Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 — 2008 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
0512/21/O/N/08
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 6 printed pages and 2 blank pages. SP (SJF4959) T69675/3 © UCLES 2008 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of flaterwater gebruik nie. Beantwoord alle vrae. Versorging van taalgebruik en formulering sal in jou guns tel. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 2 3 2 2 5 8 4 1 9 7 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/02 Paper 2 Reading and Directed Writing October/November 2008 2 hours 15 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper www.XtremePapers.com
Question paper, page 2
2 0512/02/O/N/08 © UCLES 2008 Afdeling 1 Lees Leesstuk 1 aandagtig deur en beantwoord vrae 1 en 2. Leesstuk 1 VAN ASHOOP NA HOOP Baie mense sit op ’n ashoop van moedeloosheid weens al die geweld en misdaad in die land. Emigrasie is vir hulle die enigste manier om daaraan te ontsnap. Maar daar moet ander oplossings wees. Waarde-onderrig op skool is dalk die antwoord, sê kenners. “Ons land is in ’n morele vryval,” sê ’n vriend van my die ander dag. “Ons is ’n vuisvoos nasie. Ons velle word met elke nuusflits dunner en dunner geskuur. Korrupsie, rassistiese voorvalle by skole en in die polisie, onverdraagsaamheid, moord, verkragting, kapings, bloedskande, gesinsmoorde, huishoudelike geweld, verbale geweld … Om nie eens te praat van ons kinders nie! Selfs hulle gee hulself oor aan dwelms en drank om aan die sielverwoestende werklikhede rondom hulle te ontvlug. Watter hoop is daar?” Net mense wat met oogklappe deur die lewe gaan, kan my vriend afskryf as ’n swartgallige pessimis. Maar harde werklikhede is harde werklikhede. Briewekolomme in tydskrifte en koerante is vol van briewe van gewone mense wat genoeg gehad het. Talle vlug oorsee. In De Kat se brieweblad verwys Johann Hamman van die Paarl na ’n artikel van Netanja van der Westhuizen waarin aangetoon word dat hoërskoolleerlinge die bedreiging van geweld as normaal begin aanvaar. “As dit regtig die geval is, dan het ons opvoedingsinstansies iewers die pad byster geraak,” skryf Hamman. In haar artikel haal Van der Westhuizen Shan Naidoo, strategiese hoof van die Johannesburgse Suidelike Metropolitaanse Raad aan: “Daar is ’n dringende behoefte aan ’n psigologiese rekonstruksie van ons samelewing. Ons sosiale waardes móét verander voordat die probleem sal verdwyn. ’n Mens kan die net wyer span: as geweld as ’n normale verskynsel aanvaar word, dui dit op ’n verdere ontstellende verskynsel: desensitering – mense verloor hulle gevoel. Hulle raak emosioneel afgestomp. Hulle verloor hulle menslikheid en menswaardigheid.” Wat kan gedoen word om dié golf te stuit? “Begin waar dit saak maak: by die kinders,” sê dr. Cornelia Roux, senior lektor in die departement didaktiek aan die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sedert 1988 het sy referate op talle internasionale en nasionale kongresse gelewer en heelwat artikels en boeke oor die onderwerp van godsdiensonderrig op skool gepubliseer en sy is ook betrokke by navorsing aan Europese universiteite oor die onderwerp. Maar hoe? “Waarde-onderrig op skool kan ’n belangrike rol speel om baie van Suid-Afrika se probleme op te los. Geweld hou byvoorbeeld beslis verband met die verlies van waardes, daarom is dit belangrik dat ’n begrip van waardes op skool reeds gevestig word. En dit kan nie gedoen word as daar nie ’n begrip vir die diversiteit van die samelewing is nie.” Volgens Roux weet die meeste ouers dat kinders bewus moet wees van die probleme in die land en nie met oogklappe grootgemaak moet word nie, maar met die koms van die internet het die lewe heeltemal verander: “Kinders deesdae is deel van ’n groter wêreld as in die dae toe ouers self kinders was en die sosiale werklikhede heelwat anders en eenvoudiger as nou. Ouers moet die intelligensie en wêreldwysheid van vandag se kinders nie onderskat nie.” Mariëtte de Klerk, ’n ma van twee van Oranjezicht, stem saam met Roux, maar voel dat kulturele vervlakking ook ’n afstompende rol speel. “Hoe bring baie kinders hul vrye tyd deur? Met rekenaarspeletjies en flieks waarin daar so baie geweld is, dat dit vir hulle iets alledaags word. Het kinders nog hoegenaamd waardering vir dinge soos kuns en literatuur? Baie van die musiek waarna hulle luister, is so vol angs, woede, leegheid en haat dat ’n mens maar net kan wonder wat dit aan hulle koppe doen. Dit is asof hulle in ’n gekkeparadys van oppervlakkige verstrooiingsvermaak verdwaal.” In lande soos Amerika is ook al deeglik besin oor die nodigheid van waarde-onderrig en hoe dit toegepas moet word. “Baie mense voel dat die bykans algehele gebrek aan etiese onderrig in ons moderne skole in ’n mate verantwoordelik is vir baie van die probleme in die samelewing, soos dwelmmisbruik, toenemende misdaad, ensovoorts,” skryf die akademikus Steven Schafersman in ’n artikel. “Hoekom is dit belangrik dat daar waarde-onderrig op skool moet wees? Waarom is die
Question paper, page 3
3 0512/02/O/N/08 © UCLES 2008 [Turn over ouerhuis nie voldoende vir hierdie taak nie? Ons weet kinders is baie vatbaar vir indrukke. Hulle leer lewenshoudings en waardes aan van volwassenes sowel as hulle portuurgroepe, maar veral van volwassenes. Dit is danksy die mens se geneigdheid om gesagsfigure te respekteer en te gehoorsaam – iets wat vroeg al by ’n kind ingeburger word,” skryf hy. “Kinders identifiseer met hulle onderwysers en volg hulle na. As gesagsfigure bring onderwysers ’n groot deel van die dag saam met kinders deur – en in baie gevalle nog meer tyd as ouers. As ’n kind nie die waardes en morele beginsels in sy ouerhuis of by die kerk leer nie, is die onderwyser die enigste gesagsfiguur met wie die kind kontak het wat waardes by hom kan kweek. En selfs al word ’n kind sulke waardes in sy ouerhuis of die kerk geleer, is dit belangrik dat ’n onderwyser ’n herbevestigende rol in die proses speel.” Dit is nog nie ’n uitgemaakte saak presies hoe waarde-onderrig op skool in die multikulturele Suid- Afrikaanse konteks toegepas kan word nie. Daar bestaan ook meningsverskil oor of dit gekombineer moet word met godsdiensonderrig al dan nie. Baie navorsing word nog oor die kwessie gedoen. “Woorde moet dade word,” sê my nou-meer-optimistiese vriend. “As die toekoms gesien word as ’n uitdaging en die hede nie as ’n hindernis nie, kan ons ons sokkies optrek en van die morele ashoop begin afklim.” 1 Vir die beantwoording van vrae 1(a) – (c) moet jy slegs die letter A, B, C of D langs die toepaslike nommer neerskryf om aan te toon watter antwoord die beste pas. Beantwoord die res van die vrae in jou eie woorde. (a) “Ons is ’n vuisvoos nasie” beteken hier: A Mense in ons land hou daarvan om te veg. B Mense in ons land hou nie van geweld nie. C Ons land is ’n sterk land. D Ons land ly baie onder geweld. [1] (b) Die idiomatiese uitdrukking ‘om met oogklappe deur die lewe te gaan’, beteken jy A is baie gedissiplineerd. B loop met toe oë. C maak asof jy niks sien nie. D sien net wat jy wil sien. [1] (c) Volgens Steven Schafersman A identifiseer kinders veral met die mense uit hulle portuurgroepe. B is dit belangrik dat onderwysers ’n goeie voorbeeld stel aan kinders. C is ouers oor die algemeen slegte rolmodelle. D moet ouers altyd daarna streef om goeie rolmodelle te wees. [1] (d) Die skrywer dink party mense sal sy vriend “afskryf as ’n swartgallige pessimis”. Verduidelik wat die skrywer hiermee bedoel. [2] (e) Wat veroorsaak dat hoërskoolleerlinge die bedreiging van geweld as normaal begin aanvaar het volgens Johann Hamman? [1] (f) Wat is dr. Cornelia Roux se mening oor waarde-onderrig op skool? [2]
Question paper, page 4
4 0512/02/O/N/08 © UCLES 2008 (g) Waarteen waarsku dr. Roux volwassenes in dié artikel? [1] (h) Verduidelik kortliks wat Mariëtte de Klerk verstaan onder “kulturele vervlakking”. [1] 2 As senior leerling van jou skool moet jy die onderwysers en leerlinge toespreek oor die belang van waarde-onderrig op skool. Verwys in jou toespraak na aspekte van waarde-onderrig soos dit in Leesstuk 1 genoem word en gee daarna jou mening. Gebruik ongeveer 200 woorde. [20]
Question paper, page 5
5 0512/02/O/N/08 © UCLES 2008 [Turn over Afdeling 2 Lees Leesstuk 2 aandagtig deur en beantwoord vrae 3 en 4. Leesstuk 2 OUERS & HUL OOGAPPELS As die nuuskameras op die eerste skooldag so op die duisende jong kinders van ons land fokus, maak dit my enersyds baie benoud en andersyds geweldig opgewonde. Kinders is ’n geskenk aan enige volk. En die volk wat sy kinders reg grootmaak, is van ’n toekoms verseker. “Die jeug is die toekoms van ’n volk,” is tog een van die nasionale slagkrete wat alle oorloë en revolusies oorleef het. As mense maklik sê dat vandag se kinders dit baie moeiliker het as ’n geslag of twee gelede, klink dit vir my net gedeeltelik waar. Natuurlik is die akademiese eise hoër, die etiese kwessies brandender en komplekser, die lewe dalk duurder, die kennis bedwelmend, talryk, ensovoorts. Maar die netwerke van ondersteuning, die geleenthede van vervoer, kommunikasie, basiese benodigdhede soos boeke, lig en ’n tafel is ook net soveel meer beskikbaar en toeganklik. Miskien is dit die veiligste om nooit eras te vergelyk nie, want die uitdaging en verantwoordelikhede eie aan ’n tydperk word deur die konteks bepaal. En tog, as mense nousedae sou sê kindgrootmaak is allesbehalwe kinderspeletjies en dat ouers al hoe onsekerder voel oor hul taak, dan kry hulle my volle applous. Bevooroordeeld natuurlik, want weer ’n keer praat ek uit my onmiddellike konteks. Vroeër het die grootmaak van kinders baie meer onbewustelik plaasgevind: kinders het sommerso natuurlik langs hul ouers grootgeword. Seun maak soos pa. Sosialisering was amper ’n vanselfsprekende saak. Nou is opvoeding ’n hoogs gespesialiseerde veld wat aanspraak maak op kundigheid, insig en ’n hele klomp vaardighede waarvoor weinig ouers opgelei is. Geen wonder so baie mense besluit om liewers nie kinders te hê nie – want hulle voel so onwaardig en onbekwaam. Ons almal voel dat ons min tyd vir ons kinders het. Ons werkure is lank, ons werk te veeleisend dat ons, vars en entoesiasties, ons kinders op hul paaie kan begelei. Met albei ouers by die werk en kinders self betrokke in uitmergelende naskoolse aktiwiteite, is die tyd wat ons almal bymekaar is om mekaar te vorm, te bou, te boetseer, net te min. Gemeenskaplikheid maak daarom al hoe meer plek vir ongesonde individualisme en die hegte gesinsband word verruil vir meer geredelik beskikbare genote wat die ouers dalk nie ken of eens van weet nie. Ons beroepe steel tyd … ons gesinstyd. Maar hoe anders hou ons siel en liggaam aanmekaar, met nog ’n broodjie op die tafel? Buitendien word ons kinders aan baie meer invloede blootgestel as net dit wat van hul ouers af kom. Ouers is deesdae net een van ’n groot klomp vormende invloede in ons kinders se lewens. Skole, televisie, flieks, boeke, advertensies, maats en die hele internet dra hul eie waardesisteme aan ons kinders oor. ’n Vriend wat twintig jaar laas in Suid-Afrika was, kon sy oë nie glo toe hy onlangs hier was en sien en hoor hoe Amerikaans ons kinders geword het nie. Dit wys maar net daar is tans baie meer waardebepalings as net die intieme gesinsfeer. Ouers kry dus al hoe meer kompetisie in die vaslê van waardesisteme in die opvoedingstaak. Die popularisering van sielkunde en opvoedkunde veroorsaak dat ouers baie onseker voel oor hul vermoëns. Om dinge natuurlik te doen, kan dalk meer skade aanrig. Die probleem is net dat ouers nie meer weet by wie om kers op te steek nie. Soveel hoofde, soveel sinne. Elke opvoedkundige het sy eie teorie en daar is geen konsensus oor ’n goeie opvoedingsmodel nie. Buitendien word die ouers met die verantwoordelikheid belas om die kinders groot te maak, maar die gesag lê nie altyd by hulle nie. Al hierdie dinge maak onderwys net soveel komplekser en die eis van die staat, die kerk en die gemeenskap, dat die ouers hulle moet ondersteun, net al hoe noodsaakliker, ook in die lig van die toenemende aantal enkelouergesinne en weeskinders. Moeder Teresa het een keer gesê: “As die wêreld nie na sy kinders wil kyk nie, gee hulle vir my. Ek sal dit doen … want hulle is God se oogappels.” Kom ons, as gemeenskap, ondersteun mekaar vanjaar beter as dit by ons kinders kom. Kom ons deel verantwoordelikhede doelbewus in die buurt, in die dorp of in die skool. En dan deel ons ook heelwat later in die ongekende vreugde van ’n positiewe leierskap en ’n land met ’n toekoms, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
Question paper, page 6
6 0512/02/O/N/08 3 Verwys na leesstuk 1 en 2 en maak ’n opsomming waarin jy die probleme waarmee kinders vandag gekonfronteer word kortliks uitlig. Jou antwoord moet uit ongeveer 100 – 150 woorde bestaan. [10] 4 Jy het leesstuk 2 in jou plaaslike koerant gelees. Skryf ’n brief aan die redaksie waarin jy op die artikel reageer. Moenie vergeet om jou mening oor hierdie artikel met argumente te ondersteun nie. Gebruik ongeveer 200 – 250 woorde. [20]
Question paper, page 8
8 0512/02/O/N/08 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.