Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0

9679/40/O/N/22 · 75 marks · ≈84 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2022 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document has 8 pages. Any blank pages are indicated. [Turn over Cambridge International A Level DC (PQ) 303010/1 © UCLES 2022 AFRIKAANS 9679/04 Paper 4 Texts October/November 2022 2 hours 30 minutes You must answer on the enclosed answer booklet. You will need: Answer booklet (enclosed) Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. INSTRUCTIONS ● Answer three questions in total in Afrikaans, each on a different text: Answer at least one question from Section 1. Answer at least one question from Section 2. Answer one other question from either Section 1 or Section 2. ● Follow the instructions on the front cover of the answer booklet. If you need additional answer paper, ask the invigilator for a continuation booklet. ● Dictionaries are not allowed. INFORMATION ● The total mark for this paper is 75. ● Each question is worth 25 marks. INSTRUKSIES ● Beantwoord altesaam drie vrae in Afrikaans. Beantwoord elke vraag oor ’n verskillende teks: Beantwoord ten minste een vraag uit Afdeling 1. Beantwoord ten minste een vraag uit Afdeling 2. Beantwoord nog een vraag uit óf Afdeling 1 óf Afdeling 2. ● Volg die instruksies op die voorblad van die antwoordboek. Die instruksies word ook hieronder in Afrikaans gegee. As jy nog papier vir jou antwoorde nodig het, vra die toesighouer vir nog ’n antwoordboek. ● Woordeboeke word nie toegelaat nie. INLIGTING ● Die totale punt vir hierdie vraestel is 75. ● Elke vraag tel 25 punte. * 4 4 1 2 7 4 6 3 2 9 *

Question paper, page 2

2 9679/04/ O/ N/22 © UCLES 2022 INSTRUKSIES VIR DIE ANTWOORDBOEK Gebruik ’n swart of donkerblou pen. Jy mag ’n HB-potlood vir enige diagramme of grafieke gebruik. Skryf jou naam, sentrumnommer en kandidaatnommer in die blokkies boaan die bladsy. Skryf duidelik en in hoofletters. Moenie ’n uitwisbare pen of vloeibare uitwisser gebruik nie. Moenie op enige strepieskodes skryf nie. Skryf jou antwoorde in hierdie antwoordboek. Skryf aan albei kante van elke blad. Laat twee reëls oop tussen jou antwoorde vir elke vraag. Skryf die nommer van die vraag wat jy beantwoord in die eerste kantlyn. Question Part 1 1 (a)(i) (a)(ii) Skryf die nommer van die onderafdeling in die tweede kantlyn as die vraag wat jy beantwoord uit onderafdelings bestaan, byvoorbeeld 1(a). Doen al jou rofwerk in pen in hierdie antwoordboek. Trek ’n streep deur enigiets wat jy nie wil hê die eksaminator moet nasien nie sonder om jou werk onleesbaar te maak. Moenie enige bladsye uit hierdie antwoordboek skeur nie. Jy moet al jou werk inlewer. As jy enige ander antwoordboeke gebruik het, moet jy dit binne-in hierdie een sit.

Question paper, page 3

3 9679/04/O/N/22 © UCLES 2022 [Turn over Beantwoord drie vrae, elkeen oor ’n ander teks. Kies een vraag uit Afdeling 1, een uit Afdeling 2 en een ander vraag. Afdeling 1 1 Mahala, Chris Barnard Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Dit het nou baie sag gereën, fyn en saggies op die sink, met iewers ʼn gemurmel in die geute. “Daar was iets,” het hy gesê. Hy het na sy bord sit en kyk, na die sous tussen die stukkies vleis en bone wat koud geword het onder ʼn dowwerige bruin skil. Maar onder sy ooglede deur kon hy haar sien wegbeweeg van hom af, al verder weg van die bietjie lig om hom. “Ek het geweet jy sal nie kan uithou nie.” Haar stem was ver. “Ek het so gedink.” Die reën was skaars hoorbaar in die donker, agter die gaas. Dit was niks anders meer as nog net geluid nie. “Waarvan praat jy?” het hy gevra. “Hy het jou doodgemaak omdat hy weggebly het.” “Van wie praat jy?” Haar stem het nog verder uit die donker gekom. “Dit sou makliker gewees het as ons nie weggekom het nie.” En toe hy verstaan, het hy sy kop opgelig en in die donker na haar gesoek, want dit was die eerste keer ná baie jare dat sy van Ritter praat. Maar sy was weg en die reën was weg en daar was nog net die loop van water op die werf en in die geute. Die oorkruiper was weg agter sy skilfertjie kalk en die muskiet was weg. Delport het by die effense lig bly sit, by sy bord kos, en geluister hoe die weer baie ver bly rol in die donker vlakte. (bl. 134) (i) Wie is die “sy” met wie Delport hier praat? (ii) Wat bedoel sy met “Hy het jou doodgemaak omdat hy weggebly het”? (iii) Bespreek die rol van die natuur in die uittreksel en in die roman as geheel. ÓF: (b) “Jy raak oud, jy raak te diep weg in jouself, jy begin die binne aansien vir die buite. En toe weer: maar daar is nie meer baie buite nie; wat het oorgebly?” Bespreek die tema van gevangeskap en isolasie in dié roman.

Question paper, page 4

4 9679/04/O/N/22 © UCLES 2022 2 Die verdwyning van Mina Afrika, Zuretha Roos Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Maar teen Maandagaand, toe Sara laat van die Oortzens terugkom, is sy sielsmoeg. In die kombuis tref sy haar seuns aan, besig om self tjops te bak. Baba is al huis toe, en niemand het Mina sedert die oggend vroeg gesien nie. In Mina se kamer lê die briefie prominent op die bed. Liefste baas Erik en Missara – Ek het ʼn koffer geleen, maar sal dit mooi oppas. Vergeef my asseblief, maar ek moet ʼn rukkie wegkom. Hopelik is ek oor ʼn maand terug, miskien minder. Moenie oor my bekommerd wees nie. Ek sal skryf. Vergeef my, maar alles is net te veel. Maak asseblief seker dat Tietser se huisie gesluit is en dat niemand daar ingaan nie. Ek en Sanet het nog nie kans gehad om enigiets te gaan inpak daar nie. Baie, baie liefde. Mina. XXXX (bl. 92) (i) Waarom het Mina vir niemand vertel dat sy weggaan nie? (ii) Waarheen het Mina gegaan? (iii) Hoekom is Mina verantwoordelik vir Tietser se huisie? (iv) Bespreek die titel met betrekking tot die uittreksel en die roman as geheel. ÓF: (b) Bespreek die tema van goed en kwaad in dié roman.

Question paper, page 5

5 9679/04/O/N/22 © UCLES 2022 [Turn over 3 Sabbatsreis, Annelie Botes Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Na regte moet ek my rekenaar aansit en iets begin skryf, al is dit net twee paragrafies. Maar die holte in my kop is te groot. Nou sit ek maar op my stoelplank en tik vir my ou gryse ʼn SMS. Mis j ontsettnd. Hartseer vdag. Maak v m kofi Ɛt sit op m bedkassi toe? Brand kers asb? Myta xxx By die huis sou ek vandag aangegaan het met my gaza. Afstof, tuin natmaak. Orrel speel vir ʼn begrafnis. ʼn Koerantrubriek skryf. Uie skil vir ʼn herderspastei. Vetkoek knie. Gewag het vir my ou gryse om van die werk af te kom. Sou koffie gedrink het op die stoep. Ek steek ʼn sigaret aan. Ek wil nie huil nie. Cooni is dapper. Sy lag en raak nooit moeg nie, kry nooit kopseer nie. Sy dans en dans in die vieruurskemer van die Engelse dag. Haar kreukelpapierrok swaai om haar heupe. Cooni gaan vir Granny lekker aandkos kook. Ek leun my kop teen die akker; luister na die voëls se piccolo-tjirpies, wag vir my selfoon om te piep. Dis net ek en die voëls en die winter en die vallende donker. As God dalk iewers in die akkerboomkrone is, weet ek nie van hom nie. Ek weet net die uur is verby halfpad, en nou-nou moet ek gaan aandkos kook. (bl. 60) (i) Waarom is Myta in Engeland? (ii) Wie is Cooni? (iii) Bespreek die rol van die akkerbos in die uittreksel en in die roman as geheel. ÓF: (b) “Clare maak die beste van haar moeilike omstandighede.” Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek.

Question paper, page 6

6 9679/04/O/N/22 © UCLES 2022 Afdeling 2 4 Ons wag op die kaptein, Elsa Joubert Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Bespreek die simboliek in die roman. ÓF: (b) Ana-Paula is oortuig “dat ʼn mens afsydig moet bly in hierdie klimaat, dinge moet jou nie emosioneel raak nie”. Tot hoe ’n mate, dink jy, slaag die karakters daarin om afsydig te bly en nie emosioneel te raak nie? Staaf jou antwoord met verwysings na die roman. 5 Die ambassadeur, André Brink Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Bespreek die rol wat die verteller in hierdie roman speel. ÓF: (b) Bespreek die tema van vryheid in die roman. 6 Kanna hy kô hystoe, Adam Small Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) “Diekie se misdaad is dié van ʼn gewetenlose persoon wat sy omstandighede vir sy dade blameer.” Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord met verwysings na die toneelstuk. ÓF: (b) Bespreek Kanna en Makiet se verhouding.

Question paper, page 7

7 9679/04/O/N/22 © UCLES 2022 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 9679/04/O/N/22 © UCLES 2022 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge Assessment International Education Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cambridgeinternational.org after the live examination series. Cambridge Assessment International Education is part of Cambridge Assessment. Cambridge Assessment is the brand name of the University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2022 Oct/Nov, Paper 4 · Variant 0. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A49/75
B44/75
C40/75
D37/75
E33/75