Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 — 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1

8779/21/O/N/11

The question paper and its mark scheme, free to read here and free to download. This is Cambridge’s own paper, exactly as it was sat.

← All Afrikaans - First Language (AS Level only) papers

Question paper8 pages

Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 1 of 8
Page 1 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 2 of 8
Page 2 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 3 of 8
Page 3 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 4 of 8
Page 4 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 5 of 8
Page 5 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 6 of 8
Page 6 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 7 of 8
Page 7 of 8
Cambridge A Level Afrikaans - First Language (AS Level only) 8779 2011 Oct/Nov Paper 2 · Variant 1 question paper, page 8 of 8
Page 8 of 8

Mark scheme8 pages

Answers below. Sit the paper first if you are practising.

Mark scheme, page 1 of 8
Page 1 of 8
Mark scheme, page 2 of 8
Page 2 of 8
Mark scheme, page 3 of 8
Page 3 of 8
Mark scheme, page 4 of 8
Page 4 of 8
Mark scheme, page 5 of 8
Page 5 of 8
Mark scheme, page 6 of 8
Page 6 of 8
Mark scheme, page 7 of 8
Page 7 of 8
Mark scheme, page 8 of 8
Page 8 of 8

Paper as text

Question paper, page 1

This document consists of 6 printed pages and 2 blank pages. DC (RW) 52424 © UCLES 2011 [Turn over UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level * 2 7 1 7 6 4 5 7 3 8 * FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 8779/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2011 1 hour 45 minutes Additional Materials: Answer Booklet/Paper READ THESE INSTRUCTIONS FIRST If you have been given an Answer Booklet, follow the instructions on the front cover of the Booklet. Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. Answer all questions in Afrikaans. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Dictionaries are not permitted. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Indien jy ’n vraestel/antwoordboek ontvang het, moet jy die instruksies op die voorste bladsy uitvoer. Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met ’n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of flaterwater gebruik nie. Beantwoord alle vrae in Afrikaans. Punte word toegeken vir taalgebruik. Goeie sinskonstruksie sal ook in jou guns tel. Woordeboeke word nie toegelaat nie. Maak seker aan die einde van die eksamen dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van ’n vraag gegee.

Question paper, page 2

2 8779/02/O/N/11 © UCLES 2011 Afdeling 1 Lees die volgende teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Hoeveel is jou vakansie werd? Daar is niks beter as ’n vakansie by die see nie. Die son wat bak, die ritme van die branders, en die sand wat tussen jou tone inkruip en daar bly totdat jy die volgende oggend in ’n bed vol korreltjies – maar ten minste met skoon voete – wakker word. Partykeer is die reis daarheen net so wonderlik: jy ry see toe op grondpaadjies wat jou slinger- slinger en deur blomryke landskappe na jou bestemming neem. Almal agter in die kar of op die bakkie eet nartjies en drink koeldrank. Dalk tref jy plek-plek grasdakrondawels met hope houtstompe in die agterplaas aan, of witgekalkte vissershuisies. Beeste, bokke, skape, honde en kinders in skoolklere drentel langs of in die pad, of jy kom vroue teë met hooggestapelde bondels wasgoed op die kop, wat deur die grasvelde huis toe stap. Dalk sien jy kinders wat sokker speel op skuins velde met krom stokke as doelpale, of perde wat rustig aansuiker stal toe terwyl die son ondergaan. En as jy uiteindelik by die see aankom, kan jy vir dae lank net op die oop strande lê sonder enige bekommernisse – behalwe miskien vir ’n swerm sandmuskiete wat op jou toesak soos musiekliefhebbers op die laaste drie Steve Hofmeyr-konsertkaartjies. Maar is seevakansies, of inderdaad énige vakansie, deesdae ’n goeie idee? Gooi jy nie net letterlik jou geld in die water nie? Is daar nie belangriker dinge om jou hardverdiende loon op te bestee nie? Die wêreldwye finansiële krisis dwing almal om mooi na hulle geld te kyk en te bespaar waar mens kan, veral as die prys van jou inkopie-mandjie by die dag duurder word. Benewens die kos is daar klere, petrol, skoolgelde en elektrisiteitsrekeninge waarvoor geld afgestaan moet word, en daar moet natuurlik ook ’n bietjie oorgehou word wat in die spaarvarkie kan gaan vir ’n reëndag. Is dit dus regtig wys om die paar sente wat jy oorhet op ’n week langs die water te spandeer? Baie mense sal sonder om ’n oog te knip ‘ja’ sê. Vakansies is mos gemaak om te ontspan, ’n kans om weg te kom van die vervelige daaglikse roetine van werk en skoolgaan, skoolgaan en werk. En as jy dit langs die see kan doen, waar die gety jou probleme kan wegspoel en jy sandkastele kan bou (of jy nou ’n grootmens of ’n klein tjokkertjie is), soveel te beter! Verwerk uit: Weg! 5 10 15 20 25

Question paper, page 3

3 8779/02/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over 1 Vind die woord in die eerste twee paragrawe wat ooreenstem met die volgende definisies. Voorbeeld Vraag: tydperk waarin ’n mens nie hoef te werk nie Antwoord: vakansie (paragraaf 1) (a) golwe [1] (b) nie vuil nie [1] (c) soms [1] (d) eindpunt [1] (e) hier en daar [1] [Totaal: 5] 2 Herskryf die volgende sinne. Begin jou sinne met die woorde tussen hakies. Voorbeeld Vraag: Partykeer is die reis daarheen net so wonderlik. (reël 4) (Die reis . . .) Antwoord: Die reis daarheen is partykeer net so wonderlik. (a) Almal agter in die kar eet nartjies. (reëls 5–6) (Nartjies word . . . ) [1] (b) Is ’n vakansie deesdae ’n goeie idee? (reël 15) (Is dit . . .) [1] (c) Die prys van die inkopie-mandjie word by die dag duurder. (reël 18) (By die dag . . .) [1] (d) Die wêreldwye finansiële krisis dwing almal om mooi na hulle geld te kyk. (reël 17) (Almal . . .) [1] (e) Die gety sal jou probleme wegspoel. (reël 25) (Jou probleme . . .) [1] [Totaal: 5]

Question paper, page 4

4 8779/02/O/N/11 © UCLES 2011 3 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie, tensy dit spesifiek gevra word. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) Waarom is ’n vakansie by die see die beste volgens die skrywer? (paragraaf 1). [2] (b) Waarom is ’n tipiese reis na die see so besonders volgens die skrywer? (paragraaf 2). [3] (c) In paragraaf 3 word daar ’n vergelyking gemaak. Identifiseer die vergelyking en verduidelik wat daarmee bedoel word. [2] (d) (i) Identifiseer die beeldspraak in reëls 15–16. [1] (ii) Verduidelik kortliks hoekom dit gepas is binne die konteks van die teks. [1] (e) Verduidelik hoekom die skrywer wonder of dit verstandig is om geld uit te gee aan vakansies. Grond jou antwoord op paragrawe 4 en 5. [3] (f) Hoekom sal baie mense “ ‘ja’ sê” sonder om ’n oog te knip? (reël 23). [2] (g) Identifiseer die drie opeenvolgende woorde in paragraaf 6 wat aandui dat die skrywer negatief is oor werk en skool toe gaan. [1] [Totaal: 20]

Question paper, page 5

5 8779/02/O/N/11 © UCLES 2011 [Turn over BLANK PAGE BLAAI OM VIR AFDELING 2

Question paper, page 6

6 8779/02/O/N/11 © UCLES 2011 Afdeling 2 Lees die volgende teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae. Salig en sonder fiemies – die Krugerwildtuin se grootste geheim Pretoriuskop is die oudste kamp in die Krugerwildtuin – die eerste besoekers het al in 1928 hier kom vakansie hou. Vandag nog het die plek, met sy ou rondaweltjies in wye sirkels en groot koeltebome, daardie eertydse wildtuin-gevoel. Baie mense sê Pretoriuskop het die minste wild van al die kampe in die Kruger, maar as jy weet waar om te kyk, sal jy baie meer as lang gras en enkele bobbejane sien. Selfs op ’n gewone dag sal jy die troppie rooibokke opmerk wat hulle intrek by die kampterrein geneem het. Die kamp se beste eienskap is natuurlik dat dit effens hoër lê as die ander kampe en dus ’n paar grade koeler is in die drukkende somermaande. En as die hoogte bo seespieël nie die knoop deurhak nie, is daar ’n swembad waarin jy kan afkoel. Hierdie swembad is seker die mooiste een in die hele wildtuin omdat dit bo-op ’n enorme rots gebou is. Dit lyk dit of daar min moontlikhede is wanneer dit tyd word vir ’n wildsrit, maar die talle klein sirkelroetetjies rondom Pretoriuskop sal jou heeldag besig hou. Boonop is daar só min karre op dié paadjies dat jy maklik alleen met daai trop leeus sit. Rondom die kamp troon ’n klompie koppies bo die landskap uit, en jy sal gereeld ’n luiperd of twee hier raakloop. Die kamp is veral baie gewild onder mense wat lief is vir skaars boksoorte soos die swartwitpens, tsessebe en Lichtenstein-hartebees, spesies wat almal van die tipe veld in hierdie deel van die wêreld hou. Daar is selfs ’n paar spesiale staproetes in die nabye omgewing van Pretoriuskop waar jy uit jou kar kan klim om bene te rek en die omgewing ordentlik te kan verken, of daardie mooi blommetjie of sprinkaan met die kamera van naby af te neem. Sorg net dat jy binne veilige afstand van die voertuig bly en moet om hemelsnaam niks agterlaat nie. En as jy bietjie wil ontspan na ’n lang dag van diere kyk, is daar ’n restaurant, kroeg en winkeltjie om jou besig te hou. Of anders kan jy sommer net op jou rug in die swembad gaan dryf terwyl jy ’n ogie oophou vir ’n witkruisarend wat statig oor jou kop sweef. Hoe salig, luilekker en eg Suid-Afrikaans! Verwerk uit: Weg! 5 10 15 20

Question paper, page 7

7 8779/02/O/N/11 © UCLES 2011 4 Beantwoord die volgende vrae in jou eie woorde. Bepaal jou by die teks, maar moenie sinne direk uit die teks oorskryf nie, tensy dit spesifiek gevra word. (Die begripstoets tel 15 punte en 5 punte word toegeken vir taalgebruik, dus 15 + 5 = 20.) (a) Omskryf in jou eie woorde hoe Pretoriuskop in die titel beskryf word. [3] (b) Na watter tydperk verwys die woord ‘eertydse’? (reël 3) [1] (c) Wat maak die kamp aantreklik vir besoekers en watter nadeel word ook genoem? (paragraaf 2) [4] (d) Volgens die teks, wat is die twee kenmerkende eienskappe wat die swartwitpens, tsessebe en Lichtenstein-hartebees deel? [2] (e) Wie sal die ‘spesiale roetes’ (reël 17) geniet en waarom? [4] (f) Hoe word daar gesorg dat besoekers saans nie verveeld is nie? [1] [Totaal: 20] 5 (a) Vergelyk hoe die skrywers van die twee tekste wat jy gelees het die onderwerp van vakansies benader deur verskille en ooreenkomste uit te wys en kortliks te bespreek. Skryf 100–120 woorde. [10] (b) Is vakansies deesdae ’n luukse of ’n noodsaaklikheid in Suid-Afrika en Namibië? Wat is jou opinie hieroor? Skryf ongeveer 50 woorde. [5] [Taalgebruik: 5] [Totaal: 20]

Question paper, page 8

8 8779/02/O/N/11 © UCLES 2011 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.

Mark scheme, page 1

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS GCE Advanced Subsidiary Level MARK SCHEME for the October/November 2011 question paper for the guidance of teachers 8779 FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 8779/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have considered the acceptability of alternative answers. Mark schemes must be read in conjunction with the question papers and the report on the examination. • Cambridge will not enter into discussions or correspondence in connection with these mark schemes. Cambridge is publishing the mark schemes for the October/November 2011 question papers for most IGCSE, GCE Advanced Level and Advanced Subsidiary Level syllabuses and some Ordinary Level syllabuses.

Mark scheme, page 2

Page 2 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2011 8779 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Section 1 Question 1 NB: candidates do not need to provide a line number for their answer. (a) branders [1] (b) skoon [1] (c) partykeer [1] (d) bestemming [1] (e) plek-plek [1] [Total: 5] Question 2 Please note: This exercise tests the ability to manipulate syntax. Candidates therefore need not give synonyms in their answers, but credit is given to answers that correctly paraphrase the sentences in the questions. One minor spelling error per answer that does not change meaning is tolerated. (a) Nartjies word deur almal agter in die kar geëet. [1] (b) Is dit ’n goeie idee om deesdae met vakansie/op vakansie te gaan? [1] (c) By die dag word die prys van die inkopie-mandjie duurder. [1] (d) Almal word deur die wêreldwye finansiële krisis gedwing om mooi na hulle geld te kyk. [1] (e) Jou probleme sal deur die gety weggespoel word. [1] [Total: 5]

Mark scheme, page 3

Page 3 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2011 8779 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Question 3 Award mark(s) for correct answers which include any variation / manipulation of language from the original, unless the only variation / manipulation is one which makes the meaning incorrect, or unless candidates are specifically asked to cite from the text. An unacceptable ‘lift’ is one which involves no manipulation of the text whatsoever or which shows lack of comprehension of the text or question. 3 (a) Die son skyn/Dis warm/Die weer is lekker [1] en die strand/see/natuur laat jou goed voel [1]. [2] (b) Up to three from the following aspects: [3] Die landskap/die omgewing is mooi Die diere Die lewenstyl van die mense wat aan die kus bly Die ongerepte natuur Die ontspanne/gesellige reis see toe (c) Sandmuskiete word met Steve Hofmeyr-liefhebbers vergelyk [1] omdat die insekte ’n mens van alle kante nader soos musiekliefhebbers wat geesdriftig probeer om die beskikbare konsertkaartjies te kry [1]. [2] (d) (i) ‘Gooi jy nie net letterlik jou geld in die water nie?’/Jou geld in die water gooi. [1] (ii) Dit is gepas omdat die teks [gedeeltelik] handel oor seevakansies en dat ’n mens geld spandeer om langs of in die water te wees. [1] (e) Up to three from the following: [3] Weens: die finansiële krisis die feit dat inkopies duurder word die vaste koste en rekenings wat betaal moet word die feit dat ’n mens geld moet spaar vir noodgevalle (f) Mense sou dit sê sonder om twee keer daaroor te dink [1] omdat hulle meen dat dit is ’n goeie manier om geld te spandeer [1]. [2] (g) ‘vervelige daaglikse roetine’ [1] [Total: 15]

Mark scheme, page 4

Page 4 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2011 8779 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Quality of Language: Accuracy Question 3 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. An answer scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Grand total: 15 Content + 5 Language = 20]

Mark scheme, page 5

Page 5 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2011 8779 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Section 2 Question 4 Award mark for correct answers which include any variation / manipulation of language from the original, unless the only variation / manipulation is one which makes the meaning incorrect, or unless candidates are specifically asked to cite from the text. An unacceptable ‘lift’ is one which involves no manipulation of the text or which shows lack of comprehension of the text or question. (a) heerlik/lekker/rustig. [1] eenvoudig/sonder tierelantyntjies [1] nie (baie) bekend nie/(redelik) onbekend [1] (b) Accept any of the following: [1] Na die tyd toe die kamp/wildtuin gestig is Na die tyd toe die eerste besoekers gekom het Na (die tyd rondom) 1928 (c) Up to three from the following benefits: [3] Ligging: gee koelte in die somer Die troppie rooibokke wat ’n mens van naby kan sien by die kampterrein Die swembad Die mooi ligging van die swembad Nadeel: minste wild van al die kampe in die Kruger [1] (d) Hulle is skaars [1] Hulle hou van dieselfde tipe veld [1] (e) Wie: Mense wat hou van stap/beweeg [1] Mense wat hou van foto’s neem/fotograwe [1] Waarom: Spesiale roetes waar ’n mens kan stap/ Omdat jy daar uit jou kar kan klim. [1] Spesiale roetes waar ’n mense plante en diere van naby kan afneem [1] (f) Saans kan ’n mens die restaurant, kroeg of winkeltjie besoek. [1] [Total: 15]

Mark scheme, page 6

Page 6 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2011 8779 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Quality of Language: Accuracy Question 4 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. Length does not determine the quality of language mark. Answers scoring 0 for content cannot contribute any language marks, and the total available on the whole set of answers will therefore be affected. The final total for language will be reduced on the following scale: Answer(s) worth 1, 2 or 3 scoring 0: reduce final assessment by –1 Answer(s) worth 4 or 5 scoring 0: reduce final assessment by –2 Answer(s) worth 6 or 7 scoring 0: reduce final assessment by –3 Answer(s) worth 8 or 9 scoring 0: reduce final assessment by –4 Where there is a mixture of questions worth 1, 2 or 3, 4 or 5, 6 or 7 or 8 or 9, base the reduction on the question worth the highest mark. For instance, if a 0 has been scored on a Question worth 1 mark and a 0 has also been scored on a question worth 6 marks reduce the final language mark by 3. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Grand total: 15 Content + 5 Language = 20]

Mark scheme, page 7

Page 7 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2011 8779 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Question 5 (a) Die kandidaat moet ’n gepaste, uitgebreide antwoord gee wat beide tekste behels; enige ooreenkomste of enige verskille tussen die skrywers met betrekking tot die onderwerp ‘vakansies’ wat op die tekste gebaseer is, is aanvaarbaar. Een punt per relevante/korrekte bespreking van ’n verskil en/of ooreenkoms (tot tien). [10] Response to the Text Question 5(b) Mark like a mini-essay according to the variety and interest of the opinions and views expressed, the response to the original text stimulus and the ability to express a personal point of view. 5 Very good Varied and interesting ideas, showing an element of flair and imagination, a capacity to express a personal point of view. 4 Good Not the flair and imagination of the best candidates, but work still shows an ability to express a range of ideas, maintain interest and respond to the issues raised. 3 Sound A fair level of interest and ideas. May concentrate on a single issue, but there is still a response to ideas in the text. 2 Below average Limited range of ideas; rather humdrum. May disregard the element of response to the text, and write a largely unrelated free-composition. 0–1 Poor Few ideas to offer on the theme. Banal and pedestrian. No element of personal response to the text. Repeated error.

Mark scheme, page 8

Page 8 Mark Scheme: Teachers’ version Syllabus Paper GCE AS LEVEL – October/November 2011 8779 02 © University of Cambridge International Examinations 2011 Quality of Language: Accuracy Question 5 5 Very good Consistently accurate. Only very few errors of minor significance. Accurate use of more complex structures (verb forms, tenses, prepositions, word order). 4 Good Higher incidence of error than above, but clearly has a sound grasp of the grammatical elements in spite of lapses. Some capacity to use accurately more complex structures. 3 Sound Fair level of accuracy. Common tenses and regular verbs mostly correctly formed. Some problems in forming correct agreement of adjectives. Difficulty with irregular verbs, use of prepositions. 2 Below average Persistent errors in tense and verb forms. Prepositions frequently incorrect. Recurrent errors in agreement of adjectives. 0–1 Poor Little or no evidence of grammatical awareness. Most constructions incomplete or incorrect. Consistent and repeated error. For question the 5 marks for the quality of language will be awarded globally for the whole performance on each set of answers. Note: A minimum of 1 mark for quality of language should be awarded if there are any content marks at all (i.e. 0 language marks only if 0 content marks). [Grand total: 15 Content + 5 Language = 20]