Cambridge A Level Afrikaans 9679 — 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1

9679/41/O/N/13 · 75 marks · ≈84 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans 9679 2013 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 5 printed pages and 3 blank pages. DC (LEG) 62461/1 © UCLES 2013 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Level * 0 5 5 4 3 8 0 6 6 0 * AFRIKAANS 9679/04 Paper 4 Texts October/November 2013 2 hours 30 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer any three questions, each on a different text. You must choose one question from Section 1, one from Section 2 and one other. Write your answers in Afrikaans. Dictionaries are not permitted. You should write between 500 and 600 words for each answer. At the end of the examination, fasten all your work securely together. All questions in this paper carry equal marks.

Question paper, page 2

2 9679/04/O/N/13 © UCLES 2013 Section 1 1 Na die geliefde land, Karel Schoeman Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: “Praat met my,” sê Paultjie dringend. “Ek het jou al gevra; praat met my, vertel my van enigiets behalwe dit.” Hy beduie in die rigting van die plaasgeboue. “Van alles behalwe die plaas en die skape en die mielies, van vroeg opstaan en hard werk en arm wees; alles behalwe veg en swaarkry en veronreg wees, en tronke en kampe. Ek wil nie hoor van take of roepings nie, of van die voorgeslag of heldemoed of plig of die wil van God. Ek is moeg vir dit alles.” Hy praat heftig, en met ’n soort medelye kyk George na sy donker gesig, maar wanneer hy begin om iets te sê, onderbreek Paultjie hom. “Vertel my dat daar iets anders is as dít,” sê hy. “Vertel my dat daar ’n ander wêreld bestaan, anders is dit nie die moeite werd om aan te gaan nie.” Sy gesig is vertrek asof hy wil huil en George steek sy hand uit om hom aan te raak, maar met ’n ongeduldige beweging skud Paultjie hom af. “Jy is belangrik,” sê hy dan met gedempte, beheerste stem. “Nou kan jy vir jouself sien as jy my nie wil glo nie. Kyk, Gerhard het gehoor dat jy hier is en kom al aangeja om jou te sien.” Met sy hand nog uitgestrek bly George staan. “Kyk, dáár,” sê Paultjie, ongeduldig oor sy onbegrip, en dan merk hy in die verte ’n voertuig wat in die rigting van die plaas beweeg. Dit moet die grootpad wees, en daar kom ’n besoeker aan wat Paultjie reeds op hierdie afstand herken het. “Wie is Gerhard?” vra hy. Paultjie lag. “Jy sal uitvind, maar dis vir jóú wat hy gekom het.” Hulle staan daar en kyk na die bakkie wat sigbaar word op die pad, met ruite wat flits in die lig van die ondergaande son. “Kom jy saam huis toe?” vra George. “Nee,” sê Paultjie, “hulle moet my nie saam met jou sien nie. Jy moenie vir hulle sê dat jy my hier gekry het nie.” Dan stap hy sonder ’n woord verder, weg van die huis af, en wanneer George omkyk, kan hy die seun nie eers meer sien nie. (i) Wat is Paultjie se houding teenoor die lewe op die plaas? (ii) Noem twee ander karakters in hierdie roman wat voel dat hulle ’n “roeping” of ’n “plig” het, en beskryf hul aksies in verband hiermee. Of: (b) Verduidelik hoe die volgende drie karakters in die roman die verhouding tussen die verlede en die hede ervaar: George, Carla en Tant Miemie.

Question paper, page 3

3 9679/04/O/N/13 © UCLES 2013 [Turn over 2 Toorberg, Etienne van Heerden Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Sy’t stip na die pikslaners gekyk, aandagtig na Abel wat haar dophou ingeval sy ’n verkeerde ding doen, en na al die mense wat daar gesit het. Voetjie vir voetjie het sy al om die gat beweeg, asof sy geweet het dat daar iets was. Al een, móés Tillie kon sien, van die familie wat nie daar was nie, was Noag. En dalk het Tillie, in haar malligheid en salig van Slams se dagga, voorkennis gehad van haar kind se sterfte. Want sy’t net daar met die voorvaders begin praat. Eers met die wit, eelterige stam van die boom agter Posmeester. “O, Grootoupa Abel,” het sy saggies gefluister, maar haar stem het soos die ligste wind van die vroegoggend tot in almal gesny. “En Grootouma Magtilt,” het sy geprewel en getas na die dik klos blare van ’n ander boom. Stadig het sy nader beweeg, tot langs Ella. “En Grootoom Lucius!” het sy uitgeroep en haar hand uitgesteek, skielik weggeruk en om en om begin tol, drie lanterns omgeskop, haar voete krakend deur die blare terwyl haar hare en goiingsak in die lae takke van die bome aan die rand van die oopte verstrengel raak. Toe DwarsAbel haar vasvat en na Ella bring, kon almal sien dat sy gehuil het, haar hele gesig blink van trane. Seker nie oor dié een sterfte nie, het Kaatjie Danster later gedink, maar oor al die sterftes wat sy in een oomblik herken het – al die mense van die droewige plaas Toorberg wat in die sweet van hul aanskyn hier geleef en hier gesterwe het. (i) Verduidelik hoekom dit simbolies is dat Druppeltjie in ’n boorgat sterf. (ii) Identifiseer en bespreek drie aspekte uit die gegewe uittreksel wat wys dat Toorberg ’n vervloekte en magiese plek is. Of: (b) “Toorberg se mense leef in die toweragtige skadu van die verlede.” Bespreek hierdie stelling met verwysing na ’n verskeidenheid van karakters en gebeure in die roman.

