Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0

9679/40/O/N/21 · 75 marks · ≈84 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2021 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document has 8 pages. Any blank pages are indicated. Cambridge International A Level AFRIKAANS 9679/04 Paper 4 Texts October/November 2021 2 hours 30 minutes You must answer on the enclosed answer booklet. You will need: Answer booklet (enclosed) Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. INSTRUCTIONS ● Answer three questions in total in Afrikaans, each on a different text: Answer at least one question from Section 1. Answer at least one question from Section 2. Answer one other question from either Section 1 or Section 2. ● Follow the instructions on the front cover of the answer booklet. If you need additional answer paper, ask the invigilator for a continuation booklet. ● Dictionaries are not allowed. INFORMATION ● The total mark for this paper is 75. ● Each question is worth 25 marks. INSTRUKSIES ● Beantwoord altesaam drie vrae in Afrikaans. Beantwoord elke vraag oor ’n verskillende teks: Beantwoord ten minste een vraag uit Afdeling 1. Beantwoord ten minste een vraag uit Afdeling 2. Beantwoord nog een vraag uit óf Afdeling 1 óf Afdeling 2. ● Volg die instruksies op die voorblad van die antwoordboek. Die instruksies word ook hieronder in Afrikaans gegee. As jy nog papier vir jou antwoorde nodig het, vra die toesighouer vir nog ’n antwoordboek. ● Woordeboeke word nie toegelaat nie. INLIGTING ● Die totale punt vir hierdie vraestel is 75. ● Elke vraag tel 25 punte. * 6 0 1 7 3 5 7 2 0 0 * DC (CJ) 208497/2 © UCLES 2021 [Turn over

Question paper, page 2

2 9679/04/ O/ N/21 © UCLES 2021 INSTRUKSIES VIR DIE ANTWOORDBOEK Gebruik ’n swart of donkerblou pen. Jy mag ’n HB-potlood vir enige diagramme of grafieke gebruik. Skryf jou naam, sentrumnommer en kandidaatnommer in die blokkies boaan die bladsy. Skryf duidelik en in hoofletters. Moenie ’n uitwisbare pen of vloeibare uitwisser gebruik nie. Moenie op enige strepieskodes skryf nie. Skryf jou antwoorde in hierdie antwoordboek. Skryf aan albei kante van elke blad. Laat twee reëls oop tussen jou antwoorde vir elke vraag. Skryf die nommer van die vraag wat jy beantwoord in die eerste kantlyn. Question Part 1 1 (a)(i) (a)(ii) Skryf die nommer van die onderafdeling in die tweede kantlyn as die vraag wat jy beantwoord uit onderafdelings bestaan, byvoorbeeld 1(a). Doen al jou rofwerk in pen in hierdie antwoordboek. Trek ’n streep deur enigiets wat jy nie wil hê die eksaminator moet nasien nie sonder om jou werk onleesbaar te maak. Moenie enige bladsye uit hierdie antwoordboek skeur nie. Jy moet al jou werk inlewer. As jy enige ander antwoordboeke gebruik het, moet jy dit binne-in hierdie een sit.

Question paper, page 3

3 9679/04/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over Beantwoord drie vrae, elkeen oor ’n ander teks. Kies een vraag uit Afdeling 1, een uit Afdeling 2 en een ander vraag. Afdeling 1 1 Mahala, Chris Barnard Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Hy het selde in haar kamer gekom; net snags as sy onrustig word. Die muskietnet was half oop en hy het dit opgelig en op die rand van die bed gaan sit, na haar gekyk. Sy het op haar rug gelê en dit was asof sy weer insluimer, maar haar mond was effens oop en haar vingers het om die katelstyl geklou. Daar was net ʼn laken oor haar onderlyf en die knope van haar nagrok was oop; hy kon haar een bors sien en die donker vlek van die tepel. Sy het die styl gelos en half orent gebeur, toe teruggesak en op haar sy gedraai, haarself opgekrul, kreunend, en weer begin mompel. “Jy moet slaap, An,” het hy gesê. Deur die oop venster kon hy die kind oor die agterwerf sien aankom. Die maan moes iewers deur die wolke gebreek het, want die werf was ligter as voorheen. Die kind het tot voor die venster gekom en sy gesig teen die gaas gedruk, sy hande bak langs sy slape. “Hou my vas,” het sy geprewel en Delport het geweet sy praat nie met hom nie. “An,” het hy gesê, “jy moet slaap.” Sy het haar bene reguit geskop en weer gegil, haar hande oorkruis in haar oksels asof sy haarself omhels. Hy het haar skouer geskud en met haar gepraat, saggies, en gevoel hoe sy geleidelik ontspan. “Moenie weggaan nie,” het sy gesê, dié keer duidelik hoorbaar. “Ek sal nie,” het hy gesê, al was die woorde nie vir haar bedoel nie. Hy wou maar iets sê om haar te laat bedaar. En sy het gesug en gesê, “Hy het vergeet ek bestaan,” en geslaap. (bl. 39–40) (i) Hoekom het Anna snags “onrustig” geword? (ii) Wie is “die kind”? (iii) Ontleed die verhouding tussen Delport en Anna. ÓF: (b) Mahala beteken: gratis, niks of tevergeefs. Dink jy Mahala is ʼn goeie titel vir die roman in die lig hiervan?

Question paper, page 4

4 9679/04/O/N/21 © UCLES 2021 2 Die verdwyning van Mina Afrika, Zuretha Roos Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Sy sit later op haar bed in haar nagklere en sy huil, maar sy weet nie waaroor nie. Oor niks; oor alles. Sy huil oor die baba met haar mond en kuiltjies; oor die aand van die rooi maan toe sy en Boeta by die wilgers langs die sementdam gepraat het en sy so vrolik en vol planne en onskuldig was. Sy huil oor Dylan Apollis, wat nooit ʼn kans in die lewe gehad het nie. Sy verlang na motjie Sêra. En sy verlang so na Deon dat dit ʼn dowwe pyn in haar bors veroorsaak. Sy het nooit geweet liefde kan mens fisiek seermaak nie … Die uil, haar naggeselskap, kom sit vroeg op die dak en roep. Sy hoop hy het êrens ʼn nes in ʼn hol boomstam, en donsige baba-uiltjies, en dat hy genoeg rotte en muise by die store vang om almal se magies te vul. Sy moet vir haar ook ʼn kat kry, besluit sy, soos Tietser sʼn, wat snags op haar voetenent kan lê en spin. Ja, net môre gaan sy by die volkshuisies om, om te soek na ʼn oulike klein katjie … Gedurende die volgende twee weke sien sy Deon slegs twee keer vlugtig. In die lang skemeraande, as hy nie aan diens is nie, gaan hy draf, en hy vra self Erik se verlof om met sy wingerdpaaie langs te draf en sodoende vinnige en kamma onbeplande draaie op Mina se werf te gooi. Maar omstandighede word al gevaarliker. (bl. 219) (i) Waarom het Dylan Apollis “nooit ʼn kans in die lewe gehad … nie”, volgens Mina? (ii) Hoekom word “omstandighede al gevaarliker”? (iii) Vergelyk Dylan en Deon se verhouding met Mina. ÓF: (b) “Ag, dankie, Here, dat U so goed is vir my kind! Seën tog vir nôi Sara en baas Erik …” Dink jy Gert Afrika was reg om Mina vir die De Graaffs te gee om groot te maak? Staaf jou antwoord met verwysings na die roman.

Question paper, page 5

5 9679/04/O/N/21 © UCLES 2021 [Turn over 3 Sabbatsreis, Annelie Botes Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. … Luke kom drink sy oggendkoffie in die tuinhuis en vra of ek kans sien om sy studeerkamer skoon te maak; hy wil vreemdes uithou. Ja, Hartlam, as jy vanaand vir my ʼn waterglas Hakiesdraad bring. Dis vandag my forty days. Ek wil hoogdronk gaan slaap. “Consider it a deal. I’ll buy pizza for tonight, don’t bother to cook.” Ek meng vier hooikoorspille by Granny se oats. Vandag wil ek losloop voor Clare alles ontwrig. In die studeerkamer kry ek twee goed wat my ruk. Luke se skeikontrak wat oop lê by sy rekenaar, op die plek waar uitgestippel is hy moet maandeliks vyfduisend-vyfhonderd pond aan sy Amerikaanse eks betaal. Per máánd. Ter wille van ʼn stormgety saam met Clare. Wóú hy hê ek moet sien? Reg langsaan ʼn sjokoladeboks met ʼn plakker op: Meid. Ek maak skoon en gaan sit met my present in my tuin. Toe ek die deksel oplig, is dit nie sjokolade nie. Dis die akker wat ek hom gegee het toe hy vir my hoesmedisyne gebring het. ʼn Kleingevoude tienpondnoot wat hy by my gewen het met poker toe Clare in Shambala was. Kwartel se wensbeentjie, van die troudag. Samboksalf vir sy bles. Die program van die carols by candlelight-aand. Paar takkies suurlemoentiemie. Nou wéét ek ek is nie sy suster nie. Ek sit ʼn heathertakkie in die boks, en ʼn teekersie. Toe gaan sit ek die boks terug. (bl. 278–279) (i) Wat is die “forty days”? (ii) Waarna verwys “ʼn stormgety saam met Clare”? (iii) Bespreek Luke se rol in die roman. ÓF: (b) “Selfondersoek en selfaanvaarding is die sentrale tema van die boek.” Bespreek.

Question paper, page 6

6 9679/04/O/N/21 © UCLES 2021 Afdeling 2 4 Ons wag op die kaptein, Elsa Joubert Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) “Carlos Figueira is ʼn regverdige, gerespekteerde werkgewer, asook ʼn goeie pa en eggenoot.” Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met verwysings na die roman. ÓF: (b) Bespreek die tema van ligaamlike en sielkundige gevangeskap in die roman. 5 Die Ambassadeur, André Brink Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) “Dit was die eerste keer dat ek in my verhouding met hom die hef in die hande gehad het, en dit was byna ʼn ervaring van bevryding.” Bespreek die tema van mag in die roman. ÓF: (b) Parys is bekend as die stad van lig en donker, romantiek en tragiek. Bespreek hierdie teenstellings met betrekking tot die roman. 6 Kanna hy kô hystoe, Adam Small Kies vraag (a) of vraag (b) en gebruik 500–600 woorde vir jou antwoord. ÓF: (a) “Kanna het sy mense verlaat, maar nooit vergeet nie.” Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord met verwysings na die toneelstuk. ÓF: (b) “Hierdie toneelstuk handel oor oorlewing.” Bespreek.

Question paper, page 7

7 9679/04/O/N/21 © UCLES 2021 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 9679/04/O/N/21 © UCLES 2021 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge Assessment International Education Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cambridgeinternational.org after the live examination series. Cambridge Assessment International Education is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of the University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which itself is a department of the University of Cambridge.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2021 Oct/Nov, Paper 4 · Variant 0. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A48/75
B43/75
C39/75
D35/75
E32/75