die mens onbereikbaar geword het. So staan daar op ’n wolkekrabber in Durban: Plant bome, nie kantore. Waarom bedink en skryf sommige mense graffiti? Een verklaring kan wees dat daar in elke samelewing sekere taboes bestaan. Dikwels word hierdie taboes voorgeskryf en in stand gehou deur gesiglose magshebbers en in so ’n wêreld voel die individu hom dikwels uitgesluit. Hy het geen werklike aandeel daaraan of keuses nie, en vind dit moeilik om betekenis in so ’n samelewing te vind. Die skryf van graffiti kan beskou word as ’n vorm van protes waarmee die muurskrywer twee dinge regkry: eerstens, om andere uit te daag, en tweedens, om deur dié protes sy klein domein van vryheid en identiteit te bevestig. 5 10 15 20 25
Question paper, page 3
3 8679/02/O/N/09 © UCLES 2009 [Turn over 1 Vind die woord in die eerste vier paragrawe van die teks wat ooreenstem met die volgende definisies: Voorbeeld Vraag: wat die toekoms betref Antwoord: profetiese (Paragraaf 1, reël 2) (a) kriminele [1] (b) wyshede [1] (c) beweer [1] (d) reste [1] (e) vroeëre [1] [Totaal: 5] 2 Verduidelik die volgende sinne of sinsdele sover as moontlik in jou eie woorde. Begin jou sinne met die woorde tussen hakies. Voorbeeld Vraag: Muurskrywery is ’n wêreldwye verskynsel. (reël 6) (Graffiti…) Antwoord: Graffiti kom oral in die wêreld voor. (a) Graffiti is al op baie maniere beskryf. (reël 1) (Verskeie…) [1] (b) Kinders wat hul hande nie daarvan kan weerhou nie. (reël 3) (Kinders…) [1] (c) Ordentlike mense, so word gesê, doen dit net nie. (reëls 4–5) (Daar word gesê…) [1] (d) Hierdie soort graffiti het ’n oorheersende humoristiese inslag. (reël 17) (Hierdie soort graffiti…) [1] (e) In so ’n wêreld voel die individu hom dikwels uitgesluit. (reël 23) (Die individu…) [1] [Totaal: 5]
Question paper, page 4
4 8679/02/O/N/09 © UCLES 2009 3 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15+5=20. (a) Party mense beskou graffiti as ’n meeloper van ’n misdadige leefwyse. Wat word met die woord ‘meeloper’ bedoel? [1] (b) (i) Identifiseer die gesegde in paragraaf 2. [1] (ii) Omskryf nou die gesegde in jou eie woorde sodat die betekenis duidelik is. [2] (c) Verduidelik waarom graffiti wêreldwyd meer populêr geword het. [2] (d) In watter opsig is graffiti soos argeologiese oorblyfsels? [1] (e) Wat beteken die slagspreuk ‘Plant bome, nie kantore’ binne die konteks van die paragraaf waarin dit voorkom? [2] (f) Wat bedoel die skrywer met die woord ‘taboes’ in paragraaf 7? [1] (g) Die skrywer gee verskillende redes in sy artikel hoekom mense graffiti praktiseer. Som vyf op. [5] [Totaal: 20]
Question paper, page 5
5 8679/02/O/N/09 [Turn over BLANK PAGE BLAAI OM VIR AFDELING 2
Question paper, page 6
6 8679/02/O/N/09 © UCLES 2009 Afdeling 2 Lees die volgende artikel aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Hiskiël 2 vers 3: So kan dit nie aangaan nie… maar die tannie is darem OK Is dit regtig net gekke en dwase wat skryf op mure en glase? Of kan ’n mens uit graffiti afleidings maak oor wat in die hart van ’n volk aangaan? Graffiti is die manier waarop die onderdruktes en die minderhede hul saak onder die openbare aandag bring. Maar dit is eweneens ’n manier waarop daar in die openbaar debat gevoer word. In die laaste apartheidsjare het Afrikaanse graffiti midde-in die stryd tussen die ‘verligte’ liberales en ‘verkrampte’ konserwatiewes ’n verskyning gemaak. Oornag het ’n slagspreuk verskyn wat beweer Die room van ’n volk is altyd verkramp. Teen die muur van ’n parkeerplek in Alberton het rondom dié tema ’n interessante debat plaasgevind. Iemand het sy eie blik verf gebring en die slagspreuk verander om te lees: Die oom van ’n volk het altyd ’n kramp. Waarop nog iemand