Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 — 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1

0512/21/O/N/10

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2010 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 5 printed pages and 3 blank pages. DC (RCL/SW) 33954/1 © UCLES 2010 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education * 0 9 1 1 7 2 4 1 8 4 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/02 Paper 2 Reading and Directed Writing October/November 2010 2 hours 30 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of flaterwater gebruik nie. Beantwoord alle vrae. Versorging van taalgebruik en formulering sal in jou guns tel. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.

Question paper, page 2

2 0512/02/O/N/10 © UCLES 2010 Afdeling 1 Lees Leesstuk 1 en beantwoord vrae 1 en 2. Leesstuk 1 Gesoek: ’n Vrou wat netjies pas ... Hy sê dit nie self nie, maar sy hele omgewing verklap dit: Hy is ’n perfeksionis, met elke wingerdry genoem, genommer en op rekenaar gedokumenteer sodat elke werker op sy plaas se arbeid fyn gemonitor word. En in sy eksieperfeksie huis, omring deur die asemrowende Franschhoek-berge wat met die beweging van die son die mooiste skaduwees oor sy wingerdlande gooi, is hy eindelik reg vir sy droomvrou. Dis nie om dowe neute dat Pieter Hanekom op 44 nog nie vrou gevat het nie. Hierdie finalis in die nuwe seisoen van die kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou, is sy lewe lank al geduldig aan’t wag op sy ideale lewensmaat, want naasbeste is net nie vir hom ’n opsie nie. Maar die tyd is ryp. Met ’n glasie rooiwyn in sy hand verklaar hierdie Bolandse wynboer: “Ek is nou so reg soos ’n roer om te trou en met ’n gesin te begin.’’ Die vier slaapkamers in sy moderne huis is almal spierwit, van die gordyne tot die opgepofte beddegoed. Daar is ook twee sitkamers en ’n goed toegeruste kombuis – ’n eksieperfeksie huis wat net wag op ’n vrou om ’n bietjie deurmekaar te kom krap en haar stempel af te druk. Altesaam 91 aspirant-boervroue het aan hom geskryf en nadat die spannetjie tot 10 uitgedun is, moet hy nou vyf van hulle kies om beter te leer ken. Maar sal enige van hulle ooit aan sy streng vereistes kan voldoen? Hy wil nie ’n vrou hê wat nog bloedjonk en onervare is nie en sal verkies dat sy tussen 28 en 38 jaar oud is. En ja, hy glo dis beter as die vrou nie reeds kinders uit ’n vorige verhouding het nie. ’n Vars begin sonder al daardie bagasie skakel baie potensiële spanning uit. Maar hy hou steeds voet by stuk: “Ek soek ’n mooi vrou – aantreklik, sexy, atleties, pret, eerlik, liefdevol en saggeaard. Sy moet goed versorg wees, daarvan hou om saam met my langs die see te stap, fiets te ry, kos te maak, te reis en die lewe te geniet. Sy moet ’n loopbaan hê, maar ook trots op ons wyn wees om dit aan vriende en kollegas te bemark. Sy moet op alle vlakke kan kommunikeer, standpunt kan inneem en in staat wees om besluite te kan neem.” “My pa het my dissipline, respek en selftrots geleer, om hard te werk en hard te speel”, vertel Pieter. Dit is dus geen verrassing om te hoor hy was op skool ’n uitblinker in rugby en ’n prefek nie. Pieter se assistent het besluit die alleenlopery moet nou end kry en sy het hom toe vir Boer Soek ’n Vrou ingeskryf. Sy kon dit net nie meer hou om te sien hoe eensaam hy soms word nie. Dis waar ja, erken hy. Hy voel die alleenheid wanneer hy saans alleen aan sy glasie wyn teug terwyl die skaduwees oor die pragtige Bolandse berge om hom lank raak. Hy’s reg vir daardie vrou. Dalk ontmoet hy haar eindelik. Bron: Huisgenoot, Augustus 2009

Question paper, page 3

3 0512/02/O/N/10 © UCLES 2010 [Turn over 1 Vir die beantwoording van vrae 1(a)–(c) moet jy slegs die letter A, B, C of D langs die toepaslike nommer neerskryf om aan te toon watter antwoord die beste pas. Beantwoord die res van die vrae in jou eie woorde. (a) ’n Perfeksionis is ... A ... iemand wat almal se vriend is. B ... iemand wat baie positief is oor alles. C ... iemand wat volmaaktheid nastrewe. D ... iemand wat nooit iets goeds oor enigiemand te sê het nie. [1] (b) ‘Dis nie om dowe neute nie’ beteken ... A ... iets gebeur met ’n besondere doel. B ... iets gebeur omdat niemand meer luister nie. C ... iets gebeur baie vinnig. D ... iets gebeur met almal wat neute eet. [1] (c) As iets nie ’n opsie is nie, dan ... A ... is daar geen probleem nie. B ... is daar nie so baie geleenthede nie. C ... is daar nie so baie om te verwag nie. D ... is dit nie ’n keuse nie. [1] (d) Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Haal ’n sinsdeel uit die leesstuk aan om jou antwoord te staaf. ‘Daar is nie nou plek vir ’n vrou in Pieter Hanekom se huis nie.’ [2] (e) Hoekom soek Pieter nie ’n vrou wat alreeds kinders het nie? [1] (f) Verduidelik hoe Pieter se karakter in sy huis weerspieël word. [2] (g) Waaruit blyk dit duidelik dat Pieter se assistent ’n belangrike rol in sy lewe speel? [2] [Totaal: 10] 2 Jy is ’n joernalis van ’n plaaslike koerant wat ’n onderhoud met Pieter voer oor sy verwagtinge van die program ‘Boer soek ’n vrou’. Skryf hierdie onderhoud neer in ongeveer 200 woorde. [20]

Question paper, page 4

4 0512/02/O/N/10 © UCLES 2010 Afdeling 2 Lees Leesstuk 2 en beantwoord vrae 3 en 4. Leesstuk 2 ’n Sleepwa vol liefde Die aantreklike skaapboer van Loxton trap ongeduldig rond voor die groot sleepwa wat aan die voet van die rantjies staan. Gewoonlik wanneer hy so voor ’n sleepwa staan, is dit in kakieklere en vellies om die vetgemaakte skapies uit sy geliefde ‘‘Keroo’’ na die vendusiekrale te stuur. Maar nie vandag nie. Vandag staan Tickey van Wyk gepak en gedas op ’n plaas in die Laeveld. Want dis net hier, op die sleepwa wat as kansel dien, waar hy gaan vrou vat. Die 35-jarige Karooboer het vroue landwyd se harte sag gemaak met sy boeresjarme in die TV-program Boer Soek ’n Vrou, maar vir hom was daar van die begin af net een: Selme-Louise du Plessis (28), die skooljuffrou van Nelspruit. En vandag maak hy en sy ‘‘Selmetjie’’ dit amptelik. Hier op haar ouers se plaas buite Nelspruit waar daar met malvas, suurlemoene en neute geboer word, gaan Tickey aan sy Selme-Louise trou beloof. Op die hooibale wat as kerkbanke dien, sit van die ander Boer-finaliste – Hennie van Deventer, Joachim Prinsloo en Jurie van Zyl – onder die 230 gaste wat vandag in die vreugde kom deel. Dis bykans ’n jaar gelede dat die eerste opnames vir die reeks gemaak is, en selfs Elma Postma, die aanbieder, het vanoggend van Johannesburg af deurgery vir die groot okkasie. Voor die kansel kan Tickey maar net nie ophou glimlag nie, en dis eers as die bruidegom ’n paar sweetdruppels van sy bolip vee dat jy sien, vir dié boerehart raak die gewag nou ’n bietjie lank. Maar dis ’n dag van verrassings vir die bruidegom, en toe Selme-Louise uiteindelik agter op ’n oeswa agter hom verskyn en nie in die bospaadjie waarop sy oë rus nie, swaai Tickey verras om, en staan dan versteen en kyk en kyk weer . . . Dis eers toe haar stem oor ’n luidspreker ’n liefdeslied van Louis Britz lees dat hy sy oë van haar losskeur en terugdraai na die gaste. Dan moet hy weer na sy sakdoek vat toe hy die woorde hoor: “Die liefde lê in sagte soene wat met die jare groei. En die Karoo se aandblom jaarin en jaaruit bloei.” Toe hy weer omdraai, is sy skielik weg, en die aantreklike boer lyk verward. Maar toe sy oplaas in die bospaadjie aan pa Leon se arm op Tickey afgestap kom, kan hy weer nie die trane keer nie. Eindelik het die oomblik van waarheid aangebreek. Hul liefdesverhaal het die land aangegryp, sê ds. Tommie Marais. “Mense glo nie meer in moderne sprokies nie, maar julle twee is ’n bewys dat dit in vandag se dae steeds moontlik is.” Die oomblik waarop hy gewag het, breek uiteindelik aan en Tickey soen die nuwe mev. Van Wyk vurig onder luide aanmoediging van die gaste. “My oom sê ons Van Wyk-manne is maar taai manne, maar ek staan nou al in die familie as Huiler van Wyk bekend,” spot die bruidegom later met homself. “Maar wraggies, ek weet nie hoe enigiemand nie vandag kon huil nie.” Op Daarbo, die plaas waar Selme-Louise grootgeword het, word al lank voorberei vir dié dag. In Desember, toe Selme-Louise sê ma Mavia moet nou ernstig begin maroelajellie inlê, het sy reeds begin kook aan dié Laeveldse lekkerny wat nou as geskenkies op die tafels staan. “Alles op die tafel is met die hand deur ’n Du Plessis gemaak,” vertel die stralende bruid trots terwyl die gaste opstaan teen ’n koppie vir iets te ete terwyl die son begin sak. Tickey plant elke nou en dan ’n klapsoen in sy bruid se nek of vol op die mond terwyl die twee vir foto’s poseer. “Ek het verlede jaar dié tyd nooit gedink ek sou nou trou nie,” vertel Selme-Louise in haar

