Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 — 2014 Oct/Nov Paper 4 · Variant 1
8779/41/O/N/14 · 75 marks · ≈84 min
The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.
Question paper8 pages








Mark scheme
No mark scheme is in the library for this paper.
Paper as text
Question paper, page 1
This document consists of 5 printed pages and 3 blank pages. DC (NF) 99961 © UCLES 2014 [Turn over Cambridge International Examinations Cambridge International Advanced Subsidiary Level * 8 4 0 7 2 2 3 0 0 0 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 8779/04 Paper 4 Texts October/November 2014 2 hours 30 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper Invigilators must refer to the Additional Materials List for instructions on the use of set texts in the examination. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer any three questions, each on a different text. You must choose one question from Section 1, one from Section 2 and one other. Write your answers in Afrikaans. Dictionaries are not permitted. You should write between 500 and 600 words for each answer. At the end of the examination, fasten all your work securely together. All questions in this paper carry equal marks.
Question paper, page 2
2 8779/04/O/N/14 © UCLES 2014 Section 1 1 Na die geliefde land, Karel Schoeman Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: “Kom saam,” sê tant Kotie, en neem ’n lamp van die tafel. Sy gaan voor hom uit deur die aangrensende kamer waar hy met Paultjie na die portrette gekyk het, oor die gang en deur ander vertrekke – hy kan nie sien waar hulle gaan nie, want die kamers waardeur hulle stap, word verswelg deur die vloeiende skaduwee, en net die portrette langs die mure word verlig deur die lamp waarmee tant Kotie langs hulle af stap asof sy iets soek. Hy sien bebaarde gesigte en kaalgeskeerde gesigte, vergeelde ateljeeportrette en foto’s van vergaderings, verenigings en groepe, almal omraam en langs die wit mure opgehang. “Kyk, hier is dit,” sê tant Kotie, en gaan staan. “Sien jy, hier is jou moeder, en haar broer Kosie, en jou grootouers. Dis voor die kerk geneem op ons troudag.” [...] “Was my moeder toe al getroud?” vra hy om iets te sê. “Nee, dit was kort voor haar eie troue. Maar sy is nie hier by ons getroud nie, net haar familie was daarby gewees. Ek onthou nog goed, sy het dié dag ’n blou jas gedra en ’n blou fluweelhoed. Sy het so mooi gelyk, sy het altyd so mooi aangetrek …” Vaag waarneembare gelaatstrekke, ’n half weggedraaide kop, ’n hand – is dit inderdaad sy moeder? Hy onthou hoe sy haar kop weggedraai het om na die berge te kyk, en hoe sy gekla het dat hulle haar insluit. (bl. 156–157) (i) Van watter belang is die portrette vir Kotie en van watter belang is hulle vir George? (ii) Bespreek George se verhouding met sy ma met verwysing na die uittreksel en die roman as ’n geheel. Of: (b) Bespreek die tema van verlange met verwysing na die mense wat die land verlaat het, en die mense wat in die land aangebly het.
Question paper, page 3
3 8779/04/O/N/14 © UCLES 2014 [Turn over 2 Toorberg, Etienne van Heerden Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: “Dit lyk,” skryf die magistraat daardie aand aan sy vrou,“of die Moolmans deur legendes wil ontsnap na ’n wêreld waar die normale reëls nie geld nie. Maar oral waar hulle die sonde probeer verbloem met die fabelagtige avonture van hul voorvaders, vind ek instinktief, sonder dat ek nog ’n vinger daarop kan lê, die bewyse van hul oortredinge. “Op die duur moet al die mites die knie buig voor die afstroping van die onafhanklike regbank en die departement wat deur die jare so goed vir my was, Justisie.” Hy luister na die gelag in die kroeg onder hom. Die geel neonlig van die hotel se naambord kaats oor die teerstraat. “Miskien, my vrou, moet ek dié een insident in isolasie sien en alleen die tersaaklike feite rekonstrueer. Maar dit lyk vir my al meer, hoe langer ek hier vertoef, of daar ’n ketting van gebeure was waar oorsaaklikheid in oorsaaklikheid gevloei het, waar een insident na die ander gelei het. Maar, moet ek erken, dit lê breër as my terrein, want dit gaan ook om die oorsaaklikheid van skuld en die oorsaaklikheid van bloed en trots. “Was hierdie nie ’n misdaad van ’n hele stam, eerder as ’n tot dusver ongeïdentifiseerde man of vrou nie? “’n Meer tersaaklike vraag kan ek nie vanaand aan myself stel nie. “Miskien moet jy, wanneer jy hierdie skrywe ontvang, vir my laat weet of jy dink dat ek die ondersoek se grense te wyd gooi en my laat meevoer deur hierdie land waar waarheid en verdigsel mekaar lank nie meer begrens nie. “Jou eggenoot en minnaar, Abraham van der Ligt.” (bl. 105–106) (i) Wat is ‘dié een insident’ wat genoem word en hoe is die Magistraat betrokke? (ii) Hoekom kan hierdie insident moontlik as “’n misdaad van ’n hele stam” beskou word? Of: (b) “Toorberg se mense het gesondig en is gestraf.” Bespreek hierdie stelling met verwysing na drie karakters uit die roman.
Question paper, page 4
4 8779/04/O/N/14 © UCLES 2014 3 Vatmaar, A. H. M. Scholtz Of: (a) Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: [...] Dinsdagoggend met sonop het Tant Wonnie ’n beker water gevat na waar Kenny nog die hele tyd langs die graf gesit het. Sy het dit sonder ’n woord neergesit. Daardie nag het ma en dogter op hulle se knieë gegaan en God gevra om vir Kenny te laat aanvaar lat net Hy dit kan doen – lewe gee en lewe neem. [...] Die Woensdagoggend met dagbreek stap Kenny by die huis in. Ma en dogter was al op en besig om koffie te maak want hulle kon die vorige nag nie slaap nie. Toe hy inkom, gee Tant Wonnie hom haar hand en sê: Welkom in die familie, my kind. Hy kyk haar in die gesig en sien ’n traan op haar wang en soen toe op dieselfde wang en sê: Dankie, Ma-Ma. [...] Toe Kenny die volgende môre regmaak om saam met Oom Flip Pan toe te ry, was hy ’n ander mens. Vatmaar se mense het trollie toe gekom om hulle meegevoel te betuig. Party het sy hand geskud asof hulle dit nie weer wou laat los nie. Ander was tevrede net om aan hom te raak. Kaatjie se man het gekom, het hulle almal saam gesê. Bly by ons en word een van ons, het ’n ouerige man gesê. (bl. 294–295) (i) Verduidelik kortliks waarom Kenny waak by die graf. (ii) Beskryf hoe jy vir Kenny en tant Wonnie uit hierdie aanhaling en die res van die episode leer ken. (iii) Bespreek die Vatmaar mense se reaksie op Kenny se situasie met verwysing na die tema van meegevoel. Of: (b) Bespreek die posisie van vrouens in die roman deur na ten minste drie voorbeelde te verwys.
Question paper, page 5
5 8779/04/O/N/14 © UCLES 2014 Section 2 4 Die kwart-voor-sewe-lelie, Eleanor Baker Of: (a) “Trou?” het ek gevra. “Ek wil nie trou nie.” My redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan myself.” Bespreek hoe Iris se blik op die huwelik deur die huwelike en verhoudings van haar ouers en susters beïnvloed word. Of: (b) Bespreek die rol wat die Engel in Iris se lewe speel. 5 Kringe in ’n bos, Dalene Matthee Of: (a) “Kate, op hierdie oomblik is ek net van twee dinge seker: dat ek jou liefhet en dat ek so gou moontlik uit hierdie bos moet padgee.” Verduidelik hoekom Saul voel dat hy Kate moet agterlaat en bespreek hoe die bos hulle verhouding beïnvloed. Of: (b) “Jy is twee mense: een goed, een kwaad.” Bespreek die innerlike konflik van enige drie karakters uit die roman met betrekking tot hierdie aanhaling. 6 Raka, N. P. van Wyk Louw Of: (a) Koki het “... begryp dat hy altyd eensaam met sy vrees / om kosbare dinge tussen hulle sou wees”. Bespreek Koki se rol in sy gemeenskap met verwysing na hierdie aanhaling en die teks as geheel. Of: (b) Bespreek die stryd tussen kultuur en natuur in die gedig.
Question paper, page 6
6 8779/04/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE
Question paper, page 7
7 8779/04/O/N/14 © UCLES 2014 BLANK PAGE
Question paper, page 8
8 8779/04/O/N/14 © UCLES 2014 Copyright Acknowledgements: Question 1 © Karel Schoeman; Na die geliefde land; Human & Rousseau; 1982; ISBN 0798102349. Question 2 © Etienne Van Heerden; Toorberg; Tafelberg; 1986; ISBN 0624024237. Question 3 © A. H. M. Scholtz; Vatmaar; Kwela; 1995; ISBN 0795702647. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge. BLANK PAGE
What you needed in this session
Cambridge’s own grade thresholds for 2014 Oct/Nov, Paper 4 · Variant 1. A higher threshold means an easier paper — the bar moves with how the cohort did.