met ongelooflike diep insig bygevoeg het: Maar die tannie is OK. Post-apartheid Suid-Afrika sorg steeds vir politieke graffiti. Daar is ’n pad in Milnerton wat ’n sone geword het waar idees oor Afrikaans-wees rond en bont verkondig word. Op die mure wat die olieraffinadery omring, kan voetgangers en motoriste onder andere die volgende lees: Engels praat ? As die perde horings kry ! en Vergewe my maar, ek is Afrikaans. Iemand met ’n spuitkannetjie verf het selfs ’n H.A.T.g op elke muurpaneel geteken – woordeboeke vir Afrika(ans)! Naas die politiek van die hede en die verlede bly godsdiens ’n populêre tema vir muur- kunstenaars wêreldwyd, selfs as daar bitter min respekvolle graffiti voorkom. Seker die mees profetiese woorde in Johannesburg is deur ’n onbekende kunstenaar in die omgewing van die SAUK geskryf. Dié skrywer ken beslis sy publiek en weet dat sekere mense nie graag iets sal aanvaar as dit nie in die Bybel staan nie. Daarom het hy sy eie Bybelteks geskep: Hiskiël 2 vers 3, wat lui: So kan dit nie aangaan nie. Menige mens het in die haastigheid hom al vergis en gedink dat Hiskiël werklik ’n Bybelboek is. Maar dit is definitief ’n opinie wat baie motoriste in hierdie dae van wêreldwye politieke onsekerheid en ekonomiese chaos sal beaam. gDie Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, ’n bekende Afrikaanse woordeboek. 5 10 15 20 25
Question paper, page 7
7 8679/02/O/N/09 © UCLES 2009 4 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15+5=20. (a) Lees weer die eerste paragraaf. Sê in jou eie woorde wat die skrywer wil ondersoek in haar artikel. [2] (b) Wat, volgens die skrywer, is twee redes hoekom graffiti beoefen word? [2] (c) Watter woorde in paragraaf 3 getuig van die humor wat die skrywer in die laasgenoemde graffiti-teks sien? [1] (d) Wat dink jy bedoel die skrywer van die slagspreuk ‘As die perde horings kry !’ (reël 14) en hoekom het hy hierdie gesegde gekies? [2] (e) Verklaar die humor van ‘woordeboeke vir Afrika(ans)!’ (reël 15–16) [2] (f) Lees nogmaals paragraaf 5. Watter twee dinge dink die skrywer is kenmerkend aan die gebruik van godsdiens in graffiti? [2] (g) Waarom sou die graffiti-kunstenaar voel hy moet ’n Bybelteks opmaak om sy punt oor te dra? Gee twee redes. [2] (h) Verduidelik die volgende sin deur dit in jou eie woorde te herskryf: ‘Menige mens het in die haastigheid hom al vergis en gedink dat Hiskiël werklik ’n Bybelboek is.’ (reël 23–24) [2] [Totaal: 20] 5 Beantwoord die volgende twee vrae: (a) Die skrywers van die twee tekste wat jy gelees het, stem dikwels saam oor hoekom graffiti gemaak word. In ongeveer 100–120 woorde identifiseer en bespreek vyf ooreenkomste tussen die twee tekste in hierdie opsig. [10] (b) Wat is jou eie mening oor die gepastheid van graffiti in die moderne Suid-Afrikaanse samelewing? Skryf ongeveer 50 woorde. [5] [Taalgebruik: 5] [Totaal: 20]
Question paper, page 8
8 8679/02/O/N/09 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Question 1 © Jordaan, W; Lees die skrif aan die muur ; De Kat Magazine; African Sky Publishing; July 2006. Question 2 © Mellet, J; Hiskiël 2 vers 3: God weet so kan dit nie aangaan nie... maar die tannie is darem OK ; INSIG Magazine; March 2006. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.
Mark scheme, page 1
UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS GCE Advanced Subsidiary Level MARK SCHEME for the October/November 2009 question paper for the guidance of teachers 8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • CIE will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. CIE is publishing the mark schemes for the October/November 2009 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses.
Mark scheme, page 2
Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2009 8679 02 © UCLES 2009 Afdeling 1 1 Vind die woord in die eerste vier paragrawe van die teks wat ooreenstem met die volgende definisies: (a) misdadige [1] (b) insigte [1] (c) gesê [1] (d) oorblyfsels [1] (e) toentertydse [1] [Totaal: 5] 2 Verduidelik die volgende sinne of sinsdele sover as moontlik in jou eie woorde. Begin jou sinne met die woorde tussen hakies. (a) Verskeie beskrywings is al vir graffiti gegee/geopper. [1] (b) Kinders wat dit moeilik vind om dit nie te doen nie. [1] (c) Daar word gesê dat goedgemanierde mense nie sulke dinge doen nie. [1] (d) Hierdie soort graffiti is veral komies/snaaks. [1] (e) Die individu voel baie keer dat hy nie deel is van hierdie wêreld/samelewing/groep/omgewing nie. [1] [Totaal: 5]
Mark scheme, page 3
Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2009 8679 02 © UCLES 2009 3 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. (a) wat gepaard gaan met ('n misdadige leefwyse) [1] (b) (i) 'n Wit muur is 'n dwaas se papier. [1] (ii) Die kandidaat moet kan verduidelik dat 'dwaas' verwys na 'n onverstandige persoon. Verder moet die kandidaat kan wys dat hy/sy verstaan dat skrywe/teken op mure as onbeskaaf of onaanvaarbaar beskou word. [1] (c) Die kandidaat moet kan identifiseer dat die groter mure van hedendaagse gebouwe en die ontwikkeling van die spuitverfkannetjie hiervoor verantwoordelik is. [2] (d) 'n Gepaste antwoord kan insluit dat klein brokkies gegewens in die vorm van grafitti of argeologiese oorblyfsels belangrike informasie kan verskaf oor die mense wie dit geproduseer het , of: dat grafitti en argeologiese oorblyfsels ontsyfer moet word sonder hulp van die oorspronklike eienaar/skrywer . [2] (e) Die kandidaat moet kan verduidelik dat die kunstenaar voel dat daar te veel (groot) geboue in stede is , en dat meer groenigheid nodig is . [2] (f) Gepaste definisies sou insluit sosiaal-onaanvaarbare denke of gedrag, of (ongeskrewe) sosiale beperkings op gedrag en denke. [1] (g) Die volgende aspekte kan genoem word: Om vandalisme te bedryf Om kuns/popkuns te skep Om wyshede/profetiese insigte te verkondig Om te protesteer Om persoonlike vryheid/identiteit/mening te uit [5] Inhoud: [15] Taal (die bepunting hiervoor word in die sillabus gegee): [5] [Totaal: 20]
Mark scheme, page 4
Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2009 8679 02 © UCLES 2009 Afdeling 2 4 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. (a) Die kandidaat moet aandui dat die skrywer wil bevraagteken of graffiti werklik niksseggend of betekenisloos is , of dat dit ons juis belangrike informasie gee oor wat die bevolking dink of voel . [2] (b) Die kandidaat moet die volgende uit die teks kan lig: 'n Manier waarmee onderdrukte groepe hul stem kan laat hoor ; Vir openbare debat/gespreksvoering tussen mense . [2] (c) Die kandidaat moet hier die sinsnede 'ongelooflike diep insig' kan identifiseer. [1] (d) 'Ek sal nooit Engels praat nie' sou 'n gepaste antwoord wees met die verduideliking dat perde (natuurlik) geen horings kan kry nie en dat 'n situasie waarin die kunstenaar Engels sal praat derhalwe ondenkbaar is . [2] (e) Die kandidaat moet die betekenis van die gesegde '... vir Afrika' kan gee, byvoorbeeld: 'oorgenoeg' of 'genoeg vir iedereen' . Om die volgende punt te kan kry moet die kandidaat die sinspeling op die woorde 'Afrika' en 'Afrikaans' in die woord ‘Afrika(aans)’ verduidelik . Die feit dat die H.A.T. as 'n belangrike bron vir korrekte Afrikaanse taalgebruik beskou word en as sodanig deel vorm van 'n Afrikaanse identiteit, kan ook genoem word. [2] (f) Godsdienstige graffiti is populêr . Daar word min respek getoon vir godsdiens-temas in graffiti . [2] (g) 'n Gepaste antwoord sou aandui dat daar sekere mense is wat slegs iets ernstig sou opneem of glo as dit in Bybel staan , en dat die gebruik van die fiktiewe verwysing wys dat die kunstenaar sterk voel oor sy/haar saak en hoop dat dit sal help om die teks tot mense deur te laat dring . [2] (h) Die kandidaat moet die sin so kan omskryf dat die volle betekenis duidelik is: 'Daar is baie mense wat verkeerd gedink het dat Hiskiël 'n boek uit die Bybel is , omdat hulle te vinnig verby gery of gestap het' sou 'n goeie antwoord wees . [2] Inhoud: [15] Taal (die bepunting hiervoor word in die sillabus gegee): [5] [Totaal: 20]
Mark scheme, page 5
Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2009 8679 02 © UCLES 2009 5 Beantwoord die volgende twee vrae: (a) Die kandidaat moet 'n gepaste, uitgebreide antwoord gee met maksimaal vyf voorbeelde (godsdiens; sosiale interaksie; politiese aspekte; kuns; filosofie; opinie; ens.). Tot vyf punte word gegee vir die noem/beskryf van die ooreenkomste, en tot vyf punte vir 'n verduideliking/bespreking van hoekom hierdie voorbeelde ooreenkomstig is. [10] (b) Doelmatige verwysings na die twee tekste word verwelkom, maar daar word verwag dat kandidate 'n persoonlike opinie sal gee wat spesifiek verwys na die Suid-Afrikaanse konteks. Die bepunting vir hierdie deel van die vraag word in die sillabus gegee onder ‘Response to text’. [5] Inhoud: [15] Taal (die bepunting hiervoor word in die sillabus gegee): [5] [Totaal: 20]
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2009 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.