Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 — 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
0512/21/O/N/11
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 5 printed pages and 3 blank pages. DC (LEO) 51029 © UCLES 2011 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education * 1 6 2 4 0 3 6 9 5 2 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/02 Paper 2 Reading and Directed Writing October/November 2011 2 hours 30 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of flaterwater gebruik nie. Beantwoord alle vrae. Versorging van taalgebruik en formulering sal in jou guns tel. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. www.XtremePapers.com
Question paper, page 2
2 0512/02/O/N/11 © UCLES 2011 Afdeling 1 Lees Leesstuk 1 en beantwoord vrae 1 en 2. Leesstuk 1 Rustelose voete Dis lekker in die kinderhawe. Maar die straat bly roep... Vra jy vir Johnny waarom hy weer begin stroll het, antwoord hy eenvoudig: “Ek kon dit nie gehelp het nie.” Hy was verlede jaar oënskynlik goed gevestig in Patrick’s House en sê self hy’t gehou van die Learn to Live-klasse, maar in die Kersvakansie het hy weer weggeloop straat toe. Ons gesels op die sypaadjie naby The Homestead, ’n kinderhawe, waar hy dié nag weer wil slaap. Dis beter as die parkeerterrein agter die kafee waar hy gewoonlik saam met drie of vier ouer vriende oornag as hy op straat is. Soms word hulle deur die polisie verwyder, sê hy met ’n skouerophaling, soms word hulle net weggejaag. Hy sê hy’s dertien jaar oud (maar hy lyk nie ’n dag ouer as tien nie) en hy rook al vyf jaar (deesdae omtrent ’n pakkie van twintig per dag as hy genoeg geld het). Nee, hy hou nie van alkohol nie, maar hy gee nogal nie om vir thinners nie. Hy’t in Retreat skoolgegaan tot graad sewe, en sy ma woon nog daar. Nee, sy pa is in Eersterivier. Of so dink hy. Dit was nie sleg om die vakansie op straat te wees nie, meen hy, die mense gee nogal goed geld dié tyd van die jaar, hy’t selfs R5 by ’n vrou in Seepunt gekry. Maar hy’s bly dat die Learn to Live-klasse een van die dae weer begin. En dat hy vannag op ’n sagte matras met ’n dak oor sy kop kan slaap. Langs hom sit Ben, ’n lieflike kind met groot oë en lang wimpers, wat soos die meeste ander straatkinders nie graag oor homself gesels nie. Hy kyk meestal af na sy kaal voete, maar die wantroue lê vlak op sy gesig toe hy opkyk. Hy is veertien jaar oud en kom van Nyanga, waar hy tot graad vyf skoolgegaan het, en hy lewe al “baie lank” op straat. Hy was nog nooit in Patrick’s House of enige ander tehuis nie, maar hy eet en slaap soms by The Homestead, en hy woon soms die Learn to Live- klasse by. Hy rook nie so baie soos Johnny nie, sê hy en glimlag vir die eerste keer, maar hy kyk steeds na sy voete. Net so een of twee sigarette per dag. As jy enige vraag vra wat hy nie wil antwoord nie, bly hy eenvoudig stil. Dis dikwels ’n straatkind se enigste verweer, besef ek die volgende dag weer toe ’n kleintjie by ’n rooi verkeerslig langs my motor kom staan. Ek skat hom so agt jaar oud, taamlik skoon aangetrek, glad nie in vodde nie. “Wat’s jou naam?” vra ek met my vriendelike glimlag. Geen antwoord nie. “Weet jy dat jy kos kan kry by The Homestead?” Geen antwoord nie. “Was jy al daar? Dis in Nuwe Kerkstraat. Weet jy waar dit is?” Steeds geen antwoord nie. “Wil jy hê ek moet jou gaan wys?” Hy staar woordeloos na my en die motor agter my begin toet omdat die verkeerslig groen geword het. Ek ry weg met ’n gevoel van magteloosheid, en hou hom dop in my truspieëltjie terwyl hy behendig tussen die motors deur vleg om te wag dat die lig weer rooi word. Die volgende motoris sal dalk minder hê om te sê en meer om te gee... Bron: De Kat, Maart 1994
Question paper, page 3
3 0512/02/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over 1 Vir die beantwoording van vrae 1(a)–(c) moet jy slegs die letter A, B, C of D langs die toepaslike nommer neerskryf om aan te toon watter antwoord die beste pas. Beantwoord die res van die vrae in jou eie woorde. (a) Waar het Johnny meestal snags geslaap in die stadium toe die skrywer hom teëgekom het? In … A ... The Homestead. B ... Patrick’s Home. C ... Learn to Live. D ... nie een van bogenoemde nie. [1] (b) ’n Gepaste sinoniem vir magteloosheid in die laaste paragraaf is ... A ... moedeloosheid B ... onmag C ... woede D ... depressie [1] (c) Wat word bedoel met “Hy was verlede jaar oënskynlik goed gevestig in Patrick’s House...”? A ... Hy het gehou van die Learn to Live-klasse. B ... Hy het in die Kersvakansie weer weggeloop. C ... Hy wou dié nag weer daar gaan slaap. D ... Dit wou voorkom of hy goed gevestig was. [1] (d) Waarom is The Homestead beter om by te oornag as die parkeerterrein agter die kafee? [2] (e) Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Haal ’n sinsdeel uit die leesstuk aan om jou antwoord te staaf. “Dit was glad nie te sleg vir Johnny om vakansies op die straat te wees nie.” [2] (f) Wat is dikwels ’n straatkind se enigste verweer? [1] (g) Wat sou die seuntjie (tweede laaste paragraaf) graag van die volgende motoris wou hê, volgens die joernalis? [2] [Totaal: 10] 2 Jy, as hoofmeisie/seun van jou skool, doen welwillendheidswerk by ’n kinderhawe vir straatkinders. Jy wil baie graag leerlinge van jou skool betrek by hierdie projek. Skryf ’n toespraak wat jy gaan lewer om hulle aan te moedig om hierby betrokke te raak. Skryf hierdie toespraak in ongeveer 200 woorde. [20]
Question paper, page 4
4 0512/02/O/N/11 © UCLES 2011 Afdeling 2 Lees Leesstuk 2 en beantwoord vrae 3 en 4. Leesstuk 2 Straatkinders: hulp vir die hulpeloses Jy sien hulle elke dag in die stad: die verslonsde kindertjies wat op die sypaadjie lê en slaap, of bakhand kom bedel wanneer jou motor by die verkeerslig stilhou. Sowat dertig miljoen kinders lewe wêreldwyd op straat. Van dié miljoene kry ’n paar gelukkiges hulp – ook in Suid-Afrika. Straatkinders het landwyd ’n groeiende probleem geword. Dit raak elkeen van ons elke keer as ons ’n kind met honger oë en oop hande by ’n verkeerslig sien staan. Ons reaksies wissel, van skuld en irritasie tot meegevoel en wanhoop, afhangende van ons buie en ander omstandighede. Maar of ons nou vir hulle ’n muntstuk in die hand stop om ons gewete te troos, of hardvogtig weier om iets te gee omdat ons hulle nie wil aanmoedig om te bedel nie, of bloot wegkyk – ons kan hulle nie ignoreer nie. Die volgende dag – of by die volgende verkeerslig – wag hulle weer met hulle honger oë en hulle oop hande. Daar is maniere om hulle te help, sê die mense wat elke dag onder hulle werk, en verskeie projekte is al aangepak om aan Kaapstad se strollers ’n beter lewe te bied. “Ons is besig om geskikte sorg en opvoeding te verskaf aan ’n groep kinders wat in baie opsigte die konsep van ‘kind’ deurmekaarkrap,” sê Annette Cockburn, prinsipaal van The Homestead en Patrick’s House, waar honderde straatkinders al gehuisves is. “Hulle is onderwerp aan grade van verwaarlosing, ontbering en mishandeling waaroor ons maar net kan bespiegel. En tog drom hulle om jou saam, gretig om liefde en aandag te kry, soos alle ander kinders.” The Homestead, wat amper ’n dekade gelede deur ’n groep besorgde Kapenaars begin is as die eerste nagskuiling vir straatkinders in die land, verskaf deesdae raad en bystand aan baie ander nagskuilings wat intussen in Suid-Afrika