Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 — 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0

0512/10/O/N/15

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge IGCSE Afrikaans - First Language 0512 2015 Oct/Nov Paper 1 · Variant 0 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 5 printed pages, 3 blank pages and 1 Insert. DC (ST) 128983 © UCLES 2015 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education * 5 6 5 0 2 6 6 0 8 4 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 0512/01 Paper 1 Reading October/November 2015 2 hours No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST An answer booklet is provided inside this question paper. You should follow the instructions on the front cover of the answer booklet. If you need additional answer paper ask the invigilator for a continuation booklet. Answer all questions. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE VOLGENDE INSTRUKSIES Hierdie vraestel bevat ’n bylae waarop jy jou antwoorde moet skryf. Volg die instruksies op die voorkant van jou antwoordbylae. As jy meer papier nodig het vir jou antwoorde, vra die opsiener vir ’n ekstra antwoordbylae. Beantwoord al die vrae. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag aangedui. INSTRUKSIES VIR DIE ANTWOORDBYLAE Vul die blokkies op die voorkant van jou antwoordbylae met hoofletters in. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Skryf jou antwoorde in die antwoordbylae. Gebruik die voor- en agterkant van elke bladsy. Laat twee reëls oop tussen jou antwoorde op elke vraag of deel van ’n vraag. Skryf die nommer van die vraag wat jy beantwoord in die eerste linkerkantlyn. Question Part 1 1 ai aii As die vraag onderverdeel is, skryf die letter van die deel van die vraag in die tweede linkerkantlyn. As jy ’n ekstra antwoordbylae gebruik het, sit dit binne-in jou eerste antwoordbylae wanneer jy klaar is met die eksamen.

Question paper, page 2

2 0512/01/O/N/15 © UCLES 2015 Lees teks 1 en beantwoord dan vraag 1. Teks 1 Chimp Eden is paradys vir sjimpansees 1 ’n Besoek aan die Jane Goodall-instituut se Chimp Eden naby Nelspruit is ’n ervaring wat ’n mens met nuwe oë na sjimpansees laat kyk. 2 Op ’n hoë ouderdom is Goodall ’n legende, en dit is ’n pluimpie vir Suid-Afrika dat sy in dié land ’n rehabilitasiesentrum vir getraumatiseerde sjimpansees begin het. Dié hawe vir sjimpansees is hier gebou omdat Suid-Afrika as veilig en stabiel beskou word vergeleke met sommige plekke in Afrika waar daar om die voortbestaan van die sjimpansees geveg word. 3 Goodall is in Londen gebore. Sy het van kleins af baie in diere belanggestel en is later deur die wêreldberoemde antropoloog Louis Leakey in Tanzanië gevra om navorsing oor sjimpansees te doen. Haar veldwerk daar het byna 40 jaar geduur, en sy het ’n ekwivalent geword van die Amerikaner Diane Fossey, die groot kenner van gorillas, wat in 1985 in Rwanda dood is. 4 Goodall het reeds boeke oor haar werk met sjimpansees geskryf en was betrokke by die maak van verskeie rolprente. Haar Jane Goodall-instituut staan aan die voorpunt van die stryd om sjimpansees van uitwissing te red. Die afgelope dekade het die getalle van sjimpansees in die natuur dramaties afgeneem van 250 000 tot 80 000. In baie Afrikalande word dié ape vir die bosvleisbedryf doodgemaak. Kleintjies word vir die troeteldiermark gevang. 5 Chimp Eden bied ’n heenkome vir getraumatiseerde sjimpansees. Eugene Cussons, die besturende direkteur daar, kan jou vertel hoe die sjimpansee Cozy byvoorbeeld in Italië gaan haal is, waar hy 13 jaar lank in ’n verdonkerde hok buite ’n nagklub gesit het. In Chimp Eden het Cozy die eerste keer met bome kennis gemaak en hulle leer klim. Hy deel nou ’n kamp met die 43-jarige Joao, die oudste inwoner daar. 6 Dit is die lot van groot ape in gevangenskap om in hokke toegesluit te word of soms met ’n ketting aan ’n boom vasgemaak te word. Baie van hierdie ape beland ook by kroeë of winkels. Hulle word drank gevoer en raak gou verslaaf aan alkohol, tot groot vermaak van die klante wat hulle moet trek. In Amerika is daar na skatting sowat 15 000 groot ape in gevangenskap. Sommige was in die besit van die popster Michael Jackson. 7 Wanneer ’n mens Chimp Eden besoek, wys ’n gids jou die verskillende ape en kan hy elkeen se hartseer verhaal vertel. Onder die kleintjies is Zeena, wat in die Verenigde Arabiese Emirate as troeteldier aangehou is, en Sally, wat uit haglike omstandighede in Angola gered is. Nikki is in Liberië deur sy eienaar kaal geskeer. Hy het klere en ’n goue horlosie gekry en kon saans saam met sy eienaar op die bed slaap. Vreemd. 8 ’n Hoë geëlektrifiseerde heining skei die sjimpansees van besoekers, en jy word gewaarsku om hulle versigtig dop te hou. As sjimpansees op hul hande begin klap, is dit ’n waarskuwing. As ’n klip of ’n ander projektiel skielik in jou rigting vlieg, moet jy nie verbaas wees nie. 9 Die gids vertel ons dat ’n klein sjimpansee aanvanklik baie oulik is, maar vol energie. Twaalf uur van die dag is hulle baie aktief, en as ’n mens hulle in ’n huis aanhou, sal jy gou verstom wees oor hoe vernietigend hulle kan wees. 5 10 15 20 25 30 35 40

Question paper, page 3

3 0512/01/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over 10 Sjimpansees kan in die natuur tot 40 jaar oud word en in gevangenskap veel ouer. Die wêreldrekordhouer is Cheeta (76), wat vroeg in 1932 in Liberië gebore is en later daardie selfde jaar die eerste van sy rolle in Johnny Weissmuller se Tarzan-flieks gespeel het. 11 Vir die sjimpansees wat gered word, moet dit werklik soos Eden voel wanneer hulle by Nelspruit beland. Die kleintjies bly in ’n kamp van twee hektaar en word later na ’n groter kamp van 10 hektaar geskuif. In die laaste ontwikkelingsfase word ’n ekstra groot kamp met baie bosse en bome beoog. Hier sal die sjimpansees geen kontak met mense hê nie en kan hulle leef soos in die natuur. Daar is 1 000 hektaar vir ontwikkeling beskikbaar, en die reservaat het ’n permit vir 40 sjimpansees. 12 Die Umhloti Lodge, vanwaar jy snags die sjimpansees se geskree kan hoor, is binne loopafstand van Chimp Eden en bied vyfster-verblyf. 13 Gaan lees meer oor Jane Goodall se internasionale veldtog om sjimpansees te red op haar webtuiste, www.janegoodall.org. Die werk van die Jane Goodall-instituut by Chimp Eden by Nelspruit word op www.janegoodall.co.za beskryf. (Uit: Die Burger, 15 April 2008) 45 50 1 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. (a) Wat bedoel die skrywer wanneer hy Jane Goodall ’n “legende” noem? [1] (b) Watter ooreenkomste is daar tussen Jane Goodall en Diane Fossey? Noem drie. [3] (c) Bespreek die skrywer se houding teenoor sjimpansees in gevangenskap en teenoor mense wat sjimpansees aanhou. Baseer jou antwoord op paragraaf 7. [3] (d) Omskryf die volgende woorde soos dit in die teks gebruik word: (i) pluimpie (reël 3) [1] (ii) dramaties (reël 16) [1] (iii) projektiel (reël 36) [1] (iv) vyfster-verblyf (reël 51) [1] (e) Volgens die teks kan die mens as die sjimpansee se grootste vyand beskou word. Bespreek kortliks drie bewyse wat die skrywer lewer om hierdie stelling te ondersteun. [3] (f) Bespreek die maniere waarop Jane Goodall se werk onder die publiek se aandag gebring word. [4] (g) Lewer kommentaar op die titel van die teks. [2] [Totaal: 20 punte vir inhoud + 5 punte vir taalgebruik = 25]

Question paper, page 4

4 0512/01/O/N/15 © UCLES 2015 Lees teks 2 en beantwoord dan vraag 2. Teks 2 Vrede aan die einde van ’n harde lewe Niemand wil leeus en sjimpansees agter tralies of in kampe sien nie. Content removed due to copyright restrictions.

Question paper, page 5

5 0512/01/O/N/15 © UCLES 2015 Saans word ’n vleisie op die kole gegooi terwyl jou bure se gebrul die nekhare laat rys. (Uit: Die Burger, 10 Augustus 2013) 2 Skryf ’n opsomming oor die ooreenkomste en verskille tussen teks 1 en teks 2. Konsentreer op die tekste se inhoud. Vergelyk ook die styl en doel van die twee tekste. Jou opsomming moet 200 tot 250 woorde lank wees. [Totaal: 15 punte vir inhoud en 10 punte vir taalgebruik = 25] Content removed due to copyright restrictions.

Question paper, page 6

6 0512/01/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE

Question paper, page 7

7 0512/01/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 0512/01/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

This paper, other years