Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 — 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1

8779/41/O/N/15 · 75 marks · ≈84 min

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2015 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme

No mark scheme is in the library for this paper.

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 5 printed pages, 3 blank pages and 1 Insert. DC (NF) 118667 © UCLES 2015 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International Advanced Subsidiary Level * 8 9 4 2 0 3 5 0 9 8 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 8779/04 Paper 4 Texts October/November 2015 2 hours 30 minutes No Additional Materials are required. Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST An answer booklet is provided inside this question paper. You should follow the instructions on the front cover of the answer booklet. If you need additional answer paper ask the invigilator for a continuation booklet. Answer three questions, each on a different text. You must choose one question from Section 1, one from Section 2 and one other. Write your answers in Afrikaans. Dictionaries are not permitted. You should write between 500 and 600 words for each answer. All questions in this paper carry equal marks. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Hierdie vraestel bevat ’n bylae waarop jy jou antwoorde moet skryf. Volg die instruksies op die voorkant van die antwoordbylae. As jy meer papier nodig het vir jou antwoorde, vra die toesighouer vir ’n ekstra antwoordbylae. Beantwoord drie vrae, elkeen oor ’n ander teks. Kies een vraag uit Adeling 1, een uit Afdeling 2 en een ander vraag. Skryf jou antwoorde in Afrikaans. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Jy behoort tussen 500 en 600 woorde vir elke antwoord te skryf. Elke vraag tel ewe veel. INSTRUKSIES VIR DIE ANTWOORDBYLAE Vul die blokkies op die voorkant van jou antwoordbylae met hoofletters in. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Skryf jou antwoorde in die antwoordbylae. Gebruik die voor- en agterkant van elke bladsy. Laat twee reëls oop tussen jou antwoorde op elke vraag of deel van ’n vraag. Skryf die nommer van die vraag wat jy beantwoord in die eerste linkerkantlyn. Question Part 1 1 ai aii As die vraag onderverdeel is, skryf die letter van die deel van die vraag in die tweede linkerkantlyn. As jy ’n ekstra antwoordbylae gebruik het, sit dit binne-in jou eerste antwoordbylae wanneer jy klaar is met die eksamen.

Question paper, page 2

2 8779/04/O/N/15 © UCLES 2015 Afdeling 1 1 Na die geliefde land, Karel Schoeman Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. “Waar is dit?” vra hy. “Dáár,” sê sy, en stap reeds verder. “Ek het tog vir jou gesê daar is niks nie,” roep sy na hom terug. “Pappie het al ’n paar keer vir jou gesê daar is niks nie.” […] Hy stap daar rond en kyk na die murasie. “Wat het daarmee gebeur?” vra hy. “Die oumense is al jare gelede hier weg. Hulle kon nie meer die plaas behartig nie en hulle wou nie alleen hier bly nie, toe het hulle weggetrek dorp toe.” “Maar nie só lank gelede dat alles sommerso kon verdwyn nie.” Sy het eenkant op ’n hoop klippe gaan sit terwyl hy rondstap. “Hulle het die geboue opgeblaas,” sê sy uiteindelik. “Wie?” Sy antwoord nie, en hy gaan na haar toe. “Wie het dit opgeblaas?” “Daar het soldate gekom om dit te doen,” sê sy. “Hulle het alles wat hier was met dinamiet opgeblaas.” “Maar waarom?” Dit duur ’n hele tyd voordat sy hom antwoord. “Hoekom vra jy so baie vrae?” wil sy dan weet. “Kon jy nie beter gebly het waar jy was nie? Hoekom het jy die hele ent hiernatoe gekom om vrae te vra en dinge uit te snuffel?” (bl. 56-57) (i) Waarom is dit vir George belangrik om na Rietvlei toe te gaan? (ii) Hoekom beantwoord Carla George se vrae nie reguit nie? (iii) Bespreek George en Carla se verhouding met verwysing na die uittreksel en na die roman as geheel. Of: (b) “Die tradisionele rol van die plaashuis word in Na die geliefde land omvergewerp.” Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord met bewyse uit die roman.

Question paper, page 3

3 8779/04/O/N/15 © UCLES 2015 [Turn over 2 Toorberg, Etienne van Heerden Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. [...] Nou kyk Posmeester deur die verkyker as hy die dag weemoedig voel en terugverlang na Toorberg se werf. Vir haar en Koevert sê hy dat hy soggens na die weer teen Toorberg kyk. Maar met ’n pyn oor haar hart weet sy dat hy die werf van sy kinderjare bespied met ’n verlange wat sy met haar hand kan voel as hy van buite af terugkom en sy oor sy voorarm streel en die hoendervel onder haar vingertoppe voel. Sy weet dis van die verlang dat hy hoendervel kry, selfs op die warmste somersoggend. Dis dié dat die bogkind van ’n snuiter wat die vorige dag die biltongsak op haar drumpel kom neersit het met die woorde “Tante Amy, dis die vruggebruik”, haar so kwaad gemaak het. En toe Posmeester vir ete huis toe kom en vra wie dit was wat so wild draaie op die gruis voor die huis gegooi het, was sy opnuut kwaad toe sy sien hoe sak Posmeester se kop. “O, dis die biltong,” is al wat sy gesê het. […] Maar een van die Moolmans sal haar Koevert nooit wees nie. Hulle is te trots om te deel. Destyds, toe sy as jong onderwyseres in die kloosterskool op die dorp begin skoolhou het, het Posmeester in die geheim by haar in die losieshuis kom kuier. Tóé al het die mense haar gewaarsku teen die Moolmans se trotsheid. (bl. 44–45) (i) Wat is die vruggebruik? (ii) Hoe reageer Amy en Posmeester op die vruggebruik wat hulle ontvang? (iii) Bespreek hoe die Moolmans, die Posmeester se mense en die Skaamfamilie van mekaar geskei en tog ook aan mekaar verbonde is in hierdie roman. Of: (b) Lewer kommentaar op die rol van die magistraat in die roman met verwysing na die temas van skuld en verantwoordelikheid.

Question paper, page 4

4 8779/04/O/N/15 © UCLES 2015 3 Fiela se Kind, Dalene Matthee Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Elke skip wat ingekom het, het weer uitgevaar, swaar gelaai met hout, en elke keer het daar ’n drif in Kaliel opgestaan wat hom soms met wanhoop geslaan het. Dan het hy teruggekom van die loodsboot af, op die hoogste rots voor sy woning geklim en agterna gestaar tot die seile oor die horison verdwyn het. Soms het hy afgebuk en seeklippe agterna gegooi asof hy só sy Kainsvloek wou wreek. Soms het hy dit op hom, Lukas, uitgehaal: “Jy dink jy sal my plek in die loodsboot kry, nè? Jy dink ek weet dit nie. Jy dink jy sal John Benn se rug laat buig deur wildsvleis onder by sy vrou te loop afgee, nè? Jy’t gedink ek weet dit nie. Jy dink omdat jóú oë reguit sit jy’s sonder ’n merk, maar ek sê vir jou: jy’s net so gemerk soos ek. Jy’s houtkapper en die Bos sal aan jou vassit solank jy leef. En gesels nog een keer weer met die ander roeiers en ek smyt vir jou uit my plek uit en jy kan in die beengrotte loop inkruip!” “Ek praat met wie ek wil.” (bl. 246–247) (i) Verduidelik kortliks waarom Kaliel homself as “gemerk” beskryf. (ii) Is Kaliel reg as hy sê die Bos sal aan Lukas vassit solank hy leef? Bespreek met verwysing na die uittreksel en die roman as ’n geheel. Of: (b) “’n Komoetie weet wat armoede is, maar ons was nooit flenters nie.” Bespreek Fiela se stelling met verwysing na haar eie gesin en na die Van Rooyens.

Question paper, page 5

5 8779/04/O/N/15 © UCLES 2015 Afdeling 2 4 Die kwart-voor-sewe-lelie, Eleanor Baker Of: (a) Bespreek Johanna se rol in die roman met verwysing na haar verhouding met Iris en met Iris se familielede. Of: (b) “Elke mens moet een keer in sy lewe die regte ding op die regte tyd doen.” Bespreek hierdie uitspraak van Iris en hoe haar siening van die blomoomblik in die loop van die roman verander. 5 Mis, Reza de Wet Of: (a) “My ma het my hier nodig. My ma het net vir my.” Ontleed die verhouding tussen Miem en Meisie met verwysing na die temas van oorheersing en bevryding in die toneelstuk. Of: (b) Verduidelik hoe die vrouekarakters die Konstabel se teenwoordigheid ervaar. 6 Raka, N. P. van Wyk Louw Of: (a) Bespreek die belangrikheid van die ruimte waarin die gedig afspeel met spesifieke verwysing na die moerasagtige gebied, die rivier en die diep kuil. Of: (b) “Raka vervul die rol van bevryder in die gedig.” Tot watter mate stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik met bewyse hoekom jy so sê.

Question paper, page 6

6 8779/04/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE

Question paper, page 7

7 8779/04/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE

Question paper, page 8

8 8779/04/O/N/15 © UCLES 2015 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

What you needed in this session

Cambridge’s own grade thresholds for 2015 Oct/Nov, Paper 4 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.

A50/75
B45/75
C41/75
D37/75
E34/75