Question paper, page 5

5 0512/02/O/N/10 © UCLES 2010 asemrowende skepping van Thai-sy wat met Swarovski-kristalle oortrek is. “Dit is net ’n wonderwerk dat ek en Tickey mekaar gekry het.” Sy is steeds verstom oor die wonder van die liefde, en dit was dan ook haar trou-tema, in die vorm van harte. “Ek het soveel briewe gekry van tannies wat skryf hoe wonderlik kosbaar die liefde is. Dit voel asof almal net so opgewonde soos ek is oor ons mooi storie.” Toe die nuwe egpaar uiteindelik op die plaaswerf aankom, en met arms omhoog en wit sonbrille op die maat van die liedjie I’m walking on Sunshine in die skuur instap, is hulle oorgehaal vir ’n groot fees saam met hul gaste. “Ek het nog altyd geweet ek wil in die skuur bruilof hou en oor die trekker se oliekolle dans,” lag die bruid, wat die bruilof eiehandig in vier maande gereël het. Tickey kon maar net opdaag om Selme-Louise sy vrou te maak. “Dit is wonderlik. Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar alles is net fantasties,” sê hy. Sy het selfs haar aanstaande se pak en hemp uitgekies – amper met rampspoedige gevolge. Die bruid het doodseker gemaak sy sal haar troudag vir die res van haar lewe onthou. Die hele Du Plessis-familie het ingespring om te help met die organisering van die troue onder beheer van Selme-Louise. “Ek wil vanaand eintlik heelaand net oor my bruid praat,” sê Tickey toe dit tyd word vir sy toespraak. “Jy lyk asemrowend.” Voor die twee hulle op Tickey se skaapplaas tuismaak, gaan hulle eers in ’n vyfsterhotel in Turkye ontspan, op ’n bootrit gaan en ’n jagtog in die Turkse berge onderneem. En terug op die plaas sal Selme-Louise haar dae omkry met ma Mavia se roomafskeier wat reeds ingepak is, en wie weet, dalk die kinders by dosyne waarmee sy so lekker gespot het hier op haar troue. Bron: Huisgenoot, 9 Julie 2009 3 Verwys na Leesstuk 1 en 2 en maak ’n opsomming waarin jy uitlig hoe die vrou na wie Pieter soek, vergelyk met die vrou met wie Tickey getrou het. Gebruik ongeveer 250 woorde. [20] 4 Jy het Tickey se troue bygewoon as ’n joernalis van ’n plaaslike koerant. Skryf nou ’n koerantartikel oor hierdie troue wat as “die troue van die jaar” beskou word. Gebruik ongeveer 250 woorde. [20]

Question paper, page 6

6 0512/02/O/N/10 © UCLES 2010 BLANK PAGE

Question paper, page 7

7 0512/02/O/N/10 © UCLES 2010 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 0512/02/O/N/10 © UCLES 2010 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE