Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language 0548 — 2013 Oct/Nov Paper 5 · Variant 1
0548/51/O/N/13
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper16 pages
















Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
* 4 3 0 8 7 5 4 2 4 0 * This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. DC (CW) 77526/4 © UCLES 2013 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/05 Paper 5 Oral Assessments October/November 2013 EXAMINER’S NOTES Great care should be taken to ensure that any confidential information given does not reach the candidates either directly or indirectly. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST This booklet contains: (a) administrative guidelines on conducting the tests (b) marking criteria (c) copies of Cards A–E, with Notes for Teacher/Examiner.
Question paper, page 2
2 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 INHOUD BELANGRIKE INLIGTING OOR DIE AFNEEM VAN DIE TOETS Bladsy 3 NASIENSKEMA Bladsy 8 MONDELINGE EVALUERING A Maaltye saam Bladsy 10 MONDELINGE EVALUERING B Kanse waag Bladsy 11 MONDELINGE EVALUERING C Leer oor wetenskap Bladsy 12 MONDELINGE EVALUERING D Oudag Bladsy 13 MONDELINGE EVALUERING E Ander mense help Bladsy 14
Question paper, page 3
3 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 [Blaai om BELANGRIKE INLIGTING OOR DIE AFNEEM VAN DIE TOETS ALGEMEEN 1. Die mondelinge evaluering vind plaas in die tydperk voor die hoofeksamen soos gestipuleer op die eksamenrooster. Elke sentrum moet self besluit op die mees geskikte datum vir die mondelinge eksamen. 2. Sentrums moet vroegtydig verseker dat die afneem van die mondelinge evaluering in ’n geskikte, afgesonderde lokaal gaan plaasvind en dat die apparaat in ’n goeie werkende toestand is. 3. Sentrums moet hou by die datums wat vasgestel is vir die afhandeling van die mondelinge evaluering en vir die betydse deurstuur na CIE van die puntelyste en opnames sodat daar genoeg tyd is vir eksterne moderering om plaas te vind. Dit is uiters belangrik dat hierdie materiaal nie laat is nie. 4. Waar moontlik, moet daar slegs een eksaminator per sentrum aangewys word. Elke sentrum moet sy eie eksaminator aanwys. Gewoonlik is hierdie eksaminator een van die taalonderwysers, maar dit mag ook iemand wees wat nie aan die skool verbonde is nie. ’n Groep buurskole mag besluit om dieselfde persoon te kies om die eksamen in hul skole af te neem, in welke geval elke sentrum verantwoordelik sal wees vir die korrek ingevulde vorms en volledige opnames. (CIE is nie verantwoordelik vir enige fooie wat aan ’n buitepersoon betaal moet word nie.) By sentrums waar daar groot getalle kandidate is wat geëvalueer moet word en daar van meer as een eksaminator gebruik gemaak sal moet word, moet interne moderering plaasvind sodat al die kandidate tot dieselfde standaard geëvalueer word. 5. Elke sentrum sal ’n stel evalueringskaarte met Aantekeninge vir die eksaminator ontvang. Eksaminatore/Onderwysers wat vir die afneem van die mondelinge evaluering verantwoordelik gaan wees, moet voor die afneem van die toets seker maak dat hulle op die hoogte is van die instruksies en inligting. Hierdie dokumente bly vertroulik en moet in veilige bewaring bly tot aan die einde van die eksamen. 6. Elke sentrum moet die volgende na CIE stuur: (a) kasset/cd met die opnames van ’n verteenwoordigende groep kandidate; (b) voltooide MS1 vorms; (c) voltooide Opsommende Puntelys(te) vir Mondelinge Evaluering (Oral Assessment Summary Form). (a) Opnames van die kandidate Elke sentrum sal verantwoordelik wees om ’n voorbeeld van die opnames van kandidate op kasset/cd te verskaf. Die vereistes van die grootte van die voorbeeld van kandidate is agter op die Opsommende Puntelys aangedui. Die onderwyser wat verantwoordelik is vir interne standaardisering van die sentrum moet seker maak dat die voorbeeldopnames verteenwoordigend is van die hele spektrum van punte. Die opnames moet verteenwoordigend wees van punte van die hoogste tot die swakste punt. Waar daar meer as een onderwyser betrokke is, moet die voorbeeld dieselfde hoeveelheid geëvalueerde kandidate van elke onderwyser insluit. Afdeling 15 bevat die instruksies vir die opnames van die voorbeeld wat ingestuur moet word. Die kassette/cd’s, sowel as die ander relevante dokumente, moet na CIE gestuur word. Die voorbeeldkandidate wie se mondelinge evaluering opgeneem is, se besonderhede moet duidelik op die kassette/cd’s aangedui word.
Question paper, page 4
4 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 (b) MS1 Vorm Die rekenaargedrukte puntelys vir evaluering wat deur die skool voltooi word, bestaan uit drie dele: • die boonste kopie moet in die aparte koevert na CIE versend word. • die middelste kopie (dit is vir gebruik deur die eksterne moderator) moet apart, maar saam met die kasset/CD met die voorbeeldkandidate se opnames en die Opsommende Puntelys na CIE versend word. • die laaste kopie moet by die sentrum bewaar word ingeval stukke deur die pos verlore raak of vir verdere navrae, tot nadat die uitslae gepubliseer is. Die MS1 Vorm moet voltooi word deur die punt van elke kandidaat vanaf die kolom vir Totale Punt op die Opsommende Puntelys, op hierdie vorm oor te dra. (c) Opsommende puntelys vir Mondelinge Evaluering (Oral Assessment Summary Form) Hierdie dokument word gebruik om elke kandidaat se punt in die verskillende kategorieë oor te dra. Instruksies vir die invul van hierdie dokument word op die agterkant van die vorm gegee. Hierdie vorm, die MS1 en die kassette/cd’s met die opnames van die voorbeeldkandidate moet saam ingestuur word. Maak asseblief seker dat al die punte korrek opgetel is. Die Opsommende Puntelys vir Mondelinge Evaluering moet punte vir elke kategorie en van elke kandidaat aandui, nie slegs dié wat gekies is as die voorbeeldkandidate nie. Plaas asseblief ’n asterisk (*) langs die name van die kandidate wie se opnames gekies is as die voorbeeldgroep. 7. Die kassette/cd’s met die opnames van die voorbeeldgroep kandidate, die voltooide MS1 en die Opsommende Puntelys vir Mondelinge Evaluering moet so gou as moontlik na die afhandeling van die mondelinge evaluering by elke sentrum aan CIE versend word. Moenie wag vir die sperdatum voordat dit versend word nie.
Question paper, page 5
5 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 [Blaai om DIE AFNEEM VAN DIE MONDELINGE EVALUERING 8. Die afneem van die mondelinge evaluering behoort soos volg te geskied: (A) Skakel die apparaat aan. Gee die kandidaat se naam en eksamennommer. Verwelkom die kandidaat en verduidelik kortliks wat in die loop van die evalueringsessie gaan gebeur. (B) Opwarmingsfase: lei ’n algemene bespreking deur die kandidaat ’n paar vrae oor hom-/ haarself, die skool, ensovoorts, te vra om hom/haar só gewoond te maak aan die eksamensituasie. Die doel van hierdie afdeling is om die kandidate op hul gemak te stel. Hierdie afdeling behoort tussen 2–3 minute te duur. (C) Oorhandig die Evalueringskaart aan die kandidaat. Dit moet plaasvind nadat die opwarmingsfase afgehandel is. Enige onduidelikhede moet tydens hierdie fase opgeklaar word. Dit word gevolg deur ’n kort periode waartydens die kandidaat voorberei (ongeveer 2–3 minute) en die geleentheid gebied moet word om vrae te vra. Kandidate mag nie toegelaat word om tydens hierdie fase enige aantekeninge te maak nie. Die apparaat mag aangeskakel bly, of afgesit word tydens hierdie fase. As die apparaat afgesit word, moet die eksaminator net aankondig: “Die apparaat sal nou vir ’n rukkie afgesit word.” Dit is baie belangrik dat die moderator sal weet dat die kandidaat die tydjie gegun gaan word om hom-/haarself voor te berei. (D) Die hoofgedeelte van die toets: die gesprek gebaseer op die Evalueringskaart. Die eksaminator of die kandidaat kan met die gesprek begin. (Die aantekeninge op elk van die Evalueringskaarte gee aanduidings van vrae en moontlike aspekte wat tydens die gesprek aangeroer kan word.) Hierdie afdeling van die toets moet ongeveer 8–10 minute duur. Die totale tydsduur van die mondelinge evalueringstoets, van die begin af (B) tot aan die einde (D), behoort ongeveer 15 minute te wees. Neem kennis dat alhoewel (A) tot (D) opgeneem moet word, slegs (D) geëvalueer moet word. Die mondelinge evalueringstoets mag slegs in Afrikaans afgeneem word. 9. Gedurende die afneem van die mondelinge evaluering moet eksamenomstandighede deurentyd in die lokaal gehandhaaf word. Genoegsame toesig moet voorsien word sodat kandidate wat die eksamenlokaal verlaat na afneem van die toets, nie met die ander kandidate wat wag om geëvalueer te word, kan kommunikeer nie. 10. Geen ander persoon, behalwe ’n ander onderwyser/eksaminator of afgevaardigde van CIE, behoort gedurende die afneem van die toets in die lokaal toegelaat te word nie. 11. Kandidate mag individueel of in pare geëksamineer word. Die opnames van die voorbeeldgroep mag nie uit pare bestaan nie, maar slegs uit individue.
Question paper, page 6
6 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 12. Kandidate mag nie toegelaat word om enige aantekeninge in die eksamenlokaal in te bring of om woordeboeke te raadpleeg nie. 13. ’n Verskeidenheid van onderwerpe word voorsien en die eksaminator (nie die kandidaat nie) sal die keuse maak oor die Evalueringskaart vir elke kandidaat. ’n Verspreiding van al die Evalueringskaarte moet tydens die eksamen gebruik word vir evaluering by elke sentrum. Die Evalueringskaart vir elke kandidaat moet met sorg gekies word, sodat elke kandidaat sy volle potensiaal ten toon kan stel. Die opwarmingsfase sal vir die eksaminator alreeds ’n aanduiding kan gee watter kaart om te kies. Onthou dat die toets oor die mondelinge vaardigheid van die kandidaat gaan en nie ’n algemene kennis toets is nie. As dit blyk dat die kandidaat die onderwerp totaal onvanpas en te moeilik vind, is dit heeltemal aanvaarbaar om die gesprek te verander na dinge waaroor die kandidaat makliker kan gesels. Dit is onnodig om in sulke omstandighede rigied by die riglyne van die Evalueringskaart te hou. 14. Die eksaminator moet so sit dat hy/sy na die kandidaat front met ’n tafel of lessenaar tussen hulle. Kandidate moenie sien as die eksaminator enige aantekeninge op die Opsommende Puntelys of enige ander papiere maak nie. DIE MAAK VAN DIE OPNAMES 15. Sentrums moet vroegtydig seker maak dat hul apparaat in ’n goeie werkende toestand is. Die apparaat en die kassette/cd’s moet ’n geruime tyd voor die afneem van die toets, verkieslik met ’n kandidaat of iemand anders, in die lokaal getoets word. Die opwarmingsessie kan ook as ’n geleentheid beskou word waartydens die klankgehalte getoets word. Waar moontlik, is dit verkieslik om ’n apparaat te gebruik wat ’n eksterne mikrofoon het sodat aparte mikrofone vir die eksaminator en kandidaat gebruik kan word. As daar slegs een mikrofoon beskikbaar is, is dit verkieslik dat die mikrofoon so opgestel word dat dit na die kandidaat gedraai word. Dit is baie belangrik dat die klankgehalte voor die afneem van die toets getoets word; aanpassings aan die volume gedurende die afneem van die toets moet vermy word. Voorsorg moet getref word om geraas buite die lokaal en ook lang stiltes tydens die toets te vermy. Gedurende die afneem van die mondelinge evaluering moet gereelde toetse gedoen word om te verseker dat die kassette/ cd’s deurentyd duidelik hoorbaar is. Die apparaat mag onder geen omstandighede afgeskakel word tydens die afneem van die toets nie. Die enigste kere wat dit wel toelaatbaar is, is tussen die opwarmingsessie en die hoofdeel van die toets (sien afdeling 8). Bandopnames moet op Kant A van die kasset begin en albei kante van die kasset moet eers gebruik word voordat met ’n nuwe kasset begin word. Eksaminatore moet verseker dat ’n kandidaat se opname nie van Kant A oorloop na Kant B toe nie. Beplan so dat dit slegs op een kant van die band is. Aan die einde van elke kant van die kasset moet die eksaminator sê: “Geen verdere opnames op hierdie kant nie.” Elke opname moet met die volgende aankondiging deur die eksaminator begin word: Sentrumnommer: (bv.) NA9x Sentrumnaam: (bv.) ABC Akademie Eksamen: 0548 Afrikaans Tweede Taal Naam van eksaminator: (bv.) Me A Zxq Datum: (bv.) 1 Oktober 2013
Question paper, page 7
7 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 [Blaai om Die opname van elke kandidaat moet baie duidelik as volg op die kasset/cd, deur die eksaminator, aangekondig word: Kandidaatnommer: (bv.) 0070 Naam van kandidaat: (bv.) Abdi Zacharia Aan die einde van die kasset/cd moet die eksaminator baie duidelik sê: “Dis die einde van die opname.” Voordat die kassette/cd weggestuur word, moet die eksaminator baie seker maak dat die opname van elke kandidaat baie duidelik is. Kassette moet teruggedraai word na Kant A. Die inhoud van elke kasset/cd moet baie duidelik op die etiket aangedui word. ALGEMENE RAAD 16. Hou asseblief die volgende in gedagte tydens die evalueringsessie: Wees te alle tye objektief. Moenie toelaat dat enige kennis ten opsigte van die kandidaat se karakter of ingesteldhede u objektiewe evaluering beïnvloed nie. (Byvoorbeeld, kennis dat ’n kandidaat uiters konsensieus is, is irrelevant tydens die evalueringsessie.) As die kandidaat se vertoning tydens die evalueringsessie op enige wyse beïnvloed word deur moeilike persoonlike omstandighede (byvoorbeeld die dood van ’n ouer), kan daar aansoek gedoen word op die betrokke dokumentasie vir Spesiale Oorweging. Eksaminatore moenie self spesiale toegewings maak in sulke gevalle nie. Wees realisties: Onthou Afrikaans hoef nie die kandidaat se moedertaal te wees om volpunte te verdien in een van die kategorieë nie. Dit is ook belangrik dat ’n eksaminator nie moontlike foute sal oorsien as die kandidaat wel ’n moedertaalspreker is nie. Wees konsekwent: Dis belangrik dat die nasienskema op dieselfde wyse aangewend word vir alle kandidate sodat ’n betroubare merietelys van die kandidate deur die sentrum verkry kan word. Wees positief: Tydens die evaluering is dit belangrik om in gedagte te hou dat die toets gaan oor dit wat die kandidate kan doen en nie om hulle te penaliseer vir dit wat hulle nie kan doen nie. (Dit beteken nie dat aspekte soos akkuraatheid in byvoorbeeld grammatika en uitspraak misgekyk moet word nie. Hierdie is ’n herinnering dat die IGCSE mondelinge evaluering oor positiewe bepunting gaan.) 17. Om die mondelinge evaluering effektief af te neem, sal eksaminatore: • altyd die kandidate op hul gemak stel aan die begin van die toets (glimlag as die kandidaat die lokaal binnekom, wys waar hulle moet sit, ensovoorts) terwyl hulle nogtans die indruk behou dat dit ’n formele eksamen is. • nooit rondloop en die kandidate tydens die toets onnodig steur nie. • altyd geïnteresseerd lyk, al is dit baie vervelig. • nooit kandidate in die rede val met hul eie sienings nie. • nooit foute korrigeer nie. • nooit onnodige verrassing of ongeduld toon nie. • nooit die indruk gee dat daar slegs ’n ‘regte’ antwoord op die vrae is nie. • altyd die beste uit hul kandidate haal deur ‘oop’ vrae aan die kandidate te stel wat hulle in staat sal stel om goeie respons te lewer en nie net ’n klomp geslote vrae te vra waarop kandidate slegs ja/nee kan antwoord nie. • nooit die toets afneem asof dit ’n algemene kennis toets is nie. • nooit hul opinie oor die kandidaat se vertoning tydens, of na die toets, aan die kandidaat laat blyk nie. ’n Goeie eksaminator sal gewoonlik daarin slaag om ’n kandidaat met ’n glimlag te laat gaan, ongeag van hoe goed of swak sy/haar vertoning was.
Question paper, page 8
8 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 Nasienskema Bepunt elke kategorie uit 10 (struktuur, woordeskat en vloeiendheid), tel dan hierdie punte bymekaar vir ’n totale punt uit 30. Punt Struktuur (10) Woordeskat (10) Vloeiendheid (10) 9-10 Die kandidaat demonstreer die vermoë om ’n verskeidenheid strukture akkuraat en konsekwent te gebruik. Foute mag insluip wanneer gepoog word om meer gesofistikeerde strukture te gebruik, maar die eksaminator is oortuig dat die kandidaat met selfvertroue die strukture kan gebruik. Die kandidaat toon genoegsame bemeestering van woordeskat om met ’n mate van korrektheid te reageer. Sekere vorme van betekenis word bereik en ’n mate van gesofistikeerde inligting/idees word gekommunikeer. Daar sal slegs die enkele foutiewe gebruik van woordeskat plaasvind. Die kandidaat toon ’n volgehoue vermoë om die gesprek aan die gang te hou en ’n bydrae te lewer. Die kandidaat kan reageer as die strekking van die gesprek verander en selfs nuwe idees inisieer. Uitspraak en intonasie is akkuraat met slegs enkele foute. 7-8 Daar word meestal van eenvoudige strukture gebruik gemaak, maar meer komplekse strukture kan ook suksesvol aangewend word. Foute kom wel voor, maar dit verhinder nie kommunikasie nie. Die kandidaat beskik oor genoegsame woordeskat om idees en inligting oor te dra, maar daar is ’n leemte aan absolute korrektheid. Woordeskat is nie baie wyd en afwisselend nie. Die kandidaat reageer geredelik op vrae gedurende die gesprek sodat gereelde aansporing onnodig is. Klem en intonasie is gewoonlik korrek. Baie min inspanning word deur die luisteraar benodig. 5-6 Die kandidaat sal geneig wees tot foute as daar wyer as die eenvoudige strukture gewaag word. Eenvoudige akkuraatheid word gewoonlik bereik en kommunikasie word gehandhaaf. Woordeskat dra basiese idees en inligting oor, maar daar is ’n leemte aan akkuraatheid. As daar wyer as die bekende gewaag word, is daar huiwering en word na die korrekte woord gesoek. Die kandidaat probeer hard om op al die vrae te antwoord. Hy/Sy sal gereeld aangespoor moet word en waag slegs een sin op ’n slag, maar slaag tog daarin om die kommunikasie aan die gang te hou. Daar is duidelike foute met klem en intonasie, maar dit verhinder nie kommunikasie nie. 3-4 Respons sal gewoonlik slegs uit enkele woorde of baie eenvoudige sinne bestaan – met foute. Foute sal kommunikasie strem, maar nie verhinder nie. Woordeskat sal soms onvoldoende wees om selfs eenvoudige idees oor te dra en daar sal gereelde stiltes wees. Antwoorde sal kort en wydverspreid wees. Die kandidaat moet aangemoedig word om wyer as die eenwoord- response te antwoord. Verkeerde gebruik van klem en intonasie bemoeilik kommunikasie, maar die kandidaat kan gewoonlik deur ’n baie simpatieke luisteraar verstaan word.
Question paper, page 9
9 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 [Blaai om 1-2 Eenwoord-response sal aan die orde van die dag wees. Pogings om volsinne te gebruik, slaag nie daarin om kommunikasie te bewerkstellig nie. Daar word pogings aangewend om te reageer op sekere aspekte gedurende die gesprek. Genoegsame Afrikaanse woorde is bekend om klein brokkies inligting oor te dra, maar kommunikasie sal baie beperk en deurmekaar wees. Antwoord is so kort en onakkuraat dat baie min gekommunikeer word. Die gebruik van enkele woorde is aan die orde van die dag en daar sal lang stiltes wees. Verkeerde gebruik van klem en intonasie veroorsaak probleme selfs vir die baie simpatieke luisteraar. Herhaling is nodig om kommunikasie te verkry. 0 Totaal beperk/geen poging word aangewend om te reageer nie. Totaal beperk/geen poging word aangewend om te reageer nie. Verkeerde gebruik van klem en intonasie verhoed kommunikasie, selfs al word herhaalde pogings aangewend.
Question paper, page 10
10 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 A Maaltye saam Kandidaat se kaart Om etes te kook en saam te geniet, is nog ’n belangrike deel van baie mense se lewe, ten spyte van die groeiende gewildheid van kitskos en wegneemetes. Bespreek hierdie onderwerp met die Eksaminator. Gebruik asseblief die volgende idees om die gesprek te ontwikkel: • sommige van jou gunstelling geregte wat jy dikwels tuis geniet • geleenthede waarvoor jy ete gekook het of waarby jy gehelp het om ete voor te berei • geleenthede wat herdenk word met spesiale kos in jou kultuur • die idee dat die voorbereiding en saameet van kos help om mense bymekaar te bring • die gedagte dat kulture hul indiwidualiteit verloor omdat dieselfde kos oral in die wêreld beskikbaar is. Jy mag ook van jou eie verwante idees gebruik. Jy mag egter geen notas maak nie. Belangrike punte vir die onderwyser/eksaminator: Fase 1: Opwarming Stel vrae aan die kandidaat oor hom-/haarself, die skool, ensovoorts om hom/haar die geleentheid te gee om gewoond te raak aan die eksamensituasie. Moenie punte toeken nie. Fase 2: Begin opdrag Gee die evalueringskaart aan die kandidaat en bespreek die instruksies met hom/haar om seker te maak dat hy/sy verstaan wat verwag word. Die kandidaat word ’n paar minute gegee om die opdrag deur te lees en voor te berei. Geen notas mag gemaak word nie. Fase 3: Ontwikkeling Bespreek die idees en voorstelle met die kandidaat.
Question paper, page 11
11 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 [Blaai om B Kanse waag Kandidaat se kaart Sommige mense geniet dit om kanse te waag, terwyl ander probeer om gevaarlike situasies te vermy. Bespreek hierdie onderwerp met die Eksaminator. Gebruik asseblief die volgende idees om die gesprek te ontwikkel: • sommige kanse wat jy in jou alledaagse lewe gewaag het • die kere wat jy ’n kans gewaag het om ’n nuwe aktiwiteit uit te probeer en wat jy daaruit geleer het • hoekom mense gevaarlike aktiwiteite soos motorresies, boks of valskermspring geniet • die gedagte dat mense wat aan gevaarlike aktiwiteite deelneem selfsugtig is en ander mense nie in ag neem nie • die idee dat menslike vooruitgang staatmaak op persone wat bereid is om kanse te waag. Jy mag ook van jou eie verwante idees gebruik. Jy mag egter geen notas maak nie. Belangrike punte vir die onderwyser/eksaminator: Fase 1: Opwarming Stel vrae aan die kandidaat oor hom-/haarself, die skool, ensovoorts om hom/haar die geleentheid te gee om gewoond te raak aan die eksamensituasie. Moenie punte toeken nie. Fase 2: Begin opdrag Gee die evalueringskaart aan die kandidaat en bespreek die instruksies met hom/haar om seker te maak dat hy/sy verstaan wat verwag word. Die kandidaat word ’n paar minute gegee om die opdrag deur te lees en voor te berei. Geen notas mag gemaak word nie. Fase 3: Ontwikkeling Bespreek die idees en voorstelle met die kandidaat.
Question paper, page 12
12 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 C Leer oor wetenskap Kandidaat se kaart Ons wêreld is afhanklik van wetenskap en baie mense voel dit is belangrik dat ons so veel as moontlik daarvan moet weet. Bespreek die onderwerp met die Eksaminator. Gebruik asseblief die volgende idees om die gesprek te ontwikkel: • jou vroegste ondervinding van wetenskap of van hoe dinge werk • die interessantste wetenskaplike gebied volgens jou • verskeie maniere waarop mense van alle ouderdomme meer kan leer oor ontwikkelinge in wetenskap • die idee dat te veel tyd bestee word aan die onderrig van wetenskaplike skoolvakke, dikwels ten koste van ander vakke • die idee dat wetenskap ’n goeie of ’n slegte krag kan wees. Jy mag ook van jou eie verwante idees gebruik. Jy mag egter geen notas maak nie. Belangrike punte vir die onderwyser/eksaminator: Fase 1: Opwarming Stel vrae aan die kandidaat oor hom-/haarself, die skool, ensovoorts om hom/haar die geleentheid te gee om gewoond te raak aan die eksamensituasie. Moenie punte toeken nie. Fase 2: Begin opdrag Gee die evalueringskaart aan die kandidaat en bespreek die instruksies met hom/haar om seker te maak dat hy/sy verstaan wat verwag word. Die kandidaat word ’n paar minute gegee om die opdrag deur te lees en voor te berei. Geen notas mag gemaak word nie. Fase 3: Ontwikkeling Bespreek die idees en voorstelle met die kandidaat.
Question paper, page 13
13 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 [Blaai om D Oudag Kandidaat se kaart Talle mense sien uit na hul oudag en geniet dit. Bespreek die onderwerp met die Eksaminator. Gebruik asseblief die volgende idees om die gesprek te ontwikkel: • mense wat jy ken wat gelukkig is op hul oudag • die dinge wat jy dink oumense tevrede en gelukkig maak • hoe jongmense en oumense by mekaar kan leer • of die verantwoordelikheid om vir oumense te sorg by die regering lê, eerder as by die familie • die idee dat mense deesdae te lank lewe. Jy mag ook van jou eie verwante idees gebruik. Jy mag egter geen notas maak nie. Belangrike punte vir die onderwyser/eksaminator: Fase 1: Opwarming Stel vrae aan die kandidaat oor hom-/haarself, die skool, ensovoorts om hom/haar die geleentheid te gee om gewoond te raak aan die eksamensituasie. Moenie punte toeken nie. Fase 2: Begin opdrag Gee die evalueringskaart aan die kandidaat en bespreek die instruksies met hom/haar om seker te maak dat hy/sy verstaan wat verwag word. Die kandidaat word ’n paar minute gegee om die opdrag deur te lees en voor te berei. Geen notas mag gemaak word nie. Fase 3: Ontwikkeling Bespreek die idees en voorstelle met die kandidaat.
Question paper, page 14
14 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 E Ander mense help Kandidaat se kaart Die meeste mense bewonder diegene wat uit hul pad gaan om ander te help. Bespreek die onderwerp met die Eksaminator. Gebruik asseblief die volgende idees om die gesprek te ontwikkel: • tye wat jy vriende en familie gehelp het • maniere waarop ander mense jou gehelp het • ’n liefdadigheidsorganisasie wat jy dink verdien jou steun en hoekom • die idee dat om geld aan arm mense te skenk nie ’n goeie beginsel is nie • die idee dat ’n land sy eie probleme moet oplos en nie by ander lande hulp moet soek nie. Jy mag ook van jou eie verwante idees gebruik. Jy mag egter geen notas maak nie. Belangrike punte vir die onderwyser/eksaminator: Fase 1: Opwarming Stel vrae aan die kandidaat oor hom-/haarself, die skool, ensovoorts om hom/haar die geleentheid te gee om gewoond te raak aan die eksamensituasie. Moenie punte toeken nie. Fase 2: Begin opdrag Gee die evalueringskaart aan die kandidaat en bespreek die instruksies met hom/haar om seker te maak dat hy/sy verstaan wat verwag word. Die kandidaat word ’n paar minute gegee om die opdrag deur te lees en voor te berei. Geen notas mag gemaak word nie. Fase 3: Ontwikkeling Bespreek die idees en voorstelle met die kandidaat
Question paper, page 15
15 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 BLANK PAGE
Question paper, page 16
16 0548/05/O/N/13 © UCLES 2013 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.