Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1

9679/21/O/N/13 · 70 marks · ≈79 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans papersWhat was in this paper?

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme7 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 7
Page 1 of 7
Mark scheme, page 2 of 7
Page 2 of 7
Mark scheme, page 3 of 7
Page 3 of 7
Mark scheme, page 4 of 7
Page 4 of 7
Mark scheme, page 5 of 7
Page 5 of 7
Mark scheme, page 6 of 7
Page 6 of 7
Mark scheme, page 7 of 7
Page 7 of 7

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 6 printed pages and 2 blank pages. DC (SJW) 82455 © UCLES 2013 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Level * 4 9 7 3 9 0 6 6 6 5 * AFRIKAANS 9679/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2013 1 hour 45 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Dictionaries are not permitted. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Indien jy ’n vraestel/antwoordboek ontvang het, moet jy die instruksies op die voorste bladsy uitvoer. Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. Beantwoord alle vrae in Afrikaans. Punte word toegeken vir taalgebruik. Goeie sinskonstruksie sal ook in jou guns tel. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.

Question paper, page 2

2 9679/02/O/N/13 © UCLES 2013 Afdeling 1 Lees die volgende teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Die etiket van Wie Sit Waar Einde van die jaar is partytjietyd! Ondanks die resessie hou ons land se maatskappye darem nog kantoorpartytjies, verliefde paartjies hou aan om troues te reël, en gashere met flair organiseer nog steeds Nuwejaarsekstravaganzas vir al hulle vriende. Die weelde het opgedroog, die geskenke is minder oordadig en daar kom minder mense, maar die joligheid is steeds ’n vereiste. Daar is een groot kopseer waarmee al die organiseerders van sulke gesellighede sit: tafelplasings. Die vraagstuk van Wie Sit Waar verg meer tyd, energie, diplomasie, samesprekings en kompromieë as wat die Verenigde Nasies in hul volle bestaan al moes oplos. Hoekom kan ons nie net oor die weg kom en ’n bietjie goeie maniere kweek nie? Waarom kan ons nie net vir ’n paar uur één aand van die jaar sonder bitterheid langs mekaar sit nie? Hoe kan net die blote daad van langs iemand anders sit, ’n sosiale sinking so epies soos die groot skip “Titanic” s’n veroorsaak? Ons is so onvolwasse! Ontwikkelde, intelligente, oënskynlik vriendelike mense kan nie met so-en-so gesels nie, want twintig jaar terug het iets tussen hulle skeefgeloop. Ek hoor hoe fluister organiseerders, hoe sug en peins hulle, oor wie se sitvlak op watter stoel moet of mag sit. Natuurlik is dit menslik dat ons met sekeres oor die weg kom en ander nie. Vanselfsprekend bots persoonlikhede. Maar dalk kan ons mekaar by spesiale geleenthede darem seker net vir ’n kort rukkie verduur. Is dit dan só moeilik om iets te vind waaroor twee mense nie hoef te stry nie? Is dit só moeilik om oor die hittegolf te praat, oor Bafana-Bafana se onlangse prestasies of oor hoe lank jy deesdae vir ’n nuwe ID-boekie moet toustaan? Kan jy nie net hoflik wees, vriendelik glimlag en knik nie? Dalk kan ons ’n lessie leer uit ons skooldae. As Juffrou gesê het jy sit dáár, dan het jy dáár gesit. Jou nuwe lessenaar-maat was, noodgedwonge, jou buurman vir die hele jaar lank. Julle tweetjies móés maar oor die weg kom, moes uitveërs en potlode by mekaar leen en saamwerk om antwoorde vir die venynige algebra-probleme te vind. En op die ou einde was dit so maklik om te doen! Skoliere is, in hierdie opsig, baie meer volwasse en gemoedelik as hulle ouers wat ongemanierd weier om ’n tafel te deel by die jaareindfunksie. Verwerk uit: Rooi Rose 5 10 15 20 25

Question paper, page 3

3 9679/02/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over 1 Vind die woord in die eerste twee paragrawe van die teks wat ooreenstem met die volgende definisies: Voorbeeld Vraag: ten spyte van Antwoord: ondanks (a) besighede [1] (b) pêlle [1] (c) luukse [1] (d) presente [1] (e) enorme [1] [Totaal: 5] 2 Herskryf die volgende sinne. Begin jou sinne met die woorde tussen hakies. Voorbeeld Vraag: Einde van die jaar is partytjietyd. (reël 1) (Dit is tyd ...) Antwoord: Dit is tyd vir partytjie hou aan die einde van die jaar. (a) Ondanks die resessie hou ons nog partyjies. (reël 1) (Partytjies...) [1] (b) Dalk kom daar minder mense. (reël 4) (Minder...) [1] (c) Daar is een groot kopseer waarmee al die organiseerders sit. (reël 6) (Organiseerders…) [1] (d) Jy moet goeie maniere kweek. (reël 9) (Goeie maniere...) [1] (e) Om langs iemand anders te sit, kan problematies wees. (reël 10–11) (Dit kan...) [1] [Totaal: 5]

Question paper, page 4

4 9679/02/O/N/13 © UCLES 2013 3 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) Verduidelik hoekom die skrywer dink dat ’n partytjie aan die einde van die jaar nodig is. (paragraaf 1) [1] (b) Wat dui aan dat die beroep van organiseerder nie maklik is nie? (paragraaf 2) [2] (c) (i) Identifiseer die vergelyking in paragraaf 3. [1] (ii) Verduidelik, in jou eie woorde, wat die skrywer hiermee bedoel. [2] (d) In paragraaf 4 noem die skrywer dat selfs mense wat ‘oënskynlik vriendelik’ voorkom soms onvolwasse kan optree. (i) Wat beteken ‘oënskynlik vriendelik’? [1] (ii) Wat is die rede vir mense se onvolwasse gedrag? [1] (e) Waarom dink jy stel die skrywer voor ons praat oor die onderwerpe wat in reël 19–20, paragraaf 5 genoem word? [2] (f) Bespreek vyf lesse wat volwassenes van skoolkinders kan leer. Grond jou antwoord op paragraaf 6. [5] [Totaal: 20]

Question paper, page 5

5 9679/02/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over BLANK PAGE BLAAI OM VIR AFDELING 2

Question paper, page 6

6 9679/02/O/N/13 © UCLES 2013 Afdeling 2 Lees die volgende teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Hoe goed is jou maniere? Ons jongklomp word ten regte of onregte as ’n ongemanierde spulletjie beskou. Maar om kinders met goeie maniere groot te maak, is elke generasie se uitdaging en plig. Klagtes oor die jeug is so oud soos die mensdom self. Die jeug word maar altyd gekritiseer omdat hulle nog in die proses is om toepaslike sosiale en emosionele vaardighede te ontwikkel. Die Griekse filosoof Sokrates het tweeduisend jaar gelede al geskryf: “Ons jeug is gemaksugtig; hulle is so koppig soos muile en minag outoriteit; hulle het nie respek vir ouer mense nie; hulle klets wanneer hulle moet oefen; hulle staan nie meer op wanneer ouer mense ’n vertrek binnekom nie; hulle praat teë; slurp hul kos op en tiranniseer hul onderwysers.” Emsie Schoeman, die ghoeroe van etiket, sê goeie maniere kom neer op die respek wat een mens vir die gevoelens van ’n ander het. “Dis wenslik om mekaar nie aanstoot te gee nie, om ’n vriendelike atmosfeer te skep. ’n Goedgemanierde mens laat ander op hul gemak voel en het die selfvertroue om gemaklik in beide die staatspresidentswoning en in die eenvoudigste huis te wees. Kinders met goeie maniere is beskaafde mense met naasteliefde. Hulle is welkom in enige werk- of vriendekring.” Dis ’n fyn kuns om vir kinders te leer om met waardigheid, respek en selfvertroue ’n eie mening te ontwikkel. Dit het dikwels meer te make met hoe jy iets sê, as met wát jy sê. Dieselfde inhoud kan blatant ongeskik klink, of bloot as ’n ander mening of perspektief oorkom. Ook is dit moeilik vir vandag se kinders om te weet wát om vir wié te sê. Baie volwassenes wil nie meer ge-oom of ge-tannie word nie en jak ’n kind maklik af met “Wie is jou Tannie? Ek is mos nie familie van jou nie!” Aan die ander kant wíl baie ouer mense so aangespreek word en sien dit juis as goeie maniere. Die vraag bly staan: het kinders se maniere agteruitgegaan? Menige studie dui daarop dat dit nie die geval is nie. Tog is dit belangrik om te onthou dat kinders die volwassenes in hul leefwêreld napraat. As ouers tuis negatief, sonder respek en afbrekend van mense, die skool en onderwysers praat, doen kinders dieselfde. Emsie glo dat kinders wat uit huise kom waar daar liefde, stabiliteit en dissipline is, makliker aanpas en meer gemanierd reageer. Hulle tree spontaan met respek, humor, goeie smaak en maniere op. Verwerk uit: Rooi Rose 5 10 15 20 25

Question paper, page 7

7 9679/02/O/N/13 © UCLES 2013 4 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) Wat bedoel die skrywer as sy sê dat klagtes oor die jeug ‘so oud soos die mensdom self’ is? (reël 2–3) [1] (b) Verduidelik hoekom dit onredelik is om jongmense as onbeholpe of ongemanierd te kritiseer, volgens paragraaf 1. [2] (c) (i) Identifiseer die vergelyking in paragraaf 2. [1] (ii) Verklaar wat Sokrates hiermee bedoel. [1] (d) Lees weer die eerste sin van paragraaf 3 (reël 9–10). Omskryf in jou eie woorde hoe Emsie Schoeman goeie maniere definieer. [2] (e) Verduidelik wat die voor- en nadeel daarvan is om iemand as ‘tannie’ of ‘oom’ aan te spreek. (paragraaf 4) [2] (f) Lees weereens paragraaf 5. (i) Hoe kan ouers hulle kinders slegte maniere leer? [3] (ii) Hoe kan ouers hulle kinders goeie maniere leer? [3] [Totaal: 20] 5 (a) Vind vyf ooreenkomste tussen die twee artikels wat illustreer hoekom goeie maniere ’n voordelige karaktereienskap is. Identifiseer en bespreek elke ooreenkoms kortliks. Skryf ongeveer 100–120 woorde. [10] (b) Dink jy jongmense in Suid-Afrika het beter maniere as die jeug in ander lande? Motiveer jou antwoord in ongeveer 50 woorde. [5] [Taalgebruik: 5] [Totaal: 20]

Question paper, page 8

8 9679/02/O/N/13 © UCLES 2013 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

Mark scheme, page 1

CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS GCE Advanced Level MARK SCHEME for the October/November 2013 series 9679 AFRIKAANS 9679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for Teachers. Cambridge will not enter into discussions about these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2013 series for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level components and some Ordinary Level components.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme Syllabus Paper GCE A LEVEL – October/November 2013 9679 02 © Cambridge International Examinations 2013 1 NB: candidates do not need to provide a line number for their answer. (a) maatskappye [1] (b) vriende [1] (c) weelde [1] (d) geskenke [1] (e) groot [1] [Total: 5] 2 (a) Partytjies word ondanks die resessie nog [deur ons] gehou/steeds [deur ons] gehou. [1] (b) Minder mense kom dalk [daar]./Minder mense sal dalk [daar] kom. [1] (c) Organiseerders sit almal met een groot kopseer. [1] (d) Goeie maniere moet gekweek word. [1] (e) Dit kan 'n probleem wees/problematies wees om langs iemand anders te sit. [1] [Total: 5] 3 (a) Om saam te kom in 'n gelukkige of sosiale atmosfeer [1] (b) Dit is 'n kopseer, jy moet diplomaties wees, dit neem tyd, jy moet met baie mense kommunikeer [1 punt per aspek tot ’n maksimum van 2] [2] (c) (i) ‘'n sosiale sinking so epies soos die groot skip “Titanic” s’n veroorsaak’ [1] (ii) Om langs iemand anders te moet sit [1], word [spottenderwys] vergelyk met 'n [groot] skeepsramp [1] [2] (d) (i) Dit kom voor as of hulle omgee vir andere/dat hulle soos vriendelike mense lyk [1] (ii) Omdat iets 20 jaar gelede tussen hulle skeefgeloop het [1] (e) Jy stry nie daaroor nie [1] want dit is nie eintlik baie belangrike onderwerpe nie [1]. [2]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme Syllabus Paper GCE A LEVEL – October/November 2013 9679 02 © Cambridge International Examinations 2013 (f) Jy moet luister [vir die juffrou se instruksies]; jy moet nie teëpraat nie; jy moet geduldig wees [omdat jy vir so lank langs dieselfde persoon moet sit]; jy moet met ander mense oor die weg kom; jy moet deel; jy moet met ander mense saamwerk [soos aan jou skoolwerk]. [1 punt per les tot ’n maksimum van 5] [5] [Total Content: 15] Quality of Language: 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Total: 15 Content + 5 Language = 20]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme Syllabus Paper GCE A LEVEL – October/November 2013 9679 02 © Cambridge International Examinations 2013 4 (a) So lank die mens bestaan, word daar oor jong mense gekla. [1] (b) Hulle leer nog hoe om goed te kommunikeer [1] want hulle het nog nie genoeg sosiale of emosionele vaardighede nie [1]. [2] (c) (i) So koppig soos muile [1] (ii) Dat die jeug so eiesinnig soos hierdie nukkerige/halsstarrige diere kan wees [1] (d) Jy gee om [1] vir hoe ander mense voel [1]. [2] (e) Mense wat nie familie van jou is nie/nie daarvan hou nie sal dalk kwaad wees vir jou [1]; ouer mense hou daarvan/dink dit is steeds goeie maniere [1]. [2] (f) (i) Deur negatief [1], sonder respek [1] en afbrekend [1] oor ander mense te praat [3] (ii) Deur liefdevol op te tree [1] en stabiliteit [1] en dissipline [1] te verskaf [3] [Total Content: 15] Quality of Language: 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error.

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme Syllabus Paper GCE A LEVEL – October/November 2013 9679 02 © Cambridge International Examinations 2013 Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Total: 15 Content + 5 Language = 20]

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme Syllabus Paper GCE A LEVEL – October/November 2013 9679 02 © Cambridge International Examinations 2013 5 (a) Die kandidaat moet 'n gepaste antwoord gee wat beide tekste behels. Een punt word gegee per ooreenkoms tot ’n maksimum van vyf punte en een punt per bespreking van hoekom die voorbeeld aandui dat goeie maniere 'n voordelige karaktereienskap is tot ’n maksimum van vyf punte. [10] (b) Die kandidaat moet 'n gepaste antwoord gee met direkte betrekking op Suid-Afrika of Namibië. Doelmatige verwysings na die twee tekste word verwelkom. [5] Content Question 5(b) Mark like a mini-essay according to the variety and interest of the opinions and views expressed, the response to the original text stimulus and the ability to express a personal point of view. 5 Very good Varied and interesting ideas, showing an element of flair and imagination, a capacity to express a personal point of view. 4 Good Not the flair and imagination of the best candidates, but work still shows an ability to express a range of ideas, maintain interest and respond to the issues raised. 3 Sound A fair level of interest and ideas. May concentrate on a single issue, but there is still a response to ideas in the text. 2 Below average Limited range of ideas; rather humdrum. May disregard the element of response to the text, and write a largely unrelated free-composition. 0–1 Poor Few ideas to offer on the theme. Banal and pedestrian. No element of personal response to the text. Repeated error. [Total Content: 15]

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme Syllabus Paper GCE A LEVEL – October/November 2013 9679 02 © Cambridge International Examinations 2013 Quality of Language: 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Quality of Language marks will be awarded for the overall linguistic performance in Question 5. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Total: 15 Content + 5 Language = 20]

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2013 Oct/Nov, Paper 2 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A57/70
B51/70
E30/70