Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2018 Oct/Nov Paper 4 · Variant 0
9679/40/O/N/18
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
* 5 5 8 8 5 2 7 7 3 7 * This document consists of 5 printed pages, 3 blank pages and 1 Insert. DC (CE) 143302/4 © UCLES 2018 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International Advanced Level AFRIKAANS 9679/04 Paper 4 Texts October/November 2018 2 hours 30 minutes No Additional Materials are required. Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST An answer booklet is provided inside this question paper. You should follow the instructions on the front cover of the answer booklet. If you need additional answer paper ask the invigilator for a continuation booklet. Answer three questions, each on a different text. You must choose one question from Section 1, one from Section 2 and one other. Write your answers in Afrikaans. Dictionaries are not permitted. You should write between 500 and 600 words for each answer. All questions in this paper carry equal marks. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Hierdie vraestel bevat ’n bylae waarop jy jou antwoorde moet skryf. Volg die instruksies op die voorkant van die antwoordbylae. As jy meer papier nodig het vir jou antwoorde, vra die toesighouer vir ’n ekstra antwoordbylae. Beantwoord drie vrae, elkeen oor ’n ander teks. Kies een vraag uit Afdeling 1, een uit Afdeling 2 en een ander vraag. Skryf jou antwoorde in Afrikaans. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Jy behoort tussen 500 en 600 woorde vir elke antwoord te skryf. Elke vraag tel ewe veel. INSTRUKSIES VIR DIE ANTWOORDBYLAE Vul die blokkies op die voorkant van jou antwoordbylae met hoofletters in. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Skryf jou antwoorde in die antwoordbylae. Gebruik die voor- en agterkant van elke bladsy. Laat twee reëls oop tussen jou antwoorde op elke vraag of deel van ’n vraag. Skryf die nommer van die vraag wat jy beantwoord in die eerste linkerkantlyn. As die vraag onderverdeel is, skryf die letter van die deel van die vraag in die tweede linkerkantlyn. As jy ’n ekstra antwoordbylae gebruik het, sit dit binne-in jou eerste antwoordbylae wanneer jy klaar is met die eksamen.
Question paper, page 2
2 9679/04/O/N/18 © UCLES 2018 Beantwoord drie vrae, elkeen oor ’n ander teks. Kies een vraag uit Afdeling 1, een uit Afdeling 2 en een ander vraag. Afdeling 1 1 Die kremetartekspedisie, Wilma Stockenström Kies vraag (a) of vraag (b). Óf: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: […] Die vreemdeling bestyg ʼn hoë puntmiershoop en tuur alomheen, sonder welslae. Die veld is, wel, net veld met veldgeluide, ʼn geritsel, ʼn gekwetter, ʼn gepiep. Ons probeer spoorsny, ons moedig mekaar aan en kry dit nie reg nie. Ons merk platgetrapte gras en voetspore in die onmiddellike omgewing van die vure en dis ook al. Ons neem vanselfsprekend aan dat, as die oudste seun en die slawe besluit het om die tog verder sonder ons af te lê, hulle in die rigting van die sakkende son sou aangestap het, maar ook daarnatoe bespeur ons niks wat vir ons na die bewandeling van mense lyk nie. Die harde grond wys geen spore nie en skewe halms staan oral. […] Ons kies ons koers volgens die son, maar word deur die lope van riviere gedwing om daarvan af te wyk. Sonder slawe om ons deur die water te dra, is ons hulpeloos. Ons het geen watersakke nie. Ons leef van die veldkosse wat ek skoon per toeval by die draers afgekyk het om uit te ken. Dit gaan swaar. Ek doen my bes, maar ons vind skaars genoeg om liggaam en siel aanmekaar te hou. (bl. 88–89) (i) Wie is die “vreemdeling” waarna daar in die uittreksel verwys word? (ii) Waarom bevind die “vreemdeling” en die verteller hulle in die situasie soos in die uittreksel beskryf? (iii) Bespreek die rol wat die natuur in die boek speel met verwysing na die uittreksel en na die boek as geheel. Óf: (b) “Die kremetartboom gee aan die verteller die vryheid waarna sy nog altyd smag.” Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met voorbeelde uit en verwysings na die boek.
Question paper, page 3
3 9679/04/O/N/18 © UCLES 2018 [Turn over 2 Roepman, Jan van Tonder Kies vraag (a) of vraag (b). Óf: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Ek sluip tussen die mense deur. Van oom Gouws se kleinhekkie af hardloop ek so vinnig ek kan na Joon-hulle se huis toe. Ek voel soos ʼn roepman toe ek aan sy kamervenster klop en wag dat hy sy kop uitsteek. “Wat is dit?” vra hy. Ek vertel hom van die geweer en die blombak en van dominee wat die polisie wil bel. Joon gaan haal sy fiets agter die huis. Hy wys na die carrier. “Klim,” sê hy. Toe ry ons soos die wind. Joon se hemp bol teen my gesig, maar ek gee nie om nie. Nog voor ons in die Gouwse se jaart stilhou, spring ek af. Hy maak sy fiets teen die duiwehok staan. Pa is nog by die kaiadeur. Ek staan so dat hy my nie sal kan sien as hy omkyk nie. Joon gaan staan eers voor oom Gouws. Oom Gouws kyk grond toe en Joon na die hemel. Joon gaan haal ʼn emmer by die duiwehok en dop dié onder die kaiavenster om. Hy klim op die emmer en trek die blomme by die gat uit en druk sy gesig daardeur, binnetoe. […] Die knip skuif binne af. Die deur gaan oop. Joon vat die geweer by tannie Gouws en sit sy arm om haar. “Ons gaan huis toe, tannie.” Hulle loop tussen die mense deur. Pa maak keel skoon. “Joon, dink jy nie dominee moet maar eers met die tannie- hulle gesels nie?” “Nee, oom, die dominee kan maar huis toe gaan.” (bl. 56) (i) Hoekom moes Timus vir Joon gaan roep? (ii) Wat was Pa se reaksie nadat Joon vir hom gesê het dat die dominee maar huis toe kan gaan? (iii) Bespreek Joon se rol as beskermer en vertroueling na aanleiding van die uittreksel, asook die boek as geheel. Óf: (b) “Timus is ʼn buitestaander.” Tot watter mate stem jy saam? Bespreek die stelling na aanleiding van sy rol in die familie, asook in die wyer gemeenskap.
Question paper, page 4
4 9679/04/O/N/18 © UCLES 2018 3 Fiela se kind, Dalene Matthee Kies vraag (a) of vraag (b). Óf: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Nina het van die huis se kant af aangedrentel gekom en agter die steier op die stomp gaan sit. “Loop help jou ma!” “Ek het klaar gehelp. Ma het gesê ek kan maar gaat speel.” “Daar’s nie tyd vir speel nie; gee aan die oprolhout daar agter jou, ek wil die blok op die steier rol.” Sy het opgestaan en die stuk hout met die een skerp punt begin nader sleep. “Die ding is swaar, Pa!” “Hy’s g’n swaar nie! Bring hom aan en loop haal nog een.” Toe sy by Lukas verbykom, het sy iets onderlangs gesê en die hout laat los. “Buk, Lukas” sê hy. “Buk en sleep hom tot hier by my sodat jou hande kan voel hoe voel hout. Nina, bring die ander oprolhout!” As haar ma haar dan nie uit die kwaad kan hou nie, kom die plan skielik by hom op, dan sou h´y dit doen. Hoekom kan sy nie ook by die balke help tot tyd en wyl hy haar verhuur kry nie? Al kap sy net rofweg. Toe sy met die tweede oprolhout aankom, sê sy weer vir Lukas iets uit die hoek van haar mond. “Wat konkel julle?” “Niks, Pa. Ek sê sommer vir Lukas hy moet my help.” “Ek dink dis tyd lat ek julle altwee in die werk steek! Vat die oprolhoute en gaan haal die blok daar anderkant aan tot hier en kry hom op die steier.” Sy het hom aangekyk asof hy gesê het hulle moet die Bos loop uitkap. (bl. 116–117) (i) Waarom moet Elias vir Nina “uit die kwaad hou”? (ii) Hoekom is Nina en Lukas aan die “konkel”? (iii) Vergelyk Fiela en Elias as ouers. Óf: (b) Bespreek die betekenis en ironie van die titel van die boek.
Question paper, page 5
5 9679/04/O/N/18 © UCLES 2018 Afdeling 2 4 Die groot anders-maak, Jan Rabie Kies vraag (a) of vraag (b). Óf: (a) Bespreek die rol wat tradisie in die roman speel. Staaf jou antwoord met voorbeelde uit en verwysings na die roman. Óf: (b) “My naam is nie Keas nie, dis Lea.” Bespreek Keas/Lea se worsteling met identiteit in die roman. 5 Mirakel, Reza de Wet Kies vraag (a) of vraag (b). Óf: (a) Vergelyk die omstandighede van die toneelgeselskap in die verlede met die hede. Bespreek hoe die verskillende karakters die veranderinge hanteer. Óf: (b) Bespreek die tema van goed en kwaad in die toneelstuk. 6 Siener in die suburbs, P G du Plessis Kies vraag (a) of vraag (b). Óf: (a) “In Siener in die suburbs verset die karakters hulle teen hulle onregverdige omstandighede.” Tot watter mate stem jy saam met die stelling? Verduidelik met bewyse uit die toneelstuk. Óf: (c) “Ek is soos ʼn vader vir hulle.” Bespreek tot watter mate jy saamstem met dié stelling van Giel.
Question paper, page 6
6 9679/04/O/N/18 © UCLES 2018 BLANK PAGE
Question paper, page 7
7 9679/04/O/N/18 © UCLES 2018 BLANK PAGE
Question paper, page 8
8 9679/04/O/N/18 © UCLES 2018 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE