Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1

9679/41/O/N/16 · 75 marks · ≈84 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2016 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 5 printed pages, 3 blank pages and 1 Insert. DC (CW) 122831/4 © UCLES 2016 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International Advanced Level * 0 8 5 0 7 1 5 2 3 9 * AFRIKAANS 9679/04 Paper 4 Texts October/November 2016 2 hours 30 minutes No Additional Materials are required. Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST An answer booklet is provided inside this question paper. You should follow the instructions on the front cover of the answer booklet. If you need additional answer paper ask the invigilator for a continuation booklet. Answer three questions, each on a different text. You must choose one question from Section 1, one from Section 2 and one other. Write your answers in Afrikaans. Dictionaries are not permitted. You should write between 500 and 600 words for each answer. All questions in this paper carry equal marks. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Hierdie vraestel bevat ’n bylae waarop jy jou antwoorde moet skryf. Volg die instruksies op die voorkant van die antwoordbylae. As jy meer papier nodig het vir jou antwoorde, vra die toesighouer vir ’n ekstra antwoordbylae. Beantwoord drie vrae, elkeen oor ’n ander teks. Kies een vraag uit Afdeling 1, een uit Afdeling 2 en een ander vraag. Skryf jou antwoorde in Afrikaans. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Jy behoort tussen 500 en 600 woorde vir elke antwoord te skryf. Elke vraag tel ewe veel. INSTRUKSIES VIR DIE ANTWOORDBYLAE Vul die blokkies op die voorkant van jou antwoordbylae met hoofletters in. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Skryf jou antwoorde in die antwoordbylae. Gebruik die voor- en agterkant van elke bladsy. Laat twee reëls oop tussen jou antwoorde op elke vraag of deel van ’n vraag. Skryf die nommer van die vraag wat jy beantwoord in die eerste linkerkantlyn. Question Part 1 1 ai aii As die vraag onderverdeel is, skryf die letter van die deel van die vraag in die tweede linkerkantlyn. As jy ’n ekstra antwoordbylae gebruik het, sit dit binne-in jou eerste antwoordbylae wanneer jy klaar is met die eksamen.

Question paper, page 2

2 9679/04/O/N/16 © UCLES 2016 Afdeling 1 1 Die kremetartekspedisie, Wilma Stockenström Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Ek volg nie die klein mensies se kliktaal nie. Dit klink vir my kompleet of geitjies aan die praat gegaan het. Buitendien, hoe kan ek dit aanleer? Na daardie rare eerste rakelingse ontmoeting praat hulle selde nog binne hoorafstand van my. Eendag sien ek hulle ’n kameelperd plattrek. Toe hulle die dier afslag en oopsny, babbel hulle opgewonde, stry selfs soos dit vir my klink. Ek luister aandagtig, maar raak niks wys nie. Dit is ’n taal vir geitjies en toktokkies. Uit eerbied staan ek in so ’n posisie in die opening van die kremetart dat hulle my nie raaksien nie. Na daardie keer wat ek hulle gedwing het om na my te kyk en gesien het hoe dit hulle ontstig, dring ek my nooit meer op nie, en aanvaar ek in dankbaarheid en met blydskap elke krieseltjie kos wat hulle aandra en elke gebruiksvoorwerp. En alle onbruikbare voorwerpe. Soos die handvol goue spykertjies. Hoe hulle blink. Hoe fraai. Ek besit al krale, potskerwe, ’n volstruiseierdop, klere en, wonder bo wonder, ’n hele erdepot swart van ouderdom maar nog goed bruikbaar wat die klein mensies gevind en vir my gebring het en waarmee ek water op my kop karwei. En nou die lieflike speelgoed. (bl. 65-66) (i) Verduidelik kortliks wie die spreker in hierdie uittreksel is. (ii) Wat is die spreker se verhouding met die “klein mensies”? (iii) Bespreek die belang van die kremetartboom met verwysing na die uittreksel en na die verhaal as geheel. Of: (b) “Ek het my al probeer indink in ’n soort bestaan waarin ek nie ’n besitting is nie.” Bespreek die tema van slawerny in die roman.

Question paper, page 3

3 9679/04/O/N/16 © UCLES 2016 [Turn over 2 Roepman, Jan van Tonder Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: “En toe die Here Jesus mondig geword het, dink jy Hy het toe partytjie gehou?” Mara trek haar skouers op. “En as Hy het, dink jy Hy sou op sy partytjie gedans het?” Sy skud haar kop. “Nee, Mara, ek dink ook nie Hy sou nie. En as onse Heer dan nie gedans het toe Hy mondig geword het nie, waarom sal jy dit wil doen?” Sy stem is soos grootmense se stemme wanneer hulle met klein kindertjies praat. “Dominee het jou ’n vraag gevra, Mara,” sê Pa. “Toemaar, broer, stilbly is ook soms ’n antwoord. […] En Mara, die ding wat jy wil doen, is ’n ding wat jou ouers diep seermaak. Om nie te praat van watter plan die duiwel dalk daarmee kan hê nie – julle sien in jul eie huis hoe dit lyk as Satan sy sin met iemand gekry het. Dis dáárdie soort ding wat jou pa julle wil spaar. Weet julle hoe min kinders het die voorreg om sulke ouers te hê? Die Here het julle ryklik geseën. Hy ken julle by die naam.” Hy kyk elkeen van ons in die oë. “Mara, Rykie, Braam, Bella, Martina, Erika, Timus. As julle God se wil doen, sien ons mekaar almal eendag in die hemel. Kom ons bid saam.” (bl. 97-98) (i) Waarom is die dominee gekant teen Mara se plan? (ii) “[J]ulle sien in jul eie huis hoe dit lyk as Satan sy sin met iemand gekry het.” Waarna verwys die dominee? (iii) Bespreek die rol wat geloof speel met verwysing na die uittreksel en die roman as geheel. Of: (b) “Ouma hoor elke woord wat mens sê. Sy is nie soos die ander grootmense wat net maak of hulle luister nie.” Stem jy saam met Timus? Staaf jou antwoord met voorbeelde uit die verhaal.

Question paper, page 4

4 9679/04/O/N/16 © UCLES 2016 3 Fiela se kind, Dalene Matthee Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: [...] Die Maandag het sy opgestaan en hulle in die werk gesteek, al het sy self nie daarna gevoel nie. Bly lê kon die Komoeties nie; van bly lê raak jy blind en sien jy nie uitkoms nie. Selling het sleg gelyk. Dit het moeite gekos om hom in die son te kry. “Sit regop, Selling!” Sy moes haar eie hartseer agter harde woorde verberg. “Vat daardie vel en brei hom, jy kan nie vir die res van jou lewe net sit en asemhaal nie!” “As ek die dinge net kon verstaan, Fiela.” “Laat werk jou hande, Selling, nie een van ons verstaan dit nie.” “Die kind sal doodgaan daar agter in die Bos.” “Moenie so sê nie!” “Bosmense is anders; daar’s nie oopte soos hier nie. Die kind ken nie van die Bos nie, hy sal siek word.” […] Here, het sy in haar binneste gevra, keer die opstand in my, want dit gaan my klaarmaak. Die bosvrou het hom uitgeken en niks kan dit verander nie. (bl. 143) (i) Waarom is Selling en Fiela ontsteld? (ii) Hanteer Selling en Fiela die situasie op dieselfde manier? Verduidelik jou antwoord kortliks. (iii) Kontrasteer Fiela se posisie in die Komoetie-gesin en haar posisie in die wyer gemeenskap met verwysing na die uittreksel en na die roman as geheel. Of: (b) “Barnard-se-eiland skep ’n ruimte van vryheid vir die karakters wat daar woon.” Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek jou antwoord met verwysing na die karakters Elias, Nina en Lukas van Rooyen.

Question paper, page 5

5 9679/04/O/N/16 © UCLES 2016 Afdeling 2 4 Die kwart-voor-sewe-lelie, Eleanor Baker Of: (a) ‘“Die liefde ken geen taal nie,’ het ek teatraal aangehaal.” Hou Iris by hierdie opvatting oor liefde in die roman of verander haar siening? Bespreek. Of: (b) Vergelyk Iris se fantasiewêreld en die werklikheid in die roman. 5 Mis, Reza de Wet Of: (a) Bespreek die rol wat die sirkus in die toneelstuk speel. Of: (b) “Die Konstabel is ’n gevaarlike en dreigende karakter.” Tot watter mate stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord met verwysing na die toneelstuk. 6 Raka, N. P. van Wyk Louw Of: (a) Vergelyk Raka en Koki se verhouding met die natuur. Of: (b) Bespreek die rol van dans in die gedig.

Question paper, page 6

6 9679/04/O/N/16 © UCLES 2016 BLANK PAGE

Question paper, page 7

7 9679/04/O/N/16 © UCLES 2016 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 9679/04/O/N/16 © UCLES 2016 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2016 Oct/Nov, Paper 4 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A50/75
B45/75
C41/75
D37/75
E34/75