Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1

9679/21/O/N/14 · 70 marks · ≈79 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans papersWhat was in this paper?

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2014 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme8 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 8
Page 1 of 8
Mark scheme, page 2 of 8
Page 2 of 8
Mark scheme, page 3 of 8
Page 3 of 8
Mark scheme, page 4 of 8
Page 4 of 8
Mark scheme, page 5 of 8
Page 5 of 8
Mark scheme, page 6 of 8
Page 6 of 8
Mark scheme, page 7 of 8
Page 7 of 8
Mark scheme, page 8 of 8
Page 8 of 8

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 5 printed pages and 3 blank pages. DC (SJF) 100254 © UCLES 2014 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International Advanced Level * 0 8 8 6 3 0 4 9 5 0 * AFRIKAANS 9679/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2014 1 hour 45 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Dictionaries are not permitted. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Indien jy ’n vraestel/antwoordboek ontvang het, moet jy die instruksies op die voorste bladsy uitvoer. Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. Beantwoord alle vrae in Afrikaans. Punte word toegeken vir taalgebruik. Goeie sinskonstruksie sal ook in jou guns tel. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.

Question paper, page 2

2 9679/02/O/N/14 © UCLES 2014 Afdeling 1 Lees die volgende teks en beantwoord dan die vrae. Slim, sterk, mooi... of wys. Wat bepaal menswees? Is diegene soos dokters, advokate, biochemici en al die ander baie intelligentes beter mense of gelukkiger mense as ons normale sterflinge wat met minder verstand geseënd is? Daar is natuurlik die Intelligensie Kwosiënt-toets om intelligensie mee te meet, maar is dit regtig die maatstaf vir ’n waardevolle en suksesvolle lewe? Moet jy net na jou intellektuele vermoëns kyk om jou waarde as mens te bepaal? Kritici bevraagteken hierdie toets al vir jare lank, veral omdat wat as intelligent gesien word in ’n tweejarige baba nie eenders is as in ’n 15-jarige kind of 40-jarige grootmens nie. En ’n hoë IK kan jou natuurlik nie eendag ’n werk of sukses waarborg nie. Die IK-toets het populariteit verwerf in die vroeë twintigste eeu, maar intussen het sport en skoonheid ook uiters belangrike maatstawwe van sukses geword. Sportmanne en modelle verdien vandag dikwels meer as die super-intelligentes. As gevolg van die bekendheid van sulke mense word ons deur die media geleer dat roem en geld al is wat geluk kan bring. As iemand nou nie baie slim, mooi of sportief is nie, is hy of sy nou minder mens? Nee! Jy kan menswees tog nie reduseer tot hoe simmetries jou neus is of hoe goed jy ’n bal kan vang nie. En dus ook nie tot ’n syfer op papier nie. Navorsing bewys dat die super-suksesvolles en -slimmes nie noodwendig die gelukkigste mense is nie. Ons moet daarom stry teen ’n eensydige opvoedingstelsel wat intelligensie aan IK meet. Die IK-toets, en wat dit oor menswees impliseer, is verouderd en nie meer van toepassing in die komplekse hedendaagse lewe nie. Dit is wel waar dat goeie kennis van wiskunde, die natuur- en handelswetenskappe, geskiedenis, tale, en rekenaarwetenskap definitief benodig word as jy as volwassene in die wêreld buite die klaskamer wil oorleef. ’n Gesonde waardestelsel is egter steeds belangrik. ’n Vermoë om te onderskei tussen goed en kwaad is ’n noodsaaklike deel van opvoeding. Dít maak die verskil tussen slim wees en wys wees. Maak somme, speel sport, glimlag vir die kameras as jy wil – maar oefen jou in die wysheid ook, want dit bring ware geluk aan ware mense. En geluk kan deur geen IK-toets gemeet word nie. 5 10 15 20 25 1 Vind die woord in die eerste twee paragrawe van die teks wat ooreenstem met die volgende definisies: Voorbeeld Vraag: stel vas Antwoord: bepaal (a) regsgeleerdes [1] (b) gewone [1] (c) nie so baie nie [1] (d) kriterium [1]

Question paper, page 3

3 9679/02/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over (e) dieselfde [1] [Totaal: 5] 2 Herskryf die volgende sinne sonder om die betekenis van die oorspronklike sin te verander. Begin jou sinne met die woorde tussen hakies. Voorbeeld Vraag: Geluk kan deur geen toets gemeet word nie. (Geen toets...) Antwoord: Geen toets kan geluk meet nie. (a) Dokters en advokate is gelukkiger as ons. (Ons is...) [1] (b) Kritici bevraagteken hierdie toets al vir jare lank. (Vir jare lank...) [1] (c) ’n Hoë IK kan jou nie ’n werk waarborg nie. (’n Werk...) [1] (d) Die toets het populêr geword in die twintigste eeu. (In die...) [1] (e) Sportmanne kan baie geld verdien, maar dit maak hulle nie noodwendig gelukkige mense nie. (Sportmanne is nie noodwendig...) [1] [Totaal: 5] 3 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20) (a) Verduidelik hoekom kritici twyfel oor die nut van die IK-toets. (paragraaf 2) [1] (b) Bespreek die ander populêre maatstawwe van sukses wat net so belangrik soos die IK- toets geword het. (paragraaf 3) [2] (c) Verduidelik die rol van die media met betrekking tot ons hedendaagse begrip van geluk. (paragraaf 3) [2] (d) “Jy kan menswees tog nie reduseer tot hoe simmetries jou neus is of hoe goed jy ’n bal kan vang nie.” (reël 14-15) Wat bedoel die skrywer hiermee? [2] (e) Waarom is dit volgens die skrywer steeds belangrik om sekere vakke op skool te neem? (paragraaf 6) [1] (f) Verduidelik die onderskeid wat die skrywer maak tussen “slim wees” en “wys wees” in die laaste paragraaf. [2] (g) Is die skrywer ten gunste van IK-toetse, of is hy daarteen? Verduidelik hoekom jy so dink deur te verwys na vier argumente in die teks. [5] [Totaal: 20]

Question paper, page 4

4 9679/02/O/N/14 © UCLES 2014 Afdeling 2 Lees die volgende teks en beantwoord dan die vrae. Die wenresep vir ’n gelukkige tiener Ons tieners lei ’n stresvolle lewe. In ons oumagrootjie se tyd was tienerwees minder oor akademiese prestasie en meer oor oorlewing in ’n praktiese wêreld. Ja, hulle moes dalk hard werk op die plaas of in die winkel ná skool, maar ten minste was die konstante druk om die beste resultate in al die vakke onder die son te behaal nie ’n faktor in hulle lewens nie. Ouers en onderwysers het sulke groot verwagtinge! Geen wonder dat soveel van vandag se jongmense soms moedeloos of selfs depressief raak nie. Martie de Villiers, ’n dokter wat in tienergesondheid spesialiseer, sê dat ons tieners goed gewapen is met een van die beste skilde teen depressie. Hierdie geheime skild word “ visualisering” genoem. Ons tieners se liggame is beter toegerus om spanning te verlig as volwassenes en jong kinders omdat ons by ons verbeelding kan inskakel. Ons kan onsself “gelukkig” índink! De Villiers stel voor dat tieners hulle eie finansies behartig. Jy het kennis en kreatiwiteit nodig om te weet hoe om jou sakgeld verstandig te gebruik. Mense wat in beheer is van hulle geld is geneig om gelukkiger te wees. Sy noem verder dat dit bewys is dat fisiese oefening endorfiene in ons liggaam produseer. Hierdie hormone dra by tot ’n gevoel van geluk. Fiksheid en ’n goeie liggaamsbou gee jou selfvertroue en saam met die positiewe energie wat endorfiene meebring, sal ons jongklomp outomaties ’n gelukkiger lewensuitkyk geniet. Laastens is dit belangrik om bande te verstewig met ander mense in jou gemeenskap. Navorsers het bevind dat tieners vanuit Mexiko en Indië, ten spyte van daaglikse stres, gelukkiger is wanneer hulle ’n sterk gevoel van kulturele identiteit het. Wees ook openhartig met jou familie – mense wat voel hulle kan andere vertrou, is gelukkiger as dié wat dinge wegsteek. Dus, visualiseer hoe jy gaan voel as jy jou doel bereik het, eerder as om jou te bekommer of jy iemand anders teleur gaan stel. Dit is jóú geluk wat tel. En as jy soos ’n mal haas in die pad af wil hardloop om van jou probleme te vergeet, gaan hardloop asseblief! Of blêr jou musiek deur die huis selfs al kla jou ma. Jy kan haar vertel dit word mos deur die dokter voorgeskryf! 5 10 15 20 25

Question paper, page 5

5 9679/02/O/N/14 © UCLES 2014 4 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20) (a) Hoe verskil die hedendaagse tiener se lewe van dié van sy of haar voorouers volgens die eerste paragraaf? [2] (b) Identifiseer die beeldspraak wat gebruik word deur dr. de Villiers in paragraaf 2 en verduidelik hoekom dit van toepassing is in hierdie artikel. [2] (c) Verduidelik dr. de Villiers se stelling dat dit voordelig is vir tieners om beheer te hê oor hulle inkomste. (paragraaf 3) [3] (d) Som op wat die verband is tussen fisiese oefening en “ ’n gelukkiger lewensuitkyk”. (paragraaf 4) [2] (e) Hoekom is kommunikasie belangrik, volgens paragraaf 5? [1] (f) (i) Identifiseer die vergelyking in paragraaf 6. [1] (ii) Omskryf die sin waarin dit voorkom in jou eie woorde sodat die betekenis van die vergelyking duidelik word. [1] (g) Verduidelik die betekenis van die woord “wenresep” in die titel van hierdie stuk en beskryf dan hoekom dit gepas is binne die konteks van die artikel. [3] [Totaal: 20] 5 (a) Beide skrywers bespreek die onderwerp “geluk”, maar benader dit op verskillende maniere. Bespreek vyf verskille tussen die twee tekste in hierdie opsig. Identifiseer en bespreek elke verskil kortliks. Skryf ongeveer 100 woorde. [10] (b) Dink jy vandag se tieners in Namibië en/of Suid-Afrika lei ’n baie stresvolle lewe? Motiveer jou antwoord in ongeveer 50 woorde. [5] [Taalgebruik: 5] [Totaal: 20]

Question paper, page 6

6 9679/02/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE

Question paper, page 7

7 9679/02/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 9679/02/O/N/14 © UCLES 2014 Copyright Acknowledgements: Afdeling 1 Adapted from; © www.rooirose.co.za Afdeling 2 Adapted from; © www.pietventer.com © www.maintainingbalancehappylife.blogspot.com Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE

Mark scheme, page 1

® IGCSE is the registered trademark of Cambridge International Examinations. CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS Cambridge International Advanced Level MARK SCHEME for the October/November 2014 series 9679 AFRIKAANS 9679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2014 series for most Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level components.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge International A Level – October/November 2014 9679 02 © Cambridge International Examinations 2014 1 (a) advokate [1] (b) normale [1] (c) minder [1] (d) maatstaf [1] (e) eenders [1] [Total: 5] 2 (a) Ons is minder gelukkig as/nie so gelukkig soos dokters en advokate/nie. [1] (b) Vir jare lank bevraagteken kritici (al) hierdie toets. [1] (c) 'n Werk kan nie deur 'n hoë IK gewaarborg word nie. [1] (d) In die twintigste eeu het die toets populêr geword/populariteit verwerf. [1] (e) Sportmanne is nie noodwendig gelukkige mense nie, selfs al verdien hulle baie geld/alhoewel hulle baie geld verdien/ten spyte van die feit dat hulle baie geld verdien. [1] [Total: 5]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge International A Level – October/November 2014 9679 02 © Cambridge International Examinations 2014 3 (a) Intelligensie in 'n baba/klein kind is eintlik nie dieselfde as in 'n tiener/grootmens nie. [1] (b) Sport en skoonheid [1] omdat mense wat hierdie eienskappe besit meestal meer geld verdien as mense wat baie intelligent is [1] [2] (c) Die media leer ons (verkeerdeliks) [1] dat roem/geld geluk bring [1] / Die media veroorsaak dat ons dink [1] dat geld/roem geluk sal bring [1]. [2] (d) Any succinct answer showing understanding of the word reduseer (as, e.g. 'verminder', 'verklein') [1] in association with looks and/or [sporting] ability should be considered for credit. [1] [2] (e) Party skoolvakke is nodig om 'n werk te kry en om genoeg geld te maak om te kan oorleef as volwassene. [1] (f) As jy wys is, verstaan jy meer menslike dinge, het jy goeie karaktereienskappe ontwikkel of 'n goeie waardestelsel gekweek [1]; om slim te wees is net om praktiese vakke goed te kan verstaan of te leer en goed in toetse te doen. [1] [2] (g) Die meeste kandidate sal dalk van mening wees dat die skrywer negatief voel [1] oor die IK toets, maar 'n teenoorgestelde mening sal ook aanvaar word, mits dit gestaaf word met argumente uit die teks: IK bepaal nie jou waarde as mens nie; kritici bevraagteken die toets al lank; intelligensie in kinders/volwassenes is nie vergelykbaar nie; hoë IK kan jou nie sukses waarborg nie; hoë IK kan jou nie 'n werk waarborg nie; menswees kan nie gereduseer word tot 'n syfer op papier nie; super-suksesvolle of slim mense is nie die gelukkigste nie; die toets is verouderd; die toets is nie van toepassing op die komplekse hedendaagse lewe nie; geluk kan nie deur 'n IK-toets gemeet word nie. [maks. 4] [5]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge International A Level – October/November 2014 9679 02 © Cambridge International Examinations 2014 Quality of Language: Accuracy Question 3 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge International A Level – October/November 2014 9679 02 © Cambridge International Examinations 2014 4 (a) This is a compare and contrast question (one mark for ‘then’ and another for ‘now’). For example: Hoef nie beide op skool en tuis uit te blink nie; moes uithelp op die plaas of by die winkel; moes praktiese leefervaring kry; hoef nie A's in al hulle vakke te kry nie; hul ouers en onderwysers het nou hoër verwagtinge; hulle word nou maklik depressief. [2] (b) Identify either gewapen or skild [1] + give mark for any well-argued reason which is based (but not directly lifted from) the text [1]. [2] (c) kennis + bespreking [1], kreatiwiteit + bespreking [1], beheer + bespreking [1] [3] (d) Die endorfiene/hormone wat die liggaam afskei gedurende oefening laat jou beter voel/gee jou selfvertroue/gee jou ‘n positiewe selfbeeld [1] wat bydra tot ‘n optimiese kyk op die lewe/jou inspirasie kan gee/inspireer vir die toekoms [1]. [2] (e) Concept of: hoe beter/meer jy kommunikeer met ander mense, hoe gelukkiger voel jy. [1] (f) (i) Soos 'n mal haas [1] (ii) As jy soos iemand sonder sorge/wat nie bekommerd is oor hoe hulle lyk nie/wat nie in beheer is van sy kop of liggaam is nie/wat nie dink oor gevolge nie/wat simpel lyk/wat besete is wil rondhardloop om weg te kom van dinge wat jou pla, doen dit. Any answer which implies that the candidate understands that it means running without bounds or without thinking about the consequences or how they appear may be accepted. Also accept if a student describes the meaning accurately rather than rewriting it as a new sentence, e.g. 'n mal haas verwys na 'n dier wat besete is/voorkom, en dus beskryf dit die manier hoe 'n tiener, sonder om na te dink, fisies van sy emosionele probleme probeer ontslae raak. Note however that the point is for showing understanding of the comparison of randomly running around (with reference to f(i) rather than of the aspect of forgetting their concerns. [1] (g) 'n Wenresep is die beste metode om iets, soos kos, te maak; het die beste uitkoms. Gepas omdat die artikel verduidelik wat jy kan gebruik/watter stappe jy moet neem, om gelukkig te wees. 'n Resep is iets wat jy volg om 'n spesifieke eindproduk te kry en jy wil die gelukkigste tiener hê, en hierdie is die beste metodes. Should indicate an understanding of a winning recipe, and how it is applicable to a happy teenage life. [3]

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge International A Level – October/November 2014 9679 02 © Cambridge International Examinations 2014 Quality of Language: Accuracy Question 4 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Groottotaal: 15 Inhoud + 5 Taal = 20]

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge International A Level – October/November 2014 9679 02 © Cambridge International Examinations 2014 5 (a) Die kandidaat moet 'n gepaste antwoord gee wat beide tekste behels. Een punt word gegee vir die noem/beskryf van ’n verskil tot ’n maksimum van vyf punte en een punt vir 'n verduideliking/bespreking die verskil tot ’n maksimum van vyf punte. [10] Voorbeelde van verskille: (1) voorbeeld, bespreking (2) voorbeeld, bespreking (3) voorbeeld, bespreking (4) voorbeeld, bespreking (5) voorbeeld, bespreking (b) Die kandidaat moet 'n geskikte antwoord gee met direkte betrekking op Namibië en/of Suid- Afrika. [5] Content Question 5(b) This should be marked as a mini-essay according to the variety and interest of the opinions and views expressed, the candidate’s response to the original text stimulus, and their ability to express a personal point of view. 5 Very good Varied and interesting ideas, showing an element of flair and imagination, a capacity to express a personal point of view. 4 Good Not the flair and imagination of the best candidates, but work still shows an ability to express a range of ideas, maintain interest and respond to the issues raised. 3 Sound A fair level of interest and ideas. May concentrate on a single issue, but there is still a response to ideas in the text. 2 Below average Limited range of ideas; rather humdrum. May disregard the element of response to the text, and write a largely unrelated free-composition. 0–1 Poor Few ideas to offer on the theme. Banal and pedestrian. No element of personal response to the text. Repeated error.

Mark scheme, page 8

Page 8 Mark Scheme Syllabus Paper Cambridge International A Level – October/November 2014 9679 02 © Cambridge International Examinations 2014 5 (a) + (b) Quality of Language: Accuracy Question 5 (a) + (b) 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. [Total: 20 (15 + 5 vir taalgebruik)]

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2014 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A50/70
B45/70
C38/70
D32/70
E26/70