Question paper, page 4

4 9679/04/O/N/13 © UCLES 2013 3 Vatmaar, A. H. M. Scholtz Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Daai Saterdagmiddag het Chai my by my kaija kom sien. Hy het ’n bottel sjerrie saamgebring en hy het my vertel hoe hy aan die plan vir Vatmaar gekom het. Vatmaar was die naam wat ek aan sy en Corporal Lewis se gesteelde goed gegee het. Nou het hy sommer die plek ook so genoem. Chai het glo een nag terwyl hy wakker gelê het, die plan gekry vir wat die Engelse ’n settlement noem. In sy gedagtes het hy die plek naby die vlei gesien. Ek het met George daaroor gepraat, het Chai gesê, en hy het gesê hy sal graag op sy eie saam met Ruth wou bly, opsy van sy en haar mense. Want sy gaan ’n bybie kry. George het weer met sy army-captain gaan praat. Die twee het mekaar goed verstaan. Die captain het beloof om die saak op die agenda vir die aankomende vergadering van die myn-company en die dorpsraad te sit. Op altwee vergaderings is goedgekeur dat daar ’n nedersetting op die myn se grond kan kom – vyf myl buite Du Toitspan, naby die vlei wat binne Du Toitspan se dorpsgronde val. Dit sou ’n buitewyk van Du Toitspan wees vir die arme Cape-boys wat vir die Queen geveg het, en vir ander wat ook graag daar wou woon. Ta Vuurmaak het gesê: Chai het die bottel omgekeer, my hand gevat en gesê: Ek het lanklaas so lekker gesels. Toe het hy op sy bicycle geklim en gery. My stert van die storie is, het Ta Vuurmaak gesê, dat Chai en sy George met vier volk gekom het en twee hope van die vatmaar-goed gemaak het. Toe het Chai ’n halfkroon gevat en vir sy George gesê: Heads or tails? Chai kon eerste kies. Toe het hulle hulle se goed gevat na wat hulle hulle se erwe genoem het. You, Vuurmaak, het die Engelsman vir my gesê, are well looked after. Take this brick mould and start your own business. People will soon need bricks to build their houses. Only the three of us know how you got the tank, and with your monthly pension you can live like a king. Ek het party van die manne wat nie werk gehad het nie, of wat afgedank is, aan die stene maak gesit. Van elke drie wat gemaak is, was twee die maker s’n en een myne. Na die winter was Chai en sy George se eenkamer-huise so lat hulle kon intrek – dié kamers wat hulle diesdae vir pakkamers gebruik. (i) Wat was die “vatmaar-goed” wat Ta Vuurmaak bewaar het en waar het dit vandaan gekom? (ii) Bespreek hoe die waardes van die stigters van Vatmaar weerspieël word in die latere gemeenskap. Of: (b) “Liefde kan goed wees en liefde kan sleg wees en albei kan opregte liefde wees.” Bespreek Tant Wonnie se woorde met verwysing na twee episodes in die teks wat hierdie stelling illustreer.

Question paper, page 5

5 9679/04/O/N/13 © UCLES 2013 Section 2 4 Die kwart-voor-sewe-lelie, Eleanor Baker Of: (a) “Niemand het ooit nog regtig na my geluister nie.” In watter mate is hierdie opmerking karakteristiek van Iris? Of: (b) Bespreek hoe Iris deur haar omgewing geaffekteer word met verwysing na Vermont en haar ouerhuis. 5 Kringe in ’n bos, Dalene Matthee Of: (a) “Saul sukkel deurgaans om ’n balans te vind tussen die liefde en haat vir die Bos, tussen sy drang om te ontsnap en sy hunkering om na sy tuisgrond om te sien.” Bespreek hierdie stelling. Of: (b) Bespreek die rol van private ruimtes teenoor publieke ruimtes met betrekking tot twee karakters in Kringe in ’n bos. 6 Raka, N.P. van Wyk Louw Of: (a) Koki word beskryf as die “verwate enkeling”. Bespreek Koki se eensaamheid met verwysing na sy leierskap, sy mense, en die koms van Raka. Of: (b) “... maar woorde het hy geen enkele gesê.” Hoe kommunikeer Raka met verskillende stamlede, en hoe reageer hulle?

Question paper, page 6

6 9679/04/O/N/13 © UCLES 2013 BLANK PAGE

Question paper, page 7

7 9679/04/O/N/13 © UCLES 2013 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 9679/04/O/N/13 © UCLES 2013 Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2013 Oct/Nov, Paper 4 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A50/75
B45/75
E34/75