opgerig is. Sowat twee jaar gelede het die projek amptelike erkenning gekry deur as kinderhuis geregistreer te word – hoewel dit wyd verskil van ’n gewone kinderhuis – en sedertdien kom dit in aanmerking vir ’n klein staatsubsidie. Die grootste gedeelte van die koste word steeds deur die goedhartigheid van gewone mense gedra. As jy die eenvoudige platdakgeboutjie in Nuwe Kerkstraat in die hart van Kaapstad kort voor middagete besoek, sal jou eerste indruk waarskynlik een van gemoedelike chaos wees. Daar is kinders net waar jy kyk. Miemie Snoek, een van die huismoeders, werk al vyf jaar hier. Archie Frieslaar, die jong maatskaplike werker, is eers verlede jaar aangestel. Maar hulle deel ’n aansteeklike geesdrif vir die werk wat hier gedoen word. Die seuns se ouderdomme wissel van sowat sewe tot vyftien, sestien jaar. Hier was al vierjariges. Die gemiddelde ouderdom is twaalf, dertien jaar. As die seuns ouer as sestien is, kan hulle weer ander probleme veroorsaak, daarom huisves die Salesiaanse Instituut gewoonlik hierdie seuns. The Homestead is dus ’n tydelike maar broodnodige brug tussen die straat en ’n meer stabiele omgewing soos ’n kinderhuis, Boys Town, ’n nywerheidskool of wat ook al die geskikste geag word. Die kinders bly ’n paar weke of ’n paar maande by die skuiling terwyl hulle bedags steeds kom en gaan soos hulle wil, totdat hulle gevestig genoeg raak vir die volgende stap.
Question paper, page 5
5 0512/02/O/N/11 © UCLES 2011 “The Homestead het ’n beleid van oop deure,” sê Archie. “Jy kan nie kinders wat reguit van die straat af kom, agter slot en grendel wil hou nie. Jy kan hulle nie met streng dissipline in ’n struktuur indwing nie. Al wat jy kan doen, is om dit vir hulle hier aantrekliker as op straat te probeer maak.” En al manier waarop jy dit kan regkry, is met ’n oordosis van liefde, geduld en begrip. Soos duidelik blyk uit Annette Cockburn se jaarverslag wanneer sy skryf: “Hulle is altyd ’n tree voor ons. Stelsels is daar om uitoorlê te word, entrepreneurs floreer hier in die huis soos op straat, en ingewikkelde slotte lok geesdrif uit. Uiteindelik moet ons maar lag en hul vindingrykheid bewonder.” Annette kan baie stories oor straatkinders vertel. Sommige is hartverskeurend, maar heelparty is humoristies, veral dié oor streke wat hulle uithaal om geld te verdien. Die woord streetwise is vir straatkinders gemaak. Die meeste van hulle het bitter min skoolopleiding, maar soos die bekende gesegde lui: as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. As jy op straat wil oorleef, word jy gedwing om baie slimmer – en ouer – as jou jare te wees. Bron: De Kat, Maart 1994 3 Gebruik die inligting in Leesstuk 1 en 2 om die volgende opdragte uit te voer. (a) Skryf ’n opsomming van ongeveer 120 woorde oor hoe die personeel van The Homestead die kinderhawe se rol in die gemeenskap sien. [8] (b) Vergelyk nou die personeel se siening met hoe die straatkinders The Homestead se rol in hulle eie lewens ervaar. Lig ten minste vier ooreenkomste en twee verskille uit en motiveer telkens die stelling met inligting uit die leesstukke. Die motiverings hoef nie aanhalings te wees nie. [12] 4 Jy is ’n joernalis by ’n plaaslike koerant wat op uitnodiging van die prinsipaal, ’n besoek aan The Homestead afgelê het. Skryf ’n koerantartikel waarin jy die publiek inlig oor die werksaamhede van The Homestead. Die artikel moet uit ongeveer 200 tot 250 woorde bestaan. [20]
Question paper, page 6
6 0512/02/O/N/11 © UCLES 2011 BLANK PAGE
Question paper, page 7
7 0512/02/O/N/11 © UCLES 2011 BLANK PAGE
Question paper, page 8
8 0512/02/O/N/11 © UCLES 2011 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE