Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2020 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0
9679/40/O/N/20
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
Cambridge International A Level DC (LEG) 193866/2 © UCLES 2020 [Turn over This document has 8 pages. Blank pages are indicated. * 9 7 6 4 4 8 9 0 7 3 * AFRIKAANS 9679/04 Paper 4 Texts October/November 2020 2 hours 30 minutes You must answer on the enclosed answer booklet. You will need: Answer booklet (enclosed) Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. INSTRUCTIONS ● Answer three questions in total in Afrikaans, each on a different text: Answer at least one question from Section 1. Answer at least one question from Section 2. Answer one other question from either Section 1 or Section 2. ● Follow the instructions on the front cover of the answer booklet. If you need additional answer paper, ask the invigilator for a continuation booklet. ● Dictionaries are not allowed. INFORMATION ● The total mark for this paper is 75. ● Each question is worth 25 marks. INSTRUKSIES ● Beantwoord altesaam drie vrae in Afrikaans. Beantwoord elke vraag oor ’n verskillende teks: Beantwoord ten minste een vraag uit Afdeling 1. Beantwoord ten minste een vraag uit Afdeling 2. Beantwoord nog een vraag uit óf Afdeling 1 óf Afdeling 2. ● Volg die instruksies op die voorblad van die antwoordboek. Die instruksies word ook hieronder in Afrikaans gegee. As jy nog papier vir jou antwoorde nodig het, vra die toesighouer vir nog ’n antwoordboek. ● Woordeboeke word nie toegelaat nie. INLIGTING ● Die totale punt vir hierdie vraestel is 75. ● Elke vraag tel 25 punte.
Question paper, page 2
2 9679/04/O/N/20 © UCLES 2020 INSTRUKSIES VIR DIE ANTWOORDBOEK Gebruik ’n swart of donkerblou pen. Jy mag ’n HB-potlood vir enige diagramme of grafieke gebruik. Skryf jou naam, sentrumnommer en kandidaatnommer in die blokkies boaan die bladsy. Skryf duidelik en in hoofletters. Moenie ’n uitwisbare pen of vloeibare uitwisser gebruik nie. Moenie op enige strepieskodes skryf nie. Skryf jou antwoorde in hierdie antwoordboek. Skryf aan albei kante van elke blad. Laat twee reëls oop tussen jou antwoorde vir elke vraag. Skryf die nommer van die vraag wat jy beantwoord in die eerste kantlyn. Question Part 1 1 (a)(i) (a)(ii) Skryf die nommer van die onderafdeling in die tweede kantlyn as die vraag wat jy beantwoord uit onderafdelings bestaan, byvoorbeeld 1(a). Doen al jou rofwerk in pen in hierdie antwoordboek. Trek ’n streep deur enigiets wat jy nie wil hê die eksaminator moet nasien nie sonder om jou werk onleesbaar te maak. Moenie enige bladsye uit hierdie antwoordboek skeur nie. Jy moet al jou werk inlewer. As jy enige ander antwoordboeke gebruik het, moet jy dit binne-in hierdie een sit.
Question paper, page 3
3 9679/04/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over Beantwoord drie vrae, elkeen oor ’n ander teks. Kies een vraag uit Afdeling 1, een uit Afdeling 2 en een ander vraag. Afdeling 1 1 Mahala, Chris Barnard Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. Óf: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: “Hou die sak,” het hy gesê. “Ek wil dit nie hê nie.” “Jy sal my laat beter voel as jy dit neem.” “Hou dit,” het hy gesê. “Pak terug jou goed. Hoe gaan jy dit buitendien gedra kry sonder ʼn sak?” Sy het die goed op die vloer eenkant toe begin skuif. “Ek sal heeltemal goed regkom.” Hy het op sy knieë gehurk en die sak nader getrek en die goed begin terugpak, sonder om iets te sê. Sy wou keer. “Senhor,” het sy gesê, maar hy het aangehou terugpak. Toe hy die ding in die koerantpapier optel, het die papier geskeur en ʼn stuk hout het tussen hulle geval. Dit was ovaal en soos ʼn bord uitgehol. Hy wou dit optel, maar sy was vinniger as hy. Sy het dit besorg opgeraap en omgedraai. “Het dit iets oorgekom?” wou hy weet. “Nee,” het sy ná ʼn oomblik gesê. “Gelukkig nie.” En toe verlig gelag en dit na sy kant toe gedraai. “Dis pragtig, dink jy nie so nie? Ek het dit vir tagtig escudos gekoop.” Hy het opgekyk in die twee hol oë. Dit was ʼn masker van olienhout, van die soort wat die Indiërs in Caipemba verkoop. Hy het in die twee hol oë vasgekyk, ʼn sekonde lank, en toe die neus gesien, en toe die breë wangbene, en toe die mond wat effens druip aan die hoeke. En iets wou bekend lyk. (bl.14–15) (i) Hoekom sal dit vir Mália “laat beter voel” as Delport haar sak neem? (ii) Waarom het die masker vir Delport bekend gelyk? (iii) Bespreek die belangrikheid van maskers in die roman. Óf: (b) “Ritter se koms word beide Delport se verlossing en teregstelling.” Stem jy saam? Staaf jou antwoord met bewyse uit en verwysings na die roman.
Question paper, page 4
4 9679/04/O/N/20 © UCLES 2020 2 Die verdwyning van Mina Afrika, Zuretha Roos Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. Óf: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: “Tietser, jy’s anders! Jy weet hoe die spul naweke te kere gaan, veral oor Krismis en Nuwejaar …! Help my dat ons Mina weghou van verkeerde invloede. ʼn Mens kan mos sommer sien sy gaan baie mooi wees, en sy is deksels intelligent vir haar ouderdom!” “Ja, Sara,” sug ou Tietser en kom moeisaam orent; vee haar hande aan ʼn ou stooflap af. “Ja, ek weet alles. Gert kan haar hier kom sien. Maar sê my net: vir watter wêreld wil jy haar so goed grootmaak? Kyk die probleem vas in die oë: sy bly bruin. Moet haar nie spierwit grootmaak nie. Waar moet sy eendag inpas?” “Tietser, moenie so negatief wees nie! Waarom sou ʼn bruin mens wat ʼn baie goeie agtergrond en opvoeding het, nie haar plek oral kan volstaan nie? Mina sal meer geleenthede in die lewe kry! Nie rede hê om te verval in ʼn slegte lewe nie! Sy sál oral kan inpas!” Tietser Meraai sug. “Ai, Sara, in hierdie land …? Jy’s amper jou hele lewe lank in hierdie land, Sara, maar dit lyk my jou oë bly pottoe!” (bl. 12–13) (i) Hoekom moet Tietser, in plaas van Sara, vir ʼn paar dae na Mina omsien? (ii) Van watter verkeerde invloede moet Tietser vir Mina weghou? (iii) Vergelyk Sara en Tietser se invloed op Mina se lewe. Óf: (b) “Sara de Graaff is ʼn tradisionele boervrou.” Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met bewyse uit en verwysings na die roman.
Question paper, page 5
5 9679/04/O/N/20 © UCLES 2020 [Turn over 3 Sabbatsreis, Annelie Botes Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. Óf: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Ek los die waterbottel en oprolmat in die Fairy Forest en hardloop Manor toe. Ek het nie geweet ek kan nog hardloop nie. Clare sit in die sonnetjie op die spuitfonteinmuur toe ek instorm, kyk op en lag soos iemand sonder ʼn swartboksiehart. Van ver af sien ek sy weet die tyding het my bereik. Ek tel haar op en swaai haar soos ʼn strooipop in die rondte. Die handdoek glip van haar hare af; die rooibruin vag tref my in die gesig. “Jou landline number is op jou CV. Hartlam sê dis die beste Christmas box possible,” sê sy toe ek haar op haar voete neerplak. Niks wat sy agterna gedoen het wat skandalig, agterbaks of volbloed versteurd was, sou die ekstase van daardie swaaiminuut in die winterson ongedaan kon maak nie. Want dáár het sy my suster geword. Eintlik my sister. Ons het op die rand gaan sit en ek het vir haar ʼn Afrikastorie vertel. In die tye daarna, in woestyn of oase, sou sy die storie altyd onthou. (bl.135–136) (i) Waar en wat is die “Fairy Forest”? (ii) Wat was die “Christmas box”? (iii) Ontleed die verhouding tussen Annelie en Clare. Óf: (b) Bespreek die titel van die roman.
Question paper, page 6
6 9679/04/O/N/20 © UCLES 2020 Afdeling 2 4 Ons wag op die kaptein, Elsa Joubert Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. Óf: (a) “Ana-Paula is ʼn buitestander.” Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met bewyse uit en verwysings na die roman. Óf: (b) “As jy gegee het … as ek gegee het … wie weet … miskien was alles anders.” Bespreek Ana- Paula en Carlos se verhouding. 5 Mirakel, Reza de Wet Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. Óf: (a) Hoe dra die ruimte waarin die gebeure afspeel by tot die geslaagdheid van die toneelstuk? Óf: (b) “Die dood is ʼn sentrale tema in die toneelstuk.” Bespreek. 6 Siener in die suburbs, P G du Plessis Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. Óf: (a) “Maar dit kos hom niks.” Stem jy saam met hierdie stelling van Giel oor Tjokkie se sienery? Staaf jou antwoord met bewyse uit en verwysings na die toneelstuk. Óf: (b) Bespreek Jakes en Tiemie se verhouding.
Question paper, page 7
7 9679/04/O/N/20 © UCLES 2020 BLANK PAGE
Question paper, page 8
8 9679/04/O/N/20 © UCLES 2020 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge Assessment International Education Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cambridgeinternational.org after the live examination series. Cambridge Assessment International Education is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of the University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which itself is a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE