Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 — 2007 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1
0512/21/O/N/07
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 5 printed pages and 3 blank pages. SP (RCL) T45921/2 © UCLES 2007 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of flaterwater gebruik nie. Beantwoord alle vrae. Versorging van taalgebruik en formulering sal in jou guns tel. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee. * 7 5 4 9 7 6 5 1 8 8 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/02 Paper 2 Reading and Directed Writing October/November 2007 2 hours 15 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper www.XtremePapers.com
Question paper, page 2
2 0512/02/O/N/07 © UCLES 2007 Afdeling 1 Lees Leesstuk 1 aandagtig deur. Leesstuk 1: G’N GEWONE MOEDER TERESA Van die Springbok Nude Girls, ’n koerant se misdaadredaksie en die rolprentbedryf het Bianca du Plessis haar energie verskuif na welsyn. Maar op só ’n enorme skaal dat haar voedingsprojek haar pas een van die pryse in Shoprite-Checkers se Vrou van die Jaar-wedstryd besorg het. Deur Emile Joubert. Sy was – glo dit of nie – bestuurder van die Springbok Nude Girls. Ja, daai Nudies met Arno Carstens agter die mikrofoon, die wilde manne van Suid-Afrikaanse rock. En sy was misdaadverslaggewer en tydskrifmodel en betrokke by die Kaapse rolprentbedryf. Maar toe, op ’n dag, verander sy haar lewe. “Nee, ek het nie gesigte gesien of een of ander spirituele ervaring gehad nie,” sê die 32-jarige Bianca. Dis vroegoggend op die Soutrivierse vrugte- en groentemark en sy kry haar staan teen ’n stapel plaasgrootte groen kopkole in nog groener politeensakkies. Die fotograaf grawe tussen die eiervrugte na ’n rolletjie film wat geval het. “Wat met my gebeur het, was eintlik heel eenvoudig,” vertel sy. In die rolprentbedryf, waar sy hoofsaaklik buitelandse produksiespanne se lewe op Suid-Afrikaanse bodem moes reël, is sy daagliks blootgestel aan volgelaaide buffettafels, wat dikwels nog teen die einde van die dag halfvol was. “En kyk, ek was ’n dokterskind uit die Oos-Kaap. Ek het van kleintyd af al armoede gesien, en die vraag ‘wat word van die oorskietkos’ gereeld in die huis gehoor. En dit het my aan die dink gesit . . . “Boonop glo ek Suid- Afrikaners is veel meer besorg oor die lot van behoeftiges as wat ons dink. Maar omdat die omvang van die ellende, die honger en armoede so groot is, glo baie mense dis sinloos om iets te probeer doen omdat die probleem net te massief is vir een mens om ’n verskil te probeer maak. Die algemeenste aanname is: ‘Watse verskil kan ék nou maak, so, waarom eens probeer?” ’ In hierdie stadium kruis Bianca se pad toe toevallig met Neue Sentimental Film, ’n Duitse rolprentfirma met wie sy gereeld gewerk het. Neue Sentimental Film was op soek na ’n manier om meer betrokke te raak by die Suid-Afrikaanse samelewing deur middel van ’n verdienstelike maatskaplike projek. Bianca en die Duitsers het koppe bymekaargesit en die gedagte is gebore: “Begin ’n organisasie in Kaapstad wat goeie, eetbare oorskietkos by rolprentstelle, supermarkte, restaurante, hotels en soortgelyke instansies afhaal. Identifiseer behoeftige instansies in die townships en op die Kaapse Vlakte, en begin ’n verspreidingsnetwerk wat die kos aan dié plekke versprei. Neue Sentimental Film sal finansier. Ek bestuur die projek.” En só, in Februarie 2000, is Feedback gebore, wat in Augustus van Bianca ’n finalis gemaak het in Shoprite-Checkers en SABC3 se Vrou van die Jaar-toekenning, en haar die prys besorg het in die gemeenskap-kategorie. “Dit was nie ’n unieke idee nie,” sê Bianca. “Baie plekke sit met gekookte oorskietkos, groente waarvan die raklewe einde se kant toe staan en dagoue brood wat hulle alte graag by behoeftige mense wil kry, maar net nie die logistieke ondersteuning het om dit tot uitvoer te bring nie. En dis dié skakel wat Feedback bied. Ons laai op, ry die kos na crèches, klinieke en nagskuilings, en ry terug om weer op te laai.” Sy moet blitsig versit vir ’n vrag boerpampoene wat afgelewer word. Waatlemoene word eenkant op ’n hoop gerol, skorsies kry plek in kratte en vermeerder flink tot ’n indrukwekkende stapel. Die plek raak bedrywig, die groente se geur hang soet namate afvalblare op die sementvloere vertrap word. “Die ondersteuning vir Feedback het my uitgeboul. In die eerste jaar is altesame 61 ton kos aan vyfentwintig behoeftige instansies uitgedeel. Nou, skaars drie jaar later, trek Feedback 50 ton per maand en trek die lys van organisasies aan wie kos geskenk word, by die 65.” Feedback het begin met Bianca wat met haar eie motor aflewerings doen. Vandag bestuur sy die projek wat nou vier heeltydse bestuurders en vier voertuie – waaronder twee 1½ ton-vragmotors – tot sy beskikking het. “Neue Sentimental Film is steeds ’n belangrike finansierder, tesame met ’n Suid-Afrikaanse egpaar wat in die buiteland woon en tydens ’n besoek aan Kaapstad oor Feedback gelees en ook as borge toegetree het. Verder kry ons gratis brandstof van ’n petrolgroep vir die afleweringsvoertuie en kan ons staatmaak op ’n nimmereindigende aantal kosskenkers, van Checkers en Fruit ’n Veg City tot die Mount Nelson-hotel en Kloofstraatse deli’s.”
Question paper, page 3
3 0512/02/O/N/07 © UCLES 2007 [Turn over Maar sy erken dis die soort werk wat ’n opdraande stryd bly. “Jy gaan lewer kos in ’n township- crèche af en daar sit ’n kind met ’n uitoog wat duidelik mediese hulp nodig het. TB-hoese is oral, gesinne het nie huise nie of verloor alles oornag. Daar is so baie wat jy wil doen en wat gedoen moet word. Maar as ons wil aanhou met ons hooftaak – om soveel kos moontlik by behoeftige mense te kry – dan moet jy jou eenvoudig afsluit van die ander probleme en konsentreer op wat jy doen.” Bianca skram weg van die onvermydelike Moeder Teresa-clichés. Eerstens, Moeder Teresa se volgelinge word nie aldag met Jack Daniels, jeans, rockmusiek en byderwetse rolprente vereenselwig nie. Tweedens, sê Bianca, het haar werk in die townships vir die eerste keer haar oë oopgemaak vir die barmhartigheid wat in die hart van doodgewone mense skuil. “Jy sien laer- of middelklasmense wat seker self af en toe sukkel om die pot aan die kook te hou, ná werk en oor die naweke van die voorstede na die townships ry om kos en klere af te lewer; om aan werkskeppingsprojekte te werk. Dan is daar die fantastiese vroue van die townships self wat hul karige pensioene inspan om ander se kinders warm en hulle magies vol te probeer hou of om maatskaplike projekte te dryf. Húlle is die werklike helde. Ek, inteendeel, gaan saans terug na ’n gerieflike woonstel, kuier saam met my pêlle en het ’n universiteitsopvoeding om op terug te val as dit sou nodig wees. Daardie mense lewe in en saam met die armoede en wanhoop, dag en nag. En tog, tussen alles deur ervaar jy soms ’n lewenslus in daardie gemeenskappe wat my steeds verstom.” Maar kom ons wees sinies: Skep ’n organisasie soos Feedback nie ’n kultuur van afhanklikheid nie? “Ja, die gee-’n-man-’n-vis-argument,” sê sy. “Ek dink nie ek is in die posisie om te besluit of mense liewer voorlopig honger moet bly nie ter wille van een of ander maatskaplik-ekonomiese vyf- of tienjaarvisie. Die situasie is, soos ek dit sien, net te kritiek vir sulke hovaardige gedagtes. Ons het pas ons werk uitgebrei na Johannesburg, en die plan is om die konsep in al die land se groot stede te vestig, want dit kán gedoen word. Kaapstad het dit bewys.” En ’n lewe buite haar werk? “Ek wil graag kreatief skryf en is mal oor rolprente. Ek het die laaste ruk veral gespeel met die gedagte om ’n draaiboek te skryf en ’n vollengte rolprent te maak – verkieslik iets positiefs uit Suid-Afrika – wat nogal ’n oorspronklike idee sal wees, of hoe?” spot sy met haarself. “As misdaadverslaggewer by Beeld het ek tot die besef gekom dat ons media behep is met negatiwiteit. En dit irriteer my. Ek glo daar is ook positiewe stories. Ons moet hulle net uitkrap en wys.” Ek kyk na die stillewe in groente voor my en kan nie help nie om te dink: Kanse is goed dat dié vrou nie te ver sal hoef te krap nie . . . Verkort uit: Insig, Oktober 2002
Question paper, page 4
4 0512/02/O/N/07 © UCLES 2007 1 Vir die beantwoording van vrae 1(a), (b) en (c) moet jy slegs die letter A, B, C of D langs die nommer van die vraag neerskryf om aan te toon watter antwoord die beste pas. (a) ’n Spirituele ervaring verwys na ’n A bonatuurlike ervaring. B buitengewone ervaring. C geestelike ervaring. D onaangename ervaring. [1] (b) Watter organisasie het aanvanklik die verspreidingsnetwerk Feedback gefinansier? A Fruit ’n Veg City B Neue Sentimental Film C Shoprite-Checkers D Springbok Nude Girls [1] (c) Bianca du Plessis se organisasie Feedback is suksesvol, omdat hulle logistieke ondersteuning het. Logistieke ondersteuning beteken dat sy A vier voertuie het om die oorskietkos te vervoer. B weet waar die voorraad/oorskietkos is en waarheen om dit te vervoer. C weet watter plekke oorskietkos skenk. D weet wie die mense is wat die kos nodig het. [1] Beantwoord vrae 1(d) – (g) in jou eie woorde. (d) Wat stel Bianca in staat om haar werk voort te sit? Noem enige twee aspekte. [2] (e) Op watter ander wyse slaag Bianca daarin om nie by al die ander probleme van die mense met wie sy werk betrokke te raak nie? [2] (f) Wat word bedoel as iemand ’n Moeder Teresa genoem word? Moenie meer as 15 woorde gebruik nie. [2] (g) Wie beskou Bianca as die werklike helde? [1] 2 Jy wil ’n soortgelyke diens soos Feedback in jou land begin. Skryf ’n brief aan Bianca du Plessis waarin jy noem dat jy reeds borge het en vra haar raad oor hoe om so ’n projek op die been te bring. Jou brief moet uit ongeveer 200 woorde bestaan. Dui die aantal woorde tussen hakies aan. [20]
Question paper, page 5
5 0512/02/O/N/07 © UCLES 2007 Afdeling 2 Lees Leesstuk 2 aandagtig deur en beantwoord die volgende vrae. Leesstuk 2 MOEDER TERESA – ’n ROEPING TOT DIENS In 1952 is die eerste Tehuis vir Sterwendes geopen op ’n plek wat deur die stadsraad van Calcutta geskenk is. Deur die jare het Moeder Teresa se Sendelinge vir Barmhartigheid van twaalf tot duisende gegroei wat die armste van die armste in 450 sentrums rondom die wêreld bedien het. Moeder Teresa het baie tehuise vir die armes en sterwendes van Calcutta tot in New York en Albanië geopen. Sy was een van die pioniers wat tehuise vir Vigs-slagoffers opgerig het. Vir meer as 45 jaar het Moeder Teresa die armes, sterwendes en die ongewenstes dwarsoor die wêreld vertroos. In 1966 is die Sendelinggemeenskap van Barmhartigheid gestig. Tehuise is in Rome, Tanzanië en Australië geopen. In 1971 is die eerste tehuis vir die Verenigde State van Amerika in New York geopen. Moeder Teresa het wêreldwye lof vir haar onvermoeide pogings ontvang ten bate van wêreldvrede. Haar werk het haar talryke humanitêre toekennings besorg, insluitend: die Pous Johannes XXIII Vredesprys en die Nobelprys vir Vrede in 1979. Tydens hierdie toekenningseremonie het Moeder Teresa ’n revolusie veroorsaak. Sy het daarop aangedring om die seremoniële banket vroeër te verlaat en geëis dat die fondse, $6,000, aan die armes van Calcutta geskenk moet word. Hierdie geld sou haar in staat stel om honderde hongerlydendes per jaar te voed. Sy is aangehaal dat sy gesê het dat aardse toekennings slegs ’n doel het as dit haar sal help om die wêreld se noodlydendes te help. Aan die begin van 1980 is tehuise vir dwelmverslaafdes, prostitute, mishandelde vroue, en nog weeshuise en skole vir arm kinders in die wêreld opgerig. In 1985 het Moeder Teresa die eerste tehuis vir Vigs- slagoffers in New York gevestig. Later is nog tehuise in San Fransisco en Atlanta geopen. Moeder Teresa is met die Vryheidsmedalje, die hoogste Amerikaanse burgerlike toekenning, bekroon. In 1991 het Moeder Teresa vir die eerste keer na haar geboorteland, Albanië, teruggekeer en ’n tehuis in Tirana geopen. Teen 1991 was daar reeds 168 tehuise in Indië geopen. Op 3 Februarie 1994 tydens ’n Nasionale Gebedsontbyt geborg deur die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers in Washington DC het Moeder Teresa die gehoor uitgedaag ten opsigte van onderwerpe soos familielewe en aborsie. Sy het gesê: “Moet asseblief nie die kinders vermoor nie. Ek wil die kinders hê. Gee die kinders vir my.” Moeder Teresa het gereis om die hongerlydendes in Ethiopië te help, die slagoffers van bestraling in Chernobyl, en die slagoffers van die aardbewing in Armenië. Haar toewyding en dade van barmhartigheid het geen grense geken nie. In November 1996 is Moeder Teresa Ereburgerskap van die Verenigde State toegeken. 3 Albei tekste handel oor vroue wat liefdadigheidswerk doen. Noem kortliks die verskille ten opsigte van die twee vroue soos dit in die twee leesstukke uitgelig word. Jou antwoord moet uit ongeveer 100 woorde bestaan. [10] 4 Jy is ’n joernalis vir ’n dagblad. Voer ’n onderhoud met Moeder Teresa oor haar werk, wat sy doen, haar belewenisse, haar toekennings en wat sy hoop om te bereik. Skryf die onderhoud wat jy met haar voer in dialoogvorm neer. Jou antwoord moet ongeveer 200 – 250 woorde lank wees. [20]
Question paper, page 8
8 0512/02/O/N/07 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.